EFF beweer ‘regse komplot’ teen Malema

‘n Skermskoot uit die video.

Die EFF beweer sy parlementslid wat deur ʼn aanrandingsklag in die gesig gestaar word nadat ʼn polisiebeampte ná afloop van die staatsrede met die vuis deur die gesig geslaan is, het korrek opgetree omdat ʼn regse sluipmoord op die EFF-leier, Julius Malema, beplan word.

Die sterk geboude EFF-LP Marshall Dlamini het die polisiebeampte, AO Johan Carstens, deur die gesig geslaan. Op ʼn video van die voorval, wat in die parlement se voorportaal gebeur het en op videokamera vasgelê is, lyk dit nie asof Carstens vir Dlamini uitgelok het nie. Carstens het nou ʼn klag van aanranding teen Dlamini ingedien.

Maar die EFF vertel ʼn ander storie.

Volgens die EFF-woordvoerder, dr. Mbuyiseni Ndlozi, het die EFF voor die staatsrede inligting ontvang dat regses wat die parlementêre uitsmyters (die sogenaamde withemde) geïnfiltreer het, ʼn sluipmoordaanval op Malema sou uitvoer om met die staatsrede saam te val.

“Toe hierdie man in die wit hemp dus die leier (Malema) se weg versper, het ons gedink dit is die oomblik waarop die sluipmoord sou plaasvind en ons parlementslid (Dlamini) het dadelik opgetree om dit te verhoed,” het Ndlozi gesê.

Voorts het Ndlozi, as klaarblyklike verduideliking van die EFF se gedwee stilte tydens die staatsrede, gesê die inligting tot die EFF se beskikking was dat die beweerde regse infiltreerders van die withemde die sluipmoordaanval sou uitvoer sodra die EFF die staatsrede ontwrig en dus uit die Nasionale Vergadering geboender sou word.

Ndlozi voer ook aan dat Carstens EFF-lede wat die parlementsgebou ná die staatsrede wou verlaat, se weg versper het in weerwil van die Wet op Magte en Voorregte van die Parlement.

Die parlement het by monde van die speaker van die Nasionale Vergadering, Baleka Mbete, en die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, Thandi Modise, hul volle steun aan Carstens toegesê en Dlamini se optrede ten sterkste veroordeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

82 Kommentare

Johann cb ·

Enige belaglike verskoning om níé strafregtelik vervolg te word nie…!

zoom zoom ·

Die EFF behoort Hollywood te help met die maak van riller rolprente of comedy films want hulle het goeie verbeelding.

Henk ·

As dit nou n wit op swart aanranding was, was al die hel vandag los!! En waarom weet nasipnale intel of geen ander instansie van die sogenaamde “ regse sluipmoord” beplanning nie? Malema en sy gespuis VREES die mense teenoor wie hulle elke dag haatspraak en geweld aanhits!! Vandaar sy ewige groobek praatjies

Ek dink... ·

Hulle besef dalk dat al die nonsens praat gevolge het en probeer alles om hulle aksies te regverdig.

Pieter ·

Te onnosel om aan iets ander as n verskoning te gebruik,sal seker nou n ras ding daarvan maak en te kenne gee die witman het hom aangeval.

Nonnie ·

Van wanneer af is malema skielik bang v d regses?? ? Het nou omtrent lekker gelag

Johan ·

Ek het nou geskaterlag vir die simpel EFF. Net ‘n dwaas sal hulle storie glo. Maar dan weer….. Net in Suid-Afrika….

Pieter ·

Die persoon het nie eers n WIT HEMP aangehad nie patetiese verskoning.Hoekom sou iemand in n saal vol mense hom wil dood maak. Maar hulle het toe hulle parlement toe kom voor die tyd lekker buite gedans . Hoekom nie polisie ingelig vd saak nie. HULLE DIE EFF LIEG.

Binx ·

Die wit van die ou se vel het hom seker verblind…te veel wit gesien, gereken dis n wit hemp (regtig…dra regses withempde?) toe pot hy die witgevaar. OMW….wat? Oh…en kan EFF ook nie as regses gesien word nie? Hulle tog teen regering? En teen wit…. Wat is die vereistes om as n regse gesien te word? Just wondering ?

Pitbul ·

Soos jy sê…. net narre maar die englse woord beskryf dit mooier…. clowns…

Wurmpie ·

Ag shame en ons moet dit glo. Hoe sê hulle, as nonsens praat ń siekte was

Callie ·

Dit is net n verskoning om die aanranding in die parlement te verdoesel.

Dries ·

Klink na die tipe propaganda wat ‘n sekere anti-blanke mediagroep sal verkondig. (PS. Ek verwys nie na Maroela nie).

Ben ·

Ek het al baie flou verskonings in my lewe gehoor maar hierdie een vat die koek.Ek wonder wie het dit uitgedink.Seker iemand wat n hele paar stywe sopies agter die blad gehad het.

GM ·

Ja nee Nonnie, ekself. Om te dink sy volgelinge hang aan sy lippe. Shame, Juliussie is lekker grootmond maar tog so ‘n ou bangbroek (ek kies maar ordentlike woorde hier).

Cherokee ·

Jy slaag nie met jou keuse van wat jy ;ordentlike woorde’ noem nie. Net daai “juliassie; waar jy van malema praat, sê genoeg. Daar is mense wat tussen die lyne lees, onthouy dit altyd!

Thinus Erasmus ·

Ai Cherokee, jy moet onthou om reg te spel as jy ander oor hul “ordentlike woorde” aanvat.

Mossie ·

BELAGLIK VERBY!
Dis n droom/nagmerrie wat nooit bewaarheid sal word nie, hierdie sluipmoord…

Carel ·

Wat ‘n sirkus! Hulle kom elke keer met die belaglikste verskonings!

Sameswerings, Komplotte en Ongekende Braafheid ·

Is dit hoekom hy so tjoepstil was tydens SONA? Bangbroek maak toe nie marakkies nie, ingeval een hom dalk in die los gemaal uithaal…. dalk nie die regses nie, dalk net ‘n slim plan om die “honourable member, honourable” te hou vir die aand se gebeure …..????

Netta ·

Wat ñ klomp snert wat hulle kwyt raak. Nou het ek alles gehoor. Die ou was dan al verby die polisieman, wat nog terug getree het ook. Maar hy gaan vir hom. Nie een vuurwapen in sig. Die sluipmoordenaar wou hom seker verwurg..

jaco ·

wat soek wit mense nog in werke waar gesag uitgevoer word, soos polisie en onderwys? Hulle moet mos nou weet een of ander tyd gaan gewone aksies waar opdragte gegee word en gesag dus uitgevoer word, as rassisme/baasskap/apartheid gesien word.
As jy wit is, bly weg uit werke waar jy die slaggoffer van n meestal georkestreerde rassekonfrontasie gaan word.

Riaan ·

Jy sal verbaas wees dat ek as onderwyser my nie laat onderkry nie, ek is die bestuurder in my klas en nie die leerders nie, die gesag kom van my af, ja ons het elke dag uitdagings, maar weereens as ons as personeel saamwerk, vermag ons wondere. Onderwys is my passie en ek sal dit vir niks verruil nie, nie eers vir jou beroep nie. As jy jou aan JM en sy gespuis steer, wel doen so voort, pappa maak vir baba bang.

Deon ·

Absoluut Jaco. Bou liewer ‘n lonende toekoms weg van hierdie sirkus.

Veritas ·

Riaan, dank Vader dat my kind nie in jou klas is nie. Die woord is ‘Steur’ en nie ‘Steer’ nie

Gertryda ·

Hy het nie genoeg aandag gekry by SONA nie.
Hul bly maar vrek bang vir die minderheid…..

Rooi Jan ·

So vir die EFF lyk elke wit man wat hulle sien soos n regse, dit is nou interressant maar hulle is nie rassiste nie.

Koos de Meyer. ·

Nou waar is die blou lig brigade wat hom sodanig moet beskerm. Maar net weer ‘n
verskoning .

Nou verstaan ek ·

Grap van die jaar, net in SA kan mens wegkom met sulke twak.

Jacques ·

Nee wat Julius. Die regses sal jou nie vermoor nie. Vir ons is jy niks meer as ‘n clown nie, en ons lag altyd baie lekker as ons jou op TV sien praat. Leon Schuster is nou oud, en maak nie meer movies nie. Nou lag ons maar vir jou. So ontspan, glo my, ons laaik jou nogal.

JaNee ·

Toe ek dit lees het ek gedink dit is die 1e April … Gekkedag

Ellisras ·

Rooikappie en die Wolf is nader aan die waarheid as die twak wat hulle praat. Niemand met meer as 5 brein selle glo hulle storie nie.

Hoc est bellum ·

Regse komplot verwys seker na ‘n Blanke komplot. Elke keer as die EFF hul monde uitspoel, is dit, dit en dat oor die Blankes. Wil voorkom of ons Blankes vir hulle slapelose nagte veroorsaak. JM kan nie eens self die klappe uitdeel nie. Iemand moet dit vir hom doen. Eendag gaan hulle die verkeerde ou klap. Die Eerste Wêreldoorlog het juis begin met een koeël wat uit ‘n sluipmoordenaar se pistool gevuur was. Een skoot uit een vuurwapen het tot die dood van miljoene gelei. (Die Geskiedenis is soms geneig om homself te herhaal.) Groei maar ‘n dik velletjie, want die dag as die ‘pawpaw’ die ‘fan’ tref, gaan die Blankes die skuld daarvoor kry en dis waarvoor hulle wag. Tik tok, tik tok!

JJS ·

Sit ek hoeka en dink ook. Die Hutus het immers hulle eie president se vliegtuig geklits om die Tutsi moord te begin…

Wdp ·

Dalk moet hulle meer dreigemente kry dan sal die Effers altyd tjoepstil sit

Peet ·

Ag genade, dis nie nodig vir ‘n komplot teen Malema nie, hy is reeds verby enige hoop en of beskerming. Die snert waarmee diè komdeurmekaar en lieg vorendag kom is absurd.

Wat??? ·

Ek wonder net of hierdie arme ou ooit slaap in die nag… Sjoe hy leef in vrees en probeer dit uit praat deur allerande nonens kwyt te raak. Hy klink baie bang.

Oujongvrou ·

Gou gou die storie uitgedink. Hy het ander mense uit die pad gestamp om die witman by te dam. Ek raak by die dag meer naar vir die land.

pieter ·

Waarom gee die media so baie aandag aan hierdie wettelose spul.Dis tyd dat die media hulle ignoreer,sodoende sal hulle verdwyn.Ma tot dan,sal hulle alles doen om in die kollig te bly,want dis hoe hulle floreer en hulle ewe dom aanhangers trek.

Foxi ·

Ag kom nou EFF……Hoe hoog dink die mannetjie nou van homself. Niemand beplan om hom ‘uit te vat nie. Hy gaan dit aan homself doen.

CallieL ·

Onthou as jou IK is om vir iemand te stem wat Limpopo provinsie bankrot getenderpreneur het, VBS help leegdra het, MET Range Rovers rondry en jou vertel bedrog is n euwel, kan jou IK dalk laer as kreef dinges op bodem van see wees. Siestog, moet hulle dalk simpatiek gesind wees. Kom nie eers self agter hoe eenvoudig hulle is nie

lewies ·

AfriForum het leuens oor rassisme in die Hof gewen . Hierdie saak kan ook seker as leuens bewys word.

Gawie ·

Die goed lieg en bedrieg so hulle glo hulle self……liegstorie……maak saak teen hom

Jurie Vermeulen ·

Maar net weer n bewys van die arrogansie en gebrek aan verstandelike vermoë, as jou lewe in gevaar is dartel jy nie rond opsoek na iemand om aan te rand nie.

Jurie Vermeulen ·

Die doodsengel het in sy oor gefluister ek kom jou haal, as jy nie stilbly nie

Pikstel ·

So nadat jy hierdie hoogs betroubare inligting bekom het, het jou veiligheids adviseurs jou aangeraai om nie die Polisie in kennis te stel nie maar eerder te wag tot dat die “sluipmoordenaar” voor iemand inloop en dan spring jy ongewapen in met n paar klappe om hom buite aksie te stel?

Agge shame ·

‘n Persoon staan skaars ‘n meter of twee van die EFF leier af en beplan om ‘n sluipmoord uit te voer. Liewe land, het hierdie mense nog nooit gelees wat beteken die woord “sluipmoord” nie? Die HAT beskryf dit onder andere as “moord wat in die geheim beplan en uitgevoer word”. Dink die EFF regtigwaar ons almal is ‘n klomp idiote? MM moet ons asb op hoogte hou of OA Carstens fondse benodig vir sy regskoste.

To point, or not to point ·

Ek verwys na die skermgreep uit die video wat MM geplaas het. As die OA sy vinger so na Malema of enige ander EFF-lid sou wys (“point”) sou die gort gaar gewees het. Om deesdae jou vinger vir iemand te wys is mos doodsonde – behalwe as die rasse omgekeer is. Selfs onderwysers word gewaarsku om nie ‘n leerder te “point” nie …

Boer ·

Juliaaaas, die paw paw gaan nog die fan strike in SA, en dan gaan jy kry waarvoor jy gesoek het, en dit gaan nie net n klap wees nie……

Hendrik ·

Wie sal die nar nou wil uithaal ? Hy is nie n bedreiging nie hy is net hoogs irriterend !

1+1 ·

Deur die morele hoegrond te behou sal ons meer as oorwinaars wees. Dis die enigste waarborge wat ons het. Draai die ander wang ook.

ME ·

Sou ‘n wit polisieman een van hulle geklap het, sou hy dieselfde aand indie trunk geslaap het. Malema en sy brigade kan lieg en bedrieg..Hoop die minister en hoof van polisie kom op vir sy werker, al is hy wit. Malema kan bly wees ek is nie geklap nie want dan sy sy gesig teen die muur vasgesit het..Glo My!!

Thinus Erasmus ·

Jan-Jan is die parlementere woordvoerder (vir verskeie media), en ek verneem hy was by die geleendtheid maar seker nie ooggetuie van die voorval nie.
Maar wat my pla is: Jan-Jan het seker nie self die video gekyk nie want die AO is nie met vuis geslaan nie maar wel geklap met oop hand. ‘n Ongewone en baie brutale klap inderdaad op ‘n wyse wat nie as “voorkoming van ‘n moontlike sluipmoord” kan beskryf word nie maar as ‘n daad van veragting teen ‘n persoon wat duidelik oorweldig is en reeds retireer.
Ek verstaan nie dat Jan-Jan wie juis die parlement as sy spesialiteit beskou, sommer so ligtelik die fout maak om nie akkuraat oor die voorval te berig nie.
Dit sou ook goed wees as hy die drog-verklaring van die EEF aan die hand van beskikbare feite punt vir punt verkeerd bewys, dit is mos goeie joernalistiek?

Lategan ·

Ai, Ndolozi, jy behoort enige kunsmis maatskappy se produksie aansienlik te verhoog met daardie stelling.

Sarel ·

Dit is n beplande optrede, kry gratis mediadekking en toon hul minagting vir die die witman , maar oowee , tydens die verduideliking kom die waarheid toe navore, die vrees vir die witman.

Jannie ·

As Malema uitgehaal gaan word, sal dit nie onder sulke omstandighede geskied waar daar baie omstanders is nie…..en die ‘hitman’ sal nie ‘n plaaslike ou wees nie!!!
Julle paap in paranoia!!!

Jeremia ·

Die mees dramatiese strooistories word gedurig opgedis net om in die kalklig te wees.
Klink soos ‘n opgekookte konkoksie vir ‘n superswak Hollywood rolprent. Noem dit drama kwiens.
Belaglik.
Maar daar sou groot drama gewees het indien dit wit op swart was. Busse, vragmotors en geboue sou gebrand het, en SA sou al amper heeltemal afgebrand gewees het.
Hoop hierdie polisieman die steun wat hom toekom.

Sinies ·

EFF wou n rasse oorval veroorsaak.

Wel gedaan Carstens, nou sit EFF met n reputasie van aggressie. Stuur aan vir buitelanders.

Eléne ·

Benoude katte maak benoude spronge?Ja EFF watse belaglikhede sal julle nog mee tevoorskyn kom!

Donderstorm ·

Vra my broer jack hy……ek ja so staan hulle saam leer n les daar uit.Ja nee n sluip moordenaar sal langafstand in een van sy oop paviloen optogte hom eerder uithaal ne.Die klap is nie n verskoning nie en dit bly aanranding met rasise kaart by hul vat ons ekstra laag ne.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.