EFF-byeenkoms glo met petrolbom ontwrig

Die EFF het die foto op Twitter gelaai.

Die EFF het die foto op Twitter gelaai.

Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) beskuldig ANC-ondersteuners daarvan dat hulle ʼn verhoog en ʼn markiestent wat vir ʼn EFF-byeenkoms in Thokoza, suid van Johannesburg, opgestel is vernietig het.

Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, sê die verhoog, ʼn markiestent, ʼn klankstelsel en stoele is vroeg Saterdagoggend met ʼn petrolbom vernietig. “Niemand is nog in hegtenis geneem nie maar ons het ʼn saak by die polisie aanhangig gemaak.”

Die EFF se premierskandidaat, Dali Mpofu, sou om 10:00 die byeenkoms by die Sam Ntuli-stadion toegespreek het. “Die geleentheid sal voortgaan maar 14:00. Dali sal praat.” Ndlozi sê hulle vermoed dat ANC-lede vir die voorval verantwoordelik is. “Die polisie en die EFF het ʼn wenk ontvang oor dreigemente van ontwrigting deur ANC-lede maar ons het gedink die ontwrigting sal gedurende die geleentheid wees.”

Jackson Mthembu, woordvoerder vir die ANC, het intussen die aantygings verwerp. “Ons sal nooit sulke goed doen nie. Dit is ʼn onregverdige aantyging. Dit is totaal en al ongevraagd en enigiemand wat daai markiestent gebrand het moet gevind en vervolg word.” Hy sê die EFF se aantygings kom op negatiewe politiekery neer en is teen die Verkiesingswet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Grassie ·

Dalk is dit die begin van gewelddadige optrede tussen die twee partye. Ek het gewonder wanneer hulle mekaar gaan begin looi – dit is mos maar tweede natuur.

Praetor ·

Grassie,
Tyd raak min as die proggie Alex Boraine in n Engelse dagblad prontuit erken toe n vraag aan hom gestel is of die ANC, indien hul eendag by die stembus verslaan word; – sal afstand doen van hul heerskappy? Die antw. kort en bondig : NEE.
Mens vra jouself af of al die “PT” die moeite werd is. ( Menend – hierdie tipe ding gaan toenemend eskaleer. )

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.