EFF doen weer beroep vir beset van grond

Julius Malema Foto: ANA

Die debat oor pres. Cyril Ramaphosa se toespraak oor die president se begroting het grotendeels op grondonteiening sonder vergoeding gefokus.

Julius Malema, leier van die EFF, het tydens sy spreekbeurt weereens ʼn beroep op arm swart Suid-Afrikaners gedoen om ongebruikte grond onwettig te beset. Volgens Malema het die EFF sy ondersteuners aanvanklik opdrag gegee om die besetting van grond af te skaal nadat die ANC te kenne gegee het hy is ten gunste van grondonteiening sonder vergoeding.

“Ons mense moet voortgaan om grond te beset. Hierdie grond behoort aan ons en as die ANC mense wil doodmaak omdat hulle regmatig hul grond eis, dan moet hulle dit doen. Julle het dit in Marikana gedoen.” Volgens Malema blyk dit dat die ANC nou onseker is oor of hy wil voortgaan met grondonteiening sonder vergoeding.

Lechesa Tsenoli, adjunkspeaker, het Malema hierna gewaarsku oor sy grondwetlike verpligtinge. Malema het kwaai hierop reageer en Tsenoli uitgedaag om te wys watter reël hy oortree deur ʼn beroep op mense te doen om onwettig grond te beset.

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Jairus Mmutle, GCIS

“Daar is niks wat jy kan doen nie. Daar is niks wat die parlement kan doen nie. Mense gaan met of sonder julle grond beset. Ons het nie toestemming van jou, die parlement of die president nodig nie. Ons gee nie om nie,” het Malema gesê.

Tsenoli het gesukkel om orde te handhaaf nadat Malema se EFF-kollegas begin dreunsing het: “Beset die grond! Beset die grond!” Tsenoli het EFF-LP’s versoek om die saal te verlaat en hulle het uitgestap.

Ramaphosa het vroeër tydens sy toespraak gesê grondhervorming is ʼn noodsaaklike deel van die land se ekonomiese groeistrategie. “Ons doen ʼn beroep op alle Suid-Afrikaners om deel te neem aan die nasionale debat rakende die voorstel vir grondonteiening sonder vergoeding.” Ramaphosa het egter die onwettige beset van grond veroordeel.

Mmusi Maimane

Mmusi Maimane, leier van die DA, het tydens sy spreekbeurt gesê die ANC het die afgelope paar dae ʼn ommekeer gemaak rakende die wysiging van die grondwet om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak.

“Die ANC het gesê hy beplan nou om dit binne die beperkings van die huidige Grondwetlike raamwerk te doen. Dit is ʼn baie belangrike afwyking van die uitlatings wat die president die afgelope maande gemaak het.”

Maimane het gesê hy verwelkom die skuif weg van die EFF se standpunt dat onteiende grond aan die staat behoort, na die DA se posisie dat eiendomsreg beskerm moet word.

Die ANC het die naweek ʼn grondberaad in Boksburg gehou waar daar besluit is dat die party nie sal afsien van sy planne om grond sonder vergoeding te onteien nie, maar art. 25 van die Grondwet sal gebruik om ʼn toetssaak voor die konstitusionele hof te bring.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Leeu ·

Kom beset my grond, dan gaan ek met of sonder die polisie terug baklei en hou wat myne is.

gerrit ·

Sluit my in genoeg is genoeg ek draai nie meer die ander wang nie.

pieter ·

Ons het en sal dan niks meer hê om te verloor nie so toets die boere.

Vra maar net ·

Is die rooi mannetjie verhewe bo die regter en president om so te kan praat. Wat het geword van minagting van die hof

hester ·

Blykbaar is hy verhewe bo baie dinge, kan maak net wat hy wel , se net wat hy wil, sing wat hy wil en aanhits . Daar gebeur net mooi niks met die hofnar nie. Ek kan dit glad nie verstaan nie

zoom zoom ·

Hoekom slaan die EFF nie shacks op, op Ramaphosa se plaas nie. Dan kan ons sien hoe CR die grondgryp storie hanteer. Dalk iets soos Marikana???

hester ·

Ek hou van jou voorstel. Ek kan ook nie wag om te sien wat gaan gebeur as hulle aan die koning wat 76% van KZN besit se land beset nie

AmY ·

Laat my dink aan ‘n stout kind. As ek nie ‘ n koekie kan kry nie, dan gooi ek al die koekies op die vloer uit. Dit sal mamma ‘n les leer en wys boetie is die baas.

J. Meyer ·

Die EFF is net die rookskerm waarmee die ANC aanspreeklikheid vir dit wat kom gaan ontduik.

jean ·

By all means…beset ongebruikte grond…..daar lê duisende hektaar in die voormalige tuislande wat nou aan die nuwe regime behoort……skakel sommer dadelik met die Zulukoning wat in beheer van die “trust” is waarin die grond val…en dan is daar nog die amakosi (tradisionele leiers) wat derduisende rande “huurgeld” ontvang. Go for it Malema en en stuur jou mense in…………

Mrs H ·

Hier kom oorlog. Mandela draai in sy graf rond. EFF vat voortou as voorbeeld van geen orde handhaaf deur geen gehoor aan wette te gee en chaos te veroorsaak deur onregeerbaar op te tree met geen nagevolge of waarskuwings. Dit, terwyl polisie lede tans gearresteer word vir misdaad….

ferdi ·

Ons kinders word vermoor ons oiers word vermoor ons grond word gevat wat hetons verder om te verloor

bgj van der westhuizen ·

die eff soek in oorlog in die land wand hy wil hom self die pesedent maak maar hy moet dit onthou waar voor ek en ander gewerk het sal dit nie net vir hom gee nie hy kan my grond beset maar hy moet onthou ek het die reg om my eiendom en mense te beskerm dit is nie net van vat nie eff

Akademi Buktu ·

Met sy oproepe stig Malema onwettigheid (ook bekend as misdaad) aan. Ek sou graag wou weet waarom hy nie gearresteer word nie.

marous ·

ramaphosa ondersteun hom ten volle . Hulle het klaar besluit dat die laaste witmens moet vort of onder grond in , met spesifieke verwysing na die Afrikaner. Dit gaan oor niks anders as vergelding en haat jeens die sukses wat die Afrikaner behaal het teenoor die mislukkings en onvermoens van die huidige regeerders van die land nie.

Johannes ·

Raak dit nie dalk tyd om ‘n ultimatum aan die regering te stel nie? Vat ons grond en eiendom sonder vergoeding en dit sal as ‘n verklaring van oorlog beskou word.

andre louw ·

Ek het groot geword in ‘n generasie wat vandat ons verstand gekry het, ons gebombardeer is met apartheid, sanksies, konflik binne en buite ons grense en in algemeen net nie ‘n normale lewe gelei nie. Toe kom 1994 en ek dink nou sal realiteite en regverdigheid inskop en voel verlig om deel daarvan te word. Hoe kinderlik naief was ek nie ! want 24 jaar na apartheid moet ook die bouers van die nuwe grondwet vandag erken dat die vordering maar bitter gering is. Ons sit vandag 24 Mei 2018 met ‘n nasie wat nog nooit so erg verdeeld is as nou nie. Politieke leiers wat klaaglik misluk het en duidelik nie die vermoe het om te lei nie;wat eenvoudig net nie omgee om ‘n balans te probeer kry vir ons komplekse probleme nie. Dit te same met die AK 47 gevolge van sosiale media uitlatings het ongelukkig net een oplossing naamlik dat swart en wit mekaar nooit sal vind nie tensy die een groep uiteindelik sal swig soos ‘n bul by ‘n Spaanse stiergeveg en as tweederangse burger die lewe voortsit. Dalk is ‘n ander meer geordende wyse van grondtoeeiening ‘n opsie maar dan die gebrek aan visie en leiers……

Casper Labuschagne ·

@Andre – die vordering wat gemaak is, is nie gering nie. Sowat 10 miljoen swartmense besit hul eie huise terwyl 84% van daardie huise ten volle afbetaal is en daarteenoor het net 7.4% van wit huiseienaars hul huise ten volle betaal. ‘n Miljoen swart leerlinge matrikuleer jaarliks en tienduisende swart studente ontvang jaarliks grade. Die swart middelklas kan so groot as 20 miljoen persone wees. In die ganse staatsdiens asook al die ondernemings in staatsbesit is 90% van die werknemers swart.

Wat nou effektief gebeur is dat die regerende party die wit minderheid aanval en vir die wit minderheid die skuld gee vir die regerende party se eie mislukkings. En in lande waar dit in die geskiedenis al gebeur het, het sulke dinge nooit goed geëindig vir daardie minderheid nie.

Erika ·

EFF is oenskynlik die aanhitser om Grond doodeenvoudig te eis en te vat Cyril se jy mag dit nie onwetig beset nie Maar tog Ironies gaan die ANC nie afsien van hulle planne Grondonteining sonder vergoeding nie Maw as hulle dit regkry om die Grondwet te verander Dan word dit geregverdig dit is mos wettig en persoonlike eiendoms reg word nie erken nie .-Duidelik kommunisme Wat is volgende…- stedelike eiendome . .En enigeeen van n sekere groep kan skierlik besluit dat hy op jou erf n deel vir homself wil merk (want dit is mos wettig) en plakker hut opsit Teken jy protes aan word jy geintimideer selfs aangerand deur die massas want jy is deel van minority

Casper Labuschagne ·

Huidiglik besit 10 miljoen swartmense hul huise wat sekerlik 40 miljoen swart mense oorlaat wat nie eiendom besit nie. Die werklikheid is dat die plase van 30,000 wit boere en die huise van 700,000 wit stedelinge nie die grondlus van 40 mijoen kan bevredig nie.

Hoekom staan niemand in die parlement op en sê dit vir Julius Malema nie?

BEA ·

Kan die mannetjie nie asb net verdwyn uit die samelewing nie!!! gaan terug na die land waar jy gebore is (dis beslis nie RSA nie) en gaan vat die grond daar los ons grond uit wat ons voor gewerk en gekoop het!!!!!!!!! julle soek als verniet en dan word dit afgebrand daarna!!

hester ·

Weet jy wat wonder ek ? Hkm het hy so baie mag in S.A. as ‘n uitlander.
Ek kan dit nie verstaan nie. As iemand my dalk meer inligting kan gee asb. Ek is baie nuuskierig.

Johann ·

Malema het gesê dat die grond wat onteien gaan word die grond onder jou huis met verband insluit. Volgens hulle sal ons dan steeds verantwoordelik vir die huisverband wees maar die grond (en huis) sal gevat word. Google dit gerus. Kan ons meer inligting hieroor kry asseblief.

Casper Labuschagne ·

@Johann – Niemand weet wat die besonderhede sal wees nie, behalwe dat OSV ‘n werklikheid is omdat dit beide die regerende party se beleid is asook met die nodige meerderheid op 28 Februarie 2018 in die parlement aanvaar is om die grondwet daarvoor te wysig. Dit is ‘n voldonge feit. Wat sekerlik sal gebeur is dat bitter min wit mense seker oor ‘n dekade nog eiendom sal besit en wanneer sosialisme eendag oorneem, sal dieselfde wet deur die staat gebruik kan word om almal se eiendom te gryp. In Zimbabwië is die boere wie se plase afgevat is, deur die bank bankrot verklaar. Wat hier sal gebeur weet ons nie, maar Ramaphosa lê telkemale in die besonder klem op “sonder vergoeding”, dus kan ons daaruit ingeligte afleidings maak. In die onmiddelike toekoms, sal niemand se eiendom gevat word nie, maar voor die einde van die jaar sal party boere hul plase verloor waarna onteiening toenemend sal versnel.

Ramaphosa se woorde was dat witmense soos paddas in ‘n pot is waar die water stadig warmgemaak word sodat hulle nie sal skrik en uitspring nie, binnekort borrel die water rondom ons en is Ramaphosa se paddas gaar. Jy het die keuse om die wit politieke leiers te glo wat ons met mooi woorde paai, of jy kan die staatspresident glo – wie dink jy is reg? Myns insiens het ons niet drie opsies vir die toekoms, Veg, Vlug of Verdwyn. Verdwyn beteken volledige assimilasie met die meerderheid.

Bert ·

Net ‘n regstelling aan jou Casper. Die oorgang na kommunisme het 3 fases,
1. Demokratiese revolusie, wat die mag met ‘n verkiesing in die meerderheid se hande plaas. Dit is in 1994 bereik.
2. Sosialistiese revolusie, aka ekonomiese revolusie (die een waarin ons ons nou bevind) wat die mag en eiendom in die staat se hande sal sit.
3. Volskaalse kommunistiese revolusie (sien die Rooi revolusie as voorbeeld)

So dis nie ‘n kwessie van “wanneer” sosialisme eendag oorneem nie, ons is reeds in die tweede fase, die sosialistiese (ekonomiese) revolusie.
Dankie.

Sies man ·

HOEKOM LAAT SWAAI DIE ANC HOM ROND DEUR JULIUS MALEMA WAT NIE EERS 6% VAN DIE land se STEUN HET NIE? Hoekom mag ALMAL nou grond beset? ?AS daar ‘n besettingsplan deur die ANC was, is die uitvoering daarvan HULLE probleem nie die EFF se storm en vat wat jy wil he nie. HOEKOM LAAT DIE ANC JULIUS toe om die land te DESTABILISEER???? Almal is tog nie geregtig op land nie .. wat het van wet en orde geword?

Oom Kalahari ·

Soos opgemerk kan word is Julius vreesloos vir die Parlement, Speaker, President en opposisie Minister, die Gereg en daarby vir Polisie en Weermag (wat deel is van sy ondersteunings basis). Die ANC, EFF, DA en BLF werk saam. As grond onteien word sluit dit alles in met huis, meubels, implimente, lewende hawe, pluimvee asook wat op die lande is (oeste) en niks maar niks kan daaraan gedoen word nie. So sal dit ook met die eiendomme in dorps en stads gebiede wees. Die prioriteit en visie is om die blanke totaal te verarm en smeek vir oorlewing.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.