EFF betaal van AfriForum se geld terug

Die betaling wat die EFF aan AfriForum gemaak het.

AfriForum sê hulle is baie bly die EFF het ʼn deel van die geld terugbetaal wat hulle die organisasie skuld, want nou kan hulle dié geld in die howe gebruik om die Rooi Barette se pogings te beveg om grond sonder vergoeding te onteien.

Kalie Kriel, AfriForum se uitvoerende hoof, het Dinsdag getwiet die EFF het R126 703,59 aan die burgerregte-organisasie oorbetaal wat hulle verskuldig was vandat ʼn regter op 12 September ʼn bestraffende kostebevel teen die party gegee het.

Dit was nadat die EFF nie betyds hul hofstukke ingedien het nie in ʼn aansoek om ʼn kostebevel van Maart verlede jaar ter syde te laat stel. In Februarie vanjaar is die EFF se aansoek van September van die hand gewys, en is die derde kostebevel teen hulle uitgereik.

Ons het ʼn goeie saak. Hulle gaan net nog kostebevele vir hulle op die hals haal.

Vanoggend se betaling beteken die EFF skuld AfriForum nog R211 000, maar die party het aangedui hulle wil dit betwis, sê Kriel. “Ons het ʼn goeie saak. Hulle gaan net nog kostebevele vir hulle op die hals haal.”

Die balju van die hof het Vrydagmiddag ʼn volledige inventaris van al die bates in die party se Johannesburgse hoofkantoor opgestel. AfriForum het nog nie dié inventaris ontvang nie.

kallie-kriel

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum. Foto: Reint Dykema

ʼn Eksekusieveiling om die meubels en toerusting in die kantoor te verkoop en so die uitstaande geld aan AfriForum te betaal, is vir eers uitgestel hangende die EFF se dringende hofaansoek wat Woensdag aangehoor sal word waarin hulle wil keer dat op hul bates beslag gelê word.

Terselfdertyd moet die party in die hof verskyn om hulle te verdedig teen AfriForum se klag van minagting van die hof nadat die party versuim het om gehoor te gee aan die hof se bevel om op te hou om mense aan te hits om grond te beset ten spyte.

Kriel sê AfriForum is in hul skik met die betaling, al is dit net een van die drie bevele. “Dis eintlik ʼn erkenning dat die EFF nie bo die reg verhewe is nie. Hulle maak baie lawaai daarbuite, maar die feit is, wanneer hulle moet betaal, betaal hulle.”

Hy sê AfriForum wil die geld gebruik om grondgrype deur die Rooi Barette in die hof te bestry. “Ons wil hulle met hul eie geld beveg.”

Die sage met die EFF het juis in Maart verlede jaar begin toe AfriForum ʼn dringende hofbevel aangevra het om die EFF te keer om mense aan te spoor om grond onregmatig te beset.

Dié aansoek was suksesvol en die EFF is gelas om die organisasie se regskoste te betaal, die eerste van drie kostebevele teen Julius Malema se party.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Willie ·

Dis redelik snaaks dat die EFF hul sogenaamde vyande betaal…

Piet ·

Het hulle dan ‘n ander keuse gehad? Heng jy kry mense in die lewe wat eerder gemartel sal word i.p.v ander krediet gee as hulle dit verdien. Afriforum, ek het wel kritiek teen julle maar die tyd en die plek is nie nou reg vir dit nie, want julle verdien ‘n saluut….. by my!

Nettie ·

@Jacques – “who cares” waar die EFF die geld vandaan kry om die koste-bevele (ten dele) te betaal??? Nie ek of jy (sekerlik) het by VBS gebank nie, dus is nie ek of jy aan die verloorkant nie ….

Aan Afriforum – VAT HULLE FLAFFIE!!! Wys hulle die wit/blanke Suid-Afrikaner staan nie terug vir sg. “freedom fighters” nie (oftewel, eerder, “freedom” diewe nie).

Attie ·

Meer snaaks is dat iemamd wat so teen wit is van Absa gebruik maak. Geld praat harder as hulle beginsels.

SjN ·

Attie, die bewys van betaling in n absa rekening kom van Nedbank af

koos1 ·

En Nedbank was oorspronklik die Nederlandse bank.
BAIE ironies nè!

Chris Ws ·

Ek verstaan nie waarom die EFF toegelaat word om net ‘n deel van hulle skuld te betaal nie.Die goed wat opgeskryf is moes nou sonder om te wag verkoop word en AfriForum hul geld gegee word.DAARNA kan die EFF teen dit beswaar aanteken en indien hulle slaag kan AfriForum hulle weer terug betaal.

Eina ·

Dit moet ‘n bitterrrrr pil wees vir die rooipet mandjies…

Adam ·

Die tipe inligting hoort nie in die media nie. Afriforum sal veel beter doen om gewoon stilweg die EFF op te foeter. Hierdie onnodige windmakerige houding van ons gebruik nou julle geld om julle te beveg wakker net meer polarisering en rassehaat aan. Gee die EFF die pak wat hulle moet kry, maar bly uit die koerante.

EVA ·

Adam
Ek stem saam jou
Afriforum ek weet jul probeer lede te werf
En ek sal en gaan by julle aansluit
Maar nou klink dit of jul EFF tart met hul “eie” geld
To much information

Anneli Smit ·

Stilbly? Regtig? Volgende kerm julle weer Afriforum doen niks, bereik niks!

Pieter ·

So Adam wat jy eintlik sê is:
Gee hulle pakslae, maar moet dit net vir niemand vertel nie??
Nee man, hulle blaker alles uit, so laat almal dit weet as hulle bietjie aan die ontvang kant is. Dink jy nou regtig deur stil te bly gaan als net kalm verby gaan?? Verrassing vir jou….. Ek is moeg van die ding dat net ons tog so politiek korrek en vrek versigtig moet wees.

Fortis ·

Dit is onmoontlik om nog méér rassehaat by die EFF aan te wakker. Hulle is reeds op die kruin van die rassehaat-berg.

Piet ·

Nou as jy onder die dekmantel jou saak moet beveg, hoe gaan mense weet waarvoor jy eintlik staan? As jy dit wat jy is nie adverteer nie, hoe stel jy voor werf mens lede?

Dafer ·

@ Adam – “Hierdie onnodige windmakerige van ons gebruik nou julle geld om julle te beveg wakker net meer polarisering en rassehaat aan.” – Dit is presies wat Maroela heeltyd doen, met hulle styl van beriggewing en uitnodiging van kommentaar!!!!!!

Piet Pille ·

Adam stem nie volkome saam, gereeld word daar genoem dat Afriforum niks doen, nou dat hul wel iets (merkwaardig) gedoen het, kry hulle ook kritiek.

Adam ·

Piet, ek het geen kritiek op Afriforum gelewer nie. Ek noem juis dat hulle die EFF moet pakgee, maar dit is nie nodig om dit elke dag in die medis uit te basuin nie. Die media berig immers oor die saak en die uitspraak en dit is genoeg. Lees gerus tog wat geskryf word.

RG ·

Afriforum hanteer dit baie professioneel en beskeie en ons wil weet van elke klap wat hierdie kwaadstokers kry vir hul arrogansie en rassehaat. Baie geluk Afriforum en dankie vir julle harde werk om gereg te laat geskied. Dit kan nie maklik wees nie.

Pieter ·

So Adam wat jy eintlik sê is:
Gee hulle pakslae, maar moet dit net vir niemand vertel nie??
Nee man, hulle blaker alles uit, so laat almal dit weet as hulle bietjie aan die ontvang kant is. Dink jy nou regtig deur stil te bly gaan als net kalm verby gaan?? Verrassing vir jou….. Ek is moeg van die ding dat net ons tog so politiek korrek en vrek versigtig moet wees.

GES ·

AfriForum is hierdie terugvoer aan sy lede verskuldig. As die EFF opruiende uitlatings in die openbaar kan maak, kan AfriForum hulle sekerlik in die openbaar tot verantwoording roep. AfriForum welgedaan, doen so voort.

jaco ·

en more oormore kry die EFF vir Afriforum terug met plaasbesettings hier, daar en orals, PLUS plaasmoorde en ander aanvalle op sommer enige wit mense.
Afriforum moet wakker word: as jy wit is in SA, bly dan stil oor goed wat pla. beveilig jouself, sorg dat jy werk of n ander inkomste het om darem aan die lewe te bly en BLY STIL oor onregverdigheid ens. Die gevolge van kla en hofsake maak is VEEL erger as die ongerief en onregverdigheid waarmee ons as wit mense elke dag moet saamleef. Uiteindelik lei hierdie optrede van Afriforum tot n aanname/veralgemening van “alle wit mense is mos maar so” en dan ly ALLE wit mense weens n klein groupie wit mense se foute.

Andrew ·

Dis van jammer, ekskuus, kry dit ook maar houdings dat dit so gaan. Looi hulle op die wettige manier sodat hul lede kan sien watse twak verkondig word.
Dankie, Afriforum. Doen so voort, vir almal.

Andrew ·

Dis van askuus, jammer, kom vat nog meer dat dit al so gaan. Staan op en wys hul ondersteuners die twak wat hulle gevoer word.

Melanie ·

Adam jy praat baie waar. Mense wil so graag naam maak. Ai.

Piet ·

Melani so jy meen mens moet eerder jou skaar agter onbekende mense met ‘n verskuilde agenda, m.a.w hulle moennie duidelik maak wat hul beleid is nie. Ek wil net weet want ons Afrikaners wil blykbaar mos nie saamstaan nie, so jy kan dalk n paar onbekende organisasies se name vir ons gee dan skenk ons geld aan hulle met die hoop dat hulle in ons belang sal optree. Klink vir my na ‘n goeie plan.

Grys ·

Dit gaan net probleme veroorsaak vir almal, plaas hulle eerder probeer ons hier uit kry as om ons hier vas te keer wanneer die EFF hulle wraak neem vir daai geld…

Kobus ·

Hoe ruggraatloos wil jy wees om te verwag ander mense moet jou help om pad te gee??? Kan jy regtig regtig niks vir jouself doen nie???

Piet ·

Amen Kobus! Ek weet nie wat het geword van al die manne in SA nie. Ek het al baie gedink dat as die marakas spat dat ek eerder vrouens in my weermag wil he. As ek nou so deur die kommentare lees sien ek dat “image” het baie belangriker geword as reg en geregtigheid. Geen wonder die prys wat die Afrikaner betaal het vir apartheid sal nooit genoeg wees nie – hulle is steeds bekommerd oor hul “image”. Waar is hul beginsels?

Nikita ·

Dis van stilbly, sit en niks doen en dat sekere “mense” oor ons loop dat ons vandag is waar ons is. Afriforum loop mos binne die lyne. Well done Afriforum!

Hoe nou....... ·

Ah well seker net twee minder Heineken’s per outing vir die makkers.

Marix ·

Nou vir wat nie ‘n ronde bedrag nie….? Wie betaal so stupid? Let wel, die 59c….

DS ·

As jy nie ‘n maandelikse donasie aan AfriForum betaal nie hou dan eerder jou mond oor wat hulle doen of nie doen. Dis soos mense wat nie stem maar gou is om te kla oor wat in politiek en land gebeur. Stem en het ‘ n reg om te kla anders bly tjoepstil want jou nie-stem het na ANC gegaan so indirek stem jy vir die regering waaroor jy kla! AfriForum is nie ‘n politieke party nie en is afhanklik van private geldelike ondersteuning.

Die Verlore Skaap ·

Ek was nog nooit pro – Afriforum organisasies of het hoop gehad vir ons ou Volkie nie.
Maar AfriForum verbaas my al meer en meer.
Hulle taktiek is indrukwekkend.
Ek dink dat Ernest Roets is intelligent en effektief
As n klein organisasie begin hulle die riete te roer……
Hulle begin my hoop te gee…..in n hopelose situasie
Ek hoop net dat Roets nie ook eendag narcissisties sal raak soos die nar Malema nie. Maar ek kan sien hy is stabiel.
Salute AF !!! Viva

Landi ·

Hopenlik sien Charlize Theron hoe hulle haar geld mors. Nou gaan daar eers vir jou n klomp transito rooftogte wees.

Spike ·

AFRIFORUM, moenie die greep op hulle ooit verslap nie. Druk hulle nog harder.

alida ·

Afriforum asb litigeer vanuit julle kantore nie in die pers nie. Dit is onproffessioneel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.