EFF bekoor ‘agtergeblewe’ wit gemeenskap

Leiers van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) by die gemeenskap van Hermanstad, noord van Pretoria (2 Julie 2016) Foto: Jonisayi Maromo/ANA

Leiers van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) by die gemeenskap van Hermanstad, noord van Pretoria (2 Julie 2016) Foto: Jonisayi Maromo/ANA

Leiers van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het Saterdag ʼn ekonomies benadeelde gemeenskap van Hermanstad, noord van Pretoria, bekoor met beloftes van huise en omvattende ingrypings om misdaad in die gebied te beveg.

“Ons wil die mite, dat die EFF slegs vir sekere mense bedoel is, uit die weg ruim,” het MoAfrika Mabongwana, adjunkvoorsitter van die EFF in Pretoria, gesê. “Almal van julle hier is welkom in die EFF. Die EFF is nie ʼn anti-wit organisasie nie. Die EFF wil nie die wit mense in die see in jaag nie. Ons word veroordeel omdat ons die waarheid praat.”

Die EFF is besig met sy verkiesingsveldtog voor die munisipale verkiesing op 3 Augustus.

“Omdat julle arm is, gaan die EFF julle mondstuk wees. Die EFF gaan die leiding neem vir julle eie struggle. Ons sal langs julle staan en saam met julle baklei totdat julle jul eie huise kry. As ons saam werk, is daar lig aan die einde van die tonnel. Julle sal daardie huise kry,” het hy gesê.

Mabongwana, saam met ander streeksleiers van die party, het gesê gemeenskapslede, wat al jare lank op HOP-huise wag, het hom uitgenooi. Sommige van die gemeenskapslede het HOP-huise, maar hulle is behoeftig, met briewe van die Tshwane-munisipaliteit in hierdie verband, maar sit nou opgeskeep met agterstallige water- en elektrisiteitsrekeninge. Die elektrisiteit na sommige van die huise is reeds afgesny.

“Sodra ons aan bewind kom in die Tshwane-munisipaliteit, sê ons almal wat steun op toelaes van die regering, moet nie elektrisiteit of belasting betaal nie. Die regering kan nie met die een hand vir jou daardie R1 500 gee en met die ander hand die R1 500 wegneem nie. Julle moet nie betaal nie. Julle gaan nie eiendomsbelasting of belasting betaal onder ʼn EFF-munisipaliteit nie,” het Mabongwane gesê onder luide applous van die gemeenskap.

“Die EFF-munisipaliteit sal verordeninge goedkeur wat erwe vir arm mense beskikbaar gaan maak. Dit kan nie reg wees dat ons in baie klein huisies moet bly terwyl daar oop grond naby is nie. Die munisipaliteit moet net gaan en erwe afsny en elektrisiteit en water verskaf vir arm mense.”

Mabongwana het ná die vergadering aan verslaggewers gesê die vergadering met die hoofsaaklik wit gemeenskap is nuwe grond vir die EFF. “Soos julle kan sien met die mense wat hier bymekaargekom het, moet hulle in die EFF verwelkom word. Die EFF het nou ʼn struktuur in dié wit gemeenskap, wat ongekend is. Ons wys aan alle partye dat dit moontlik is vir ons om wit mense te hê wat ons ondersteun, weens die goed waarvoor ons staan. Hierdie mense is al sedert 2005 huise beloof.”

Andries Nkome, EFF-advokaat, het met die lede van die gemeenskap vergader en aan die Tshwane-munisipaliteit geskryf en ʼn vergadering geëis oor die “afgeskeepte gemeenskap”. Die gemeenskap sukkel ook met dwelmverwante misdaad. Nkome het gesê die EFF sal Tshwane pak namens die gemeenskap.

“Dit is belangrik om te sê dat dit ʼn basiese mensereg is, volgens die Grondwet, om ʼn huis in dié land te hê. Ons het nou aan die munisipaliteit en die minister van menslike nedersettings geskryf. Ons eis ʼn vergadering namens hierdie mense. Sommige van hierdie mense bly alreeds in die huise, maar hulle wag nog dat die titelaktes afgeteken moet word en hulle ʼn reg het om in die huise te bly,” het Nkome bygevoeg.

“Die ander kwessie hou verband met die eiendomsbelasting wat hierdie mense moet betaal vir basiese dienste soos water en elektrisiteit. Die oorgrote meerderheid van hierdie mense steun op toelaes. Hulle behoort minder te betaal as wat hulle nou betaal. Een van hierdie persone skuld R80 000. Hoe kan daar van iemand, wat R1 500 verdien, verwag word om skuld van R80 000 af te betaal? Dis belaglik. Dit is onmoontlik en ons eis dat dié skulde afgeskryf word,” het Nkome verduidelik.

Inwoners het rekeninge na die vergadering gebring en ʼn beroep gedoen op die EFF om in te gryp.

“HOP-huise is vir arm mense. Waarom faktureer hulle ons dan vir meer as R1 000 vir elektrisiteit?” wou Evelyn Buyse, een van die inwoners, weet. “Ons betaal te veel vir elektrisiteit. HOP-huise is vir arm mense, nie vir die regering om ons te beneuk nie. Ons is moeg vir die regering.”

Buyse, ʼn enkelma van ses, het aan verslaggewers gesê sy betaal huur vir die HOP-huis waarin sy al 13 jaar lank bly.

Nog ʼn inwoner, Susara Coetzee, het gesê sy wag al sedert 2012 vir ʼn HOP-huis toe sy daarvoor aansoek gedoen het. Sy bly intussen saam met haar ma. “Nou is my ma te siek en ek moet na haar kyk. Ons elektrisiteit is afgesny. Ek weet nou ons hoop lê by die EFF. Hulle sal ons help,” het die ma van drie gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

136 Kommentare

JC ·

Ha! Jul word heelhartig geglo hoooor…niks anders as wolwe in skaapsklere nie!!

Hendrik ·

Jammer om te se dat hierdie mense eintlik val in dieselde katogrie val as die ander meerderheid wat vir die ANC en EFF stem. A.g.v armoede is hulle eintlik val enige hulp/hoop om hulle haglike toestande te verbeter.

cbc ·

EFF BO. Hulle het die guts om teen Zuma op te staan.
Ek stem beslis vir Julius

Geraldine ·

Ek stem saam. Dis al oor en oor bewys die partye maak honderde lee beloftes net om jou stem te kry en daarna kan hulle nie eens beloftes of mense se name onthou nie. Dis jammer dat hulle soos aasvoels neersak op mense wat in nood is en desperaat is vir ingryping. Dus juis die mense wat agteraf die wit mense uitkruit en afmaao, maar nou is die wit mense se “stem” belangrik en kamma word ons nood raakgesien.

Hennie ·

Politieke praatjies wat soos mis voor die son sal verdwyn!

Ander Koos ·

Ja beslis, hulle kan net sowel Rooikappie se storie ook glo

lavender lady ·

Ten minste het Rooikappie se storie n gelukkige einde…..hierdie mense vertrou en glo nou aan mense wat niks gaan doen vir hulle nie… so hulle situasie gaan dieselfde bly maar moontlik die EFF meer mag gee…

Dawie ·

Ek hoop hierdie hoop wat weer per mond belowe word is opreg en nie net n werwing vir stemme uir desperaatheid nie.SA se politici is mos maar net manne vol beloftes en dis waar dit eindig.

Schalk ·

Nie net in SA nie, regoor die wereld bedrieg hulle mense met vals beloftes. Sodra hulle dan aan bewind is, kom die regte ou na vore en daar vlieg jou drome van n beter land.

Leeutjie ·

Ek se weer!! Moenie die adder in jul boesem vertroetel nie…. Hierdie mense kan hoofrolle in 7de Laan los slaan!! En waar gaan hulle die geld vandaan kry om al hierdie beloftes gestand te doen??

Elsie ·

Ek kan nie glo dat die mense alles glo wat die EFF hulle belowe nie Het hulle al klaar vergeet dat die EFF by hulle openbare by eenkomste aangehits word om plase en grond te beset en dat hulle dit verniet kan vat Die ANC het ook al daardie dinge belowe en niks het nog waar geword nie Hoekom teiken hulle nou bejaardes

Zelda ·

En as die verkiesing verby is sal dit die laaste hoor of sien wees van die daardie lede in julle buurt. Dan kom die ware kleure uit en as hulle klaar is met julle word julle op gevreet en uitgespoeg en net daar gelos.

Paul ·

Dit is juis die probleem met die Afrikaner, hy is so besig om beeld te poets en in die nuus te wees met allerhande goed, dat hy vergeet van die probleme op grondvlak. Hy sal mos nie in die nuus kom as hy iets aan hierdie mense se saak doen nie. Wanneer ‘n ou in hierdie mense se skoene is gryp jy na enige strooihalm, maak nie saak van wie dit kom nie. As die sogemaamde Afrikaner is wat hulle sê hulle is, sou hierdie mense nie wees waar hulle is nie. ALMAL word net gejaag deur die GELDGOD en het geen deernis meer nie.

Esther Coetzee ·

Waar kom jy daaraan? Klink my jy is een van daardie mense wat net Afrikaners wil slegmaak. Wat het jý al gedoen om die mense te help?

Kowa ·

Paul ek wil net vir jou sê dat baie van die sogenaamde arm witmense net bakhand staan en wanneer hulle jou leeg getap het kry jy ‘n skop onder jou agterkant. Ek weet almal is nie so nie, maar ek het al ‘n paar stelle afgetrap met hulle daarom help ek niemand wat ek nie persoonlik ken nie. So jy kan nou maar begin om hulle te help as jy so graag wil en as jy geld het om te verloor. Terloops ek is ‘n ou vrou wat al jare lank alleen is en vir myself moet sorg.

Andredb ·

Lagwekkend om dink hulle sal grondbelasting weg vat wonder nogal hoe gaa hulle die res van die stelsels van die stad onderhou als gaan net nog veder tot niet gaan die mense lewe in n droom wereld

Anita ·

Die EFF kan beloftes nie waar maak nie. Die krag rekening kom van een maatskappy, waarvan EFF nie die eienaar is nie. Hulle kan dan ook nie besluit wie wel of nie vir krag gaan betaal nie. Of die munisipaliteit (EFF) sal die kragrekeninge vir hulle moet betaal. Maar dan: waar kry die EFF dan die geld om dit te kan doen? Die tariewe van munisipale dienste sal duurder moet word om dit te kan bekostig.
Nee wat, dis net ‘n manier om hulle stemme te kry, maar EFF kan hierdie belofte nooit gestand doen nie.

Koos ·

Dit klink goed maar werk ongelukkig nie so in die regte wêreld nie vra die ANC dit is hoekom hulle nou wankel.

Cherokee ·

Slim van die EFF. Hulle oes waar die ander partye nalaat. Die besef dat die stem van ‘n multi-miljoener en die van ‘n boemelaar ewe veel waarde het, word gebruik. En die arm gemeenskap se toegeneëntheid met die EFF is verstaanbaar. Hulle het waarskynlik nie (veel) insae in die politiek nie, die ANC, DA en VF+ ignoreer hulle maar daar is ‘npolitieke party wat T-hemde uitdeel en beloftes maak. ‘n Mens mag nooit sonder enige hoop wees nie en daar word beloftes gemaak wat hoop laat ontstaan. Of dit werklik gaan realiseer is nie wat nòu tel nie – wat in tel is, is die hoop wat geskep is. Die EFF het boorde gepluk wat geminag of ten minste geignoreer is. Daardie mense het hulp nodig en dit word belowe.

Chris ·

Stem saam dat dit vreeslik hartseer is dat ons armblankes deur die ou regering uitgelewer is!(!Geen wigte en teenwigte is daar nie!! )Ek werk in hierdie gemeenskap en daar is geen werk of vooruitsig om enige bestaan te maak nie!!Die kloof tussen die armes en rykes het enorm geword en dit is tyd dat ons na alle armes uitreik ongeag kleur!!Slegs ekonomiese ongelykheid moet aangespreek word : sosiale ongeregtigheid en totale ongelykheid is nie aanvaarbaar nie!! Wat sou jy doen as jy saam met jou kinders in n wendyhuis of in die veld of onder n afdak moet slaap?? Begin deur hierdie gemeenskappe te besoek ,dit sal jou perspektief gee!!

Annette ·

Lees die mense nie koerant nie of weet hulle net nie wat in die land aangaan nie? Ek kry hulle bitter jammer want ek weet hulle kry swaar en nou word hulle belieg ook.

Frannie ·

Gullable. Aitog. En hulle sit juis waar hulle sit agv verkeerde besluite.

MissDemeanor ·

Dis maklik om te oordeel ne? Nie almal wat arm is het dit oor hulself gebring nie. As iemand eers deur die jrake geval het (miskien na siekte, ‘n ongeluk of ‘n afdanking by die werk) dan is dit moeilik om daar uit te kom. En as ‘n kind arm ouers het, dan is dit nohsteeds moeilik vir hom/haar om daar uit te kom. Armoede is iets wat vir generasies oorgedra word,nie net ‘n persoon se eie swak besluite nie.Wees dankbaar vir wat jy het. Maar moenie dink dit is omdat jy o soveel beter as ander is nie.

Marius ·

Ek wonder nou net Mnr Mabongeana…

1. Al die HOP huise wat al sedert 2005 deur die ANC se selfde mooipraatjies beloof was – Hoe gaan die EFF dit nou skielik so gou regkry?

2. Met watter geld dink julle gaan vir almal gratis huise met onbeperkte water en elektrisiteit betaal word as almal gevra word om onder EFF geen belasting te betaal nie!??

Moet die res van die wêreld julle jammer kry en als vir julle doen en betaal dan!? Shame man… Julle is pateties onbeholpe en selfbehep as julle so dink!

Sterkte…

dries ·

Hoe oortuigbaar kan n mens nou wees? Seker baie, as jy van toelaes afhanklik is

Etienne ·

EFF belowe brue waar daar geen riviere vloei nie …… Piet Retief en sy makkers kom onwillekeurig by my op.

Leunaar ·

Help van die wal af in die sloot. Die groep wat waarskeinlik die meeste opgemors sal word van almal deur die EFF is reeds arm blankes.

Sarie ·

Takel die mees kwesbare wit mense. Die wat miskien nie koerante lees nie. Kan Helpende Hand nie hier n verskil kom maak nie. Lyk my hierdie mense wil ook net ontvang. Enkel a van ses klink vir my nie baie ingelig nie.

lynette ·

Paul en Hendrik, het julle tweetjies al uitgereik en iets vir hulle gedoen????? Annette, die mense het nie geld vir koerante nie, dis te duur.

Paul ·

Lynette. Ek hoef dit nie aan die groot klok te hang nie. Lees dieper in die berig as julle vlak uitsprake. ierdie mense het ‘n diepe behoefte wat nie raak gesien word deur hulle eie mense nie. Ek het ook ‘n probleek gehad en het na almal gekontak het en geen antwoord gekry het nie, drie e-posse aan die groot afrikaner party met die V+ gestuur – en raai wat, dis nie eers beantwoord nie. So, julle wat so tekere gaan omdat die wit mense so na ‘n strooihalm gryp, julle was nog nie daar nie

Carl Muller ·

Maklik om te praat en niks te doen….
Malema is reg… die rukes word ryker en die armes word armer.

Pieter ·

Glo en vertrou maar die mense se oe gaan oop voor die 3 Aug

Chris ·

Help vir hulle!! die EFF weet presies waar moet hulle gaan steun werf. Mense wat finansiel nie breed is nie en wat werkloos is. Dit is hulle teikenmark. Die probleem is net waar gaan hulle die geld vandaan kry om almal te help soos wat hulle beloof het?

Penellope Jones ·

Bewaar maar hierdie berig – ons sal dit dalk maar uithaal oor so ‘n jaar of wat.

John ·

Paul, jy slaan nie net nie spyker op die kop nie, maar dwarsdeur die doodskis van ons sg Afrikaners wat altyd neerkyk op ons naaste en die armes en ellendiges wat die Bybel se, aan sulkes behoort die Koninkryk van die Hemele en hulle sal die aarde be-erwe… Soos die ANC net sy rykes se belange op die hart dra, so doen ons Afrikaners. En dan wonder ons hoekom ons nie geseend is nie. Op vreemde wyses word ‘n mens in die skande gebring en tot insig gedwing…

Nina ·

Die Bybel sê ook: jy sal jou kos verdien. Nie bakhand staan en verwag ander moet sorg nie. Liewe genade! Kyk bietjie op die fb groepe. Die kleintjies loop soos orrelpypies, maar kinders hê, die sal hulle. Snaaks hoe baie ook met die sigaret in die een hand sit en kla daar is nie kos nie. Dan kyk jy hoe verdomp VUIL dit is, gemors wat rondlê ens. Is daar fout met hul hande om nie darem hul woonplek skoon te hou nie? Nee, magtig man! Lig jou agterent, en doen IETS!

Johan ·

Nina. Ek kan maar net by jou pleit om verskoning te vra. Maar ek dink jou trotse hoogmoed gaan jou nie toelaat nie. Die teks wat jy aanhaal gaan nie oor armoede nie, maar mense wat die wederkoms verwag het en gevolglik gesit en niks doen het nie. Hulle het ‘n las vir die gemeente geword. Hierdie Afrikaners se omstandighede is weens maatskaplike probleme. Jou oordeel is kras, ondankbaar oor jou eie vermoëns en sonder liefde. Die mense wat jy so beledig se woede kan jy nie eers bedink nie. Met jou arrogansie maak jy vir jouself 500000 vyande. Hulle stem nie met jou saam nie. Die manier om dit vir jou te sê kan hulle dalk beter demonstreer as praat…

Liewe heksie ·

Omw dit is my omgewing se mense wat de hell weet hul wie is EFF die vuilgoed wat nou die dag ons gemeenskap lam gelê het met hul betoogery regtig ek weet nie wat om te sê nie

Christopher ·

Moet mens dom en agtergeblewe wees om die EFF te glo. Duidelik nie!

Adri ·

Wat die EFF nog nie besef nie, is dat die ANC reeds al die goud pappotte leeg gemaak het. slegs die as van die vure is nog oor en as deur die wind verstrooi.

Amanda ·

O OK, dan staan EK seker ook ‘n kans om burgermeester/president te word………Want ek kan nog beter “beloftes” maak………as ek dit nie hoef na te kom nie…….

Poplap ·

‘n SA Sprokie”
Eendag nie so lank gelede was daar ‘n nare koning met baie vrouens wat hy opgesit het in ‘n fabelagtige paleis met ‘n “firepool and all”. Die koning het ‘n groot wens vir ‘n goue vlieende vuurwa gehad.
Die nare koning het al die land se geldjies op sy howelinge se elke begeerte spandeer terwyl die mense net armer en armer geword het onder die juk van die tollenaars en Jan Taks. Met enige weerstand het hy sy towenaars ingestuur om met vuurspuwende stokke die mense stil te maak. Selfs die pratende spieel kon nie eers die koning se aanslag weerstaan en is gou gou still gemaak deur die aanstelling van ‘n kaalkop towenaar wat met een slag die spieel se mond stil gemaak het.

Reg langs die kasteel was daar ‘n blou oproerige Baron met die mooiste pakke in sy kas. Hy en sy veel ouer “fairy godmother” het hulle bes gedoen om die koning te stop. Hulle het selfs na die hof van die koning se vader gehardloop en soms kon hulle die koning stop. Die baron en sy volgelinge het aan die koning se hakke gehap in vele van die kolonies en die koning het by die dag meer beangs geraak veral toe hy sien sy partytjies met “free chicken and t-shirts” kry nie meer so baie bywoners nie.

2b continued……

Cherokee ·

Die volgende hoofstuk is nog nie beskikbaar nie maar beslis gaan dit nie vertel dat die DA die nuwe koning geword het nie.

Leeutjie ·

Poplap ek het my nou so in jou storie ingeleef en gaan beslis die volgende hoofstukke nie mis nie!!! Uitstekend gedoen!!!

Skroplap ·

Jammer ou Poplap, maar jou sprokie hou geen verband met die inhoud van hierdie artikel wat oor die haglike toestand handel waaronder armblanke mense in Hermanstad gebuk gaan.
Jou ‘koning’, sy vrouens en die ‘fabelagtige paleis’ – Nkandla – het minder as niks met die werklikhede van hierdie arme mense te make wat onder sulke haglike omstandighede na enige moontlike strooihalm gryp op soek na beter omstandighede.
Om met sulke absurditeite vorendag te kom wanneer daar mense is wat soveel nood ervaar, is ‘n skande.

Poplap ·

SA Sprokie deel 2
Terwyl die nare koning en die baron mekaar aangevat het het daar ‘n klein seuntjie by die agterdeur ingesluip. Die klein seuntjie was mal oor rooi hoedjies en overalls. Gou gou het die seuntjie die mense van die koningkryk se beste maatjie geword terwyl die baron en die koning gepoog het om die mekaar se strot uit te ruk.
Nie lank nie of die seuntjie verander in ‘n groot nare rooi reus. Die mense van die koningkryk was verstom oor die rooi reus se dinge. Die reus het tog te lekker gekekkel en gesing “haha said the clown while you were sleeping I snuck in through the back door”.

Fluit fluit die storie is nog nie uit nie.
Die dwergies, die werkers die jan rap en sy maats van die koningkryk kan nog hul magtige magiese kruisies gebruik en kan die storie eindig met “and they all lived happily ever after as a rainbow nation”
Xxxx

ElgeraineR ·

Ek kry die mense eintlik baie jammer, nerens kry hulle hulp nie, dink hoe desperaat en moedeloos moet hierdie arme mense wees, om te moet glo hul ‘laaste uitweg’ is dalk die Eff. Dalk is hulle bereid om enigiets te doen of te probeer net om uit die haglike omstandighede te kom.

James ·

Dankie EFF julle staan nie in Waterkloof en maak beloftes nie ,julle is nie skaam vir Hermanstad se mense soos die ander partye nie

rr ·

In watter wêreld leef die Eff. Alles kos geld. Daar is nie so baie ryk blankes om alles te onderhou nie. Daar is nou meer swart rykes en hulle gee net vir hul self om.

Johann Marx ·

En wat as die EFF die R950 miljoen wat die ANC munisipaliteit op “slim meters” en allerhande uitspattighede vermors vat en die op Hermanstad spandeer? In 1990 het julle almal vir FW de Klerk en sy promises geglo…………nou glo julle NIEMAND nie!! Wat het gebeur??

Cherokee ·

Dit weet net mense wat koerante en tv kan bekostig. Moet nie onnosel wees nie.

TK ·

Daai arme siele. Wat nou gou sit en wag want hulle gaan huise kry!!! Waar in die lewe kan jy net vor iemand n huis gee. Sal dit nie lekker wees nie. Niemand gaan meer werk nie want die eff gaan vir ons huise gee. Ek hoop regtig die mense is slimmer as dit.

Joann ·

ElgeraineR ek sien wat jy bedoel,maar n jakkals verander van haar maar nie van kleur nie. Die DA se Helen Zille is vandag hier by my dorp,maar in swart woongebied,dus het ek nie gegaan nie want sy ag hul bo ons blankes. Sy kon mos daaar gewees het en dan later hier in dorp. DA is boetie van ANC. Ek sal nie vir hul stem nie eeder vir n blanke party.

Flintstone ·

Steeds wil die mensdom nie leer.EFF = 2e Venesuela. As die mense van ons land net wil uitreik na die armes,sal ons hulle nie reg in die arms van die EFF instuur nie.Die Bybel is duidelik dat ons vir die armes,die weduwee en die wees moet sorg,maar ons eie hebsug na meer staan in die pad van hierdie opdrag.Terwyl ons kritiseer(myself inkluis)is ons die grootste bydraers tot hierdie tendens.

ada ·

Dit is desperaatheid wat dit doen.Nothing left to loose.Ek wens ek kon meer n maand aan hierdie mense gee.Ons eie mense.

John ·

Almal weet wie die EFF is. Dis net ‘n uiterste skande dat ons arm witmense so hardop is. Armes en eenvoudiges is raadop. Daar is nie eers meer toonbankwerk in supermarkte/winkels vir hulle nie en die witmans kry selfs nie werk as petroljoggies nie. Hulle word skaars verduur as karwagters. Om by plekke uit te kom waar kos en klere uitgedeel word, kos geld. Buitepasiente by hospitale sit vol anderskleuriges en buitelanders, en hulle wag so te se jare vir ‘n gewone item soos ‘n bril. Vergeet van die ANC en EFF se foute. Hierdie gebeure spreek tot ons, hul mede-Afrikaners.

BAREND ·

Dit is propaganda ,die komminus gebruik dit al van die begin van 1960 ,moet dit nie glo nie
STEM REG BLY WEG ek is n bitter einder H.N.P

Poot ·

Barend
Natuurlik gaan jou “wegbly stem” ‘n verskil aan jou lewe maak nè. En dan is jy seker een van die eerstes wat gaan “moan” oor swak dienslewering en die plaaslike regering. As jy verwys na die Herstigte Nationale Party…….dan het ek vir jou slegte nuus.

jaco ·

Ek het een keer vir Solidariteit en die VF plus in n wit plakkerskamp gaan help om n extra bungalow vir die sukkelende wit mense op te sit. Amper ALMAL wat daar bly het gerook en daar was oral drankbottels te sien. Net die vroue het ons gehelp. Die mans het net gekyk. As arm wit mense geld het vir drank en sigarette, is hulle nie regtig so arm nie. Toe ek my bezwaren met die verteenwoordiger van Solidariteit deel, was haar reaksie om te se di kaapse DA Stadsraad wou nie help nie toe moes solidariteit maar inspring. My laatste woorde aan haar was “Eks seker daarvan die Vader in Dit hemel wil nie eens die mense help nie, want as daar geld vir onnodige goed is, kry hulle nie regtig swaar nie”

Pikkedol ·

Nou sien julle hoekom die hele wêreld agter die antichris ook sal aanloop, soos die bybel waarsku gaan gebeur. En dan gaan julle seker sê, siestog die arme mense kry SO swaar en probeer maar net hul lewens verbeter.

Rapes ·

Daardie behoeftiges glo die eff soos die meeste fw geglo het. Hulle is desperaat.

Jan maak n plan ·

Daar is geen manier op dees aarde dat die eff vir enige witmense – arm of ryk iets sal doen nie. Hulle sal eerder dit wat nog daar oor is ook weg vat.

NH ·

En daar was ‘n ryk man…
En daar was ‘n arm man…
Soek eers die Koninkryk van die hemel en al hierdie ander dinge sal bygevoeg word…

Stephan S ·

Eerstens; verskoning aan Paul. Vermoed ek het n kommentaar van jou ge-“rapporteer”. Wou nie; net dik dom vingers!

Tweedens. Ek stem saam met Paul, maar dink andere teageer eintlik oor valse beliftes deur EFF gemaak. Paul se betoog gaan oor vermoeënde Afrikaners en Afrikaner organisasies wat niks of net die minste doen vir die Afrikaner mense in plakkerskampe.

cobusp ·

Die feit dat die EFF hom skaar en waarskynlik nou wil omsien na die arm blankes laat die vraag onstaan. Is dit net lee beloftes om n paar stemme te werf vir die verkiesing of is dit n vinger wysing na die res van blanke Afrikaner wat niks vir sy medemens doen en omsien nie. Daar word deur ons kerke en welsyns organisasie duisende rand dalk miljoene rande se goed, kos ens geskenk aan anderskleuriges………ees daar uis n trok met kos en voorraad by Beitbrug gresnpos gestrand, R300 000 se goed op wat weekliks geskenk word aan pensionarisse in Zimbabwe…..???? Die vraag is sekerlik begin Charity at Home???? Hoekom doens ons niks of bitter min vir ons eie blanke arm en werklose blanke mense en die EFF moet nou uit reik na hulle……………Is dit maar net een van die voorbeelde hoe verdeeld die blanke afrikaner in SA is en glad nie meer omgee vir mekaar nie. Nag ou grote almal van julle blankes wat koud en honger gaan slaap elke aand………..

Oom Kalahari ·

@ Tammy, regtig jou stelling is ongevraagd en hoogdraend. As jy nog nie deur hierdie meule is nie, gaan jy dit nie verstaan of ‘n begrip daarvoor toon nie. Baie geluk dat jy darem welgesteld en ‘n gesiene gemeenskaps mens is. Daar is sovele van hierdie mense wat weldra ‘n trots en eer het en bitter graag wil werk, maar nêrens word enige blankes meer vir werk toegelaat nie. Vra my, want ek myself is in daardie bootjie, het oral aangeklop selfs Afriforum, VF+ en geen antw. Die EFF weet dat hierdie gemeenskappe ‘n sagte teiken is met baie hoop en daarom met valse beloftes hul nader vir stem werwings. So dit gaan vir hul ook om desperate omstandighede vir desperate optredes. Hoekom word ons blanke mense so van werks geleenthede verdruk en vertrap. Jy gaan vir onderhoude, maar is net tyd en geld verkwisting want die statistiek word net bygebring dat ‘n blanke wel onderhoud toegestaan is en nie geskik gevind. Alles net foefies.

JOHAN BESTER ·

Arme arme mense glo weer die liegstories net soos deKlerk en sy trawante gelieg het .
Waar is ons eie skole/hospitale /vrede /voorspoed en veiligheid.Net leuens om stemme te kry.
AS MY VOLK OOR WIE MY NAAM UITGEROEP IS HULLE BEKEER VAN HULLE VERKEERDE WEE DAN SAL EK HULLE LAND GENEES SE DIE HERE.

Irene ·

Julle mense wat so aan gaan besluit almal van julle om een Saterdag iets gieds vir Hermanstad te doen Ek het al verskeie persone in so probleem gehelp

Ca Henrico ·

Arme mense dat hulle al so raadop moet wees, mense glo in liewe Jesus hy is al uit weg.

Linda Fourie ·

Hoe dink ek nou aan die geskiedenis les met Dingaan en Piet Retief…

Ekke ·

Oooo bloed Piet Retief of was dit Rooikappie nou weet ek self nie seker nie

Linda Fourie ·

Nee Ekke, dit was verseker nie rooikappie nie, die wolf had nie skaapklere aan soos met Piet Retief nie.

Mel ·

Dis dalk beter om niks te sê ni……. dis als goed en wel wanneer daar vir behoeftige mense iets goeds gedoen kan word, maar my hel “EFF”, mense maak oop julle oë

Gerrie ·

Miskien belieg die EFF die mense maar anders as die NVP en DP het iemand die moeite gedoen om met met die mense te praat en hulle, indien niks anders nie, darem moed te gee, al is dit net vir ‘n maand of twee tot die verkiesing en ‘n rukkie daarna. Dit is beter as die bogenoemde partye bymekaargetel. Minstens het die Eff nog nooit tevore vir hulle gelieg nie.

Jan n ·

Hoe help jy hierdie mense?Gratis kos,klere en bly plek te gee?Of wat stel jul voor?

Lance ·

Lank terug was daar n berig in die koerant waar die mense die truie wat gegee was gebrand het eerder as om hout te soek en te brand …dis ook n damn skande as dit waar is .

hoop ·

Aan almal wat so kla oor hierdie arme mense.Steek hand uit en help ten minste die kinders .Ek het.

zelda ·

Ia toggie mense wat nou,die EFF gaan nou eers die arm wit mense se melk uit hulle koffie vat.

Hartseer ·

As mens arm is word jy deur die diepste hel van Afrikaner hoogmoed, vooroordeel en liefdeloosheid gesit. Soos die kommentare hier duidelik weerspieël word daar geskimp dat jy drink en rook, lui en werksku is, dom en onkundig is, en al die smarte van ‘n hopelose bestaan verdien omdat jy gekies het om so te lewe. Nee mense, sal julle in die teenwoordigheid van onse Here so praat en op mense neersien?

Izzy ·

Dis agv politieke partye soos die EFF wat meeste van daardie arme mense in sulke posisies is bv regstellende aksies (as jy 55jr is en jy verloor jou werk, waar gaan jy weer begin?) , pensioene wat nie wil uitbetaal nie ens. Sodra die EFF hulle stemme het, sal hulle (soos voorheen ) weer NIKS beteken vir die EFF nie.

hoop ·

Skenk kos klere medisyne komberse skoolklere via Solidariteit Helpende Hand aan hierdie mense.Hoofkantoor is in Pretoria en hulle sal se wie betrokke kontak persoon vir daardie gebied is.

Poplap ·

Kan ek vra?
Is dit feitlik dat dit net arm blankes is wat woon in Hermanstad? As jy kyk na die foto is daar tog ander mense ook in die gebied en hulle is beslis nie wit nie en nee ek verwys nie na die EFF lede nie.

Francois ·

Dit is nou so goed as om wolf skaapwagter te maak. Julius Malema verkondig wyd en syd dat alles van die witman weggevat moet word en dat die witman nie ‘n plek in SA het nie. So as die leier van die party dit van die openbare platforms af verkondig, hoe is dit dat een van sy luitenante skielik so ontfermend is oor ‘n groepie behoeftige blankes?

Dit is dieselfde taktiek wat die ANC aan bewind hou deur allerhande vergesogte beloftes net voor die verkiesing te maak om die ore van die populasie te sus en hulle stemme te wen. Sodra die verkiesing verby is, wat ookal die uitslag, is al daardie beloftes vergete.

Moet my nie verkeerd verstaan nie, my hart gaan uit na elke persoon en familie wat hom/hulle in hierdie haglike omstandighede bevind. Dis al asof die Afrikaanssprekende blankes hulle weer in die depressiejare van vervloëe dae bevind. Dis asof ons mense weer en weer moet betaal vir die sondes van ander landsgenote.

Vervolg……..

Francois ·

Vervolg op vorige plasing….

Wat almal miskien nie in ag neem nie is dat daar meer as genoeg geld in die munisipale en regerings rekeninge is om behoorlike infrastrutuur en dienste daar te stel. Wat vereis word is kundige finansiële bestuur te paardgaande met besnoeing in onnodige besteding. Sou die beherende party hulle salarisvergoeding drasties inperk, die soustrein heeltemal ontspoor, en onnodige regeringsbesteding opskoert sal daar oorgenoeg geld wees om behuising te verskaf aan die behoeftiges, paaie te herstel, hospitale op te knap en toe te rus met die nodige toerusting asook om skole en tersiëre opleidingsfasiliteite daar te stel en toe te rus.

Ongelukkig sal ‘n kameel eers deur die oog van ‘n naald moet gaan voordat dit sal gebeur. Zuma en sy trawante verlustig hulleself in die vet van die land terwyl gewone mense van alle kleure kripeer. Hy spandeer R65,000 op drank by een ete saam met sy familie en gesinne moet probeer oorleef met R1500 per maand. Dit is so belaglik en verregaande dat dit amper onbegryplik is.

vervolg…….

Francois ·

Volg op vorige plasing….

Ek verstaan maar deeglik waarom behoeftige mense na ‘n strooihalm soos die van die EFF sal gryp, maar glo my, dit is maar slegs ‘n newel wat in ‘n oogwink voor die hitte van die son sal verdwyn.

Dit sal by verre beter wees as die blanke gemeenskap eendragtig bymekaar sou kom om hierdie en ander soortgelyke blanke gemeenskappe van hulp te wees. Maar o weë….dit sal beteken dat mense nie meer hulle luukse motors sal kan ry of in hulle herehuise sal kan bly nie. Ons mense is so gou om te praat maar so terughoudend wanneer ons daar by woord moet voeg. Ons is te eiewys en individueel en dit is besig om ons ondergang te bewerkstellig.

Eendracht maakt macht. Ik heb gezegt.

danie ·

Ek wil nou nie lelik wees nie, maar die eff het belowe dat daar verandering sal kom in die mense se lewe, en danksy ons almal het dit waar geword, kyk hoe help ons die mense, almal wiln hand van hulp uit steek. Meskien Iis die eff nie so ver van die waarheid af nie.

John ·

Dis juis hoekom hierdie arm siele na grashelms gryp… ons, hul naaste veroordeel hulle net… Onthou julle die koning in die Bybel wat ‘n groot fees gereel het en die rykes en belangrikes genooi het, maar hulle was te besig en te belangrik. Toe word die koning baie kwaad en stuur sy boodskappers om arm mense van die strate af te gaan haal…. Die’ Koning is nie ‘n snob soos ons nie. As ‘n arm man wyn drink mors hy hy geld, maar ‘n ryk man wat wyn koop nie. As ‘n arm vrou sit is sy lui, maar ‘n ryk tannie op haar sykussings voor die tv-sepie, nie! ‘Shame on us’! Ons moet eerder bid Malema kom tot inkeer en ons moet self iets vir ons eie naaste begin doen! Hoeveel van ons het nie bloedbroers of -susters of ouers oor wie ons dieselfde houding inneem nie.

gatiep ·

As ek nie geweet het dat die EFF witmense so erg haat nie sou ek ook vir hulle gestem het.
Malema is baie soos Trump hy se wat hy voel en vra nie omverskoning daarna nie.

Wakis ·

Pasop een van die dae sit julle almal wat graag neerkyk op mekaar net daar op die ashoop. Ons is besig om alles te verloor in hierdie land, ons grond, eiendom, werk, veiligheid en lewens. Dan sal ons sien of ‘n paar ou komberse en ou klere ons uit ‘n daaglikse oorlewingstryd kan oplig, waar dit gaan oor baie basiese dinge, soos is daar geld vandag vir ‘n brood en bietjie koffie. Armoede breek jou tot in jou siel af, dis moeilik om dinge te sien en te dink soos julle wat geen gebrek ly of skaarste ken nie.

E.K. ·

Waar was die VF+ nog al die tyd dus vir hierdie mense? Dis partye se eie skuld as hulle dink hulle hoef nie na almal te kyk nie. Die EFF gaan groot opslae in die landelike areas en hierdie tipe plekke maak JUIS omdat al die partye dink hul hoef net geraas te maak in stede ens. Hier was ‘n groot gaping en daar is talle sulkes, so… die EFF hou beslis nie van wit mense hulle het dit al so gestel in media ens, maar as hulle sulke mense kan ortuig om vir hulle te stem gaan daar groot probleme kom.

Johann ·

Interessant dat n EFF besoek nodig is om die kwessie van blanke armlastiges onder “ons” aandag te bring? En laat EEN van “ons” weer oordeel oor die aksie of reaksie vanuit absolute desperaatheid…

Sipho Ndlovu ·

You must join our fighters today and vote for economic freedom. We are fighting for you. We will show the ANC how to fight poverty and racism.

E.K. ·

Sipho and how will you do it?Your leader, Malema, is always dressed to the nines (excepting when he wear the red outfit!), he wears an expensive watch, drive an expensive car. His child is in a private scholl yet he professes to be with the poor! He has stated often he will grab land, the whites are such and such – so tell us WHY should we vote for them? it is all empty promises made before elections. do you really think we will trust the EFF ever? The EFF are misleading the gullible. Shame on them

John ·

Mr Ndlovu, thanks for your note. We are very interested in your plans on economic freedom. What does it entail? With lots of farms, mines, banks etc in your hands, how will you manage it, with so many people wishing to be a boss too? Even people from elsewhere stand in line for such jobs. Who will work and who will organise? And where will the money come from; the money you promise to all the poor people. You know of course if you go on printing money, you will end up like Zimbabwe, with worthless pieces of paper. Without white people in businesses and on farms you will have to find other people to help with the know-how. Who will that be? The ANC is your opponent, it will not assist you. Who else? Lots of work are waiting. We will be waiting too and all your poor hungry comrades, they will also be waiting.

Sarie Marais ·

John jy verstaan die gelykenis verkeerd. Dit gaan oor die geestelike koninkryk van God en die Jode wat dit verwerp het, en hoe al die heidene toe na die bruilof genooi was. Dit gaan nie regtig oor materialisme nie hoor.

Wilhelm ·

Het julle al die storie van die miskruier en sprinkaan gehoor??

Danie Bothma ·

Ek dink die mense is betaal om vir fotos te pose. Geen mens in sy regte verstand sal vir ‘n marxistiese party stem nie!!!

Theresa ·

Kry die behoeftiges regtig jammer. Maar, mens kan arm wees en hoef nie dom te wees nie! Hierdie mense sal nooit skroom (soos hul al BAIE gesing en geskreeu het) om teen blankes op te tree nie. Hul het nie gevoelens vir enige een behalwe hul eie ideologie nie. Die belaglike uitlatings dat arm mense nie hoef vir elektrisiteit/water/huise/grond te betaal nie, maak my siek van verontwaardiging. Hul hou nie op (nes die ANC) om mense verspotte onwaarhede en onrealistiese dinge te belowe nie. As jy (maak nie saak wie is is of was nie) nie krag/water/huis/grond kan bekostig nie, leef jy daarsonder. Nog al die eeue en oral in die wêreld. Kom by!!!

Sally ·

Mense julle moet besef net soos wat daar oningeligte mense in swart gemeenskappe is, is daar ook sulke mense in die wit gemeenskap…..almal mense wat swaar kry. Waar is die DA of VF+ hoekom het hulle hierdie mense nog nie besoek nie.
Ja ongelukkig is ons land vol mense sonder geleerdheid en kommensens…en dit word uitgebuit deur sekere van die politieke partye. Ek voel net vreeslik jammer vir almal wat so gelowig is en glo wat die EFF se…..Malema het uitdruklik gese dat witmense is nie welkom in die land nie. Julle moet onthou daai mensies het nie Tv of geld vir koerante nie. Hoe moet hulle van beter weet as hulle nie deur die meer gematigde partye besoek word nie.

John ·

Ja, Sarie. Waar is jy ‘n dominee? Seker nie naaastenby naaaaaby daardie armes nie. Jy’s so reg, die Bybel is altyd vir ander mense en volke op ander plekke en in ander tydpekte geskryf… en is nie van toepassing op vandag se tye nie. Die Jode lees ook nie die Nuwe Testament nie, want dit is ook nie op hulle gerig nie, die’ wat dit met hulle in Israel net so goed gaan soos met ons Afrikaners in Suid-Afrika.

e ·

Wonder of Malema weet wat MoAfrika Mabongwana sy Adj Voorsitter die arme mensies alles beloof het. Sekerlik dalk ‘n foefie wat hul uitgewerk het om ons te ontstel en meer stemme te verwerf. Dis siek om mense goed te belowe en te weet jy gaan hul in die rug skiet…. net soos Piet Retief se dae!

brenda ·

Dis verstommend dat AFRIKANERS steeds praat oor Piet Retief etc..etc….die EFF sal meer regkry as sommige van die ja broers van ander partye! Ek ondervind daagliks dat die afrikaner mekaar meer aftakel as enige ander!! Werk vir n afrikaner en sien watse varke hulle is!! dink net aan hul eie gewin; tap bloed uit n klip ja! so gepraat van bloed….ek hoop hierdie mense kry wat hul belowe is; en ek sal selfs nie omgee vir so hobhuisie nie; as jy kyk na salarisse wat sommige plekke jou aanbied! boere kan nie saamstaan nie!! altyd n oor en weer bakleiery en mislike kommentaar! genugtig…..gee die mense n kans man!

Wikus ·

Weet hul wie Piet Retief was en wat met hóm gebeur het ? Weet hul wie Dingaan was ? Hulle ken duidelik nie húl geskiedenis nie ! ? :-(

Pippie ·

Wat probeer jy se?
Nuwe weergawe vd geskiedenis is Piet Retief was ‘n gypsy con-man wat Dingaan ingedoen het om sy beeste te en land te steel.

Ivan ·

Ek het ‘n algemene probleem met mense wat net kry – ongeag van kleur/ras/kultuur…

Ek sê nie vir een oomblik die lewe is maklik nie, maar waar daar ‘n wil is is daar ‘n weg.

Hierdie mense ‘verdien’ reeds R1500 ‘n maand van die staat af…vir wat doen?
Hulle Verdien dit nie…hulle kry dit van belastingbetalers af wat hulself moet siek werk om vir ander te sorg met van die hoogste belasting koerse ter wereld. meerderheid van hierdie mense KAN werk, hulle is net te slap, dis makliker om bakhand te staan…daar is ‘n handjie vol wat REGTIG ‘n verskoning het…

As of dit nie erg genoeg is nie soek hul nou verniet behuising en krag en en en…waar stop dit? Niks van die goed is verniet nie…hulle druk net iemand anders om daarvoor te betaal…stem nie saam met enige sulke bewegings nie- maak nie saak vir wie dit is nie. Jy vergoed net sulke mense in hul kwaad

gatiep ·

Jy moet bly wees jy kan vir jou self sorg die lot wat net onrvang gaan nog baie swaar kry in toekoms wanneer daar nie meer gegee kan word nie.(en dit gaan kom)
Die mense dink goverment is goed vir hulle omdat hulle kry,maar eintlik word hulle en hulle kinders n groot onreg aan gedoen.

Ivan ·

Adrian Pierce Rogers kon dot nie beter stel nie:

“You cannot legislate the poor into freedom by legislating the wealthy out of freedom. What one person receives without working for, another person must work for without receiving. The government cannot give to anybody anything that the government does not first take from somebody else. When half of the people get the idea that they do not have to work because the other half is going to take care of them, and when the other half gets the idea that it does no good to work because somebody else is going to get what they work for, that my dear friend, is about the end of any nation.

YOU CANNOT MULTIPLY WEALTH BY DEVIDING IT.”

John ·

Ivan, welkom op planeet Aarde! Jy is duidelik met ‘n goeie brein geseen, jy het sekerlik ‘n goeie werk en ‘n hoender of twee in die bank en drink soggens goeie koffie. Wat skort nog in jou byna volmaakte lewe? Niks? Hoekom is dinge soos dit is? Selfs Adam en Eva het, hoewel in die paradys, sommer gou-gou in die … getrap. Die vertelling in die begin van die Bybel gee ons, so glo ek, oa insig in die basiese aard van die mens. Adam was gou om hom te verontskuldig. Die fout le mos altyd elders, dis ook mos hoekom ons daai wysvingertjie gekry het. ‘What else?’

John ·

Mr Ndlovu, Sipho, I have given this problem of yours some thought last night. Why don’t you organise that plane the president don’t like ( it might come for free) and take a round-trip over Zimbabwe, elsewhere in Africa and over South Africa. What you wil see ( go and see yourselves) is wasted and developed land; poor countries and a richer one. Now, if you need money to help the poor and to provide infrastructure, you need real money. Long ago someone came to this same conclusion. He then asked himself and all his wise councillors: How will I find the money? Then the word ‘tax’ came about. This man, he was a very wise king (and although it was a difficult decision), decided to give his plan a go. He gave all farmers who loved to toil and sweat (only those) the right to work and plant and sell, but asked them some money for that right (it works the same way as E-toll plaza’s). People who sell produce, or mine gold may do the same, and so forth. Quickly he had a lot of money, real clean money to spend on poor people, to build roads and other infrastructure. That king was loved by everybody because he was not only bright but he and they could sleep with a clean conscience and a full tummy. And everybody started to love their jobs, however insignificant, because it benefited the country as a whole. And everybody prospered…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.