Eerste in SA: Jou inkopies afgelewer binne 60 min

Checkers het pas ʼn diens bekendgestel wat jou inkopies binne ʼn uur ná jou bestelling by jou huis kom aflewer.

Dié diens, Sixty60, is deur middel van ʼn selfoon-toepassing beskikbaar. Die produkte sal dieselfde kos as wat dit in die winkels kos en aflewering is gratis. Jy kan dus in die gemak van jou eie huis inkopies doen en binne een uur is dit by jou huis.

Volgens ʼn verklaring deur Checkers sal gebruikers ook hul bestellings aanlyn kan dophou om te sien hoe die aflewering vorder.

“Sixty60 bied ongeëwenaarde gemak omdat dit al die harde werk vír jou doen,” sê Neil Schreuder, hoof van innovering en strategie by Shoprite Checkers.

“In ons samelewing waarin tyd so skaars is, is dit soos om tyd vir mense terug te gee as ons inkopies vinnig en op aanvraag by ons klante te kan aflewer. Tyd is ons kosbaarste kommoditeit.”

Sixty60 se toepassing is maande lank onder Shoprite Checkers se werkers getoets en nou is hulle gereed om dit ook onder die publiek in Kaapstad en Sandton te toets.

“Die naam Sixty60 som dié diens se hoofdoel op: Klante bestel hul inkopies binne 60 sekondes en dit word dan by hulle afgelewer binne 60 minute.”

Sixty60 sal gedurende die toetsperiode beskikbaar wees in Checkers-winkels in Kaapstad (Durbanville, Willowbridge, Okavango Crossing, Rondebosch, Kloofstraat en Seepunt) en Gauteng (Melrose en Bryanston).

Die Sixty60-app kan van die Google Play Store asook van die App Store afgelaai word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Niel ·

dit sal baie handig wees veral vir die besige mammas/pappas om meer tyd met die gesin te verkeer.. Maar ook vir die ouer mense wat nie meer eintlik kan ry nie. kleinkinders sal hulle ouma’s/oupa’s moet leer hoe om met sixty60 te werk en inkopies te doen. Gaan nogals interresant wees om te weet of dit nog gaan werk bv 5uur 6uur?

Judge Dredd ·

So die ouens wat nie van die diens gebruik maak subsidieer die wat wel van die diens gebruik maak.

Spook op thaba ·

Judge Dredd hoe kom jy by daardie som uit. Wens hulle wil dit in thaba ook doen

Judge Dredd ·

Korrek Spook – ongelukkig word ek gesensor as ek dit noem – wonder waarom?

Manie ·

Ai ai ai. Lees jy nie? Diens is gratis en produkte gaan dieslefde kos as in die winkeks. Dom kop.

Judge Dredd ·

Ai Ai Ai. Lees jy nie? JA – Diens is gratis en produkte gaan dieselfde kos as in die winkels.

Maar niks is verniet en het wel ‘n koste verbonde. So die ouens wat nie van hul diens gebruik maak subsidieer die wat wel van die diens gebruik maak.

So wie is werklik die domkop? – Besighede hou van mense soos jy…..

Judge Dredd ·

Hoekom word hierdie repliek toegelaat Maroela maar nie my eie?

Judge Dredd ·

Hoekom word my korrekte replieke nie geplaas Maroela?

Sandra ·

Die webwerf is seker oorlaai met almal wat aansoek doen. Dit was getoets en werk Baie goed. Diens ook uitstekend.

Elsa ·

Eerste in sy soort? Dis nie waar nie.
PnP doen dit al amper 15 jaar.
Woolworths vir 5 jaar

Ekke ·

Korrek, PnP doen dit al donkie jare en jy kies die tydgleuf wat jou pas vir aflewering. Ek doen my inkopies al uit die staanspoor so.

Ann ·

Dis waar, maar nie binne n uur en na 5 of 6 in die middag nie

Nettie ·

O, gits – met diens wat hier in Worcester oor die algemeen so swak is (ek spot altyd en sê dat mens nie oor diens in Worcester KAN kla nie, want jy KRY nie diens in Worcester nie) – hoe lank sal dit eerstens neem voor hierdie diens hier beskikbaar is, en – wanneer dit nou eendag ook “anderkant die berg” uitkom – wat ‘n gesukkel sal dit nie afgee om jou kruideniersware afgelewer te kry nie? En dan moet jy nog maar hoop en bid dat – wanneer jou goedere afgelewer word, indien dit wel afgelewer word – jy nie ‘n bottel Handy Andy pleks van ‘lean beef mince’ kry nie.

Niel ·

soos ek al gesien het hier in Worcester, is dat die probleem eintlik te min personeel is. Mens kan dalk verstaan hoekom daar dalk min personeel is by bv die mall. Gehoor die huur van die persele is belaglik hoog. Sekere plekke probeer egter hulle bes om gou iemand uit te help.

Nettie ·

@Neil – as iemand met bietjie “inside info” oor huurgeld van persele by die Mall in Worcester, die volgende: NIEMAND staan agter ENIGE IEMAND se rug met ‘n geweer en DWING hulle om ‘n perseel te huur in die Sentrum nie. En sg. “personeel tekort” behoort nie iets te doen te hê met die lewer van goeie diens nie. Swak diens in Worcester is nie net beperk tot winkels in die Sentrum nie – jy kry swak diens in Worcester by omtrent 9/10 besighede in Worcester. Ek het vanoggend 2 x swak diens in Worcester beleef – een by ‘n besigheid in die dorp wat al vir JARE daar is en letterlik die ENIGSTE een is wat dié spesifieke diens lewer: daar was 5 personeellede in die kliëntediens kantoor: 4 van hulle het saamgekoek gestaan en persoonlike gesprekke gevoer terwyl die 5de een darem so ‘n soort-van, hewig-trae “diens” aan my as instap-kliënt gelewer het.

Freddie ·

Natuurlik gaan ons plaasbewoners agtergeblewe bly met hierdie diens. Plaaslewe is nie vir sissies nie, ons mis uit op baie innovasies (ook koerierdienste, ens).

Antz ·

Haha – ek wil graag sien hoe kry hulle dit so gou in Villiers – Met helikopters??

Bess ·

Ek verkies om self uit te soek wat ek wil he dis beter en veiliger

Anti DA ·

Was die naweek in Hermanus, die Checkers by die nuwe mall se diens is uiters swak. Die auntie agter die soetgoed toonbank was traag en stadig, express tills was net een op diens. Het hulle n go slow policy daar ? Tenminste het n rakpakker binne sekondes n item vir my opgespoor. Die ander werkers was maar gee nie om agtig nie. Hoop die rakpakker kry die Bestuurders pos. Ek ry liewers verder vir diens volgende keer. Inkopies afgelewer, ja is goeie idee, mits jy presies jou gunsteling produk kan kry. Sien ook nie dat die skooter juis n yskas boks het nie. So suur melk of vir somer.

Wiehan ·

Dieselfe swap dienste in Checkers Waterfall, Midrand. Dink mos hulle doen jou een HELSE guns om jou te bedien. Wonder wie inwerklikheid betaal hul salarrise. Koop nie meer daar nie, ry liewers 10km verder na Woodman Pick ‘n Pay Hyper.

wilma ·

Al is my tyd beperk, geniet ek dit om persoonlik my inkopies te gaan doen. Ek het nog geen rede gehad om te kla oor die diens by Checkers Wingtip-tak nie. Wanneer ‘n kassiere/pakker die dag “af” lyk, vra met opregte belangstelling of hy/sy dalk nie lekker voel nie, want dit is nie hoe jy hom/haar ken nie! Die reaksie mag jou dalk net met nuwe oë na die persoon laat kyk. ‘n Geseënde dag vir julle almal en mag julle met sagte oë na almal rondom julle kyk.

Magda ·

Ai Wilma, sal dit nie wonderlik wees as almal met sagte oë begin kyk nie!

Kwaaikie ·

Hmmm nou wanneer kom dit by al die ander checkers’e ook aan? En, kan ek drank bestel van die liquor afdeling ook :-) ?

VEE ·

Baie nice konsep as dit verhaalbaar is . . .
Hoe kan hul 60 min verseker in vandag se verkeer?
Dan wonder ek maar net of dit nie n soft spot gaan word vir misdaad nie , want n trokkie met n klomp groceries in word n maklike teiken.

Alexz ·

Hierin lê die vangstrik: jy gaan produkte kry wat naby die vervaldatum is en/of ekwivalente produkte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.