EFF dien klagte in ná vuisgeveg by provinsiale rede

‘n Skermgreep van ‘n woordewisseling tussen EFF-lede en die wetgewer se veiligheidsdiens. (Foto: ANA)

Die EFF sê hy het drie klagte van aanranding by die Mmabatho-polisiestasie ingedien nadat van sy LP’s gedurende vanjaar se provinsiale rede in Noordwes aangerand is.

EFF-lede Papiki Babuile en Matshidiso Botswe is Vrydag gedurende die provinsiale rede uitgeskop toe hulle premier Job Mokgoro se toespraak onderbreek het waarna lede van die DA uitgeloop het.

Luidens inligting het vyf veiligheidswagte Botswe hardhandig verwyder nadat hy nie gehoor gegee het aan speaker Susan Dantjie se versoek om te verdaag nie. Die EFF sê egter in ’n verklaring Dantjie het geweier dat die EFF punte van orde ter tafel lê en daarom die veiligheidsdiens aangesê om van sy lede te verwyder.

Mokgoro het voortgegaan met sy toespraak waarna Dantjie ’n ruk later aangekondig het dat lede van die EFF en die wetgewer se veiligheidsdiens mekaar buite met die vuis pak.

“Lede van die EFF is aangerand en in die hospitaal opgeneem,” sê die EFF. Luidens inligting het een lid se neus gebloei terwyl die ander ’n opgeswelde oog opgedoen het.

Dantjie het intussen dié vuisgeveg veroordeel en die wetgewer se sekretaris aangesê om ’n ondersoek van stapel te stuur en ’n verslag binne die volgende week saam te stel.

Die ANC het ook sy stuiwer in die armbeurs gegooi en die hardhandige verwydering van die lede van die EFF uit die provinsiale rede veroordeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

26 Kommentare

jongste oudste gewildste
SomeOne

as jy vir twak soek en nie wil luister nie, moet jy maar kry en voel
eff is ‘n swak voorbeeld van dissipliene
hoe leer die arme jong bloedjies van sulke narre

Bernhard Wener

As jy saam met die groot honde wil blaf moet nie tjank soos n brakkie nie.

SomeOne

in my jongdae was dit orientering wat gewerk het
een teen die oor en die ander teen die teer

Pampoen

Lyk my die rooies het die fight verloor. Dis altyd die verloorder wat hof toe wil gaan.

Johan Venter

Hallo Maroela, skuus dat ek so ‘baie’ praat, of is dit omdat ander so ‘min’ praat? Oplossing .. liggie gaan aan …. ‘n ‘bulbpie’ … aha, ek gaan nou vir my ‘n kwota uitwerk, nie volgens kleur van my vel of aan kultuur gekoppel nie, maar suiwer aantal per 24 uur.