Noord Korea beweer hulle het die eerste interkontinentale ballistiese missiel (langafstandmissiel) ooit op ʼn toetslopie gelanseer.
Dít is in direkte teenstelling met wat Suid-Koreaanse en Amerikaanse beamptes beweer. Hulle het vroeër gesê dié missiel wat Dinsdag gelanseer is, is slegs ʼn tussenafstand-missiel.
Noord-Korea hét in die verlede al satellietlanserings uitgevoer. Kritici voer aan dit was toetslopies vir hul langafstand-missieltegnologie.
Indien bevestig kan word dat dit wel ’n toetslopie vir ’n interkontinentale ballistiese missiel was, sal dit egter as ’n betekenisvol beskou word deur lande wat Noord-Korea se poging dophou om ’n kerngewapende missiel te bou wat enige plek in die Verenigde State kan bereik.
Hierdie toets kan moontlik die suksesvolste toets nóg vir Noord-Korea wees. ʼn Wapendeskundige het gesê dié missiel kan sterk genoeg wees om Alaska te bereik.
Trump, slaan terug voor daai mal mannetjie dit doen.
En waar is magtige Navo se 007 nou wat woerts-warts die gevaar sal neutraliseer… en sommer die mooiste meisie se kniee laat knak…?Die werklikheid is ‘n perd van ‘n ander kleur…
Was toe vals alarm, Rusland het laat weet dit was intermediêre missiel, nie interkontinentaal nie.
JoeV, het jy al gehoor van militêre teeninligting? Dis presies wat Putin jou wil laat glo.
Die VSA het al in die 80’s teen-interkontinentale missiele gehad. So ek glo hulle sal voorbereid wees hierteen.
Smaak my kenners sê nou, as hulle die hoogte van die missiel se baan bestudeer, dat dit wel ‘n IKBM is.
Wat moontlik selfs Alaska kan tref.