EFF aan Ramaphosa: ‘Ons hét jou gewaarsku oor Nene’

Julius Malema Foto: ANA

Julius Malema, leier van die EFF, het Maandag ʼn sterk bewoorde brief aan pres. Cyril Ramaphosa gerig waarin hy hom vra om Nhlanhla Nene, minister van finansies, van sy pligte te onthef.

Malema het Nene se verbintenis met die Gupta-familie as rede vir dié versoek aangevoer. Die EFF-leier het verder gesê die land se ekonomie sal nie gestimuleer word onder ʼn “minister van finansies onder verdenking nie”.

Dit het Maandag in die media aan die lig gekom dat Nene vir Ramaphosa versoek het om hom af te dank nadat hy verlede week voor die kommissie van ondersoek na staatskaping erken het dat hy die omstrede Gupta-familie by meer as een geleentheid tussen 2009 en 2014 besoek het.

Nene het Vrydag die land om verskoning gevra omdat hy nie vroeër sy besoeke aan die Guptas bekendgemaak het nie.

Verskeie groepe van die samelewing, waaronder politieke partye, het reeds beroepe op Nene gedoen om die waarheid te onthul oor sy verbintenis met die Guptas óf te bedank. Dít nadat hy ook onder verdenking was in ʼn mislukte olietransaksie in Mosambiek waarin sy seun ʼn belang gehad het terwyl Nene voorsitter van die openbare beleggingskorporasie (PIC) was.

In die brief het Malema gesê die EFF hét Ramaphosa tydens ʼn parlementêre debat gewaarsku dat Nene nie so “silwerskoon” is as wat sekere mediagroepe hom bestempel nie, maar dat Ramaphosa nie onmiddellik opgetree het nie.

“Die werklikheid is dat jou minister van finansies, Nhlanhla Nene, vriende was met die Gupta-misdaadsindikaat, hulle gereeld besoek het, sensitiewe staatsake met hulle bespreek het en daarom een van die mense is wat staatskaping en korrupsie bewerkstellig het,” het Malema in die brief geskryf.

Malema het gesê die EFF het spesifiek daarop gewys dat Nene gevaarlik is en “nie die tipe ou wat almal dink hy is nie”. Hy het ook gesê dat hulle ʼn brief aan Nene gerig en hom sekere vrae gevra het.

Malema het bygevoeg dat Nene in geen posisie van vertroue kan wees nie omdat hy ʼn leuenaar en ʼn manteldraaier is.

“Meneer die president, ons weet vanuit betroubare bronne dat die huidige openbare onthullings oor jou minister van finansies nie volledig is nie. Daar is verskeie ander sensitiewe verwikkelinge rakende hom wat hom onbekwaam laat om ʼn lid van die uitvoerende [gesag] te wees,” het Malema gesê.

“Jy moet dié geleentheid van sy vervanging benut om ontslae te raak van alle ander lede van die uitvoerende gesag wat onder verdenking is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Henk ·

Dalk moet Ramaphosa iemand aanstel om Malema en sy bendelede te ondersoek. Dan is daar een ding waaroor ek moet wonder, waarom sal Nene Ramaphosa versoek om hom af te dank en nie uit sy eie net bedank nie? Is dit om Ramaphosa uit te daag? Sy swakheid ten toon te stel? Of die krag wat Zupta steeds het te demonstreer?

Politiki ·

Great vraag Henk my 2 sent is dat Ramaphosa self agter die deur staan mbt staatskaping en ZUPTA en die top ANC amptenare weet dit. Nene daag hom uit…….Wat Cyril nou doen kan backfire.

Chris du preez ·

Stem saam met jou. Ramaphosa sal die Inteligensie diens moet regkry en aan sy kant. Hy sal die Eff moet binnedring en inligting inwin. Dit is hier waar Malema hom vêr voor is. Hy het sekerlik van Ramaphosa se kabinets lede aan sy kant wat hom baie inligting gee. Malema weet presies wie wat doen en gaan doen on die ANC

Snowball ·

@Henk, dit voel vir my ook daar is groter vis/se wat gevang/uitgevang gaan word en Nene is die aas….

Andre Stander ·

Ek vermoed ook as jy GEVRA word om te gaan het jy beter “byvoordele”, as wanneer jy self bedank. Speel die spel tot op die einde né – en die belastingbetaler dok maar net op.

Elizabeth ·

Nene was verkeerd, maar hy het ten minste die krag van sy oortuiging gehad om skuld te erken en verantwoordelikheid te aanvaar vir sy dade. Hy besef hy verdien nie om sy pos te beklee nie. Was daar die afgelope tyd een enkele hooggeplaaste in SA wat dit gedoen het? Hulle sit steeds in hulle multimiljoen poste en leef op ons belasting, ofskoon hulle miljoene/miljarde wanbestee het (en wat nog alles meer??) My respek vir Nene. Vir die eerste keer het ek die gevoel dat iets iewers REG verloop. Nene, jou ma het jou mooi grootgemaak. En ja Henk, kan ons asseblief ‘n kommissie van ondersoek aanstel om ‘n slag die lawaimaker te ondersoek.

Nico ·

As Nene so wonderlik is moes hy dieselfde as Janas gedoen het. Hy moes dadelik gepraat het. Ja ek stem saam die wonderlije CR het ook geraamtes in die kas. Trouens die hele ANC sedert 1994 is vol geraamtes.

SjN ·

Sy handdruk is seker baie meer om afgedank te word as om te bedank. Hy het mooi geleer by sy huisvriende.

Chris ·

Daar is van Nene se oud kollegas aan die x no1 kant wa vir Malema met al die nodige inligting voer. Die rede om die pres te laat sleg lyk . Dit is alles deel van die anc se binne gevegte om beheer oor die land se geld krane te verkry

Neels ·

Nene wil he die pres moet hom afdank want dan begou hy syvoordele en pensioen . As hy self loop kry hy niks . So kom ons kyk goe groot gaan sy pakket wees seker meer as wat guptas hom wou gee

waarheid ·

Jip die hele tot is korrup – daar is nou wraggies nie een om te vertrou nie. So het Siener geskryf. Daar sal ook nie in die toekoms so ‘n iemand wees nie.

jaco ·

Ek sou nog dié pêlle wees met en gunste doen vir ‘n ryk besigheidsfamilie verstaan as hulle van Tshabalala of Nkosi was. Dit verbaas my egter dat ‘n familie uit die Indiër gemeenskap, wat reeds welaf is, so bevoordeel is. Was daar dan geen familie van hulle eie ras wat gehelp en gebruik kon word nie?
Hulle voortrekkery van dié Indiër familie strook ook nie met hulle eie regstellende aksie wette nie, waar juis dikwels vir Indiër werksoekers gesê word “sorry no job for you because you are not black enough”. Verskonings soos “die nasionale demografie moet weerspieël word” is ook dikwels ‘n rede waarom Indiërs nie werk kry nie.

Paul ·

Julius, jy is die een wat vir Zuma as president se aanstelling destyds verantwoordelik was, jy is die een wie vooraf gewaarsku is oor die nuwe OB en toe stem julle vir haar. Jy is ‘n mooi een om te praat, jou oordeel laat veel te wense oor. O’ja en as iemand anders uitgevang word, eis jy die louere op en lawaai dat hoor en sien vergaan.

Onnodig ·

Laat ek nou sommer van die begin af se: Ek hou niks van Malema nie, MAAR, ten spyte van die feit dat hy wit mense wil uitmoor en grond plunder ens, is hy n uitstekende leier vir sy party en het die deursettingsvermoe om aan te hou met n ding tot hy kan bewys hy is reg (of dink hy is reg) en daarom dink ek hy is potensieel gevaarlik. Ten minste huiwer hy nie om die President of ANC openlik aan te vat oor ernstige sake nie. Dis jammer dat hy so radikaal is.

Elize ·

Siestog ek wonder wie het nou weer hierdie wese se kot geskud!

Jakkals ·

Malema staan self agter die deur. As hy nie sy sin kry dan destroy hy als.. Wie is hy om Nene se goed oop te krap..wens iemand wil vir ‘n slag Malema onder stok kry en begin in sy goed rondkrap….As my baas sê gaan na iemand se huis oor iets moet ek dit seker doen… lyk my mens kan die ANC nie meer vertrou nie..orals is klein jakkalse.. Jammer mens kon nog nooit!!

Ian ·

Ramaphosa is in ‘n moeilike Catch-22. Aan die een kant is dit so dat hy sy woord moet gestand doen en daadwerklik teen korrupsie moet optree, alhoewel daar natuurlik geen bewys is dat Nene wel finansieel baatgevind het by enige gesprekke nie. Aan die ander kant is die oes maar dun wat potensiele swart (ANC) kandidate betref om hierdie spesifieke pos te vul. Voeg hierby nog ‘n goeie skeut negatiewe beleggingsvertroue sou ons weereens van ‘n Minister van Finansies verander binne ‘n redelik kort tyd, en die tafel is gedek vir ‘n interessante week of twee.

Ag asb tog ·

En die EFF is squeaky clean .het nog nooit enige bedrog of korrupsie gepleeg nie, hulleself nog nooit aan enige rassisme of haatspraak skuldig gemaak nie, nog nooit belasting ontduik nie, hierdie manne in GLASHUISE gooi lekker klippe …

Hendrik ·

Die huidige politieke situasie herinner ‘n mens baie aan bure waar daar gesinsgeweld bedrokke is. Jy word onwillekeurig ingesleep in die situasie al is jy nie deel daarvan nie. Ek vra altyd die vraag hoe kan ons uit hierdie situasie kom? Soos Frans Cronje , van die Instituut van Rasse Verhouding, raad gee oor sulke senarios. Jy as ‘n gematigde minderheid moet die huidige situasie ekonomies oorleef en dieselfde geld vir volgende jaar met die verkiesing.

humor ·

Net soos vir sy voorganger is die anc belangriker as die land want die behoud van hierdie nuttelose party trek massiewe voordele. En aan die anderkant weet hy presies wat Nene se doen en late was. Ook weet hy pesies wat z se ondergrondse bedrywighede was self van die groot buitelandse misdaadorganisasies waarmee z onderhandel het om op die regte oomblik beskikbaar te wees. Ook weet hy dat die groot misdaadsyfers en plaasmoorde wat daamee gepaart gaan beplan en deel is van van die strategie tot oorname daarom swyg en lieg hy blatant hieroor. Ook hy leef met n groot versigtigheid dat hy ook aan die pen kan ry. Die Brutusse staan in ry agter hom.

Isabel ·

Ag asseblief…. noem een naam wat nie onder verdenking is nie.. LMGA

Nel ·

Ja Maleme jy’s bekommerd dat die land se ekonomie onder Nene gaan skade lei, maar hoe bekommerd is ons nie oor jou dreigemente en aanhitsing om Suid Afrika onregeerbaar te maak nie, dink jy dit gaan die ekonomie stimuleer??

LouE ·

Hoekom weet Malema presies wat aangaan, maar Cyril & kie tas in die duister rond???

Theresa ·

Misdaadsindikate en groot, groot besluitfoute. Maar moenie vergeet die haataanblasers en moord- en martelverkondigers nie.
Soms moet mens die vingers tel wat terugwys na jouself toe voordat jy net fokus op die een wat so wild geswaai word na ander.

Nouja ·

Maroela Media: Hou asb op om Malema so baie publisiteit te gee. Ignoreer hom asb. Jul versterk net sy aansien elke keer wanneer jul oor hom berig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.