’n Verdagte is in hegtenis geneem in verband met die onlangse moord op ’n vrou van Eersterust, oos van Pretoria. Die 42-jarige vrou se liggaam is Sondag in ’n buitekamer aangetref.
Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, het in ’n verklaring gesê ’n 50-jarige man is vroeër vandag (Maandag) in Eldoradopark in Johannesburg in hegtenis geneem in verband met die moord.
Die verdagte sal binnekort in ’n hof verskyn.
Maroela Media het vroeër berig ’n voorlopige ondersoek dui daarop dat die slagoffer se kêrel Sondagoggend ’n familielid geld vir vervoer gevra het. “Hy het beweer dat hy ’n nuwe werk iewers gekry het aangesien hy werkloos is,” het Makhubele vroeër gesê.
Volgens Makhubele was die kêrel die laaste persoon wat kontak met die oorledene voor haar dood gehad het.
Die polisie het vroeër ’n beroep op dié man gedoen om hom by ’n polisiestasie aan te meld om die polisie in hul ondersoek by te staan.
Ek is nie seker ek verstaan reg nie. Verdagte = 50-jarige man ?= kêrel, of ?= familielid vir geld gevra?