EFF betoog oor advertensie

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) gaan Dinsdag om 10:00 ʼn optog hou na die SAUK se hoofkantoor in Aucklandpark, Johannesburg nadat die openbare uitsaaier besluit het om sy eerste verkiesingsadvertensie te verwerp.

Die SAUK voer aan die advertensie hits geweld aan.

Die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid (Okosa) het Saterdag ten gunste van die SAUK beslis om nie die EFF se verkiesingsadvertensie uit te saai nie.

“Okosa se klagtes- en nakomingskomitee het bevind dat die advertensie moontlik beskou kan word dat dit onwettige dade, soos om e-tolhekke te vernietig, goedkeur of ondersteun,” het Paseka Maleka, woordvoerder vir Okosa, gesê. Lees meer hier.

Die Demokratiese Alliansie (DA) se eerste verkiesingsadvertensie is aanvanklik deur die SAUK verbied, aangesien dit glo ook geweld aanhits, maar die SAUK het later besluit om wel die advertensie uit te saai. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het intussen die DA by Okosa verkla oor ‘n foto van vermeende polisiegeweld in Bekkersdal wat in die advertensie vertoon is. Okosa het beslis dat die DA dié afstootlike foto uit sy advertensie moet verwyder.

Die DA en EFF het elk sy tweede verkiesingsveldtogadvertensie die afgelope naweek bekend gestel. Klik hier om die nuwe advertensies, wat op YouTube gelaai is, te sien. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.