Eerste vir SA: Nanosatelliete gelanseer

(Foto: SpaceX/Twitter)

In ʼn eerste vir die Afrika-kontinent sal drie maritiem-gefokusde nanosatelliete van Suid-Afrika Donderdagmiddag gelanseer word deur die Suid-Afrikaans gebore Elon Musk se SpaceX in die VSA.

Die drie nanosatelliete, die eerste wat ten volle op die Afrika-kontinent ontwikkel is, sal omstreeks 17:25 (Suid-Afrikaanse tyd) van Cape Canaveral in Florida, VSA gelanseer word.

Die drie satelliete vorm deel van die departement van wetenskap en innovasie se Maritime Domain Awareness Satellite (MDASat)-konstellasie.

Spanlid Ian van Zyl het Dinsdag op Twitter geskryf: “Trots Suid-Afrikaanse oomblik: Drie Suid-Afrikaanse satelliete, wat deur ons span (my kollegas) in Kaapstad gebou is, word Donderdag deur SpaceX op die Falcon 9 gelanseer. Ons hou duimvas, mnr. Elon Musk!”

Wanneer dit voltooi is, sal die konstellasie uit nege satelliete bestaan wat, volgens die departement, “vaartuie in byna regte tyd sal opspoor, identifiseer en monitor” ter ondersteuning van Suid-Afrikaanse maritieme bewusmaking.

Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, wetenskap en innovasie, het die lansering as ʼn “groot mylpaal vir die land” beskryf.

“Dit sal Suid-Afrika se posisie as ʼn leier in die ontwikkeling van klein satelliete in Afrika verder versterk en die land help om ʼn waardevolle deel van ʼn nismark in ʼn snelgroeiende, wêreldwye waardeketting te verkry.”

Volgens Nzimande maak Suid-Afrika goeie vordering in die ruimtebedryf, maar gespesialiseerde vaardighede is nodig om dit selfs verder te neem. Hy sê die departement het ʼn ontwikkelingsprogram by die Kaapse Skiereiland-Universiteit van Tegnologie van stapel gestuur. Die sluit die bekendstelling van ʼn meestersgraad in elektriese ingenieurswese in wat op satellietstelsels fokus.

Jy kan die lansering regstreeks op SpaceX volg, klik hier.

Bron: SANews.gov.za, departement van wetenskap en innovasie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Pablo ·

“Gespesialiseerde vaardighede is nodig” so waar is julle BEE Einsteins?

Alfred E Neuman ·

En ons wag, en ons wag…… en gedoriewaar, daar ontdek hulle die modder hut!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.