Eerste kind positief vir korona in SA

Argieffoto (Durban) (3 Maart 2020) (Foto: Leon Lestrade/African News Agency/ANA)

Die eerste geval van ʼn kind wat met die koronavirus gediagnoseer is, is Maandag aangemeld.

Die LUR vir onderwys in KwaZulu-Natal het Maandag bevestig dat ʼn graad R-leerder aan ʼn skool in Richardsbaai positief getoets het vir Covid-19. Die skool is gevolglik gesluit.

“Ons kan bevestig dat ʼn graad R-leerder aan Richards Bay Primary School positief getoets het vir die virus. Die skool is gesluit nadat 17 leerders in dieselfde klas ook simptome begin toon het wat verband hou met die koronavirus,” het Kwazi Mshengu, LUR vir onderwys in KwaZulu-Natal, gesê.

Hy sê volgens inligting tot die departement se beskikking, werk die meisie se ma by ʼn bank en werk sy gereeld met kontant wat uit die buiteland kom.

Dit is die eerste geval waar ʼn kind positief toets vir die virus in Suid-Afrika, en ook die eerste keer wat die pasiënt nie oorsee gereis het voor die virus opgedoen is nie.

nwu-potch-puk

Die NWU se Potchefstroomkampus. Foto: NWU Pukke/Facebook

Maroela Media het Sondag berig dat skole reg oor die land van eerskomende Woensdag tot net na Paasnaweek gesluit sal wees om die verspreiding van die virus te voorkom. Die meeste universiteite het ook reeds alle akademiese aktiwiteite opgeskort. Die Noordwes-Universiteit kon teen Maandagaand nog nie sê of dié universiteit ook sy deure sou sluit nie. Louis Jacobs, woordvoerder van die universiteit, het aan Maroela Media gesê ʼn besluit is geneem, maar hy wou dit nie aan die media bekendmaak alvorens die studente en personeel nie in kennis gestel is nie.

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie het ook alle oefenkampe, insluitend Springbok-mans- en vrouekampe, tot 14 April uitgestel. Jeugtoernooie en die Curriebeker-reeks gaan egter steeds voort soos beplan, maar sal in April hersien word.

SANParke het wel aangekondig dat hul parke oop bly te midde van die verspreiding van die virus. “Ons het bykomende skoonmaakmaatreëls  geïmplementeer en besoekers aangemoedig om goeie higiëne toe te pas.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Opinie

Wat van die persoon in die Vrystaat wat besmet is deur die Chinese sakeman?

Toy

[email protected] die persoon het negatief getoets vir die virus as ek reg gehoor het.

minnie

ek werk ook met buitelandse geld elke dag… hande al deur gewas