EFF distansieer hom van studentestaking

Studentebetogings (Oktober 2015) (Foto: verskeie bronne, sosiale media)

Studentebetogings (Oktober 2015) (Foto: verskeie bronne, sosiale media)

Die studentekommando van die EFF het hom Sondag gedistansieer van ʼn nasionale staking wat deur die South African Union of Students (SAUS) van stapel gestuur is in ʼn poging om instansies vir tersiêre onderrig tot stilstand te dwing oor 2017-studiefooie.

Die beplande staking volg ná ʼn aanbieding in Pretoria Vrydag deur die Nasionale Tesourie aan die kommissie van ondersoek oor universiteitsfooie. Tydens die aanbieding het die Tesourie ʼn donker prentjie geskets van begrotingstekorte vir hoër onderwys en gesê daar is nie geld om nog ʼn jaar van geenfooiverhoging te hanteer nie.

Die EFF het na afloop van die aanbieding gesê die kommissie het die doelpale verskuif deur te kyk na die lewensvatbaarheid van gratis onderrig eerder as om metodes te ondersoek waarop gratis onderrig ʼn werklikheid kan word. “Hierdie nuwe doelstelling is ʼn belediging vir die studente in hierdie land. Ons sal nie ons teenwoordigheid of deelname hieraan koppel nie. Die EFF-studentekommando (EFFSC) distansieer homself van hierdie kommissie,” het die organisasie gesê.

Die EFFSC het egter bygevoeg dat hy nie aan die nasionale studentestaking sal deelneem wat veronderstel is om vandag te begin nie. “Ons het ʼn opdrag aan al ons takke in die universiteite en tegniese kolleges gestuur om dit duidelik te maak dat geen EFFSC-aktivis deel moet vorm van enige massa-aksie wat deur die SAUS en sy Progressive Youth Alliance-medewerkers van stapel gestuur word nie.”

Blade Nzimande, die minister van hoër onderwys en onderrig, het Vrydag ʼn mediakonferensie gekanselleer waartydens hy sou aankondig of universiteitsfooie in die loop van volgende jaar verhoog sal word of nie. Nzimande se kantoor het gesê daar moet verdere besprekings plaasvind voordat daar ʼn aankondiging in die verband gemaak kan word.

Die minister het Donderdag ʼn verslag oor die universiteitsfooie van die Raad vir Hoër Onderwys ontvang.

Die EFFSC en die Pan Africanist Student Movement of Azania (Pasma) het hul deelname aan die kommissie onttrek nadat die kommissie verlede week erken het dat hy nie by magte is om te beveel dat daar geen verhogings in fooie by universiteite mag wees nie.

Universiteite het intussen aangedui dat die instansies verlede jaar erge finansiële verliese gelei het toe geen fooiverhogings ingestel is nie. Die meeste instansies het gesê dat hulle klasgelde gebruik om hulself te onderhou en het beklemtoon dat studenteskuld skerp gestyg het sedert die #FeesMustFall-veldtog twee jaar gelede van stapel gestuur is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Poplap ·

Ja nee kyk. Eksamens nader weer so watter beter ding om met jou tyd te doen as staak. Verby is die dae van maagvirusse as verskoning vir uitstel nou staak ons net

snoefie ·

ondankbare spul. die antwoord op “FEES MUST FALL” moet wees SHUT UP AND PAY UP OR GO HOME. genugtig tot nou toe nog toe. ditbeteken mos nie omdat iemand vingers het moet daar n ring op wees nie. net so beteken dit nie omdat iemand rybewys het moet hy n polo he nie. ook nie dat iemand wat n matriek sertifikaat het universiteite toe moet gaan nie. die said moet tussen die stajende students deurgaan. die een wat nie n opbetaalde rekening kan ways met n geldige students jaart nie, moet sommer geteer en geveer word. hulle hiirt nie daar nie.

snoefie ·

dit is wat die da se alliansie met die EFF doen. sien julle ou bitterbek skepsels? dit laat die EFF groot word en soos verantwoordelike mense optree. kom ons hoop dit hou.

E ·

Presies my gedagte Snoefie ou bloues het ou rooies seker goed ‘gelecture’. So ja ek hoop ook hul sal van nou af meer ‘ordentelik’ wees.

Jan maak n plan ·

Ek het n blink plan vir die regering. Maak n ooreenkoms met alle studente. Alle toelatings vereistes is deur die bank dieselfde. As jy jou graad suksesvol voltooi, dan betaal die regering jou jou klasgede terug op voorwaarde dat jy vyf jaar daarna nog in Suid Afrika sal werk.

Karma ·

@Jan maak n plan – jou plan klink vir my na ‘n goeie een! Maar intussen moet die toelatingsvereistes vir universiteitstudies ook verhoog word; ‘n 30% slaagsyfer is sowaar-as-vet-weet nie goed genoeg nie. As jy nie minstens 50% kan haal nie en nie die regte vakke neem vir jou studierigting nie, dan is die antwoord: NEE. As jy nie ten minste die eerste jaar se geld vooruitbetaal het nie, is die antwoord NEE. Daarná kan die regering die res van die studiegeld betaal, met die voorwaarde dat jy in SA werk vir so lank dit jou sou vat om jou studiegeld terug te betaal. Dit verseker dat die goeie kwaliteit student op universiteit plek kry, studeer en kwalifiseer en dan darem nog vir ‘n paar jaar terugploeg in die land.

Anti DA ·

Die instansies gaan sink ,iemand moet betaal nêrens in die beskaafde wêreld is alles verniet maar doen so voort julle sal wel die vrugte pluk van julle handewerk.

Gert ·

jan hulle het die saaitjie geplant en nie gedind daar gaan n doring boompie op kom nie . LOL

Lee ·

Vroeer jare het ons net kon Universiteit of Kollege toe gaan as ons ouers dit kon bekostig. Andersins het ons maar ingespring en gaan werk. Mense van my generasie werk tot 30 jaar al by een maatskappy. Niks fout met ons wat nie gaan studeer het nie. Daar mag dalk nie genoeg werk wees vir almal nie, maar probeer n plan maak en doen huis werk of tuin werk , daar is n uitweg. Beter as om alles te wil he en te verbrand. As die studente wat alles verniet wil he dan so slim is om te wil studeer behoort hulle mos vinnig n goeie werk te kry sonder om te studeer.

CHRISTA ·

Dit was mos Mandela en sy vrinne se beloftes aan almal wat vir hulle sal stem: FREE education, FREE housing, FREE water and elcctricity, FREE medical services!! Noudat die skoen aan die ander voet is kerm en kla die ANC dat dit nie moontlik is nie!!! Hulle het seker net bedoel: “FREE” vir hulleself en hulle families.
Dink daaraan wat hierdie regering als sou kon vermag met die R500 miljard wat hulle die afgelope 22 jaar gesteel het!! Hulle sou die HELE Suid-Afrika vir 22 jaar FREE education kon gee!!!

Johann ·

En so byt n verkiesings foefie van die ANC by monde van Zuma om die jeug se stem te wen hulle in die GAT! Hartseer is dat die bytmerke aangepass gaan word na die hele land, inslyitende die STUDENTE wat insig en begrip het vir die basiese beginsel van EKONIMIESE LOGIKA!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.