EFF beplan groot optog in Pretoria

Julius Malema tydens die perskonferensie op 13 Oktober 2016 (Skermskoot uit EWN-video van die konferensie)

Julius Malema tydens die perskonferensie op 13 Oktober 2016 (Skermskoot uit EWN-video van die konferensie)

Die Ekonomiese Vryheidsvegters beplan ʼn groot optog in Pretoria op 2 November.

“Die EFF doen ʼn beroep op alle Suid-Afrikaners, ongeag politieke affiliasie of godsdienstige oortuiging, uit alle sfere en van alle rasse, om te verenig teen die struggle vir gratis onderrig, die verdediging van Suid-Afrika se demokrasie en teen staatskaping,” het Julius Malema, leier van die party, Donderdag tydens ʼn perskonferensie gesê. “Die mense van Suid-Afrika moet verenig staan teen hierdie Zupta-nonsens, wat op ʼn korrupte wyse Suid-Afrika beroof van die skaars hulpbronne en versuim om gratis onderrig te gee aan studente wat dit verdien.”

Die party het in ʼn verklaring bevestig hy het reeds aansoek ingedien vir ʼn optog in Tshwane en dit is goedgekeur.

Die party sal tydens die betoging die volgende eis:
– die Suid-Afrikaanse regering moet vanaf 2017 gratis gehalte hoër onderrig bied
– Jacob Zuma moet onmiddellik as president bedank
– die Guptas moet dadelik losgemaak word van alle staatskontrakte en dadelik Suid-Afrika verlaat
– Shaun Abrahams, hoof van die nasionale vervolgingsgesag, moet dadelik uit die NVG bedank.

Malema het tydens die perskonferensie, waar ʼn dagvaarding op hom beteken is, gesê die regering, onder leiding van pres. Jacob Zuma het ineengestort en is “net ʼn piesangrepubliek”. “Die realiteit is dat die regering ineengestort het en ons is nou op autopilot. Enigiemand wat dink daar kom ʼn tipe redding uit die ANC, lieg vir hulleself. Die ANC is oor en verby.”

Hy het gesê die studente het nog niks verkeerd gedoen tydens die #FeesMustFall-betoging nie. “Die studente word gedwing om aan gewelddadige aktiwiteit deel te neem deur ʼn gewelddadige staat. Ons is trots op ons studente en hulle moet die stryd voortsit,” het hy gesê. “Die gewelddadige reaksie van die staat is dieselfde as die apartheidsregime se reaksie op vreedsame betogings.”

Malema het bygevoeg miljarde rand gaan verlore elke keer wanneer Zuma “ʼn sinnelose besluit” neem, soos om voormalige minister van finansies, Nhlanhla Nene, uit sy pos te verwyder. “Elke keer wanneer Jacob Zuma ʼn irrasionele besluit neem, is dit die armes wat die meeste daaronder ly, en nou moet Suid-Afrika hul land verdedig teen ʼn kriminele sindikaat wat die staat bestuur. As Zuma en [die] Guptas só voortgaan, sal Suid-Afrikaanse oumas nie hul toelaes ontvang nie; kinders en mense met gebreke sal nie hul welsynstoelaes kan ontvang nie; onderwysers, die polisie en verpleegsters sal nie hul salarisse ontvang nie; en alle stelsels wat sorg vir basiese behoeftes, sal ineenstort,” het hy bygevoeg.

Hy het verduidelik sy party sal binnekort ʼn voorlegging indien hoe gratis onderrig in Suid-Afrika gefinansier moet word.

Lees alle vorige berigte oor Julius Malema op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Jordaan ·

Ek stem met 3 van sy 4 eise saam, maar vra dat die EFF sal ophou om ons kinders se toekoms op die spel te plaas deur universiteite as politieke speelbal te gebruik. Gratis univ opleiding is nie haalbaar nie, in elk geval nie met disfunksionele basiese onderwys nie. As die studente wat gratis studeer steeds nie deurkom nie gaan die eise vir gedekolonialiseerde (makliker?) leerplanne kom

Theresa B ·

Hierdie spul moet vinnig begin bykom. Duidelik het hul niks om hulself produktief besig te hou nie………………………. Iemand moet hulle reghelp!

Leon ·

Hierdie Julius Malema is nou so deurmekaar dat jy ‘n groepfoto van hom op sy eie kan neem. Hy weet nie of hy ‘n anargis of demokraat is nie.

Leon ·

Hierdie Julius Malema is nou so deurmekaar dat jy ‘n groepfoto van hom op sy eie kan neem. Hy weet nie of hy ‘n anargis, demokraat of diktator is nie.

Van Noorde ·

Baie snaaks en so waar. Die ou laat my hare reg op staan. Sy idees en beplanning maak my onrustig. Ek wonder wat voer jy in die mou

Gatvol ·

Stem 100% saam oor die stelling dat gratis onderwys aan die studente dit VERDIEN! 100%afslag as jy tussen 90% en 100% in jou eksamen kry. 50% as jy 50% kry. As jy nie slaag in jou eerste semester nie is jy UIT! JY MORS MY BELASTINGGELD en jy hoort nie op universiteit nie.

Hedwig ·

Malema is BAIE gevaarlik! Hy mislei die jongmense om sy doel te bereik. Hy sal die woord diktator nuwe betekenis gee. Dienaar van die duisternis. Bid aub vir ‘n ommekeer…

neelsie ·

Ons bid dat die een outokraat nie met n erger een vervang word nie.
Die Bose het sy kloue stewig in ons land ingeslaan.

Grassie ·

Hedwig – dit is ‘n goeie en sinvolle kommentaar.
My ma se naam was ook Hedwig. Frauendorf???

Ekwilibrium ·

‘Studente’ nog niks verkeerd gedoen tydens die betogings nie? Weereens ‘n bewys van watse leuenaar hierdie waardelose anargis is.

GES ·

Hy laat my dink aan die man wat besig is om die boomtak af te saag waarop hy sit ….

tamboti ·

Malema ontwikkel in die waardige opvolger van die “Rooi Gevaar” – onthou julle dit nog; kommunisme. Malema gee dit egter ‘n ware Afrika kleur siende dat rooi vir hulle bloed vergieting voorstel. Saam met die wraaklustige en dwelm mal gepeupel wat lekker rewolusie oefen is die skrif teen die muur. (Die EFF het wel ‘n klein stempersentasie ja, maar dit is oor genoeg om die meerderheid te oorheers met geweld – kyk wat gebeur tans op kampusse)
Hoe langer Zuma vasskop, hoe groter word die kruitvat!

Vra maar net ·

Is dit toevallig dat alles op Dinsdag 2 Nov gebeur? Min Gordan moet op 2 Niv in die hof verskyn, zupta se aansoek om interdik teen adv Madonsela en die Staatskaping verslag word Dinsdag 2 Nov aangehoor en nou die “GROOT” massa optog……Ek dink álle SA’ners moet maar voorbereid wees en veiligheid ‘n prioriteit maak.

Jean ·

You must BE one to KNOW one, ne Malema? Jy weet net van hierdie goed omdat jy self daarby betrokke is. Hoe kritiseer jy ander terwyl jyself mense aanhits tot geweld en grondbeslaglegging? Alhoewel ek dink Zuma is laag, is jy nie eintlik in ‘n posisie om iets van ander te sê nie.

snoefie ·

ai ou Julius gaan jy jou huise, familie holdings en familie trustfonds verkoop om gratis onderrig aan due swartmassas te gee? dit gaan te min wees hoort. net ter inligting Julius die suid afrikaanse belastingbetaler betalers is al vuisvoos betaal aan swart hebsug. lopende water, baksteenhuise, swart suv’s, tersiere opleiding en aandele in myne kos geld. baie geld. alnal kan dit koop, maar dis te duur om vernier te kry. maar …. terwyl jy betoog, vra vir gratis basiese onderwys vir “nie swart” kinders ook. dis nou graag 1 tot graad 12.

Sarie ·

Wie sit agter Malema is die vraag. Hy moet geld hê om al hierdie dinge te reël. Hy is ‘n gevaar like Mannetjies en kry glad teveel dek king in die pers.

vermeende ·

Ek wonder wat het “PA” FW nou te se oor sy skepping, soek seker kliphanrd na sy teeenwigte wat hy op daai Griekse jag verle het.

Laurika ·

Ek sou tevrede gewees het as sy optog ‘n rustige byeenkoms van mense was – maar hulle saai chaos en verstaan nie die konsep van vreedsaam nie. Hulle wil kyk hoeveel verwoesting en vrees hulle kan saai – dis al wat hulle gelukkig maak. Ek wonder hoeveel van die wat gaan chaos maak gaan eintlik weet wat hulle doel daar is en waarom hul optog hou?? Eish – ek weet nie maar bra Juliaaas het my genooi.

Hendrik ·

Tenminste probeer hy iets om van Zuma onslae te raak wat doen jy?? Kritiseer

GJ de C K ·

Net so op die kant toe:

Dit sal presies 33 jaar wees sedert SA “Ja” gesê het vir PW Botha se grondwet hervormings (2 Nov ’83).

33: ‘n Mooi getal met ryke Christen betekenis.

“Nag ou Grote!”

Rynhardt ·

Mense in SA verstaan dit nog steeds nie! Op E-Tv het Malema in n oorlogverklaring met militante optrede gedreig, op 2November as Zuma nie bedank nie! Hy het verder ook gese:”Geen besighede kan enige veiligheid gewaarborg word nie!”Malema het sy eie agenda en botsings tussen hom en Anc is onvermydelik! Die Openbare Beskermer is ook besig om land te speel met haar verslag! Almal is bang vir Zuma terwyl hy en sy trawante negatiewe implikasies skep vir SA!

Inge ·

“..verenig teen die *struggle* vir gratis onderrig” ?? Maroela Media mens julle nou tale met jul verslaggewing /berigte?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.