Eerste plaaslike Covid-19-genoom bied belangrike insae

Suid-Afrikaanse wetenskaplikes het ʼn belangrike deurbraak gemaak in die stryd teen die nuwe koronavirus (Covid-19) wat kan help om die verspreiding daarvan te bekamp.

Navorsers aan die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) en die nasionale instituut vir oordraagbare siektes (NIOS) kon daarin slaag om die eerste Sars-Cov-2-genoom in die land te ontwikkel.  Dit beteken wetenskaplikes het nou ʼn genetiese afdruk wat kan help om die verspreiding van die virus te verstaan en te beperk.

“Om ʼn genoom te ontwikkel het wetenskaplikes ʼn suiwer virus nodig.  Hiervoor moet ʼn virus gewoonlik self gekweek word omdat dit baie moeilik is om ʼn suiwer virus uit ʼn monster by ʼn Covid-19-pasiënt se neus of keel te verkry.  Niemand wil ʼn virus self kweek nie,” verduidelik Peter van Heusden, ʼn navorser verbonde aan die UWK se Suid-Afrikaanse nasionale instituut vir bioïnformatika (SANBI).

“NIOS kon egter daarin slaag om genoeg DNS van die virus uit ʼn monster te kry sodat ʼn volledige virusgenoom verkry kon word,” sê Heusden.

SANBI-navorsers het toe dié genoom vergelyk met ʼn versameling virusgenome van reg oor die wêreld, insluitend die van Covid-19 in ander lande.

Foto: ‘n Persoon word getoets vir Covid-19. (AP Photo/Brian Inganga)

“Ons het gekyk na die verskille tussen die Suid-Afrikaanse genoom en ander virusgenome.  Op die ou einde kon ons ses verskille identifiseer,” sê Heusden.  “Hierdie verskille stel ons in staat om ʼn unieke afdruk van die virus te bekom, wat ons help om die verspreiding daarvan te verstaan.”

Die navorsing wys dat die virus wat in Suid-Afrika gevind is, soortgelyk is aan dié wat in Europa en Amerika gevind is.  “Dit wys dat die virus waarskynlik oorgedra word deur mense wat tussen Suid-Afrika en dié plekke reis.  Ons het dit vermoed, maar nou kan ons dit bevestig,” sê Heusden.

Navorsers kon ook vasstel dat daar min verskille tussen die proteïene van verskillende virusgenome is.  Die virus maak gebruik van proteïene om ander selle aan te val en homself te vermenigvuldig.

Dié navorsing sal nou bydra tot ʼn wêreldwye poging om die deurlopende koronavirus-pandemie na te spoor.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Maria ·

Knap gedaan aan die navorsers! Ons hou duimvas vir oplossings. Laat weet ons meer van hierdie as dit kan.Dankie

gatvol vir die land ·

Ek wens mens kon die media vertrou en vir n feit weet dat die inligting wat mens ontvang is waar. Op die stadium voel dit vir my daar is so baie korrupsie en onderduimsheid dat ek nie meer weet wat om te glo nie. As jy Dr Thomas Cowal volg op Facebook sal jy sien dat hy sê dat in “virology” werk dit nie so nie soos wat die berig nou beweer nie. Kan al die kante van n saak nie aangespreek word dat mens bietjie gemoedsrus kry nie? Vlg hom kan n virus nie aansteek nie behalwe as dit deur n vaccine ingespuit word. Die liggaam produseer sy eie virusse. Dis n fighting mechanism. Ek sê nie die een is reg en die ander verkeerd nie, maar ek vra dat alle bewerings ondersoek word en daar dan uitsluitsel gegee word en ons nie net n klomp skaapkos gevoer word en verwag word ons moet eet sonder vrae nie. Hoekom vra niemand vrae nie? Maroela Media, dit sal n interessante berig wees as mens ook kan lees van die teen argument en waarom die Drs. dit beweer. Dankie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.