Eerste kwartaal skets donker prentjie vir SA se ekonomie

Grafika: SSA.

Statistieke Suid-Afrika (SSA) het Dinsdag bekend gemaak dat die Suid-Afrikaanse ekonomie in die eerste kwartaal van 2018 met 2,2% gekrimp het ten spyte van die 3,1% groei in die vierde kwartaal van 2017.

SSA het in ʼn verklaring op sy webtuiste gesê landbou, mynbou en vervaardiging was die hoofbydraers vir die daling in die land se bruto binnelandse produk (BBP). Elektrisiteit, konstruksie en handelsnywerhede het ook ʼn negatiewe groei gehad.

“Dié 2,2% daling is die grootste kwartaal-op-kwartaal daling sedert die eerste kwartaal van 2009 toe die ekonomie met 6,1% gekrimp het.”

SSA het verder gesê landbou het ná vier agtereenvolgende sterk kwartale se groei in 2017 in die eerste kwartaal van 2018 met 24,2% gekrimp. “Dit is die grootste kwartaal-op-kwartaal daling sedert die tweede kwartaal van 2016.”

Volgens SSA was die landboubedryf een van die positiewe faktore wat die ekonomie in 2017 aan die gang gehou het, maar gaan die bedryf nou gebuk onder verminderde produksie in veldgewasse en tuinbouprodukte.

Mynbou is volgens SSA nou in ʼn resessie met ʼn tweede agtereenvolgende kwartaal van afname. Produksie is met 9,9% verlaag in die eerste kwartaal van 2018. Dit kom ná ʼn 4,4%-daling in die laaste kwartaal van 2017.

“Laer produksie in goud, platinum-groepmetale en ystererts was die hoof bydraende faktore vir dié swak prestasie.”

Vervaardiging het ook met 6,4% afgeneem en het -0,8 van ʼn persentasiepunt bygedra tot die groei van die BBP.

Die handel-, konstruksie- en elektrisiteitsbedryf het ook negatief gegroei in vergelyking met die vierde kwartaal van 2017.

Konstruksie krimp al vir vyf agtereenvolgende kwartale. “Die bedryf het reeds R1,7 miljard in waarde verloor deur van R110 miljard in die vierde kwartaal van 2016 te val na R108 miljard in die eerste kwartaal van 2018.”

Ekonomiese aktiwiteit in vervoer, finansies, persoonlike dienste en regering het in die kwartaal toegeneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Johann cb ·

Ons moes dit te wagte wees! Almal, wel byna almal, staak en beplan om te staak! Alle sektore gaan mos daaronder ly! Veral die verbruiker wat die swaarste getref word! Word wakker mense, julle sny julle eie kele af met ‘n stomp lem!

Wonder net ·

Wonder net of die onteiening van grond sonder vergoeding wat in Desember aangekondig is, nie dalk `n klein ietsie te doen het het die bykans 25 % daling in landbou nie ? Sodra daar nie meer vertroue is nie, is daar ook nie meer hoop nie.

Andre ·

@ Wonder net – jy is reg. Maar die grondonteiening-storie het ‘n baie wyer impak as wat jy dink; inderdaad ‘n enorme impak. Oorsese beleggers onttrek hul geld uit die land in biljoene. Ons hoor net nie eintlik daarvan nie. Hulle onthou goed wat met Zimbabwe se ekonomie gebeur het toe hulle dieselfde daar gedoen het.

Kannaland ·

Jy is reg, boere sal nou nie meer sommer langtermynbeleggings doen nie.

Netso ·

Netso Johann en Wonder net, voeg by die vrotsige munisipale bestuur en die onvermoë om riool te suiwer en instandhouding van infrastruktuur soos paaie, Eskom en jy tender vir moeilikheid. Daar is nog ander paddas wat ook stadig maar seker warmer water kry.

Johannes van Rooyen ·

Statestieke SA lieg die eintlike probleem is korrupsie en geen land is nog ooit vooruit gestrike nie en op die koop toe ñ slapgat regering ook nog hê nie

Mrs H ·

15% Vat. Gratis onderrig. Grond grype. Swart bemagtiging. Elke dag n optog iewers. Transito rooftogte. Minimum loon. Belaglikke verhogings op brandstof pryse en allerdaagse behoeftes. Onbevoegte staats amptenare en verkrummelende infrastruktuur. Onrealistiese ondemokratiese implimentering van wette….. Lughawe en instansies se name verander is mors van tyd en geld wanneer straat naam borde nie eens bekostig en vervang kan word nie. Mislukte, onregverdigge, dom e-toll stelsels in slegs een provinsie…. Sal beslis hierdie donker negatiewe nagevolge hê.
Geen kommentaar/aksie/bekommernis oor en op burgers se pleit om hulp teenoor moord, roof, verkragting en georganiseerde kriminele aktiwiteite en onwettige wapens. Meer en meer dwelm handelaars en mense handel. Stygende moord, selfmoord, gesinsmoord en plaas moord syfers. Hoe sal ANC beheer kry oor hierdie dinge as hulle nie daadwerklikke veranderinge, besluite en afskaffing van mees genoemde in my boonste paragraaf maak nie? Hulle sal nie, want dan erken hulle misrabelle mislukking. Staan en kyk eerder hoe dinge na oorlog se kant toe begin staan.

Stoffel ·

Ditsim! Pragtig saamgevat. Die resep vir ‘n land om te faal.

Pierre ·

Mrs H. Ja voorwaar nog nie so raakvat boodskap gelees nie, vat omtrent alles wat verkeerd gaan, in n neutedop saam.

david ras ·

Wel gese Mrs H. —Die best opsomming van hierdie land wat ek nog gelees het……onbetwisbaar..!!

thinus ·

Die BBP sal daal as dit nie kan groei nie, dis so eenvoudig! Daar is nie groei in die ekonomie nie daarom kan die BBP nie groei nie. Die ekonomie groei nie – terwyl feitlik die hele wereld sin groei. Daar is dus groot FOUT in NSA.
EN dit is nie net die regering nie, maar ook die meerderheid wat vir hul gestem het se skuld: by name ANC!

Eish ·

Daar kom die waarheid nou uit en weerspreek die vertrouensindeks en die ander ekonomiese gimnastiekkonsepte wat sè dit gaan beter.
Dis ernstig afdraend en besighede voel dit.
Die meerderheidsregering se prestasie tot dusver op alle sfere wat hul met hul kankerbestuur verrot het, laat my tog glo dat hul nie die kapasiteit het om die bootie om te draai nie, nie eens naastenby nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.