Eerste operasie wag op Pta-seun wat erg brand, hospitaal betaal

Melissa en sean smith 2

Mé-Lissa en Sean Smith. Foto: Verskaf

Sean Smith (16), die tienerseun van Pretoria wat Maandagmiddag tydens ʼn fratsongeluk erge brandwonde opgedoen het, sal Donderdagoggend op die Unitas-hospitaal se onkoste sy eerste operasie ondergaan om van dooie weefsel ontslae te raak.

Sean, ʼn gr. 10-leerder, is Maandagmiddag na dié private hospitaal geneem nadat sy hemp aan sy lyf vlam gevat en hy erge brandwonde aan sy bolyf, arms en gesig opgedoen het.

Maroela Media het Woensdag berig Sean was saam met ʼn gesinsvriendin, wat ʼn tuindienste-onderneming besit, toe die voorval plaasgevind het. Sy het hom by sy huis, in Theresapark in Akasia, opgelaai en hulle was in Eldoraigne in Centurion toe die tragedie hom afgespeel het.

Sean Smith in die hospitaal. Foto: Verskaf

Sean Smith in die hospitaal. Foto: Verskaf

“Die vrou het besef haar bakkie lek olie en sy het langs die pad stilgehou om ondersoek in te stel. Sean het onder die enjinkap gekyk wat hy kan sien en aan die enjin gewerk. Sy hande was vuil en vol olie,” het Amoré Jooste, ʼn goeie vriendin van Sean se ma, Mé-Lissa Smith, aan Maroela Media gesê. “Hy het toe petrol gevat en oor sy hande gegooi om dit skoon te kry. Ons vermoed hy het sy hande aan sy hemp droog gevee en dit het toe op ʼn manier vlam gevat, dalk toe iemand naby hom ʼn sigaret aangesteek het.”

Amoré verduidelik Mé-Lissa het Sondag vir haar werk na Parys in Frankryk gevlieg en was skaars daar toe sy ʼn vlug terug na Suid-Afrika moes haal. Mé-Lissa kon eers Dinsdagmiddag haar seun in die trauma-waakeenheid van die hospitaal besoek, waar hy in afsondering onder verdowing gehou word en aan ʼn asemhalingsmasjien gekoppel is.

Sy toestand is steeds kritiek maar stabiel, en hy moes dringend die eerste van vele operasies ondergaan om van dooie weefsel ontslae te raak en sy wonde skoon te maak om lewensgevaarlike infeksie te verhoed. Die operasie is egter baie duur. Mé-Lissa, ʼn enkelma van vier, het nie ʼn mediese fonds nie en kan nie self volgehoue behandeling by die private hospitaal bekostig nie. Daar is ook steeds nie plek in staatshospitale wat toegeruste brandsorgeenhede het nie.

Robert Jordaan, Unitas se hoofbestuurder, het Donderdag aan Maroela Media gesê die hospitaal het toe Sean daar opgeneem is, besluit om voluit met sy behandeling voort te gaan totdat daar ʼn plek in ʼn staatshospitaal oopgaan, net soos hulle met ander pasiënte sou doen wat nie ʼn mediese fonds het nie.

“Die hospitaal se hooffokus is nie geld nie. Ons is hier om ʼn diens te lewer en die beste behandeling moontlik te gee om lewens te red.”

Jordaan het gesê die hospitaal sal nooit behandeling weier aan enige pasiënt wie se lewe in gevaar is nie. “Ons het Maandag, nadat Sean gestabiliseer is, dadelik begin soek vir plek in ʼn geskikte staatshospitaal om nie sy ouers aan die enorme koste bloot te stel nie. Maar daar was en is doodeenvoudig net nie plek nie; intussen veg hy om sy lewe, moet hy geopereer word en gaan dit vandag gedoen word.”

Hy het gesê die seun sal daar behandeling ontvang tot daar plek by ʼn geskikte hospitaal oopgaan waarna hy in beheerde omstandighede daarheen oorgeplaas sal word as Sean sterk genoeg is daarvoor.

Mé-Lissa het almal bedank wat hulle in die moeilike tyd ondersteun. “Ek wil net dankie sê vir almal se gebede, oproepe en boodskappe – ek waardeer dit baie. Daar is geen woorde om die seer wat ek het te kan beskryf nie. My hart is stukkend.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Erika SA Country Meisie ·

10000000 dankies
Ek sal steeds voortgaan om die benifit show vir hul te reel.
ALLE fondse wat ons daardeur kan inkry sal aan hul oorhandig word.

Boetman ·

Mooi Erika. Gee die geld tog maar direk vir die familie. Netcare is ‘n besigheid wat die fondse onder hul eienaars en aandeelhouers sal versprei.

lettie ·

Sterkte met die operasie. My gebede gaan uit vir julle in die traumatiese tyd.

Adelletjie ·

Unitas, ek hoop ander hospitale kan julle voorbeeld volg. julle is awesome…. Sean, hoop jy word gou gesond, ou seun en baie sterkte vir jou en jou familie

Fanie ·

Baie sterkte dink aan hom en die Familie Mag God hom die krag gee om deur hierdie moeilike tyd te kom.

Liza de Lange ·

Sterkte in die moeilike tyd!!!! Ek bid God se Almagtige Hand oor Sean en dat hy sy familie sal sterk hou!!!!!

charlotte ·

Unita dankie dankie dankie. Julle is puik xx

Alle sterkte aan Sean en sy gesin

Thea Gerber ·

Hoe hartseer. Dankie aan die hospitaal vir hulle menslikheid. Hoop en bid hy word gou beter. So tragies dat so ‘n jong gesonde seun nou so siek en in pyn is. Sterkte.

Ronelle ·

Bje dankie aan die Dokter van Unitas Hosp wat sy beroep erenstig opneem en weet hoekom wou hy n Dokter word,as ons bje soos jy het dan sal die lewe lekker wees,dankie ook dat jle daar is vir die seun en sy ouers,Jy en die wat saam jou werk is Engele,Bje dankie,sterkte aan die Moeder ons dink aan jou

Marietjie Naudé ·

Groot dankie aan Unitas vir die puik diens wat hille lewer. Wel gedaan.
Baie sterkte aan die seun en sy familie. Bid vir julle

Elmarie Loucas ·

Robert mag die Here jou en Unitas personeel seën. Daar is bitter min hospitale wat behandeling sal gee sonder ‘n medies en op die hospitaal se onkonstes. Jy is ‘n engel en Sean en sy ma is geseënd met jou en Unitas. Sterkte aan Sean en mamma.

Van Ella

Pippa ·

Dit maak my hart so bly om te lees dat Unitas hospitaal bereid is om die jong man se eerste operasie se koste te dek. Dis n alombekende feit dat dit deur die bank net altyd oor geld gaan….of myns insiens was ek van daardie mening…my sienswyse is nou ingrypend verander. Dankies Unitas…ek hoop jul skep n daadwerklike presedent wat baie na jul sal wil nastreef.

Leonie ·

Unitas julle is GREAT! Dankie hiervoor. Ek het al gewonder wat die arme ma gaan doen om geld in die hande te kry. So dankbaar dat daar nog mense met Harte van Goud is. Word gou gesond Sean!

Heleen ·

Tien uit tien vir Unitas! Mag alles goed gaan met Sean en hy spoedig herstel.

Anne-marie Barnard ·

Dis is waarlik fantasties dat daar nog engeltjies op aarde ook is.
Unitas, julle is wonderlik en elke liewe een wat die besluit geneem het om die arme kind te help sal ryklik geseën word!
Stekte Sean en mamma, ons GLO als sal goed verloop.

N GROBLER ·

Ek dink nie julle verstaan lekker nie-Unitas gaan dit nie verniet doen nie.

Melkies ·

Ek dink ook so – die mamma gaan seker na die tyd ‘n stewige rekening ontvang.
Hul help hom nou…maar dis nie gratis nie…

foxi ·

Dit verbaas my dat daar altyd sulke siele is soos julle, wat negatiewe aantygings maak . Goeie Hemel tog man…….lees die berig beter en verstaan die berig beter. Hierdie jongman het verbrand en die kind gaan deur hel.
Plaas julle eerder simpatie toon en om Unitas hospitaal voorwaar dankie te sê vir gratis behandeling. Doen n bietjie navorsing oor die provinsiale hospitale in ons land en julle sal geskok wees wat julle sal vind!
Dankie Unitas. Seëninge vir julle.

Meisie ·

Lees weer die berig van vooraf. Dit staan uitdruklik geskryf dat die operasie op Unitas se onkoste gedoen gaan word!

RB ·

3 hoeras vir Unitas! Julle is awesome om the help. Sterkte aan Sean. Blessings

N GROBLER ·

Daar word nerens genoem dat Unitas dit gratis gaan doen nie.
Iemand sal die paar honderd duisend rand moet betaal.

Delia ·

Sean het iemand probeer help en erg seer gekry…..nou help Unitas hospitaal weer vir Sean….
Wys jou net, goeie dade kan ‘n ketting reaksie teweeg bring. Baie dankie aan Robert en Unitas personeel, mag julle almal baie geseend wees.
Sterkte aan Sean, sy ma, familie en vriende. Almal bid vir volkome herstel.

Johann ·

My simpatie.
Het die kind nie geweet petrol en vuur is ‘n no-no?

Amper ·

Amper sê ek iets lelik! Liewe Johann, Sean weet as hy aan n engin werk, moet hy nie sy hande met oetrol skoonmaak nie, maar hy soek bietjie aandag en hy wil graag in die koerant verskyn en hy wil graag fondse inhe van jou af. Verder is hy mal oor onuithoubare pyn, skrop sessies, louter hel. Ag nee komaan man as jy nie iets goed kan sê, bly stil. Dit was n ongeluk en hy veg vir sy lewe, bly stil en gaan aan met jou lewe, ons sal ondersteun, bid&bydra sodat jy rustig jou vlg slagoffer in nuus kan gaan soek!,

Boetman ·

Ag nee wat Mnr Jordaan – nou rek jy die waarheid. Die wet van Transvaal geld altyd by Netcare – ek het die hof uitspraak om dit te bewys – en ek was ook kritiek.

si ·

Nie verniet nie … maar was darem bereid om te help … min ander hospitale wat dit doen!
UNITAS jul is fantasties! Sterke vir Sean en die familie ….

Johanna ·

Sean alles van die beste. Mag jy volkome herstel. Erika SA Country meisie – awesome!

Johanna ·

Dankie, dankie, dankie aan die hospital en sy personeel. mag die Here Sy Hand oor hierdie seun hou.

Johanna Smuts ·

Dankie, dankie, dankie aan Unutas-hospitaal en personeel. Mag die Here Sy hand hou oor hierdie seun.

Ekke ·

Die eerste paragraaf lees: “…, sal Donderdagoggend op die Unitas-hospitaal se onkoste…”
Baie sterkte en voorspoed.

wes kaap ·

Baie dankie aan Unitas Hospitaal!!!!Sterkte vir die pragtige seun, ons Liewe Vader sal jou en jou ma hier deur dra!!!!

Magda Kruger ·

UNITAS —Baie dankie dat julle bereid is om te help …van n verpleegkunde oogpunt…mense wat negatiewe komentaar wil Lewer …ek hoop regtig nie dit kom julle familie lede oor nie… Werk bietjie in julle vrye tyd en sien waaroor verpleegkundiges soms tot laat nagte wakker le..en bekommer hulle oor n mede mens… UNITAS EK SALUEER JULLE HULP STERKTE AAN DIE FAMILIE

Ekke ·

N Grobler, Boetman, Melkies ensovoorts. In die eerste paragraaf van die artikel staan daar: “…, sal Donderdagoggend op Unitas-Hospitaal se onkoste sy eerste operasie ondergaan…”
Baie sterkte en voorspoed aan die seun en sy familie.

Boetman ·

Ekke, dan se Jordaan ook die hospitaal se hooffokus is nie geld nioe.
Feit bly, dis ‘n besigheid, dis ‘n besigheid wat bereid was om my lewe te red – mits my vrou bereid was om ons hele bestaan weg teken.
Netcare was nie tevrede voordat hul my helemal bankrot gedagvaar het nie. Bewusteloos en kritiek maak geen indruk op hierdie maatskappy nie.

Jeanne ·

Baie sterkte vir hierdie pragkind, mag die Liewe Vader julle almal dra in hierdie moeilike omstandighede, word gou gesond en onthou almal bid vir jou spoedige herstel.
EN DAN aan Johann, ek glo nie ‘ kind wat weet hoe om ‘n olielek reg te maak gaan met petrol en vuur onverskillig raak nie. Daar word juis gesê, iemand het moontlik ‘n sigaret aangesteek. Waarmee moes die kind in elkgeval sy hande probeer skoon kry het. Glo as daar ‘n kraan met ‘n bottel Degrease was sou hy sy hande daarmee gewas het. Sterkte ou seun!

HELEEN ·

GOD IS GROOT sterkte Sean en sy ouers die Here is langs jou bed
Dankie Unitas

Martie Müller ·

So Dankbaar vir die Hospitaal. Op die oomblik is dit daai Sonskyn Seun se lewe wat eerste kom. Ek glo dat teen die tyd wat hy moet na ‘n ander hospitaal toe gaan sal daar ‘n Baramhartige persoon vir hom ‘n fonds stig. Mense asb moenie russie maak nie, Gee liewer ‘n paar Rand en gou het ons genoeg geld vir Seun.

Giffie ·

O hul sal hom asap oorplaas staats hospitaal toe hul besigheid word aldus wet verplig om hom lewens ondersteuning te gee…….privaat hospitale is vet kat dokters se spaarvarkies

Hein ·

Sterkte Sean, ek kan net dink deur watse moeilike tyd julle gaan. Byt vas my maat en word gou gesond.

G ·

Dis wonderlik dat hul hom gaan help, maar hoekom moes die ma eers koerante toe gaan voor die hospitaal aangebied het om te help?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.