Eerste Omikron-gevalle se simptome betreklik ‘matig’

‘n Vrou laat doen ‘n Covid-19-toets by die OR Tambo-lughawe. (Foto: Phill Magakoe/AFP)

Dr. Angelique Coetzee, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (Sama), sê talle van haar pasiënte wat vermoedelik die nuwe Covid-19-variant opgedoen het, het slegs matige simptome getoon en het sonder hospitaalbehandeling van die virus herstel.

Sy sê sy het oor die afgelope 10 dae sowat 30 pasiënte behandel wat positief vir Covid-19 getoets het, maar onbekende simptome getoon het.

“Hulle geweldige moegheid het hulle na die spreekkamer gebring,” sê Coetzee.

Volgens haar is dit ongewoon vir jonger pasiënte.

Die meeste pasiënte was mans jonger as 40 en net minder as die helfte van hulle was teen Covid-19 ingeënt.

Hulle het ook effense spierpyne ondervind, ʼn krapperige keel en ʼn droë hoes gehad. Slegs enkele van haar pasiënte het ʼn effense hoër temperatuur gehad.

Dit is baie matige simptome in vergelyking met ander variante.

Coetzee het gesondheidsamptenare op 18 November ingelig oor die “kliniese prentjie wat nie by Delta pas nie” – in hierdie stadium Suid-Afrika se oorheersende variant – nadat die eerste sewe van die pasiënte ondersoek is.

Sy sê Suid-Afrikaanse wetenskaplikes het teen daardie tyd reeds die variant opgemerk – toe nog net bekend as B.1.1.529 – wat eindelik op 25 November bekend gemaak is.

Die nuus het paniek veroorsaak en het reeds tot verskeie verbodsbepalings op reisigers uit Suid-Afrikaanse lande gelei. Die regering het die stappe as “oorhaastig” en onbillik bestempel.

Coetzee sê dit is betreurenswaardig dat Omikron bestempel word as “hierdie uiters gevaarlike virusvariant” met verskeie mutasies, terwyl die virulensie daarvan nog onbekend is.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het dit reeds as ʼn variant van kommer bestempel en wetenskaplikes werk hard om die gedrag daarvan te bepaal.

Die hoogs gemuteerde variant is oënskynlik erg aansteeklik en weerstandig teen immuniteit, hoewel die vermoë om entstof te ontwyk steeds ondersoek word.

“Ons sê nie daar gaan nie in die toekoms ernstige siekte wees nie,” sê Coetzee.

“Vir nou lyk dit egter of selfs die pasiënte wat nie ingeënt is nie, matige simptome het.”

Coetzee sê sy is ook betreklik seker dat talle mense in Europa boonop ook reeds die virus onder lede het.

Amptelike syfers wys sowat ʼn driekwart van die Covid-19-gevalle wat die afgelope paar dae in Suid-Afrika aangemeld is, as Omikron geïdentifiseer is.

Nadat Suid-Afrika die ontdekking van die variant bekend gemaak het, het verskeie ander lande ook die afgelope paar dae Omikron-infeksies gevind. Dit sluit in Australië, Italië, die Verenigde Koninkryk en België.

“Ons gaan ʼn toename in gevalle sien,” waarsku Coetzee.

Suid-Afrika se positiwiteitskoers staan in hierdie stadium op 9,8%.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

LIEZL ·

Baie dankie vir hierdie eerlike berig, dr Coetzee. So dankbaar die mense herstel. Soveel leuens word aan almal vertel en dit word al weer ‘n skrikbewind.

piet ·

Ek het vir ‘n lang ruk so ‘n effense krapperige keel gehad en so nou en dan ‘n ligte hoesie. Ek wonder of dit nie Covid was nie. Blyk nou weg te wees maar dit was vir weke teenwoordig.

Anoniem ·

Ek het dieselfde simptome gehad toe ek nog Texan Plain gerook het Piet.

Tersia ·

Hoekom het jy jou nie laat toets nie Piet? Hoekom net sit en wonder.

Althes ·

Vreemd genoeg ek ook. Spierpyne ook. Ek is ten volle ingeent, maar ja dit kan die griepvirus ook wees.

Eden ·

Ons het almal gereeld ‘n krapperige keel en hoesie. Dis gewoonlik sinus weens die vrot lug wat ons moet inasem as Esdom wel werk.

efjy ·

Suid Afrika se positiwiteitskoers is tans 9.8%. Op watter basis word dit bepaal. Wat is die waarde van die statistiek. 9.8% klink baie hoog?

Baardman ·

Dis nie 9,8% van die bevolking nie, dis 9,8% van persone wat hulle laat toets

piet ·

Ja, so 10% van mense wat tans getoets word, toets positief. As dit minder as 5% is, word die pandemie beskou as onder beheer te wees.

VaalDonkie ·

Dis ‘n baie misleidende statistiek. Eintlik beteken dit maar net dat 1 uit elke 10 toetse positief was. En nou dat die antigeen-toetse bygereken word, is dit dalk deel van die verduideliking.

Baardman ·

As jy die som verder wil maak, verteenwoordig dit ongeveer 0,04% van die bevolking. Dit is in my boeke PANIEK en HISTERIE eerder as PANDEMIE

DJ ·

Goed gebalanseerde berig. Baie dankie. Daar moet gewaak word teen hierdie voortdurende vrees aanjaery. Dir hou groter gevaar in as Covid self.

Samuel ·

Stem saam met DJ. Goed gebalanseerde berig sonder om vrees aan te jaag. Vreesaanjaery is die regering se werk.

ameli ·

My kind het die nuwe variant sy moes dringende operasie kry en as dit nie v dit was het niemand geweet sy het dit nie. Geen simptome

voor ek vergeet ... ·

Haar eerlikheid is ook maar selektief en ook nie so gebalanseerd as wat dit op die oog af lyk nie. Hoekom bly sy en die Nasionale Koronavirus-bevelsraad (NCCC) stil oor die storting van meer as 75 000 historiese toetsuitslae wat verlede Maandagaand deur die departement van gesondheid by die statistiek van die Omicron variant se syfers gevoeg is, waarvan 18 000 positiewe gevalle was. News24 het data gesien wat toon dat sommige van die positiewe gevalle terugdateer na April 2020, die begin van die pandemie. In werklikheid was 868 nuwe gevalle verlede Maandagaand aangeteken. Geen wonder die wêreld het so reageer nie.

Gaan lees hier: https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/covid-19-statistieke-skielike-styging-is-weens-antigeentoetse/

Dirk Mostert ·

Die omicron-alarm het veroorsaak dat die Switsers in gister se referendum hul regering met 62% vrye teuels gegee het om te maak wat hulle wil.

Boatsie ·

Mense ek raak al hoe meer oortuig dat die mensdom verskriklik mislei word en geld sit agter alles. As hierdie virus dan nou minder gevaarlik as die Covid19 is, maar die WGO hang dit aan die groot klok en lande perk mense links en regs in, wie lieg en wie nie.

Luister ·

Dit is ‘n voorlopige opinie dat dit nie gevaarlik is nie. Die probleem is, niemand weet nie en raak paniekerig en stel voorsorgmaatreëls in. So niemand lieg nie: hulle weet regtig nie op hierdie stadium nie.
As iemand jou vertel daar is ‘n by agter jou, gaan jy eers wonder of hy/sy lieg of gaan jy paniekerig word en padgee?

Lourens CFG ·

Dit het al met my gebeur terwyl ek in die tuin gewerk het, vrou gil “By teen jou kop” en hardloop.
Ek het doodluiters aangegaan, die by het op my arm kom sit en rond beweeg, en weg gevlieg.
Gevolgtrekking, moenie sommer net paniek nie.

Raadsman ·

Hierdie variant was al lankal bekend in res van wereld, maar SA hardloop media toe en nou face ons die gevolge en verloor miljoene deur iemand wat probeer naam maak.

Wicus ·

Na my mening moet ons Covid aanvaar soos ons griep en verkoue aanvaar het. Stop met al die inperkings en verbod op reise. Ons weet mos nou wat om te doen om die kanse vir aansteek te verminder en hopelik ook hoe om ernstige gevalle te behandel. En ja, mense gaan steeds daaraan sterf, ingespuit of nie, inperkings of nie, dis die realiteit van die lewe, hoe hartseer ookal.

VaalDonkie ·

Ja mens sal moet aanvaar dat die ding hier is om te bly vir ‘n lang tyd. Dr Chetty het mos al vir ons gewys as jy hom vinning vang, kan jy hom beheer en selfs uit die hospitaal uit bly.

Papsak ·

Ja ek dink dit is tyd om alles oop te mask en te stop ons weet nou wat om te doen dit n korrupte pandemie

Riaan ·

Stats is soos ‘n koek resep, jy kan dit aanpas en manipuleer tot jy die uitkoms kry wat jy WIL kry. Ek glo nie meer enige Stats komende van die SA Regering nie.

madels ·

Dankie tog daar is nou uiteindelik na berig oor omikron virus wat toe nou nie eers ernstig is nie. Dis net om nog groter vrees in mense in te boesem dat so groot bohaai hieroor gemaak word, dankie Dr Coetzee vir jou eerlike verslag

Ria ·

Die wêreld lei aan Covid panieksindroom. Die WGO help nie juis as hulle sommer klaar besluit het dis n dodelike variant nie.

Danie ·

Ek noem dit weer…. dis n skande dat soveel mense moet sterf agv die virus as daar n entstof beskikbaar is wat hul kan beskerm en die die kans vir afsterwe drasties verminder. Ek wens mense wil besef dat hulle met die dood speel deur al hierdie ongegronde nonsens te versprei en te glo

Eden ·

So daars geen bewyse dat die O virus erger as gewone kowid is nie. Nietemin het die hele wéreld ‘n kollektiewe hartaanval gekry. Mense het minder breinselle as wat ek vermoed het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.