Eerste president van Saru sterf

Ebrahim Patel (Foto: Saru)

Die rugbygemeenskap is in rou oor die dood van Ebrahim Patel, die eerste president van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru).

Patel is Maandagoggend in die ouderdom van 78 aan ʼn beroerte oorlede.

Saru was die eerste verenigde Suid-Afrikaanse Rugbyvoetbalunie wat op 20 Maart 1992 gestig is, ná heimlike onderhandelinge tussen verskeie rugbyowerhede en die ANC. Patel het saam met wyle dr. Danie Craven die presidentskap van dié unie gedeel.

Volgens Saru se webwerf het Patel byna vier dekades van sy lewe gewy aan die saak van nierassigheid en rugbyeenheid.

Mark Alexander, president van SA Rugby, het Patel in ʼn plasing op Saru se webwerf as die “pionier van nierassige rugby” beskryf. Hy het hulde gebring aan dié rugbybaas en die rol wat hy in Suid-Afrikaanse rugby gespeel het.

“Sy bydrae tot die spel in Suid-Afrika is op gelyke voet met van die beste administrateurs wat ons nog gehad het. Dit was ʼn merkwaardige prestasie om alle rugbygemeenskappe bymekaar te bring ná soveel jare van verdeeldheid,” het Alexander gesê.

“Hy het ongelooflik hard gewerk om eenheid in rugby te bewerkstellig en sal vir altyd onthou word as een van die konings van die spel in Suid-Afrika, maar ook wêreldwyd, aangesien hy ook in die Internasionale Rugbyraad gedien het.”

Alexander sê Patel was ook ʼn uitstekende redenaar en in staat om briljante toesprake in vlot Engels en Afrikaans te lewer, met aanhalings uit die Koran en die Bybel.

“Ons moet nooit vergeet wat hy vir rugby in Suid-Afrika gedoen het nie. Hy verdien om deur toekomstige geslagte vereer te word.”

Patel sal later vandag volgens Moslem-geloof by die Newclare-begraafplaas in Johannesburg begrawe word.

Patel word oorleef deur sy vrou, Diana, sy kinders, Fatima, Nazley, Ashraf en Fuad, en kleinkinders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Renier ·

Hoe verduidelik jy nierassig,maar ons het n kwota stelsel? Dis soos met die toetse waar internasionale rugby nee se vir rassisme, maar die span op die veld het n kwota stelsel vir ras. Speel die beste speler,klaar.

krodedil ·

Stem 100% saam. Dis waarom Springbok ondersteuners by die dag minder raak.

piet ·

Nee, Bok-ondersteuners raak meer want dis nie nou net ‘n handjievol blankes wat die span ondersteun soos in die verlede nie. Dalk het wit ondersteuning afgeneem wat verstaanbaar is siende dat sommige rassiste geen spelers van kleur in die span wil he nie, ongeag hoe goed hulle is nie.

piet ·

Ons het ‘n kwota-stelsel nodig gehad anders sou beter spelers van kleur nie gekies gewees het nie weens die wit “click” in die raadsale . Soos ons kan sien, is die meerderheid spelers nou anderskleurig en op meriete gekies (en in meeste gevalle van die beste spelers in die span). Die beste spelers speel nou ongetwyfeld en ons spanne is versterk.

krodedil ·

Piet dis seker ook die rede waarom staduims leeg is as die kwota spanne speel. Die wit ondersteuners het hulle rug gedraai op spanne wat nie op meriete gekies is nie en hou hulle beursies styf toe. Dis net ‘n kwessie van tyd dan is rugby in SA verlore vir altyd. Gelukkig kyk die meerderheid wit ondersteuners oorsese rugby.

Jean ·

Jy kyk duidelik ander rugby as die gewone persoon. Van die kwota spelers is defenetief die beste in hulle posisie maar nie almal wat in die spanne is nie. Hoe toevalig is dit dat 50% van die kwota spelers in die spanne die beste kan wees in hulle posisies.

Jack ·

Ja die wêreld maak gou aanspraak dat rassisme nie geduld moet word nie en veral nie in sport nie.Verduidelik dan vir ons hoe KWOTAS en TRANSFORMASIE so graag aanvaar word deur die internasionale spanne ens.Hulle is ten volle bewus daarvan dat hulle teen ‘n span speel wat op ‘n suiwer rassistiese stelsel gekies word.Maar niemand rep ‘n woord nie.Almal te bang om op te staan vir dit wat reg is en so bang hulle gaan polities nie korrek wees nie.Jammer vir Ebrahim Patel.Hy het ‘n stelsel gestoot wat vandag meer rassisties is as wat dit ooit in 1992 was.

piet ·

Hulle aanvaar dit omdat dit regstelling is vir ons foute van die verlede. Genade, in die verlede is spelers van kleur verban om vir SA te speel. Hoe arrogant was die rassiste nie om die anderskleuriges van die land net eenvoudig uit te sluit nie. Ongelooflik.

My siening ·

Goed en wel en waar sit ons nou, bv. Cheetah is nou die vuil hond wat van kompetisie na kompetisie in die asblik gegooi is, as ons nou in rusland gaan speel wil SARU seker sy 4 maatjies ook daar gaan speel, SARU is niks beter as die ANC kader unie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.