EFF betaal verkiesingsdeposito

EFF-lede buite die hof verlede week. Foto: SAPA

EFF-lede buite die hof verlede week. Foto: SAPA

Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) sê hy het die opbrengs wat hy uit die verkoop van T-hemde en berets gemaak het sowel as donasies gebruik om sy deposito te betaal om in Mei se algemene verkiesing te staan.

“Ons het nie geslaap nie, ons moes rondhardloop en vir lede vir geld vra,” het Juluis Malema, leier van die EFF, aan verslaggewers buite die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se kantore in Centurion gesê. Malema sê sy party het onder meer ʼn donasie van R100 000 van ʼn EFF-ondersteuner ontvang. Die EFF het verlede week ʼn dringende aansoek voor die hooggeregshof in Pretoria gebring in ʼn poging om nie die deposito te betaal nie. Die hof het egter Dinsdag die aansoek van die hand gewys. Sowat 50 EFF-ondersteuners het Woensdag buite die OVK-kantoor in Centurion bymekaargekom waar Malema, Dali Mpofu en Floyd Shivambu die party se kandidatelys ingedien het. Die spertyd vir indiening was 17:00 Woensdagmiddag.

Die Patriotic Alliance (PA) was intussen die laaste party om sy kandidatelys in te dien, sowat 10 minute voor die spertyd. Kenny Kunene, sekretaris van die PA, sê die party gaan nasionaal aan die verkiesing deelneem maar gaan veral op die Wes-Kaap fokus. Die ANC, DA, IVP, die Vryheidsfront Plus, Cope, PAC, Agang SA, die UDM, die Azanian People’s Organisation en verskeie partye het betyds hul kandidatelys ingedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

alet ·

En toe spring hy wys jou net dit kan gedoen word nadat hy sy naam toffie gemaak het

Ingrid ·

Ek versta dit nie, EFF soek nie kapetaliste nie ma…. “Malema sê sy party het onder meer ʼn donasie van R100 000 van ʼn EFF-ondersteuner ontvang” So die lede mag kapitaal hê???

Ingrid ·

Ek versta dit nie, EFF soek nie kapitaliste nie ma…. “Malema sê sy party het onder meer ʼn donasie van R100 000 van ʼn EFF-ondersteuner ontvang” So die lede mag kapitaal hê???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.