‘Eerste oorwinning in stryd teen sportkwotas’

Argieffoto

AfriForum en Solidariteit het bekend gemaak dat hulle die eerste oorwinning in die sportkwotasaak bereik het. Dit volg nadat Thulas Nxesi, sportminister, vandag aangekondig het dat die verbod wat op sportfederasies (SA Rugby, Krieket SA en Netbal SA) gelê is om internasionale toernooie aan te bied weens die feit dat hulle nie voldoende transformeer nie, opgehef is.

Dié aankondiging volg op AfriForum en Solidariteit se aankondiging van verlede week dat omvattende regsaksies geloods is om enige vorm van politieke inmenging in sport, wat insluit ʼn selfopgelegde kwotastelsel, onwettig te verklaar. AfriForum en Solidariteit voer aan dat die ooreengekome kwotas nie net strydig met die wet is nie, maar dat dit ook teen ooreengekome internasionale norme indruis.

AfriForum en Solidariteit vra in hul hofstukke dat die hof beveel dat die transformasiehandves as basis van die kwotastelsel, in soverre dit demografiese profiele nastreef, ongeldig verklaar word. Verder word daar versoek dat die hof beveel dat die ooreenkomste tussen die partye in soverre dit kwotas daarstel, ongeldig verklaar word en dat sportliggame verbied word om kwotas toe te pas wat vir spankeuses op nasionale, provinsiale, klub- en skoolvlak geld.

Volgens Solidariteit se Anton van der Bijl is hulle verheug oor die oorwinning en die besluit van die minister, maar is dit betreurenswaardig dat daar so ver gegaan moet word soos om litigasiestappe te neem om die minister en die sportfederasies te wys op die basiese verpligtinge as lid van die internasionale sportgemeenskap.

“Alhoewel die aankondiging as ’n oorwinning beskou kan word, is dit maar nog net die eerste stap op ʼn lang pad om Suid-Afrikaanse sport vry van politieke inmenging te maak. Ons gaan voort met ons litigasie-aksies ten einde die kwotastelsel ongeldig te verklaar. Ons, en die publiek, is moeg daarvoor dat transformasie in plaas van meriete die hoogste maatstaf geword het as dit kom by prestasiemeting. Elke lid van die publiek moet die fundamentele grondwetlike reg tot sport sonder politieke inmenging opeis,” het Van der Bijl gesê.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, druis die afdwinging van rassekwotas en politieke inmenging in Suid-Afrikaanse sport direk in teen die reëls en regulasies van internasionale sportliggame.

“Alhoewel ’n oorwinning behaal is deurdat die verbod opgehef is, gaan AfriForum voort om binne maande ʼn afvaardiging na verskeie internasionale sportliggame te stuur ten einde sport sonder politieke inmenging te verseker,” het Kriel gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Neels ·

Dít klink beter!

Dit was lankal al nodig om die regering op hul neuse te laat kyk.

Pietie ·

Die ooreengekome teikens is bereik dis hoekom die verbanning gelig is. Solidariteit het niks hiermee te doen nie.

VERITAS ·

Pietie die opheffing verander die hele storie. Hoe lank gaan die bereikte teikens behoue bly? Dit kan môre al spankeuses beïnvloed. Alle spelers kan nou op gelyke voet kompeteer. Ek dink net dit is te laat. Ons sporthelde het reeds die smaak van baie geld gekry en jonger talentvolles gaan meer en meer die buiteland opsoek .

Pietie ·

Die kwota teikens is vooruitgestel tot 2019 (of later ek is nie seker nie) en almal het ooreengekom. Hierdie ontbanning raak glad nie die kwotagetalle soos ooreengekom nie. Die proses gaan steeds deurlopend gemonitor word.

Lynette ·

Veritas – hoekom sê jy spelers kan nou op gelyke voet kompeteer?

Johann ·

Maar is die sportminister dan nou nie in lyn vir bevodering nie? Waar is Fikile M nou?

Neels ·

Min is ter van poel issie! Een van die dae dra hulle ook seker net een kleur klere, ry in dieselfde kleur motors, ens.

Scalla ·

Frikkie het sport laat sneuwel en volgende is die polisie, wat het geword van die miljoene sokker wereld beker bribe?

lw ·

Dankie Afriforum en Solidariteit. Julle is tops! Hopenlik met n nuwe leier in SA sal rassediskriminasie uitgewis word.

Johann Marx ·

Is dit nie ongelooflik hoe ALLES in die nuwe Suid Afrika deur ‘n “HOF” getoets moet word nie? Hierdie land het nie eintlik ‘n regering nie….net ‘n klomp narre en die gepeupel….en elke daad van beide groepe moet deur ‘n skeids”regter” beoordeel word…..en as jy nie tevrede is met die uitspraak nie is dit appél op appél of appél…..of jy steur jou bloot net nie aan die hofuitspraak nie en ploeter voort….

John ·

Rugby is nou op gelyke voet met sokker… altyd aan die sukkel en verloor is die doelpale. So sal dit binnekort ook in die ekonomie gaan. Hulle moet maar die blikkiesstadion in Soweto begin dophou want dit gaan stuk vir stuk begin opbrok en voete kry ooreenkomstig die beleid van radikale transformasie… vir huisvesting vir die 2023-span uit Zim en elders…

Roger ·

Die grondwette van internasionale sportbeheerliggame (rugby en krieket ingesluit), is duidelik dat geen vorm van rassisme of voorkeur op grond van etnisiteit geduld sal word nie. SARU (die groot sondaar in SA) se grondwet is ook baie duidelik hieromtrent. Indien kwotas dus geduld word, IS dit niks ander as huigelary nie. Kan sportbeheerliggame hierop antwoord?

Fires ·

Sal nie veel help nou nie, regering wil so ‘n bietjie krediet terugwin na Vokuli se blabs.
Nie asof al die sportlui nou hier gaan bly, die rand kan in elk geval nie meeding teen die pond, yen en euro nie.

Erik ·

Of Solidariteit en AfriForum alles met die besluit verandering te doen het of niks nie, is vir my nie so belangrik nie. Die belangriker punt is dat iemand bereid is om te se dat die manier waarop dinge gedoen word nie reg en aanvaarbaar is nie. Uitsluiting en rassisme word nie opgelos deur nog meer uitsluiting en rassisme nie.

Pietie ·

Solidariteit het niks met die besluit te doen nie. Die berig is opportunisties in die opsig dat dit die strekking het dat die besluit geneem is omdat Solidariteit hofstukke ingedien het (so asof die regering nou daarvoor sal skrik). Dit het niks daarmee te doen nie. Die regering sal beslis enige regsaksie teenstaan. Dit gese, ek is ook gekant teen kwotas en wens Solidariteit sterkte toe met hul regsaksies.

Renier ·

Dis net jammer dit gebeur eers nou, die skade is klaar aangerig. Dit gaan jarre vat voor ons weer n span kan stuur en dink dt S.A. die wereldbeker kan wen. Waar is die dae van Errol Tobias ens. Dit was regverdig….my hart bloei vir ons sporthelde, spelers & ondersteuners wat al die snert van transformasie moet aanskou…, ons sport sisteem waaraan soveel jare gewerk is…is nou afgespoel in die drein….! Ek gee nie om watse kleur die speler is nie, as jy die job die beste kan doen…dan word jy gekies. Wat my verstand te bowe gaan…is dat daar iemand soos Johan Ackerman is wat by vere…baie beter as Allistor Coetsee is, wat ook nou verlore is vir ons rugby. Toe Jake White die wereldbeker saam met sy spelers gewen het…, is hy in die pad gesteek…, nou ja, toe ry Hieleem stemmetjie de Villiers net Jake se golf, en alles tuimel toe weereens inmekaar in..! Dit kom vir my voor asof geskiedenis…hom herhaal…!

Mariana ·

Dankie Afriform. Npu moet daar ook sommer gekyk word na die SAUK en Multichoice se uitsaai van sport ook. Sokker kan dg en nag gekyk wotd op sauk en multichoice goedkoper pakette, maar as jy rugby wil kyk, moet jy die duurste paket van multichoice betaal vir die voorreg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.