Eerste vlug na Kaapstad vertrek van opgeknapte Wonderboom-lughawe

Foto: ANA

Foto: ANA

Die eerste kommersiële vlug het Sondag van die Wonderboom-lughawe, noord van Pretoria, na Kaapstad opgestyg.

“’n Stad sonder sy eie lughawe is ʼn baie slegte stad,” het David Makhura, premier van Gauteng, Sondag gesê tydens die bekendstelling van die opgeknapte lughawe. “Wonderboom [die gebied] is nog klein, maar mens moet die vermoë hê om te sien hoe ʼn hele nuwe stad hier ontwikkel. Ons bou nie net ʼn lughawe hier nie maar ʼn nuwe ekonomie. ʼn Hele nuwe stad gaan hier ontwikkel,” het Makhura gesê.

Kgosientso Ramokgopa, burgemeester van Tshwane, het gesê meer geld sal belê word in die ontwikkeling van die gebied. Hy het gesê die lughawe stel regeringsamptenare in staat om gerieflik tussen Pretoria en die parlement in Kaapstad te reis.

Ramokgopa het gesê die lughawe het gratis Wi-Fi wat 250 MB beskikbaar stel vir elke persoon wat van die lughawe af reis.

Rodger Foster, hoof van SA Airlink, het gesê vlug SA8673 was die eerste van vele. Daar sal daagliks drie vlugte van Pretoria na Kaapstad wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

neelsie ·

Sterkte vir die poging.
Hoop dit dra by tot die ontwikkeling van die gebied noord van die Magaliesberg.

Stefaans ·

Nou gaan die kamerade nog meer geld op vlugte spandeer. Volgende gaan die naam verander word – seker iets soos Gupta International.

Willie van der Sandt ·

Ja ek stem die naam is nou in die gedrang, maar ek dink Gupta sal dalk bietjie kras wees miskien iets soos “Jacob Zuma International” , want hy gaan heelwaarskynlik finansiele baat vind hierby, anders is sy naam nie Jacob Zuma nie.

Michiel ·

Ek lees nou Makhura se opmerking: ” ‘m Stad sonder sy eie lughawe is ‘n baie slegte stad”. Kon hy nou aan niks meer inteligents gedink het om te sê nie? Regtigwaaar…! En sover is dit mos maar ek dink SA Airlink wat vlieg ne – dus SAL, en ek weier om hul te ondersteun, so Wonderboom sal my nie gou sien nie.

Daniel ·

SA Airlink is privaat en onafhanklik van die staat… Dit is SAL, SA Express, en Mango wat saam val…

Michiel ·

Dankie ou Daniel – ek het anders gehoor. Sal wag tot ouens soos Kulula vlieg DAN sal ek Wonderboom ondersteun want ek weet verseker hulle het niks met SAL te doene.

Elfie ·

Parlementslede sal dan seker weer voorkeur kry vir sitplekke, veral oor spitstye.

susan ·

Aggenee dis nie goed om te hoor. Huidiglik is die verkeer reeds n groot probleem. Lavenderweg en Zambesieylaan nie die verkeer dra nie. Dan praat ons nie van die toename van ongelukke en misdaad nie . Ek persoonlik is teen hierdie ondeurdagte ontwikkeling gekant

CHRISTA ·

Zuma het die lughawe seker laat opknap sodat Gupta volgende keer in “stile” kan land!!!

Salomi Walters ·

Ai, ai, mense. Waarom altyd die negatiewe – is julle siek ? ‘n Lughawe op my voorstoep, wat ‘n voorreg ! ! ! En alreeds die paaie in Dr Swanepoel begin verbeter om meer voertuie te kan akkommadeer. En splinternuwe shopping centre (Checkers) ook in Dr Swanepoel. Lekker man, lekker.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.