EFF-betogers beset MyCiTi-busse

Foto: http://myciti.org.za/

Foto: http://myciti.org.za/

Betogers wat Vrydag aan ʼn EFF-optog in Kaapstad deelgeneem het, het vier 18 meter lange MyCiTi-busse by die Burgersentrum oorgeneem en die bestuurders gedwing om hulle na Dunoon terug te neem.

Brett Herron, burgemeesterskomiteelid vir vervoer, het die gedrag van die betogers veroordeel. “Betogers het die MyCiTi-busse verhoed om by die Burgersentrum-stasie om te draai, en die diens is as gevolg daarvan vertraag. Wetsgehoorsame pendelaars moes in lang rye by die stasie staan en wag om met busse huis toe te gaan,” het hy verduidelik. “Van die betogers het uiteindelik hul weg oopgedwing en op vier van die 18 meter lange busse geklim, die bestuurders geïntimideer en geëis dat hulle na Dunoon teruggeneem word.”

Volgens Herron sal die stad kringtelevisiebeeldmateriaal gebruik om die verdagtes uit te ken en klagtes sal by die plaaslike polisie aanhangig gemaak word vir onwettige betreding en intimidasie.

“Soveel as wat ons inwoners se reg om vreedsaam te betoog respekteer, kan ons nie hierdie ontwrigting van noodsaaklike dienste toelaat nie. Ons kan ook nie toelaat dat betogers personeellede of ander inwoners intimideer of dreig nie,” het hy gesê. “Dit is skandelik en skokkend dat die EFF openbarevervoerdienste ontwrig vir politieke doeleindes. Ek versoek die EFF-leierskap om hul verkiesingsveldtog met dissipline en respek vir ander uit te voer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Ww ·

Net Maandag kla Maleta oor die polisie se optrede maar tree Vrydag nog slegter op

JD ·

Ons bly naby Dunoon die betogings is baie geweldadig baie skietery. Ons kinders is vreesbevange en slaap sleg in die aand wat ironies is n topklas sport stadion en kliniek is oopgemaak daar. Almal het elektrisiteit (onwettig) maar hulle het. Almal het DSTV skottels en betaal geen Rates en taxes. Kwessie van wil he wil he wil alles he en niks betaal nie.

Otter ·

Daar slaan jy die spyker op die kop! As hulle aangekla word van ontvoering en terrorisme kan hulle swaarder strawwe kry. Kom ons kyk of hulle dan steeds aptyt het vir die wandade.

Jef ·

Gee die bus bestuurders n wapen om hulself te verdedig as die gespuis moeilikheid soek en geen respek en dissipline toon teenoor die bestuurder en pendelaars nie dan moet daar maar harder opgetree word, wie nie wil luister nie moet maar voel.

christine ·

Ja los maar uit so raak jy uitgebak voor die verkiesing is almal dik vir die lot

Irene ·

Wil alles met geweld doen het jul al gesien dat opgevoede mense so iets doen jammer vir suid affffrika

Wat-ek-lees ·

Dit word tyd dat die busbestuurders ook in ‘n koeëlvaste afskorting sit waar hulle nie bygekom kan word, natuurlik ook met ‘n vuurwapen.

Dup du Plessis ·

………..Everything For Free……EFF……..doen maar net die naam gestand…..solank iemand anders daarvoor betaal…….

Cobus ·

Kom dit voor dat die overhede so bang is vir die EFF. (Malema) dat hulle hul broeke kan vuil maak?????

Tina ·

Wat word n profesionele betoger betaal? Dit is n beroep wat baie werks geleenthede skep. Want mense wat glad nie in n spesifike DORP bly nie word aangery om te betoog en skades aan te rig.

Tina ·

Wat word die profesionele betogers betaal en kry hulle spesiale opleiding om so te brand en te vernietig?

Jan maak n Plan ·

Die stad Kaapstad moet maar die hele rekening vir die EFF stuur en die geld terug eis al moet hulle hof toe gaan daar voor. Die EFF hou mos deesdae daarvan om groot meneer te speel.

Jan maak n Plan ·

Die Kaapstad se stadsraad moet maar die hele rekening asook verlies aan inkomste vir die EFF stuur,al moet hulle dit in die hof gaan beveg. Die EFF hou mos deesdae daarvan om hulleself groot meneer te hou.

Veritas ·

Is MyCiti nie die busdiens wat ‘n busbestuurder afgedank het omdat hy soggens vir sy passasiers gebid het nie? Indien wel; ‘Kry vir julle’. Indien nie; ‘Moet nie vir julle kry nie’.

Mielie ·

Julius is net soos Zuma, UNTOUCHABLE! Hy doen die ANC n guns in die Kaap. Hy saai amok en verwoesting, hulle pluk die vrugte, die verloorders is die lands burgers en die DA. Mense soos hy gaan net aan as hulle klaar een plek opgeneuk het teiken hulle die volgende, die be lasting betalers moet opdok, die inwoners moet weer sukkel. Sy volgers besef nie hulle word gebruik nie. Hy voel vere vir hulle, nes Zuma

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.