EFF betaal AfriForum ter elfderure

Julius Malema Foto: ANA

Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het Vrydag ʼn bedrag van ongeveer R109 000 aan AfriForum oorbetaal om te verhoed dat daar op die EFF en EFF-leier Julius Malema se bates beslag gelê word.

Maroela Media het vroeër berig AfriForum het die EFF en Malema op terme geplaas om teen vandag ’n verdere bedrag van R109 098,30 vir ’n uitstaande kostebevel aan dié organisasie te betaal. Dit beteken dat Malema en die EFF nou in totaal reeds sowat R344 000 aan AfriForum betaal het.

Die R344 000 is vir die betaling van drie van die vyf kostebevele wat AfriForum sedert Maart 2017 in die howe teen die EFF bekom het. “Die afdwinging van die uitstaande twee kostebevele word deur AfriForum teruggehou omdat een nog getakseer moet word en die EFF appèl aangeteken het teen die ander een. Na raming sal die gesamentlike bedrag van die vyf kostebevele sowat R550 000 beloop,” het Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, gesê.

Die jongste betaling van ongeveer R109 098.30 hou verband met die kostebevel wat AfriForum op 14 November 2018 teen die EFF en Malema bekom het nadat die EFF en Malema se poging om ’n dringende hofbevel te bekom – om te verhoed dat AfriForum die EFF se eiendom verwyder en op ’n veiling verkoop – misluk het.

Kriel gaan Malema en die EFF se betalings aan AfriForum aanwend om pogings om die land se Grondwet te wysig om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak, in die howe te beveg. “AfriForum verwelkom die betalings en ons gaan Malema en die EFF nou met hul eie geld beveg,” het hy weer beklemtoon.

Die betrokke vyf kostebevele spruit voort uit ’n hofgeding sedert Maart 2017, toe AfriForum ’n interdik teen Malema en die EFF bekom het wat hulle verbied om mense aan te hits om grond onwettig te beset of betree. Die Pretoriase hooggeregshof het in AfriForum se guns beslis en die interdik met koste toegestaan. Malema en die EFF het daarna ’n tersydestellingsaansoek teen die interdik gebring, wat op 12 September 2017 aangehoor sou word. Die hof moes dié saak egter uitstel nadat Malema en die EFF se betoogshoofde in hul eie saak laat ingedien is. Die regter het gevolglik ’n bestraffende kostebevel teen Malema en die EFF uitgereik. Met die hervatting van dié saak op 18 Februarie 2018 het Malema en die EFF se regsverteenwoordigers nie opgedaag nie en is die saak in AfriForum se guns beslis met die afwysing van die tersydestellingsaansoek, en ’n verdere kostebevel is teen Malema en die EFF uitgereik.

Die ander twee kostebevele is albei op 14 November 2018 in twee afsonderlike sake teen Malema en die EFF in die Pretoriase hooggeregshof in AfriForum se guns uitgereik. Die eerste bevel hou verband met ’n saak van minagting van die hof, wat AfriForum teen Malema en die EFF aanhangig gemaak het. Dít volg nadat Malema en die EFF voortgegaan het om grondgrype aan te moedig, ondanks ’n staande interdik wat AfriForum bekom het om hulle te verbied om mense aan te hits om grond te beset. Die EFF en Malema se regspan het nie betyds hul betoogshoofde ingedien nie, wat beteken dat die saak later aangehoor sal moet word. Daarmee het die EFF en Malema hulself nóg ’n kostebevel op die hals gehaal.

In die ander saak het die EFF en Malema probeer om ’n dringende hofbevel te bekom wat verhoed dat AfriForum die EFF se eiendom verwyder en op ’n veiling verkoop om regskostes te verhaal. Die hof het beslis dat die EFF en Malema se saak nie dringend was nie en het gevolglik ’n vyfde kostebevel teen Malema en die EFF gegee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Johann ·

Whahahahhaaaaa!!!!! IN UR FACE JULIJES! Dom astrantheid hap hom lekker in die…beursie.

Asmain ·

Sal graag wil weet wie het die geld ter elfder ure beskikbaar gemaak….dalk n sekere voormalige SA blondekop aktrise? Of dalk die maatjies van die boewewêreld in wie se huis Juju bly???

Strand looper ·

Wonder ook….sy maatjies is tien ten een in ons patetiese regeering…m.a.w. ons belasting geld….

Dirk ·

Ek hoop Afriforum lewer ook finansiele ondersteuning aan die behoeftige gesinne van boere wat reeds vermoor is.

Cherokee ·

Is jy ‘n bydraende lid, Dirk? Dit is immers die kwalifikasie wat nodig is om voorstelle soos die te doen.

Erik ·

Hi Dirk. Ek hoor wat jy sê. Ons het geld nodig vir hofsake ook. Daar is baie wat skenk vir hulp, universiteit bou, regsaksie ens. Maak skenkings, ek glo dit sal in regte rigtings gaan.

Alida ·

Cherokee dit is gewoonlik mense wat te suinig is om lid te word wat die grootste eiers le.

yolandi ·

Baie geluk AfriForum.EK is bly ek is lid van julle en betaal my maandelikse debietorder by julle.
Mense sluit asb aan by hulle want by hulle is baie kundige mense ,hulle doen n baie goeie werk.
Dankie AfriForum !

Hennie ·

Hahahaha hahahaha ha. Hoes, EFFies, Hoes! Hahahaha hah ha ha!

aj ·

Met ‘n G simbool vir Matriek, Houtwerk sal Julius nie verstaan wat met hom gebeur nie.

Die Romeins Hollandse Regstelslel ? werk reeds 1000 jaar met die ‘gal’ van kriminele soos J.

Baie water gaan nog in die see loop voordat bg. tot hom deurdring!

???? leser ·

mooooi so afriforum, roer sy gal, dink mos hys slim, nou byt die slang hom in die hakke

Fonnie ·

Ja ou Julius jou hoofvakke van jou “graad”is seker stillees en hoofrekene

Dries du Toit ·

Dit is ongelooflik om te dink Afriforum veg kriminele met hulle eie geld. Amper sê ek met kriminele geld

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.