EFF dalk hof toe gesleep oor ‘skorsing’

Foto: Facebook via Economic Freedom Fighters.

Alfred Skhosana, geskorste EFF-lid van die provinsiale wetgewer in Mpumalanga, het Donderdag gesê hy sal sy party hof toe sleep indien die party hom skors aangesien hy meen hy nie genoeg tyd gegun is om vir sy dissiplinêre verhoor voor te berei nie.

Skhosana het aan African News Agency gesê dat die EFF se nasionale leierskap hom op 28 Februarie geskors het omdat hy glo ʼn slordige organisatoriese verslag by die EFF ingedien het in sy hoedanigheid as die provinsiale sekretaris van die party.

“Hulle het op 14 Maart vir my ʼn bondel dokumente gestuur, twee dae voor die verhoor, en daardie dokumente is as bewyse teen my gebruik tydens die verhoor,” het Skhosana gesê.

Hy beweer hy het nie tyd gehad om die dokumente aandagtig deur te lees nie.

“Ek het nie eens tyd gehad om met my prokureur te praat en ooggetuies vir die verhoor te reël nie. Ek het my bekommernis oor die tydsbeperking by die verhoor uitgespreek en gevra vir uitstel, maar hulle het geweier. As ek uit die EFF geskors word, sal ek die besluit aanvaar en loop, maar ek sal die EFF hof toe sleep want die dissiplinêre proses was teen die wet.”

Skhosana het ook gesê die aanklagte teen hom is nie geldig nie want die party kon hom gevra het om die beweerde slordige verslag te korrigeer eerder as om hom aan te kla en te skors.

Godrich Gardee, sekretaris-generaal van die EFF, het Donderdag gesê dat die party die uitkoms van die verhoor met verloop van tyd sal bekendmaak, maar wou nie op Skhosana se aantygings kommentaar lewer nie.

“Ek weet nie waarvan hy praat nie. Ek mag nie kommentaar lewer oor hom of die dissiplinêre verhoor nie,” het Gardee gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Cherokee ·

Hy sal seker nou by die DA aansluit terwille daarvan om steeds polities in dieselfde rigting te beweeg.

Reguit ·

Ek wou sê “popcorn” maar die fliek is net té voorspelbaar.

Oom Kalahari ·

So gaan dit maar deesdae in Satansland. As jou gesig een dag nie te mooi ge-poeier is, en jou hare is nie reg gekam en jou laggie nie te breed is, dan worddie koukus stoel onder jou uitgetrek. Mag en geld is maar ‘n skaakspel wat party opponente oorheers. Die lid kan darem gaan aanklop by die ANC of DA die susters partye en dalk ‘n helde ontvangs kry as hy darem paar EVERYTHING FOR FREE geheime kan verkoop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.