Eerste plaasmoorde-debat in parlement

Argieffoto

Argieffoto

Die VF Plus het Woensdag gesê nadat die speaker van die parlement, Baleka Mbete, enkele weke gelede nie ʼn debat oor plaasmoorde wou toelaat nie, het sy haar besluit omgekeer en gaan die aangeleentheid nou vir ʼn eerste keer in die parlement bespreek word.

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het gesê die speaker het die debat aanvanklik geweier omdat dit volgens haar nie as dringend genoeg en in nasionale belang geag is nie.

Hy het verlede week met haar hieroor vergader. Sy het glo toegegee dat dit wel dringend en in openbare belang is en dat die debat reeds Dinsdag gaan plaasvind.

“Die VF Plus verwelkom dit dat die ANC-regering ná duisende moorde en aanvalle eindelik toegegee het dat dit ʼn saak van groot belang dié is wat gedebatteer moet word,” het Groenewald gesê.

“Die speaker is daarop gewys dat dit nie net wittes is wat hierdeur geraak word nie en dat die moorde en aanvalle ernstige gevolge inhou vir die veiligheid van die land wat voedselsekuriteit, die stabiliteit van die arbeidsmark en ekonomiese ontwikkeling in die algemeen betref.”

Hy het gesê die moordsyfer van 133 boere uit elke 100 000 mense raak almal in die land.

“Ek het haar ook daarop gewys dat daar, veral in Februarie vanjaar, ʼn skerp toename was in die aantal moorde en aanvalle op plase. Ten spyte hiervan kon die nasionale polisiediens ook nie daarin slaag om sy landelike beveiligingsplan doeltreffend uit te voer om landelik gebiede en die boeregemeenskap in die besonder te beskerm nie.”

Groenewald het gesê die VF Plus verwelkom hierdie geskiedkundige debat. Dit is van belang dat die publiek weet wat politieke partye doen oor kwessies wat almal in die land direk raak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

67 Kommentare

Koos ·

Uit eindelik luister sy, maar tyg vlieg maar as jy in n koma is.

Johan ·

Ek voorspel….dat dit n hittige debat gaan wees en dat daar rassisties stelings gaan uitkom….gaan dit nie mis nie…..

Loeis ·

Jap, die EFF gaan seker weer die plek afbreek en VF+ as rassiste uitkryt. Soms moet mens jou maar net nie aan kommentaar of dreigemente steur nie en doen wat reg is.

Ouvrou ·

Om debatte te voer sal niks help. Ons praat en bespiegel almal en dit help niks. Leë woorde

Jansen ·

Ons praat al jare en vreet net al die gemors op. Ek het VF gestem en wil he die ander 200 000 mense wat VF gestem het moet nou se genoeg is genoeg en dat ons ons belasting gaan weerhou en aanwend vir sekuriteit.

Cherokee ·

Nee Jansen, jy praat nie namens my ‘ons’ nie maar slegs namens jouself. In die eerste plek is ek dik vir die genoeg-rympie want selfs die eerste keer was te veel. Die woord ‘genoeg’ is sinneloos. Tweedens maak ek nooit dreigemente wat ek nie kan uitvoer nie, soos daardie belasting-storie. Almal weet dit is ‘n hol storie wat op forums herhaal word maar niks verder sal gaan nie.

Johannes ·

Wanneer gaan ons wakker word? Praat met die regering gaan nie plaasmoorde (en moorde op blankes) stop nie. Ons moet OPTREE en ons eie privaat, gewapende veiligheidsmag stig wat ons boere en mense beskerm.

Andrea ·

Jys reg, maar wie gaan dit organiseer? Afriforum dalk? Ek het al n paar eposse na hulle hieroor gestuur maar geen antwoord gekry nie.

Maria ·

Vrouens en mans moet saam staan en leer om wapens te gebruik vir self beskerming

AL ·

Ons moet nog steeds nie gemaklik raak nie. Dis goed as gesinne selfverdediging leer. Hul dink soos kriminele om hul eie swak beveiligingspunte te identifiseer. Altyd waaksaam te wees en te observeer.

Catryn ·

Sluit aan by Buurt en plaaswagte – weet dat daar baie liberaal verligtes is onder ons wat ons ondergang wil bewerkstellig.

Werk aan prioriteit soos SELFbeskikking, ‘n soewerein gebied vir ons volk. DAARIN mag ons ons eie weermag op die been bring, dan is ons onafhanklik. Fokus op gebiede waar daar reeds meer as 500000 van ons volkslede bly, en gaan brei jou besigheid daar uit, ondersteun mekaar.

Tans verbied weermagwette ons, maar ons mag buurt/plaaswagte opstel. PRAAT gaan niks verander nie dit word al sedert 1996 gedoen en toe was daar al baie moorde, sogenaamde leiers praat by unpo en ander plekke, sonder sukses.

SELFBESKIKKING is ons enigste opsie, ons het ‘n internasionale reg daartoe. Ons is minderheidsvolk wie se menseregte daagliks geskend word en ons word soos vlieë uitgewis, nie net op plase nie – daar is baie aanrandings ook in dorpe en stede.

Rina Pretorius ·

Ek dink sy laat dit maar net toe om monde te snoer dis al. daar gaan niks van koms nie want dit traak haar min.

Ed ·

Dit is darem n stap in die regte rigting. Maar is dit dalk te laat? Wat gaan die debat inhou? Moet statistiek eers gedebat word sodat almal so oe nou oop gaan? Hoe lank gaan dit vat voor ware aksie geneem word om die probleem te bekamp? Drastiese stappe moet geneem word en baie gou Mnr en Mev die Parliment. Kry n model wat werk en pas dit toe op alle vlakke vir misdaad in ons land.

AL ·

Die kriminele het hul vrees verloor vir die polisie, regstelsel en regering. Dis die kern van die probleem. Hulle raak al hoe meer gewaagd en arrogant. Niks stuit hul meer nie.

Peet J ·

Moet nie vir een oomblik dink dat met hierdie debat deur die regering onmiddillik

Moet nie vir een oomblik dink dat deur middel van die debat onmiddellik daadwerklike stappe deur die regering geneem gaan word nie.
Hierdie is maar net ‘n geval van praat en nogmaals praat.

AL ·

Die Hemelse Vader is ons baie genadig – om deur mense te werk en hul opinies te verander. Inderdaad is die Here besig om in te gryp. Dankie VF+!
Dis tyd dat die belastingbetalers wie werkskep en. Waardevolle bydrae tot die ekonomie maak beskerm word.
Soos ek al genoem het, die kriminele sal nie belasting betaal in die plek vd vermoorde belastinbetaler nie.
As mens dit dan op so n manier vir hul moet uitspel.

snoefie ·

ek hoop vf+ neem n lys saam van please wat te koop is oral. dan kan die anc dit vir hulle gabbas gaan OPKOOP sonder onteiening. of beter nog, hulle kan die lus oral publiseer en vir andile mngxtama stuur. hy is mos so landhonger. dan kan hy die lys met malema deel. hulle kan dan op n shopping spree gaan. maar die Landie wat hy wil he sluit dalj China en Australia in.

Ouvrou ·

Ek voel of ek baie stief behandel word. Vir weke nou al plaas maroela doodeenvoudig nie my bydra nie. Hoekom nou nie. Is ek verban of wat. Dit vat my n tydjie om kommentaar te tik want die ou vingers is stram en dan plaas julle dit nie.

Janie Monsieur ·

Dagsê Ouvrou

Dankie vir jou navraag. Ek bevestig graag dat heelwat van jou kommentare wel verskyn.Neem asseblief kennis dat dit soms ‘n wyle kan neem voor kommentaar op die webwerf verskyn, omdat dit bloot dalk nog nie deur die webblaaier ge”cache” is nie. Soms beland kommentaar ook in ‘n mandjie waar dit per hand goedgekeur moet word. Wanneer kommentaar dus nie dadelik op die webwerf verskyn nie, is dit nie noodwendig afgekeur nie, dis dalk nog net nie deur die webblaaier verfris nie of bloot nog nie goedgekeur nie. Die kommentare van jou wat wel verwyder is, strook ongelukkig nie met ons bepalings en voorwaardes vir lesersdeelname nie. Vergewis jouself gerus van dié maartreëls om seker te maak jou kommentaar word nie verwyder nie.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Rudi ·

Tyd vir gebat is verby. Hul gaan net weer in die VF se gesig spoeg. Ek het VF gestem. Tyd dat almal wat VF gestem het ons belasting aanwend vir sekuriteit. Selfbeskiking is enigste uitweg.

Veronica ·

Ek hoop almal wat di VF nou so prys stem in die volg verkiesing eerder vir hulle as vir die DA . Stem vir n slag vir ons eie mense. Die DA het verseker my stem verloor want hulle doen niks vir my ras.nie.

Cherokee ·

Trots om te sê die DA het nie my stem verloor nie want jy kan nie iets verloor wat jy nooit gehad het nie.

Pierre Joubert ·

More Ek wil net vra kan daar nie n wet op die dra van wapens bespreek word nie, Hoe Kan die Polisie, Mr Zuma toe laat dat mense met Byle, Machette messe , Spiese Hamers en wat nog al net kan rondloop en mense se hande afkap, moor dit is volgens my nie reg nie.Ek glo daar moet n Wet op dit wees en as daar nie n wet is niew moet een inplek gesit word. Ek het die S A P Onbudsman n versoek gestuur per E Mail oor bogenoemde hulle antwoord op my brief se ek moet maar na my Wyk se D A gaan en dit met hom bespreek, Wat n Antwoord my genudtig . Die Dra van gevaarlike wapens moet onmiddelik gestop word. hulle dra die gemors selfs in Taxis , loop ora rond met dit .As hulle ons vand met bogenoemde sal hulle jou arresteer maar hulle mag doen soos dit hulle Pas Waarom het ons n Staats President o ek het vergeet hy sing ook maar lekker saam Kill the Boer. Hy hoort nie in die Pos nie
Lekker dag Die Here seen

Speedguard ·

Daar is inderdaad ‘n verbod op maar is dit op die selfde papier geskryf waarop die afkap van ‘n hond se stert geskryf is ( Hoeveel mense is al aangekla oor dit) dit kom in ‘n rol form sommige van die papier is sag , baie is hard en ongemaklik en sommige is die ene frimmels, maar moet dit gebruik word vir die gemak in die badkamer dit is waar al die “voorkomings” wette op geskryf word !

AL ·

Die Wet op Gevaarlike Wapens is ingestel na die Marikana slagting toe die mynwerkers met sulke wapens betoog het.
Helaas het daardie wet net daar gestagneer.

Oom Japie ·

Hier gaan niks van kom nie. Die regering voel ‘n veer. Hulle is almal kop in een mus om ons te vernietig. Lees maar vir Siener en word wys. Dit is net gesig koop by die buiteland, – wat ook niks vir ons voel nie.

AL ·

Ek moet erken ek het net begin lees in Siener van Rensburg se boek en nie verder gelees as n paar bladsye, so ek is onkundig met die inhoud. Sal dit weer in die hande probeer kry.
Ek glo dat as Siener se voorspellings waar is, sal dit ons kan bemagtig.
Ek glo egter aan God en Hy kan enige oomblik Sy wil uitvoer, wat nie dieselfde sal verloop as wat Siener moontlik voorspel in gebeure.

Werner ·

Nie mans gaan hulle steur aan wette oor dra van gevaarlike wapens nie daar is te min Polisie om wet te reguleer kry eerder n wapen en keer om dit te gebruik lankal te laat vir debatte skip het klaar gesink

Annie ·

Sommige mense aanvaar net nie om in wet en orde te lewe nie en maak soos hulle smaak. Van die regering se kant sal niks gedoen word nie … hulle fokus is net om sakke vol te maak . Die res is nie van belang nie

Spook ·

Al wat hulle wil hoor is dat hoe suksesvol die volksmoord al is!

Johann ·

Debat voer? M.a.w nog.praat en weer praat en bevestig blankes woord soos diere uitgedun? Ons weet dit…dit gaan.oor wat GEDOEN word om.dit te.stop..So.assof die ANC en sy hoof rassis Zuma sal herken hulle uitlatings is deep van die.bron van die.moordvlaag of ERKEN hulle onbrsone uitlatings vuur dit aan.aar nou ja… kom ons luister.in afwagting…

mariaan ·

vertrou nie die skielik omeswaai nie.klink vir my daar is iets nie reg nie.ek dink hulle wil ons verneder

STAAN BY ·

verstaan julle nou hoekom het die destydse regering hulle eenkant gehou…….heads up vir vr+ en dankie daarvoor. ek sien al meer kommentaar waar daar gesê word ons sal iets drasties moet doen. kyk een ding is seker, hulle is regtig bang vir ons en ons het nog niks gedoen dat hul kan sien daa is ‘n opkoms van boere nie, so hulle ploeter aan, maar sodra ons in ons duisende gaan opruk, en so bietjei skade maak nes hulle, dan sal jy skielik verandering sien, en dan sal al die leiers van van politieke partye vanaf die regering gevra word asb bedaar jul mense. ons sal moet ‘n skrikbewind voer, en kyk wat is die reaksie, en van daar verder besluit wat staan ons te doen. mens wil dit nie so hê nie, maar dit dryf ons soentoe.

Jakalas ·

Laat ek dit nou mooi verstaan. Hulle sê dis nie net wit mense wat aan geval word nie, so sou dit beteken as dit net wit mense was, dat hulle niks sou gedoen het aan die saak nie? Rasisme op sy beste.

Jannie ·

16% van die moorde op plase is op swartmense (die plaaswerkers op plase met wit eienaars). Dit maak sin want die wit eienaars is diegene met die wapens en besittings wat gesteel kan word. Die swart werkers wat in die geval vermoor word is sekerlik die wat in die pad gekom het/probeer verhoed het dat die rowe plaasvind.

Ljl ·

Ek hoop die persone wat in die debatvoering gaan deelneem beskik oor die vermoë om te kan sê wat gesê moet word,sterkte.

Peet J ·

Indien die tradisionele leiers ook nie na die debat uitgenooi word nie kan ek noual vir die VFplus sê julle is besig om julle tyd te mors.

ken van benoni ·

Jakkals, ek weet nie wat is jou haar kleur, maar kom ons sê vir die Vader dankie vir die geleentheid om ‘n saak in die parlement te kan stel! Enige bespreking is beter dan niks, veral as jy-self reeds met plaasaanval slagoffers moes werk wat gemartel was.

Jakalas ·

Jy is seker reg. Dis iets waarvoor ons al lank al wag. Emosies hardloop maar bietjie hoog oor hoe slap hulle in die begin was oor die saak.

Theresa ·

Hoop dat wanneer hierdie debat gevoer word, daar groottes soos Afriforum en -Sake by sal wees. Mense wat al ‘n lang pad stap met die enormiteit van die blankes wat vermoor word – ook dan op plase. Daar moet mense daar insit wat kennis het – kennis is mag. Daar moet mense insit wat nie afgesit gaan word deur die manier wat debatvoerders van die punt kan afstap en ander dinge probeer bevorder in die tyd wat toegestaan word om plaasmoorde te bespreek nie. Niks keer mense wat werklik omgee dat plaasboere en hul families beskerming geniet en nie meer blootgestel word aan brutale marteling en moorde nie, om by te woon buite die gebou. Ordelik, sigbaar en ondersteunend. Die teenoorgestelde van die onbehoorlike gedrag van meniges. Sal graag die datum en plek gepubliseer wil hê.

Oom Japie ·

Hi Al ek is bly jy het dit begin lees. Siener was n Godsman. Jy sal dit agterkom in sy skrywes. Hy het net een boek gelees en dit was die Bybel. Sy ma het hom leer lees en spel. Dit is al wat hy ooit gelees het. Geen skool gehad nie en moes skape oppas want hy was te tingerig vir plaaswerk.Was al op 20 grys omdat die visioene wat hy gesien het hom hartseer gemaak het oor wat met sy Volk gaan gebeur. Dit was ook verskriklik vir hom gewees om met wat hy gesien het in sy gemoed rond te loop.

Rynhardt ·

Na 23jaar n debat oor plaasmoorde in parlement! Absolute skande!Waar was ander partye, veral DA in 23jaar? Ek het nuus vir die speaker.Ons mense (blankes) word die meeste geraak, want Mbete hul word vermoor in hul duisende! Moenie te verveel verwag van debat nie, Anc sal in ontkenning leef met alles.As ons nie kan sien wie agter plaasmoorde in SA sit nie, het dit beslis baie laat geraak.

Sonnie ·

Ai kan ons asb poog om bietjie meer positief te praat want daar is ook krag in ons woorde. Dankie Abba Vader dat U bonatuurlik ingryp en dat hul almal in die parlement sal luister na wat gaan kom
U hou almal se ore oop en neem elke gedagte gevange tot gehoorsaamheid aan U. Ons eer en loof U vir U groot genade en dat U bonatuurlik gaan ingryp. Dankie Abba Vader.

Jannie ·

Die VF+ sal baie versigtig moet wees hoe hulle die debat gaan voer. As hulle die motief aanvoer as rassehaat of volksmoord teen alle blankes in die land gaan hulle nie ernstig opgeneem word nie.

Nel ·

Ek lees nou onlangs op die Daily Maverick se webblad ‘n artikel waarin die Sekretaris-generaal van ASAFA (the African Farmers Association of South Africa)ene Aggrey Mahanjana beweer dat plaasaanvalle/-moorde nie meer aandag behoort te geniet as gewone misdaad nie.
“We as black farmers regard the issue as serious, but we cannot single it out as if it must be given special attention,” Mahanjana says. “For us, bigger daily issues are stock theft, vandalism of property, people removing irrigation systems from our farms…”

Ek vermoed dis wat die uitslag van die debat ook gaan wees…

AL ·

As die swart boere nie onder plaasaanvalle/moorde ly nie. En die debat nie vir hul belangrik is nie – dan verskerp dit juis die agterdog dat aanvalle op boere polities en rassisties gemotiveer is.

NOU JA ·

Kan ons nie ñ man soos Gerrie Nel kry om ons saak te gasn stel nie dan sal iets gebeur.

Nel ·

Gee die man kans om sy voete te vind – hy’s per slot van sake net vlees en bloed!

Harry ·

Eerder as om te gesels hieroor en dat mense hulself mislei oor wat bereik gaan word, is dit nodig dat iemand seker maak dat daar videos opgeneem word van die debat sodat dit op YouTube vir die wêreld gewys kan word. Iemand in die ANC of EFF gaan wel in die proses sy of haar bek verbypraat in daardie debat ( in Westerse terme) en dis nodig vir die Westerse wêreld om dit te sien. SA is die enigste land op aarde wat ek van weet waar die regerende party en die president openlik ‘n deel van die bevolking gereeld dreig.

Belinda ·

Die speaker sê plaas moorde is nie belangrik genoeg nie? Dis mos nie haar ma wat verkrag en met ‘n panga gekap word nie

E ·

Dit is erg en ons almal weet dat ons wit mense nie welkom is nie. Kyk na hoeveel wit mense in die wit bevolking gemoor word is dit baie, maar wit teenoor die hele bevolking is ń ander storie en ja die regering sal die 2de stel vergelyking gebruik.

Gielie Hill ·

Die enigste oplossing is die doodstraf vir hierdie moorde. Toe daar doodstraf was, was daar baie minder moorde. Hoekom word dit nooit gedebatteer nje. Dis stil-stil afgeskaf en het aanleiding gegee tot al die moorde.

Drika ·

Kan groot groot fotos (posters) asb gedruk word van die vermoordes, veral die kinders, en in die parlement uitgestal word gedurende die hele debat. Asseblief.

Oom Steyn ·

Ai Gielie – die doodstraf gaan nie help nie. Hulle sal dit teen ons gebruik. Net die slagoffers word hier gestraf- nie die moordenaars nie. Verstaan dit tog.

Pierre ·

More Almal , Ek lees deur al die kommentare en wonder in watter land u lewe ?? Die debat oor plaasmoorde gaan niks oplewer nie inteendeel sal dit net petrol op die vuur wees. die VF het in die laaste 22 jaar niks vir ons in die parliment beteken nie en net lekker dik salarisse getrek. Die SA president en sy trawante asook al sy voorgangers van 1994 af en slegs een doel en dit is om die rykdom en magsdeling te besit . Kyk asb na die geskiedenis in die res van Afrika en daar sal u sien die wittes het gebou, ontwikkel en floreer, die swart regeersders het gevat ,geplunder en af gebreek, die wittes vermoor en uit die land gejaag , in daardie lande is daar niks meer nie, ek jare in baie van die Afrika lande gewerk…hulle breek dit af tot onder die fondasies en so leef hulle verder. Die uitlatings van Malema, Mogabe en Zuma ,oor die wittes is petrol op die vuur, kyk maar en luister “DIT KOM “. Ons het ‘n “nie politiese organisasie” waaraan ons kan behoort wat op hierdie stadium die enigste uitkoms en oorlewing vir ons wittes sal wees , Die “Suid Landers “, met die enigste werkbare plan vir oorlewing in die barbaarse land waarin ons tans probeer oorleef. Ons moet terugkeer na ons Bybel , Godsdiens en ware aanbidding en smeek vir genade .. mad die vrede wat alle vestand te bowe gaan u omvou.

Cherokee ·

Ag jong, wat het júlle wat julself Suid Landers noem, al vir die ons in die ‘parliment’ beteken? Wat het die suidlanders ooit gedoen dat ek van hulle behoort te weet? Die VF+ voer kommentare in die PARLEMENT, hulle het onlangs ‘n uiters belangrike debat gereël èn hulle kàn spel! Wiè en wàt is die suidlanders? Is dit daai groepie wat destyds die mite versprei het oor ‘n ‘nag van lang messe’..? En jy waag dit om die VF aan te val? Julle woon in ‘n grot.

Catryn ·

Jaarliks kuier die manne by UNPO en op ander plekke om oor moorde te gesels, maar niks vorder nie, daar was selfs al mosies ingedien, en selfs na die sogenaamde VN gegaan, maar niks kom daarvan… Praat help nie … Fokus op ons eie vryheid, op Selfbeskikking, dis al hoe ons ons eie belastings kan aanwend vir onsself , ons moet ophou op die ryk elite nog ryker te maak. Dink ook aan die swart bemagtiging, wat veroorsaak het dat daar soveel van ons armes is wat nie eers ‘n bord kos kan bekostig nie, danksy BEE wat ook deur ons blanke liberaal verligtes geimplementeer is met wetgewing … lees weier, dis hoekom hulle ons uitmoor, ons is in hul pad vir mag

Catryn ·

Daar was al oor plaasmoorde en ook veiligheidsplanne gepraat, daar was al oor “prioriteit vir plaasmoorde” gepraat, wonder hoeveel geld het al hierdie ORGANISASIES wat roem daarop hulle vir ons regte opstaan en al wat hulle doen is presies dieselfde as die DAKAR verligte liberaal gangers… Help ook nie jy vlug die berge in nie, as jy terugkeer na ‘n huis/plaas is daar niks oor nie. Ons het ‘n internasionale reg tot Selfbeskikking wat beteken ons kan ons eie leiers kies, en ons eie wette maak onafhanklik in ons eie gebied.

Catryn ·

jaarliks is daar voorleggings wat gehou word oor moorde deur dieselfde party, met permissie, daar is selfs ‘n mosie ingedien by unpo op die vorige leier se “nota” fb profiel – elke jaar word daar verskillende mense gebruik om voorleggings te doen , terwyl ons ‘n reg tot selfbeskikking, het wat ook hulle gerieflik vergeet – waaroor het die Volkstaatraad van 1994 gegaan, wie het hulle daargestel en waarom? aanbevelings van Volkstaatraad was ‘n provinsie waar meer as 1 miljoen van ons bly in meerderheid, met die oog op selfbeskikking en vryheid vir ons volk, waarop ons ‘n internasionale reg het. Ons moet verder fokus op die gebiede van die Volkstaatraad om sodoende ons vryheid werklikheid te maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.