Eerste swart SA vrou bereik piek van Everest

Saray N’kusi Khumalo het Donderdag, 16 Mei 2019 die eerste swart vrou uit Afrika geword om die piek van Mount Everest te bereik. (Foto: Facebook via Summits with a Purpose)

Die Johannesburgse sakevrou Saray N’kusi Khumalo (47) het Donderdag die eerste swart vrou uit Afrika geword om die piek van Mount Everest te bereik.

Die sakevrou het vanoggend vroeg die piek van die hoogste berg in die wêreld bereik.

Everest, ʼn skrikwekkende 8 840 m bo seespieël, is in Asië se Himalajas in Nepal geleë. Byna 300 mense is al dood in ʼn poging om Everest te klim.

Khumalo is in Zambië gebore en is van Rwandese herkoms, maar het nou as Suid-Afrikaner en ná vier pogings haar doelwit bereik om die eerste swart vrou uit Afrika te word om Mount Everest suksesvol uit te klim.

Khumalo se naam was vanoggend een van die mees gebruikte name op sosiale media met gelukwensingsboodskappe wat van bekendes en gewone individue ingestroom het.

Sy moes in 2017 per helikopter van die berg af gered word nadat sy tydens ongure weer beseer is. Sy was in 2014 op Everest gedurende ʼn ysstorting en in 2015 weer gedurende ʼn aardbewing. In 2017 kon sy daarin slaag om die suidelike piek te bereik.

Khumalo het haar egter nie laat onderkry nie en het vanjaar weer, met ondersteuning van die Dr Thandi Ndlovu-stigting, die berg aangedurf.

Khumalo het in 2012 berg Kilimanjaro uitgeklim om geld vir die Lunchbox Fund in te samel. In 2014 het sy berg Elbrus in die suide van Rusland uitgeklim en in 2015 het sy berg Aconcagua in Argentinië afgestof.

Khumalo het sedertdien ʼn ambassadeur vir die Nelson Mandela Biblioteke geword en het byna R1 miljoen vir skoolbiblioteke ingesamel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Anoniem ·

You GO girl!

Bewonderenswaardig vir enige een om dit te doen. Julle verdien iedere en elke kompliment wat julle kry. Dis nie vir sissies nie.

$ ·

Baie geluk, om so iets solo aan te pak is ‘n reuse prestasie!

wielie ·

Baie Geluk! Ek haal my hoed vir jou af om so braaf te wees. Well done !!!
Tenminste het jy uit jou comfort zone gekom en die wereld n punt bewys.

PJ ·

Onnodig regtig… Dis ‘n awesome prestasie. Well done vir haar en vir ‘n goeie doel x

marco polo ·

Ek stem heeltemaal saam met julle. Dit is berigte soos hierdie wat die persepsie skep dat ons almal inderdaad nie eenders is nie, ondanks baie wat daaraan glo. Daar het al meer as 3,000 mense Everest bestyg, van alle rasse een geslagte, maar nou eers die eerste swart vrou? Hoekom is dit so? Nietemin, baie geluk, dit is n prestasie waaroor mens in jou gemeenskap vereer word as mens en deel van n gemeenskap, nie omdat jy van n bepaalde rassegroep is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.