EFF bots met polisie buite raadsvergadering

Foto: Getrude Makhafola/ANA

Foto: Getrude Makhafola/ANA

ʼn Skermutseling tussen die polisie en lede van die EFF het Dinsdag tydens die tweede metroraadsvergadering in Johannesburg uitgebreek, toe betogers buite die gebou geld geëis het vir verkiesingswerk wat hulle glo vir die DA gedoen het.

Die vergadering is onderbreek toe EFF-raadslede daarop aangedring het dat Herman Mashaba, die metro se nuutverkose burgemeester, eers na buite moet gaan om ʼn memorandum van die betogers te ontvang. Voordat Mashaba die gebou kon verlaat, het die EFF-raadslede buite toe gegaan om vir hom te wag.

Die betogers, sommige met DA T-hemde aan, het “pay back the money” vir Mashaba geskree toe hy uit die gebou kom. Van die EFF-raadslede het by hulle aangesluit.

Een van die betogers, Dineo Sekalo, het gesê die DA het groepe mense in Alexandra gevra om hulle tydens die afgelope munisipale verkiesing te help en het na bewering belowe om hulle na die verkiesing te betaal. “Ons is R50 per dag gedurende die verkiesingsveldtogte belowe en R150 per dag vir die tydperk tussen 1 en 3 Augustus. Ons wag nou nog vir ons geld. Dit is onwettige optrede deur die DA,” het Sekalo gesê.

Mashaba het probeer om met die betogers te praat, maar dit was tevergeefs aangesien hulle aangehou skree en geld geëis het. Hy het belowe om Woensdag met die betogers te vergader.

Kort daarna het ʼn skermutseling tussen die polisie en die EFF-raadslede uitgebreek, waartydens die polisie glo pepersproei gebruik het om die skare uiteen te jaag. Die raadslede het woedend gereageer en gedreig om die polisie aan te rand.

Die polisie het die betogers van Mashaba weggekeer sodat hy terug in die gebou kon ingaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Liewe heksie ·

Watttttttt kry die breinlose nou nagmerries en glo dit omw

Helene ·

Kan jy glo. Indien daar beloftes was, moet die wat beloof het uit eie sak bt. Ag aarde tog.?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.