Eerste swart boere-egpaar op plaas in Vrystaat vermoor – AfriForum

Argieffoto

Argieffoto

Andrew en Loryn Monokara (albei 39) is vroeër vandeesmaand wreedaardig op hul plaas Graigmont naby Dewetsdorp in die Vrystaat vermoor, het die burgerregteorganisasie Maandag gesê.

Volgens AfriForum se register is die Monokaras die eerste swart boere-egpaar wat in ’n plaasaanval in dié provinsie vermoor is.

“AfriForum doen opnuut ’n beroep op die regering om plaasmoorde tot prioriteitsmisdaad te verklaar en spesialiseenhede vir landelike beveiliging te ontplooi,” het Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, gesê. “Hierdie voorval bewys klinkklaar dat plaasaanvalle nie ‘n rassekwessie is nie. Landelike gebiede is onveilig en die polisie se weiering om behoorlike beveiliging in te stel, vererger die situasie.”

Andrew is doodgeskiet en Loryn is tydens die aanval verkrag en in die gesig geskiet. Sy is luidens mediaberigte ʼn dag na haar ontslag uit die hospitaal by haar huis oorlede.

Volgens AfriForum is daar vroeër vanjaar ook ʼn swart boer in die Oos-Kaap saam met sy huishulp vermoor.

“Ons wil graag ʼn samewerkingsverhouding met die nuwe minister van polisie, Nkosinathi Nhleko vestig om saam landelike veiligheid te verbeter,” het Cameron bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Frank ·

Ek wonder of daar nou gehoor gegee sal word, noudat swart boere ook wreedaardig vermoor word.

cobus diedericks ·

plase is afglee en afgesonder dus n maklike teiken. ongeag van die boer se ras kultuur of geloof moord is moord en voel die pyn van elke familie wat die tipe van trauma moet ervaar. mag God aan elkeen die krag gee om daardeur te kom

Mike ·

Boere is nie veel bekommerd oor hulle eie veiligheid nie dis waarom daar soveel van hulle vermoor word gaan kyk maar op baie plase is die boer glad nie eers bewus van die veiligheid situasie nie en daar bestaan ook nie ‘n veiligheidsplan op sy plaas nie.

Paul ·

Waar kom Afriforum aan so ‘n absurde redenasie dat plaasmoorde nie rasgebasseer is nie. As dit so was moes daar teen die tyd sowat 35 000 swart boere vermoor gewees het om dit nie ‘n rasse kwessie te maak nie. Asb tog Afriforum, moenie so polities korrek ten alle koste wees nie.

M ·

Wat vir my skrikwekkend is, is hoe diefstal toegeneem het na die Verkiesing. Hier lewe ons mense in vrees daagliks en die kroonwild sit in die Parlement met hul duisende lyfwagte, duur etes, vliegtuigritte en hotelverblyf. Dit is nie net die mense op plase nie. Daagliks word mense in gewone woonbuurte aangeval, gedryg, verkrag en besteel. Soms net vir ‘n selfoon, maar die trauma bly jou ‘n leeftyd by. Wanneer gaan ons Regering wakker skrik en besef wat aan die gang is. Mens kan nie eers meer ‘n dag af vat en by die huis bly nie, want jy vrees vir jou lewe. Hoe beskerm ‘n vrou haar kinders, ‘n man sy gesin – ons hande is afgekap. Ons moet duisende rande spandeer om onsself te beveilig. Dit gaan lankal nie meer om te steel vir kos of armoede nie. Dit gaan oor die satisfaksie om mense te sien lei, om die vrees in hul oë te beleef en vir hulle te lag – WIT of SWART – hierdie mense het geen genade vir mens of dier nie. Maar ons President en sy travante vier 20 jaar van ‘n Demokratiese Vry Land – VRY VAT WAT! Vry om te lewe in vrees en armoede!

arancha ·

hoeveel van ons wit boere is op plaas aanvalle dood gemartel ek weet dit is baie nou praat hulle van 3 war wou sjym

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.