Eerste geval Covid-19 in SA aangemeld

Dr. Zweli Mkhize. Foto: Elmond Jiyane

Die eerste bevestigde geval van die gevreesde koronavirus bekend as Covid-19 is Woensdag in Suid-Afrika aangemeld.

Zweli Mkhize, minister van gesondheid, sê die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het bevestig dat ’n 38-jarige man van KwaZulu-Natal positief getoets het vir Covid-19. Die man het onlangs saam met sy vrou vanuit Italië teruggekeer. Die egpaar het twee kinders.

Volgens Mkhize het die man Sondag saam met ’n groep van tien mense in Suid-Afrika geland. Hy het Dinsdag dokter toe gegaan met simptome van koors, hoofpyn, ’n seerkeel en ’n hoes.

Albei word tans tuis in kwarantyn gehou. ’n Span van epidemioloë en klinici van die Nios is tans onderweg na KwaZulu-Natal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Chantz ·

Ja nee dit het ons al lankal geweet…..was net n kwessie van tyd gewees

Schalk ·

Nou toe kom ons kyk hoe reageer die spesiale taakspan van Suid Afrika!

Chantel ·

Daai takspan, wat jy bevraagteken bestaan uit goeie dokters wat nie sommer net hier-jy’s is nie.

Oe la la ·

Ons bevraagteken nie die dokters se bekwaamheid nie maar eder die hulpbronne en kapasiteit

Asgat ·

Ek hoop almal wat in die spreek kamer was is ook onder kwarentyn geplaas.

Girly ·

Ek wonder of hulle die moeite gaan doen om daardie mense op te spoor. Vandat hulle uit die vliegtuig geklim het, kon hulle in alle rigtings gaan. Dit gaan moeilik wees! Volgens ‘n ander nuusblad het die dokter wat hierdie man behandel het, homself ook in kwarantyn geplaas.

Chantel ·

Dis nie ‘n kwessie van gaan hulle nie. Doen moet gedoen word.

henndrik ·

Dom vrag, wat van sy vrou en kinders en al die ander mense wat op die vliegtuig was, moet hulle nie ook onder kwarentyn geplaas word nie

Asgat ·

Nie n’ dom vraag nie, sy kinders en vrou is saam hom in kwarentyn …….

Strandloper ·

Gaan maar neuk…hul weet self of hul kom of gaan nie…

Jan ·

En dis nie net hy nie, die kinders was heel montlik skool toe en die vou werk toe. Binne twee dae kon dit van een gesn af versprei het na honderde gesinne.

Asgat ·

En dit is nie by die lughawe opgetel nie… kommer wekkend.

koos ·

My eggenote is hoog op en aktief in die private hospitaal bedryf. Ons huidige verpleegkundiges het nie die minste idee wat ‘n isolasie eenheid beteken nie en waarvoor dit is nie. Maak jouself dus reg vir groot moeilikheid, hierdie gaan ‘n Afrika bewys wees vir die wêreld dat daar nie pille is vir onnoselheid nie.

Sean ·

Eerste vlaag gaan ons dokters verpleers en mediese persoon verloor Wie gaan dan na die siek mense omsien?

Loraine ·

Is Suid-Afrika regtig gereed vir hierdie virus ?? Ons gesondheidsorg is in ‘n chaotiese toestand

Aai ·

So nou wat doen ‘n mens stuur jy al die maskers terug na China soos hulle verlang van ons of hou jy dit vir jou eie land.Wat is die antwoord ANC?

Oe la la ·

Ja en Standard bank wat n magdom geld gesenk het! Gaan hulle nou ook help?

Moedeloos ·

Ek weet nie wie neem almal deel aan die Kaapse Fietstoer komende Sondag in die Kaap nie maar ek hoop van harte dat buitelanders baie noukeurig getoets word op die lughawens.

Chanel ·

Ja nee, was tegoed om waar tewees. Amper skool vakansie nou gaan almal romd travel. Mooi!

Magda ·

Nou sal ons sien of hulle baie gepraat van SA is reg vir die Virus – wel gestand doen – Maar min vertroue dat hulle ooit weet wat hulle doen, want kyk maar wat werklik in SA aangaan. JY kan HULLE net nie vertrou of glo nie.

Sophia ·

Bou jou immuunstelsel op, en wees higiënebewus soos hande was op ‘n baie gereëlde basis!!

summie ·

GAAN KYK OP DIE WGO SE WEBSITE, DAAR IS BAIE GOEIE RAAD EN TIPS. Official WHO prevention guidelines suggest that to avoid infection with the coronavirus, individuals should apply the same best practices for personal hygiene that they would to keep any other virus at bay.

007 ·

Nou wat van die ander 10 mense wat saam hom was en die klomp op die vliegtuig, en almal by die lughawe ens?

smith ·

Ek wil nou nie lelik wees nie, maar op ‘n paar van die kommentare klink dit so asof julle, julself verlustig in die situasie.. So I told you so geval. Genade mense dis nie nou die tyd om vinger te wys en klip te gooi nie. Ja ons almal weet SA is in sy hel in, maar kom ons vat eerder al daai energie van klip gooi en vra dat God ons moet deur dra want ons is nie voorbereid hierop nie.

HOOP ·

Hier kom n ding!!!!! DIE DING HET HIER GEKOM!!!!! O.T is gereed en bekwaam vir mense wat die land inkom en die DA moet wag om die skandering te sien so paar dae terug anders pla hulle die mense wat die werk moet doen , en nou hoe het die ou verby gekom , soos ek lees word binnelandse vlugte nie geskandeer nie , die regering het nie n benul hoe om hierdie te hanteer nie , dis klaar te laat om nou te wil inspring.

Chantel ·

Sal net graag wil weet, die wat so maklik kommentaar lewer hier, het JY enige mediese agtergrond of werk jy in ‘n mediese veld van die NICD. Mense SA is gerat vir hierdie. Ons is nie DOM nie. Selfs groot lande soos VSA het ook gevalle aangemeld. Die NICD het hierdie verwag en lank reeds voorsorg getref. Indien jy geen kennis dra nie, hou asb jou beskei opinie vir jouself.

Oe la la ·

Chantel, sê my gou hoe gaan hulle keer dat in n plakerskamp van duisende mense dit nie versprei nie? in omstandighede waar daar amper geen skoon water is nie? sê my hoe gerat is hulle vir duisende mense wat by die hospitale gaan aanmeld? jy flous jouself

Simoné ·

Ons land kan nie eers ons huidige probleme uitsorteer nie, hoe gaan hulle met dié situasie maak? Nee wat, ek glo in wat ek sien, en ek sien hier kom moeilikheid.

Sean ·

So hy het sondag die land ingekom by king shaka lughawe en nou is hy posetief getoets Ja nee Die spul het alles onder beheer Gaan almal nou bonusse kry wat hulle job so goed doen om te verseker dat die virus nie die land inkom nie?

Dries ·

Sjoe, Sondag na Woensdag is ‘n lang tyd… kan jy jou indink met hoeveel mense die ander 10 wat ook op die vliegtuig was, al intussen in aanraking gekom het?

Corne123 ·

Oe tog hier kom sports sal sien hoe reg is SA werklik seker soos met als anders helemal gladnie reg nie.

marius ·

Geen woord oor die familie , ander passasiers , bemanning , lughawe personeel ens ens nie . So voorbereid soos ‘n vis op ‘n sand duin !

summie ·

Hi julle, die beste raad is om op die WGO se website te gaan kyk vir raad en advies, en dit dan te volg. Beskerm jouself !
Official WHO prevention guidelines suggest that to avoid infection with the coronavirus, individuals should apply the same best practices for personal hygiene that they would to keep any other virus at bay.
Coronavirus disease (COVID-19) advice for the public
Basic protective measures against the new coronavirus

Christian ·

2 shots Jagermeister, Medlemon en griepkuur en jy is weer op die been.

Paul ·

Hoor ons agbare minister van gesondheid se dis nie ons gesondheids dienste wat swak is nie is net dat ons mense baie reis ha ha wat n grap verstaan nie wat hy bedoel nie

Jan ·

Nou moet mens in ag neem, dis ‘n egpaar met twee kinders. Die kanse is dus baie goed dat die vrou en kinders ook aangesteek is maar nog net nie simptome wys nie. Daardie kinders gaan skooltoe en dit word daar oorgedra, daardie kinders gaan huis toe en weer word dit aan ouers oor gedra. Die mutasie van die virus is seker wat? 1:4 as dit nie meer is nie. Gaan kyk gerus by https://www.youtube.com/watch?v=qgylp3Td1Bw en jy kan letterlik die getalle sien styg. Ek wonder net of maak al die lande soos China en weerhou die ware getalle. Sal die ding moet dophou.

netekalleen ·

Al.die apteke moet maar paraat wees want nou gaan hulle van maskers beroof raak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.