Eerste persone dalk oor staatskaping vervolg

Die eerste strafregtelike vervolging in die staatskapingskandaal sal waarskynlik verband hou met die finansiële plundering van Transnet, het die raad van die staatsbeheerde Transnet Woensdag gesê.

“Die eerste toetssaak oor die vervolging van staatskaping sal van Transnet se kant af kom,” het Oupa Motaung, raadslid van Transnet, aan die parlementêre portefeuljekomitee oor openbare ondernemings gesê.

Motaung het gesê Transnet het ʼn span raadslede wat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) sal bystaan om sy saak voor te berei, omdat hy ʼn skatkis vol forensiese bewyse het wat ingesamel is tydens sy eie ondersoek oor korrupsie wat met staatskaping verband hou.

“Ons het gesê hulle kan na die inligting kyk, want ons het forensiese werk gedoen sodat hulle nie die wiel van voor af te ontwerp nie.”

Hy het gesê ʼn paar van die klagstate oor onwettige praktyke “is reeds by die NVG en sal binnekort geverifieer word sodat stappe gedoen kan word”.

Motaung en Popo Moleve, voorsitter van Transnet, wou nie bekend maak watter kontrakte na verwagting deel sal vorm van die eerste strafregtelike vervolging nie, omdat dit moontlik die saak kan benadeel.

Molefe het gesê hy word bemoedig deur die NVG se oënskynlike aptyt om korrupsie te vervolg, soos blyk uit verskeie inhegtenisnemings verlede week. Hy het gesê Transnet het honderde miljoene herwin wat deur middel van onreëlmatige kontrakte by Transnet geplunder is, waaronder Regiments Capital. Die maatskappy het ʼn verpligting om voort te gaan om verliese te beperk.

Hy het verwys na die meer as R618 miljoen wat reeds van China South Rail bekom is.

“Ons moet nou die geld volg,” het hy gesê en verwys na die miljard wat na die ondernemings van Salim Essa gevloei het, een van die Gupta-familie se hoofluitenante.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Feite ·

Dit klink te goed om waar te wees, daarom sal “sien is glo” geld totdat vervolging suksesvol afgehandel is en staatskapers in oranje uniforms agter tralies sit!

Cherokee ·

Wel, wat ‘n feit blyk te wees, is soos Australië gebore is uit ‘n tronk, lyk dit asof Suid Afrika nou as tronk verklaar behoort te word.

Ja wat ·

Ek is seker die is fopnuus, niemand sal ooit vervolg word nie

Pottie ·

Vertel ons nog n grap asb ons lag tog so lekker julle ANC is een groot sirkus

Dries Moolman ·

Hierdie staatskaping debakel sal slegs ‘n suksesvolle afsluiting he wanneer Zuma en Guptas in die tronk sit. Couldn’t care less about the rest.

Jonathan ·

“The fish always stinks from the head”. Begin sommer heelbo met wie destyds aan die stuur van sake was…. wat is haar naam nou weer…?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.