Eerste TV-onderhoud met Oscar binnekort uitgesaai

Oscar Pistorius op 19 Maart 2014 in die hof Foto: Leon Sadiki/Citypress/Pool (SAPA)

Oscar Pistorius op 19 Maart 2014 in die hof Foto: Leon Sadiki/Citypress/Pool (SAPA)

Die heel eerste televisieonderhoud met Oscar Pistorius ná die nag in Februarie 2013 toe hy sy meisie, Reeva Steenkamp, doodgeskiet het, sal eersdaags gebeeldsaai word.

Die eksklusiewe ITV-onderhoud, wat deur die ondersoekende joernalis Mark Williams-Thomas behartig word, is in Pistorius se oom se huis in Waterkloof opgeneem. In die onderhoud praat Pistorius glo oor sy voorbereiding om terug te keer tronk toe nadat sy skuldigbevinding aan strafbare manslag deur die appèlhof na moord verander is.

ITV berig Pistorius gee in die onderhoud sy weergawe van wat die aand gebeur het toe hy Steenkamp in die badkamer van sy spoghuis in Silver Lakes, Pretoria, doodgeskiet het. Hy word uitgevra oor sleutelelemente in die verdediging se saak wat uiteindelik tot sy skuldigbevinding gelei het en praat ook oor sy verhouding met Steenkamp, bewerings van sy vorige aggressiewe gedrag teenoor haar en sy vorige gebruik van vuurwapens.

Volgens ITV is die Steenkamp-familie glo gevra om deel van die program te wees, maar het die versoek van die hand gewys.

Oscar Pistorius: The Interview sal op 24 Junie in die Verenigde Koninkryk gebeeldsaai word. Die datum vir beeldsending in Suid-Afrika is nog nie bekend gemaak nie.

Pistorius sal na verwagting Maandag weer in die hooggeregshof in Pretoria verskyn vir die voorvonnisverhoor van sy skuldigbevinding aan moord. Hy kan moontlik die minimum voorgeskrewe vonnis van 15 jaar tronkstraf opgelê word, maar sy regspan sal na verwagting probeer bewys dat daar wesenlike en dwingende omstandighede is wat die hof regverdig om van die minimum vonnis af te wyk.

Lees alle vorige berigte oor Oscar Pistorius op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Bloues ·

Aggeneeeeee nie nog Pistorius nuus nie. Ons wil net hoor dat hy 20 jaar tronk toe gaan en dis al

Bosveld g ·

Sluit toe, hy regverdig moord, dink net aan homself, kans gehad. Baie met sy gebreke het nie die rojale lewe wat hy weggegooi het , gehad nie. Hy het drooggemaak punt…

Gesiggie ·

Ek wens hierdie hele Oscar storie wil net verby gaan… kom tot die einde, want dit is nou al bietjie ou nuus….om van siek te word…. Vonnis hom en kry klaar… sodat almal se lewens kan aangaan… as dit iemand anders was…. was die saak al afgehandel… hofsaak op hofsaak… en nou nog n Tv onderhoud…. well done….

Willie ·

Ek stem, sluit toe en gooi sleutel weg… nou word hy tyd gegun om geld te maak… siesa…

Cobus ·

Ai, kan ‘n mens so onverdraagsaam wees. Julle vra dat die saak nou afgehandel word maar julle bly kerm, A-nee-A

lizette Potgieter ·

Arme Oscar, ek glo nie Reeva was so onskuldig nie, sy het hom gebruik vir roem en om bekend te word. ek glo dit was regtig ‘n ongeluk dat hy haar dood geskiet het, Ja dit was verkeerd, maar glo hy berou die dag .

Christo Visagie ·

Lizette,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,So die feit dat sy hom gebruik het vir “roem en bekend te word” volgens jou regverdig dit dat hy haar geskiet het. Ongeluk my G,, man. Hy berou niks,,,,,,,,,,,,,,,,,,behalwe dat hy uitgevang is. Hy heeltemal te verwaand en self gesentreer.

Gesiggie ·

Lizette… Riva is nie meer daar om haarself te verdedig…. maar Oscar is nog hier… nee geen ongeluk, as hy haar gehoor skreeu het, en haar goed genoeg geken het… en gehoor het dat dit haar stem was…??hoekom weer skiet??? haar roem en status het niks te doen met Oscar se optrede… en Ja Christo.. hy berou niks.. hy is bereid om n Tv onderhoud te doen… hoekom, sodat nog meer mense hom moet jammer kry? as hy begin huil…(^_^) No Way…

Lise ·

Het Oscar se beeldpoetser iets met hierdie onderhoud te doen? En ja, natuurlik kry Oscar ‘n hele paar ponde in sy sak vir hierdie onderhoud.

joe ·

Lyk my almal hierbo is regters – daar is net een Regter – moenie oordeel as julle nie daar was nie al se die getuienisse ook wat.

Maria van Dieweeck ·

Ek dag die hoogste hof in ons land het hom veroordeel?

jaco ·

Reeva het n koffie-date met n eks-ou gehad 2 dae voor dir moord. My theorie is dat oscar haar daaroor gekonfronteer het, haar beskuldig het van ontrouheid en toe heeltemal beheer verloor het. Ek regverdig nie sy optrede nie, maar Reeva kon ook maar stilgebly het oor daardie koffie-date. As jy in n verhouding met iemand is, bly dan eerder stil vir in case jy nog die eks wil sien. Wat die oog nie zien nie, zal die hart nie grief nie

Antjies ·

Ek het werklik empatie met Oscar sowel as Reeva se familie. Wat ‘n tragiese gebeurtenis. Dis so hartseer dat dit my hart laat pyn maar ongelukkig moet reg en geregtigheid geskied….wat baie min gebeur in die land se regstelsel.
Ek het ‘n familie lid wat in die tronk sit oor ‘n dogter beweer het daar is aan haar privaat deel gevat, sy is nog ‘n maagd en daar was net dna en geen semen gevind….sy kon haar vinger in sy mond gedruk het en aan haarself gevat het…. maar hy is skuldig bevind aan digitale verkragting en het 15 jaar gekry mense. Waarvan hy 10 jaar moet sit voor hy kan aansoek doen vir parool. Sy is op facebook en lyk nie of haar lewe verwoes is nie, en hy…. hy sit in die tronk en mis die beste deel van sy 3 kinders se lewe. So imagine hoe naar ek is vir ons regstelsel as jy in ag neem dat moordenaars nie eens so ‘n vonnis kry nie !!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.