EFF dreig boere, banke en DA

Julius Malema. Foto: EFF/Twitter

Julius Malema, leier van die EFF, het Sondag gewaarsku die banksektor en Afrikaner-boere moenie probeer saamsweer in ʼn poging om grondonteiening sonder vergoeding te laat misluk nie.

Malema het EFF-ondersteuners in ʼn stampvol Standard Bank-arena in Johannesburg toegespreek waar die party ʼn kiesersregistrasieveldtog met die oog op volgende jaar se algemene verkiesing van stapel gestuur het.

“Boere neem nou ʼn verband op hul plaas uit en gee so die plaas aan die bank sodat hulle kan sê dit behoort aan die bank wanneer ons daar aankom. Hulle wil saam met die banke werk om die proses van grondonteiening sonder vergoeding te laat misluk.

“Ons waarsku die Suid-Afrikaanse banke dat enige plaas waarop ʼn verband ná Desember 2017 geregistreer is, nie deur ons regering betaal sal word nie.

“Die huisverbandstelsel is in elke geval ʼn misdadige sindikaat wat net van die mense steel. Ons het geen respek vir verbande nie. Ons het geen respek vir banke nie, want die misdadigers bestuur die banke. Ons waarsku die banke: Ons is op die punt om grond sonder vergoeding te onteien.”

Hy het daarop voort gehamer dat die grond gesteel is tydens verskeie volksmoorde en dat beleggers nie onttrek het toe wette keer op keer teen swart mense ingestel is nie.

Julius Malema. Foto: EFF/Twitter

“Niemand het die land verlaat toe grond gevat is en vir wit mense gegee is nie, maar noudat ons sê grond moet gevat word en aan die mense teruggegee word, nou sê hulle mense gaan die land verlaat. Want swart mense verdien nie om land en eiendom te besit nie, dit is ʼn bedreiging vir witheid as dit gebeur.

“Ons praat nie net van die land nie, ons praat van die genesing van swart mense se pyn oor die verlede as ons sê die grond moet teruggee word.”

Malema het ook gesê niemand moet met oorlog dreig wanneer dit by die grondkwessie kom nie.

“Die EFF wil nie ʼn burgeroorlog hê nie. Diegene wat met oorlog dreig bewys net hulle is nie-denkers. Nou is die tyd van die denkers.

“Kom laat ons praat oor hoe ons die grond in die hande van die mense gaan kry deur dialoog en robuuste debat sonder enige dreigement van ʼn burgeroorlog. Ons is nie bang vir oorlog nie, maar ons weier net om van oorlog te praat in ʼn tyd van vrede.

Hy het gesê daar moet nou landboukolleges ingerig word wat kan help om die mense op te lei ter voorbereiding op die grond wat hulle gaan terugkry.

Malema pak Trollip en DA

Athol Trollip, die burgemeester van die Nelson Mandelbaai-metro. Foto: Facebook

Malema het die EFF se planne om Athol Trollip uit die amp as burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro in Port Elizabeth te verwyder, herhaal. Die party is van voorneme op 6 April ʼn mosie van wantroue in dié metroraad in te dien.

Die verhouding tussen die DA en EFF het verlede week erg versuur nadat die DA teen die EFF se mosie in die parlement gestem het om ʼn proses te begin om die grondwet te verander om voorsiening te maak vir grondonteiening sonder vergoeding.

Malema het gesê Trollip sal verwyder word omdat hy wit is, maar dit beteken nie dat Solly Msimanga, die burgemeester van Tshwane, en Herman Mashaba, die burgemeester van Johannesburg, onaangeraak sal bly nie.

“Hoekom nie Mashaba nie, hoekom nie Solly nie? Want die burgemeester van die DA in PE is ʼn wit man. As jy hierdie mense hard wil slaan – dan moet jy begin by ʼn wit man – dit sal hulle baie seermaak. Ons sny die keel van witheid af. Trollip sal ná 6 April nie meer die burgemeester wees nie.”

Hy het ook gesê die EFF is nie in ʼn verhouding met die DA nie. Hy het die party as ʼn tipiese boelie beskryf wat gestraf moet word omdat hulle teen die EFF se mosie vir grondonteiening gestem het.

“Ons gaan nie skei van die DA nie. Ons vou ons arms, ons was nooit vriende nie. Al die wit mense wat vir die DA stem en nou kwaad is oor wat die EFF in Port Elizabeth gaan doen, en wat ons beledig sedert die aankondiging en sommige in die media gemobiliseer het om ons te beledig, almal van julle kan saam hel toe gaan!” het hy onder ʼn luide gejuig gesê.

Argieffoto

“Ons gee nie om vir wit gevoelens nie. Trollip verdien niks van ons nie. Ons haat nie wit mense nie, ons is net lief vir swart mense. Een kêrel, een meisie. Jy kan nie twee kêrels of twee meisies hê nie. Ons is verlief op swart mense – dit is wie ons is.”

Malema het ook bygevoeg dat die EFF nie die ANC vertrou nie. “Ons vertrou nie die ANC nie omdat die ANC en die DA dieselfde is. Die een is korrup en die een is rassisties. Hulle is deel van dieselfde WhatsApp-groep, hulle is dieselfde.”

Malema het ook weer herhaal dat die EFF vir Mcebisi Jonas, die voormalige adjunkminister van finansies, sal ondersteun om die volgende burgemeester van Port Elizabeth te word.

Op die onderwerp van stemregistrasie het Malema later gesê enige swart mense wat vir die DA stem, is ʼn gevaar vir die samelewing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

130 Kommentare

Buitestander ·

Die Julius Malema moet nie dink omdat hy sy plaas in Limpopo verloor het oor sy SWAK bestuur hy kan alle boere van die plase af verdryf met sy opstook praatjies.

Paul ·

Om by te voeg, hy het die (gekoopte) plaas verloor toe die Bate Beslagleggingseenheid van die nasionale Vervolgingsgesag daarop beslag gelê en dit op ‘n veling verkoop is. Die mense/Maroela kan gerus so ‘n paar jaar terug ( in 2013 rond) gaan naslaan oor op hoveel der miljoene rande se bates van Julius hierdie eenheid van die Nasionale Vervolgingsgeslag op beslaggelê het, die redes is ook daar vir almal om te sien en watter bedrae hierdie bates van hom op veilings behaal het. Dit was mos in die dae van die Tenderpreneurs.

Paul ·

Hy het dit nie verloor agv swak bestuur nie, die Nasionale Vevolgingsgesag het in 2013 daarop beslag gelê en dit op ‘n veiling verkoop.

Selfbeskikking ·

Kom ons kom ooreen met hulle vir n ruiltransaksie….grond vir eie land.

Burgeroorlog ·

Malema soek oorlog, hy probeer sy bes om oorlog te begin.

GM ·

Hulle is net lief vir die witman se belastinggeld ja. Ons moet maar ophou help as daar gebedel word ook. Laat Malema almal help.

Gatvol ·

Stem jaag hulle almal weg moet nikz plant of boer verder ni laat hule nou al begin suffer ons soek ons eie land dan sal ons sien watter land sal die beste en mooiste vaar en lyk

snoefie ·

ou julius wil nou stemme met grond koop. gee jou grond eerste. ek sal ook R1000 per akker vir 99 jaare gaan betaal.

Johannes ·

Roep die Boerevolk bymekaar – dit is nou die tyd vir ‘n krisisberaad! Ons beter vinnig aksieplanne op die tafel kry!

Jakals ·

Ons as ‘n vold is te erg verdeeld dat ons geen weerstand gaan bied nie. Ek wil sien dat ons dit reg kry, maar die waarheid is ons kan nie. Dis waar die nie blanke mense oorhand oor ons het. Hulle staan saam, ons nie.

Jerry ·

Malema se dreigemente hou op hierdie stadium nie veel gevaar in nie, maar dit kan wel in die toekoms . Sy oorbeklemtoning dat die EFF nie n burgeroorlog wil he nie beteken dat hulle n burgeroorlog wil he, maar eers wanneer die EFF meer getalle en mag het. As dit dus van die anargiste afhang sal SA n burgeroorlog he en daarom is dit belangrik dat alles moontlik gedoen moet word om die EFF as n rassistiese en anargistiese party te brandmerk vir wie daar nie plek is in n multi rasse en nie-rassistiese demokrasie.

Toeskouer ·

Hy sal dit doen as hy sy hande op staats wapens kan kry en dit onder hulle “naam/beleid ” kan doen. Dit gaan n mes wees wat 2 kante toe sny.

andre els ·

As n baaienaar lag ek maar net vir die nar met die beret… Athol TRollip het groot veranderinge teweeggebring in PE…Ons is dankbaar daarvoor.

Genieve ·

Nou wie is ons..praat hy namens sy party/of praat hy vir homself,en wat wil hulle met ander se grond maak seker aan die brand steek want wat weet hulle van boerdery in elk geval.

Yolande ·

Julius reageer nou soos n kind wat nie sy sin gekry het en dan gooi hy n tantrum……..

Anoniem ·

Vader van die leuen. Hy verdraai die waarheid alkante toe, en sy volgelinge eet dit vir soetkoek op, want hulle weet nie van beter nie.

Alida ·

Mnr Ramaphosa moet ‘n DRINGENDE waarskuwing aan hierdie man rig. Dit kan nie so aangaan nie !!!!!

Koos ·

Alida, jy praat nou van dieselfde Ramaphose wat 25 jaar gelede die plan uit gelê het oor hoe om die wittes te hanteer, hoe om ontslae te raak van hulle soos paddas in die warm pot. Die einste wie nou juis die vlamme oop draai en met sy openings woorde dit reguit stel dat hulle sal druk vir grond hervorming sonder enige vergoeding?

Ek hoop jou oë sal eendag oopgaan …

Peanut ·

Malema slaan die kitaar en Ramaphosa dans maar net saam hy is bang vir Malema

Sandra ·

En as jy die plaas het – wat gaan jy daarmee maak?. Hehe jy gaan binne maande sonder kos
op die tafel sit. SLIM nê

Paul ·

Hy het een gehad, maar die Batebeslagleggingseenheid van die Nasionale Vervolgingsgesag het in 2013, onder andere, daarop beslag gelê en dit op ‘n veling verkoop.

Lolla ·

Nee Malemma, wees JY gewaarsku. Die Britte is die ouens vir wie jy kwaad is. Die Afrikaner boer, het saam jou voorvaders vir hierdie land en grond geveg. Jy is geen leier om jou mense onder so valse wanindruk te plaas en jy wek alles behalwe vrede. So, wees JY gewaarsku!

Annetjie ·

Ek lees nou al die mense se kommentare…interessant hoe Malema se hy wil n landbou college he sodat sy mense kan leer hoe om grond te bewerk. Ek kan mr net kop skud vir al sy aanhalings. Hoekom word daar aanvalle en inbrake op plase en plotte selfs in stedelike gebiede? Hul treiter ons. Is hul bang vir n Burger oorlog? 400 jaar gelede soos hy dit aangehaal het, het die boere die land binne gekom en als net gevat….nee hul het eerste met die aanvalle begin. Boere net n klein handjie vol het terug geveg. Hul het geen benul gehad van wapens nie. Dai tyd het hul dit donderbuise genoem. Hul was die meerderheid en het verloor met die Slag van Bloedrivier. Ons lewe nie meer in die verlede nie, mr vir n toekoms vir ons kinders en nageslagte. Wil leef in vrede! Nie haat aksies teen die blankes nie? Hul het die land opgebou met verwysing na stedelike gebiede en werkskepping vir almal! Nou wil hy oproere versoorsaak om so sy sin te kry? Wat moet ander lande van ons dink? Selfs in die parlement slaan hy sy eie naam met n plank en ons Suid Afrikaners moet daaronder ly? Watse voorbeeld is hy vir ons land ..plaas hy n psgiater gaan sien….hoe dom kan so mens redeneer…..

Wickus de Bruin ·

En so hou hy aan om anargie te kweek. Die regering moet ruggraat wys en die EFF op sy plek sit en ophou om saam met Julius te praat. Hou aan en jy gaan kry wat jy soek.

Boland ·

Die EFF is deur die ANC geskep.Hulle probeer ons n rat voor die oe draai.

Trixie ·

Ag dankie tog vir een ou wat nie aan doe slaap is nie. (Boland)

Roelof ·

Ek het n klomp bome geplant die naweek , daar is baie grond van die gate oor hy moet net laat weet ek kom laai vir hom 2 bakkie vragte af , sê net waar en wanneer .

fielies ·

dit is nogals n idee… die boere moet so paar trokke vol grond by die eff se kantore landwyd gaan aflaai. maak die tippers vol . dit sal hoofnuus haal

milan ·

‘n Stampvol Standard Bank-arena? Hoe gepas is die ligging vir die vergadering nie?

ferdi ·

Lyk of hy dronk isof iets gerook het hy moet geaarristeer word vir Aanhitsing tot geweld Psalm73 praat van hom

V ·

Soos nektar in my ore. Mag hierdie nonsens nou tot ‘n punt kom. Malema smag na self beskikking dmv rassehaat en deskriminasie, en die regerende party en sy meëlopers beaam dit. Kan ons nie maar ook nou selfbeskikking eis nie? Hierdie trauma van ‘n mens se siel moet nou einde kry.

Elna ·

Landboukolleges inrig? Gaan kyk wat het jou mense, Mnr Malema, aan die kollege by Potchefstroom gedoen. Dis net EEN van u goeddeurdagte erflatings. Denker?????

Lolla ·

Die probleem baba van ANC wat hulle nie meer wou he nie. Nou maak gogga vir baba bang?

Jan Harding ·

Julius wil nou septer swaai en die ANC vanaf die kantlyn regeer. Hy wil van CR ‘n puppet maak. ANC het die skrif teen die muur gesien en nou raak Julius se retoriek en rasistiese, rasse haat ideologie populêre politiek. Alles om nie meer stemme aan EFF af te staan. Uiteindelik sal die twee seker weer saamsmelt of as een saamwerk.

ontevrede leser ·

malema, jy begin meer en meer vyande maak, jou mond is b a i e g r o o t , jy gaan slae kry voor jy klaasvakie se sand uit jy jou oe uitvee

Jys reg ·

Ja. Ons gaan nie net vlug soos die Zim mense nie want ons het nerens om heen te vlug nie, en watse opsie het ons dan? So malema, ek waarsku jou en jou mense, hou op geweld aanstook.

Hendrik ·

Ek dink dit is tyd dat die regering die EFF in die bek ruk om die onstabiele klimaat van revolusie te stop. Die land word gyselaar gehou deur 6 % van die stembevolking en dit is die regering se taak om streng op te tree deur Suid-Afrika te verseker dat daar nie toegelaat gaan word dat daar nie ‘n onstabile situasie kan onstaan nie. Soos die gesegde se: Betyds keer is ‘n goeie geweer.

Elize ·

Kan iemand dalk vir hom ‘n paar geskiedenis lesse gee. Hy weet nie dat die Khoisan eerste hier was nie. En as ek hom so kyk dink ek nie hy het enige Khoisan voorgeslagte nie

Elize ·

Kan iemand dalk vir hom ‘n paar geskiedenis lesse gee. Hy weet nie dat die Khoisan eerste hier was nie. En as ek hom so kyk dink ek nie hy het enige Khoisan voorgeslagte nie, so hyt geen reg op enige grond nie.

JD ·

Opstoker!!!
Het nou so pas ‘n interressante ding van een van my mede werkers gehoor.
Hoekom het Ramaposha so net na hy president geword het en aan gekondig het v d grondonteiening kamstig land uit met a Afrika besoek.
Staan hy nie agter Malema nie? Nou al die dreigemente na die witmense?
Sy woorde was: Sir, there is big trouble on the way. You white people are in grave danger. Some of our people also because we are friends with the white people. Please be careful.
Mense Ons het Groot problems. Tot Ons WhatsApps word dop gehou. Wees asb versigtig wat jul op WhatsApp se.
Nou is Ons die target!
Here wees Ons, ons kinders, kleinkinders en al ons families ASB genadig! ?

StreepInSand ·

Niemand kan whatsapp monitor nie. Dit is heeltemal gekodeer. Ek sal wel oppas vir enige iets anders.

anton ·

Jou Whatsapp’s kan nie dop gehou word nie. Dit is ”Encrypted” Nie eers die mense van whatsapp self kan dit lees nie en nog minder n derde party!!!

Hennie ·

Niemand kan ‘n whatsapp dophou nie, selfs nie eers whatsapp hulleself nie. Alles word ge- “encryp” en niemand kan dit dus lees nie!

leon ·

Hulle hou nie whatsapp dop nie, dit is nie moontlik met encryption. Die probleem is dat mense copy paste , screenshot dit wat jy skryf en stuur dit aan , so kom dit in die hande van die vyand wat dit uitbuit. Selfde met die videos , jy stuur dit vir `n vriend en almal lag oor die man in die doodskis , en dan stuur die dit vir daai en siedaar dis op die nuus. Hou op videos neem en plaas, dis soos selfmoord.

Oom Piet ·

Malema ek hoop jy gaan net swart dosente aanstel in die landboukolleges wat jy gaan oprig vir jou swart boere en waar gaan jy die geld kry om die infrasruktuur op te rig . Ek dink werklik jy weet nie waarvan jy praat nie en is net besig met opsweping van jou mense wat jou in later jare gaan verkwalik vir jou optrede van nou.

Theo Versfeld ·

Nene het gesê hulle gaan net nog geld “druk” hulle het baie ink en papier om sodoende vir arm mense te gee.

Carolina ·

Die nuus mense gee te veel aandag aan hom. Hy wil elke dag op TV wees en in koerante. Om sy stem dik te maak. Hy floreer op aandag. Daar word nie eers soveel aandag gegee aan ander misdaad nie.

Sienie van der merwe ·

Hoe kan die banke dit ondersteun…die banke moet nou opstaan vir al die boere…want nie net wit het plase….reg rondom my het alle rasse plase…banke gaan miljarde verloor….moet ons boere hetsy wit of swart saamstaan en nie meer ons verbande betaal nie wat gaan die banke dan nou doen……

Lida ·

Lees mooi tussen die lyne. “….wanneer ons daar aankom” Plase gaan dus moontlik deur groot groepe beset word ala Zimbabwe? Waar tot 50 op die dak van die plaashuis was. Of wie gaan daar aankom?

Bessie ·

Hoe het die whats app boodskap nou die dag gelees: Ek ry met n klomp banksakkies vol grond in my kar rond, as een van my mede landgenote n aalmoes vra by n robot, dan gee ek hom n sakkie grond. Dis mos wat hulle soek…..

Jacques ·

Ek ry met sakkies grond in my voertuig rond , sal vir jou n sakkie verniet gee as ek jou sien julius . HEHE

Siek en sat ·

Is almal bang vir Malema? Hoekom word hy nie vasgevat oor al sy uitlatings nie. A nee A?

Eugenie ·

Ag solank die manne net hulle rugby, krieket, braaivleis en brannas het, worry niemand mos nie. Dié ding kom al jare aan maar sport en suip was belangriker.

Johan ·

Stem saam die sport afgod en parties daarna is belangrik. Dit is waar dat mens met referendum nee gestem oor sport en hulle is nes die hans kakkies van 119 jaar terug. Hulle sal verraai en dit gebeur daagliks. Kyk mooi na sake wat voorkom waar wittes rassisties was en dit afgeneem word en self n sen sal sy pa vir R150000 beloning uit verkoop aan die gereg. Julius het begin met oorlog praatjies en op stokkery van swartes teen wittes. Hy is sekwestreer so hy soek seker sy plaas verniet. Die land gaan totaal bankkrot wees as hy klaar sy sin gekry het en dit gaan nie help dat hulle meer note druk of nuwe R500 000 noot gaan uitbring soos in zimbabwe nie? President Trump het reeds vandag gese zimbabwe se sanksies bly nog vir jaar? Dus ou julius gaan jy en jou kamerade nog julle self verhonger en profeet se gras vreet van garankuwa soos hy hulle nou voer? Ek wonder of jy weet wat is die hel? So kan ons aangaan, maar jy gaan nog baie swaar kry ? So jy kan maar jou praatjies hou en se wat jy wil maar jy sal nie Ons boere onder kry nie! Jy is nes ballon vol wind en hy gaan een of ander tyd bars, so aan dreig maar, Jy slaap seker nie want jy dink baie nonsens uit?

Rugby ·

Jys reg, die Afrikaner het ja gestem om toegang tot internasionale sport te kry, en betaal nou met hulle werk, lewens en bates daarvoor. Die Afrikaanse skole verafgt sport terwyl tegnologie en akademie op kantlyn staan.

Vermeende ·

Malema het nooit n plaas gehad nie, dit was n plot net groter as 2ha.

Hendry ·

Se hy terwyl hy in Stander bank arena staan. As n wir man al daai goed gese het sou daar seker weer n hof saak gewees het

StreepInSand ·

Vriende, die ANC, DA en EFF is nie besig om ons na ‘n kinderpartytjie te vat nie. Dit is tyd dat ons saamstaan en die regering slaan waar dit die seerste maak, naamlik om ons binnelandse belegging te beperk Ek stel voor almal kontak hulle beleggingsadviseurs en vra vir ‘n uiteensetting van boetes en gelde wat aan SARS verskuldig is sou anuiteite, vaste deposito’s ens onttrek word en hoe om geld na die buiteland te kry? Begin sommer ook om by SARS ‘n belastingsertifikaat te kry vir die oordrag na die buiteland.

As die regering nie die voorgestelde grond diefstal, plaas moorde en die walglike rassistiese retoriek teen blankes stop nie, is ons gereed on masaal te disinvesteer voordat die naiewe Europeers en Amerikaners uitvind wat regtig hier aan die gang is en ophou om geld die land in te stuur.

Andrea ·

Baie interessante opmerking. Gaan beslis dit opvolg. Dankie!

Justice ·

Malema is waar hy is deur Zuma – met Ramaphosa aan die stuur gaan hy `n haas uit die hoed moet pluk om sy kiesers te behou – groei is buite die kwessie. Verwag nog baie meer radikale toesprake van hom – sy ondeurdagte en amateuragtige uitsprake gaan nog sy eie ondergang bewerkstellig.

Alida ·

Mnr Ramaphosa stel mens nou regtig teleur. Hy het die mag om hierdie nar in die bek te ruk en stil te maak. Genade hoeveel onmin wil hy nog saai. As die VFplus dieselfde dreigemente verkondig het CR lankal tussenbeide getree.

Gerhard ·

Kan iemand nie n paar vragte sommer so 12 qubes op n slag op sy driveway tip net vir die grap daarvan nie.

Gerhard ·

Ek se weer gaan tip n paar vragte grond op sy driveway hy wil mos grond he. As hy geen repek het vir ander nie hoekom moet die gewone man respek he vir hom…mens verdien respek. 12 qubes op n slag asseblief

Elizabeth ·

Daar is mos wette teen haatspraak en aanhitsing tot geweldpleging en misdaad in hierdie land? Waar is die polisie? Intussen moet ons dalk lande soos Australië op grond van dergelike openbare uitlatings versoek om aan wit Suid-Afrikaners politieke asiel toe te staan …

Frankie ·

Daar is die laaste drie dae op die internet twee petisies deur Trump ondersteuners begin om Donald Trump / VSA regering te vra om wit Suid Afrikaners, vlugteling – status te gee en in die VSA te verwelkom.

Ek praat onder korreksie maar die die petisies het 50 000 handtekeninge voor die einde van Maart nodig, om op Trump se lessenaar te beland.

Daar is reeds iets soos 20 000 handtekeninge in net 3 dae en enige iemand, in enige land kan dit teken.

Teken dit asb – en stuur dit na al jou vriende – al stel jy nie daarin belang om na die VSA te verhuis nie. Want hoe meer handtekeninge, hoe meer publisiteit… nie net oorsee nie, maar dit sal ook vir CR en kie ‘n duidelike boodskap stuur.

StreepInSand ·

Google “trump petition south africa”. Eerste link op change dot org. Die feite is dalk verwronge maar enige publisiteit is goeie publisiteit. Ek het ook geteken.

Ek kan uit die land kom deur burgerskap maar voel te sleg om die res hier te los, so veg elke dag voort.

Ada ·

Ek hoop Ramaposa lees ons kommentare sodat hy kan sien wat ons van hom dink en dat hy deur MAL ema aan die neus rondgelei word.Hy dra dan net soos de klerk geen respek nie.

Boland ·

Moenie dat Malema se uitsprake julle ontstel nie.Dit presies wat hy wil he.Hy wil paniek onder witmense saai en so hulle selfbeeld afbreek.Moenie daarvoor val nie.Hulle kan nie die grond vat nie.

sê maar net ·

Wil malema nou sy mense almal boere maak.?
Weet hy dat boerdery beplanning verg.
Jy het infrastruktuur nodig ..water kanale
Nou wil hy sy mense in enige stuk oop grond inprop en laat boer. Waar gaan hulle bly..in die bos? Toilette?
Lyk my malema dink as jy grond het is jy dadelik ryk en “well away”
Ek lees een inskrywing en ek stem saam oor die witman se belasting. As die blankes dan 80% van die grond het 80% van die besighede ens. besit beteken dat dat 80% van malema se salaris en al die geld wat gebruik word om sy mense op te hef deur die witmense betaal word

O Griet ·

Malema sê : “Ons waarsku die banke: Ons is op die punt om land sonder vergoeding te onteien”.

So, Malema sê hulle is “op die punt”.

Mmmmm…. Klink as of die moeilikheid dalk gouer mag kom as wat mense dink.

ferdi ·

Nee ons sal ni vlug ni ni ek ni ons sal lewe ons sal sterwe ons vir jou Suid Afrika

carnett ·

ONS STEM ons sal lewe ons sal sterwe vir Suid Afrika
Ook is ek nie afrikaans nie!

JH ·

Ek wonder maar net wat het geword van mense regte. Dis mos sekerlik mense reg as jy iets gekoop het dat iemand dit nie net kan vat nie. Ek het nog nie in die laaste 40 plus jaar gehoor dat iemand grond gevat het nie. Die meeste wat bakhand staan vir grond is nog nie eers 30jaar oud nie. So hoe kan hulle grond verwag as dit nie on hulle besit was nie?

Katvis ·

Ons voorouers het betaal vir hierdie grond. Ek dink net die apartheid regering kan die skuld vir hierdie probleem kry. As hulle nie onderwys van die massas weg gehou het nie, het ons nou nou met hierdie probleem gesit nie.

Ag so! ·

Sover my kennis strek is dit die apartheidsregering wat die skole gebou het. Met wit belastingbetalers se geld. Of waar dink jy het die skole vandaan gekom wat hulle so lustig afgebrand het! Hierdie is die uiteinde van “liberation before education” wat so praat.

Chrisjan ·

Toe Katie Hopkins onlangs SA besoek het, het sy Malema uitgedaag tot n openbare debat oor sy deelname aan die “kill te boer, kill the farmer” liedjies. Te papbroekig het hy nie eers reageer nie. Kyk self na “Mr Malema, are you scared of a little white woman?” op You Tube. Die Kanadese Lauren Southern se onlangse video opnames in SA oor werklikheid van SA situasie, sal hopelik buitelandse oë meer laat draai in ons rigting. Malema, as jy n slaaf van jou eie demoniese denke is, dan is dit presies hoe jy sal optree.

Petrus ·

As die nuwe eienaar van my huis dink ek gaan in sy tuin werk,maak hy n groot fout,ek werk nou nie eers in my eie tuin nie.?

HPV ·

Mense die is ‘n bang outjie, bestaande uit ‘n bek met voete aan! Al wat hy doen is gil, skree en raas. Een groot wind wat gelos word.

Willem ·

Mense, moenie doen wat Zim gedoen het nie. Mense daar het gewag, geglo, gebly en gehoop, and toe eendag was dit te laat. Ek glo in God, and ek glo in gebed. Maar daar is ‘n tyd van aksie. Begin planne maak om SA te verlaat. Hoeveel meer moet julle hoor of verduur? “Doodmaak, keelsny, vermoor die boer….”. Wanneer is genoeg, genoeg? En ja, is het SA verlaat 15 jaar gelede vir werk en dis die best dinge wat ek OOIT gedoen het! Daar is baie werk, baie lande and alles is beter is vrot SA.

Vanessa ·

Willem, as dit so maklik was om te emigreer sou baie mense dit gedoen het. Hoeveel mense in Suid-Afrika dink jy sal kan emigreer? Hoeveel het genoeg geld, kwalifikasies, ondervinding, ens? Dis maklik om te praat as jy al die dinge het en kon emigreer. Onthou net, dis nie vir almal moontlik nie, al wil hulle. Bid eerder vir die wat nie kan emigreer nie en in ‘n Suid-Afrika moet bly waar alles ten gronde gaan.

Jannie ·

Hierdie land gaan tot niet gaan nog voor ń stukkie grond gevat is- beleggers is klaar afgeskrik.

Vliegende Struisvogel ·

Ons moes HOEKA al ons eie ding gaan doen het.. selfbeskikking op taal, eie boerderye, eie startup hubs soos techstars. probleem is ons is geografies verspreid.

Carina Thiart ·

Hoe se die man ……..”as ons daar aankom”…wat bedoel hy……dink hy dit is Zimbabwe….hulle moet terug houtwerkklas toe gaan …eish julle, julle verstaan nie mooi daai somme nie…iewers is daar ‘n skroef los….en Ramaposa …..wat gaan hy doen aan die ou met sy uitsprake of is hy nou die ANC se spreekbuis…..hy praat en die ANC luister…mooi man……hand om die blaas buddies

kobus ·

Hy is besig om n groot woede te wek by swart mense teen wittes. N lelike haat wat gaan groot probleme veroorsaak in die land.

Alias ·

Hy word ongestraf gelaat omdat hy noem alles is goed in swart se naam… Wat van ons as witmense sê dat ons is lief vir ons witmense en ons sny die keel van swartheid af. Is dit reg om so te noem? Dit is regtig dubbel standaard van Malema en geensins demokraties!

Clem ·

Lees gerus Miga 2 & 3. Die manne gaan in die geestelike realm in en hulle gaan ‘n opstopper kry soos min! Ek GLO, want, my DNA is dieselfde as VADER sin!

Johnny O ·

Hoeveel plase het die mugabe’s op so ‘n wyse “gescore” en dan wonder ek of malema gaan probeer beter doen.

Anita ·

As ek hierdie tipe goed hoor, dan dink ek aan Eben Venter se boek Horrelpoot. Baie insiggewend.

Reti ·

I WILL KILL FOR ZUMA. En toe? Grootste blaps in ons land se geskidenis. Stem openbare beskermer in. Blaps nr 2. ……..

FM ·

Cyril ramaphosa het sy ware kleure gewys.Hy en malema is dik vriende. Malema skryf vir die anc voor. Punt

AG ASB TOG ·

HOEKOM WORD DIE DREIGEMENTE TOEGELAAT? AS ek as witman dit gedoen het is ek toegesluit vir aanhitsing tot geweld en bedreiging van die vrede in ‘n land … HOEKOM doen die regering niks aan hom nie? WAAR IN JOU LEWE kan iemand met ‘n 9% stem in ‘n land banke en boere dreig en absoluut NIKS word aan hom gedoen nie? Afriforum blaf en die ander blaas en steeds staan sy HUISIE STEWIG . wolf wolf hoe laat is dit?

M ·

Ek is moeg vir bedelaars wat net vir wit mense geld vra, maar. Om van my ou, maar splinternuwe klere weg te gee. Om huisraad weg te gee, wat met bakkie vragte weggery word elke Kersfees. Om heeldag te moet pasop wat ek sê, want een verkeerde klankie en jy is ‘n rassis. Ek is moeg vir mense in die MAG wat dink hulle is daar om wette te verbreek, hulle parkeer waar en hoe hulle wil, ry soos hulle wil en doen wat hulle wil. Ek is moeg vir Taxis wat dink reëls geld nie vir hulle nie. Niks in die land werk mee reg nie. Kan ons nie net Wette gehoorsaam nie. Dit kom van bo af, die regering die mense wat die voorbeeld moet stel. Waarom kan ons nie net in vrede saamlewe nie. My kinders verstaan nie, waarom hulle nie meer met hul fietse kan skool of kafee toe ry, of in die straat loop met hul selfone nie. Waarom kan ons nie meer ‘n staproete kan gaan doen nie. Wat hul lewe is in gevaar. Hierdie land sal nooit regkom nie. Daar is soveel goeie mense in hierdie land, van alle kleure en geure, wat maar net wil lewe en in vrede wil saam leef, wat werklik vir mekaar omgee. Ek is moeg gebaklei vir iets wat ek nie enige skuld aan het nie. Hoekom is dit juis die sogenaamde New Borns, wat die moeilikheid maak!

Afrikaner ·

waarom so bang Afrikaner? ons klein nasie wat kans gesien het vir die magtige Britse Ryk.

Spook ·

Ja nee ai, ek weet eintlik nie meer wat om te dink of te se nie… Ek bly maar kalm en kyk wat voorle en dot sal seker bepaal of die Afrikaner in my gaan Wakker word, maar as ek die kommentaar hier bo lees klink dit net soos n klomp raasbekke. Wees still en kalm, se niks oor jou planne nie, wees reg, ken jou vyand. Maar wag eers vir feite voor almal in n histerie in gaan…

Aggenee ·

As ek n plaas gehad het en hulle kom om dit te onteien trek ek ‘n vuurhoutjie en brand alles af tot op die grond. Sal net my inhoud en diere verwyder. Dan het hulle niks!!!!

Ag Ja ·

Wag so bietjie. Dink weer. Jy dink nie logies nie. Dink jy hulle gaan jou waarsku of kennis gee voordat hulle by jou plek aankom om jou uit te sit? Nee. Hulle gaan net op ‘n dag laatnag daar opdaag met ‘n horde gewapende soldate en polisie, en dan gaan hulle jou vra om jou plekkie te verlaat. En jy gaan geen tyd hê om vuurhoutjies te trek nie. Dis wat. So, beste is om te maak wat baie mense nou maak: Hulle is in proses om te emigreer. Baie mense wil nou die land verlaat.

STEM ·

Ek Stem Aggenee!!! ek sal dit ook eerder doen voor hulle dit onteien.

Afrikaner Meisie ·

Kry die mense in die buite wereld ooit die nuus wat hier gebeur in ons land?

Flip Pretorius ·

Is die EFF besig om steun te verloor?????? . Ek sien die Standard Bank Arena se kapasiteit is 5100, daar kan nog n verdere 1200 stoele ingepas word indien nodig, so maksimum 6300 mense. As daar soveel steun vir die EFF was sou hulle mos sekerlik die FNB stadium gereel het. Of is dit die finansies wat pla. Kleiner kos tog minder. Ek wonder maar net

Willem Laurens ·

Malema said they don’t hate the white people but just love the blacks. It seems like no one has time for the whites, so they will then have no problem if the whites then stop paying tax. Or is it not true that they hate the whites but love their money!!! There is no need for war because if all the whites in SA decide to not pay over tax to SARS they will soon change their mind about the whites. Power is no more in war and guns but in money. No party will encourage you to withhold your tax because all the people in parliament gets paid from your tax!!

Theresa ·

ja – sommer nou vies vir al die gevra by robotte ook. Een van die kruisings vandag ‘n chaos omdat rystoeler tussen twee bane staan en ‘n ander swaai (nes ‘n taxi!!) dwars oor die robot kruising om te “paddle” tot oorkant. Ry met hande op die trappe – bene swaai onder uit. Genugtig!! Is daar geen wetgewing hierteen nie!? Mens word oorval met al die gebedel. My sentjies moet nou maar gehou word met al die dreigemente wat toegelaat word in die land…

StreepInSand ·

My werk betaal my belasting oor, maar dit is ‘n plan. Vir die res van ons, begin deur om navraag te doen om julle annuiteite te laat uitbetaal. As genoeg van ons dit doen, sal die groot banke met hulle weermagte van allemintige loodswaaiers twee maal dink om die boere uit te verkoop by Cyril.

Vertrou Cyril nie!

Johann ·

Ek hoop van harte dat die noodplan wat Afriforum nou van stapel stuur hierdie sinnelose proposisie kan stuit. Ons sit op ‘n spreekwoordelike tydbom wat ons aan flarde gaan skiet indien hierdie kwessie nie vreedsaam opgelos kan word. Mense ons moet nou kophou, planne beraam en hard bid!

martin cillers ·

malema is nie baie slim nie hy sal verdwyn soos mis in die oggend son. sy party sal weer in die minderheid wees met die volgende verkiesing. sy probleem was met zuma nou soek hy iemand anders om te probeer blameer vir sy swakheid.

Wonder ·

Hoe gaan dit gesegde: Jy speel op Avbob se stoep met piesang skille.

Christa ·

Well said, Willem. We can fight back with money – SARS.

Vanessa ·

Julius Malema is ‘n krimineel, soos hy al oor en oor bewys het. En hy is gevaarlik. Hy het die vermoe om mense op te stook tot hulle moor, roof en plunder sonder enige gewete. Hy vaar altyd uit oor hoe rassisties witmense is, maar waar wil jy meer rassisties as Julius Malema kry? Hy en sy EFF trawante, asook die ANC mense is opperste rassiste. Hy raak ook heeltemal buite homself oor die grond wat witmense “gesteel” het, maar ken hy sy eie geskiedenis? Weet hy dat Suid-Afrikaanse swartmense oorspronklik uit die verre noorde van Afrika kom en die grond by die San mense afgevat het, SONDER vergoeding? As hy dan wil he dat wit Suid-Afrikaners moet “terug” gaan, moet hy ook “terug” gaan na waar hy vandaan kom. Maar bowenal hoop en bid ek dat God sy hart sal verander en dat God die haat, bitterheid en wrokke in alle Suid-Afrikaners met Sy liefde sal vervang.

Theresa ·

1. Watch your mouth activist shouting against all which is fair and righteous!!
Shouting for murder and theft!
2. New State President: Why do you allow this public arrogance in a place which you want to rule – hopefully in a righteous way????
3. Should this man try and live out what he said so far, do you really think it will be taken lightly and in calmness by people (all races!) whom have worked to buy their properties??
4. He is a disgrace to all leaders of this country letting him behave like this!
He is a disgrace to the country – by lashing out to the Afrikaner boer as he calls it!! He is not even reprimanded!!
5. It would be most welcome to hear a public acknowledgement and actually a sincere apology by our president, that he has been allowed to continue all these threats, promises and hate propagation.

Dreig&Hyg ·

Onder die kommentare is daar altyd ‘n paar brawe “Rambos” en “Stoere Boere” wat sal “veg” en “baklei” en wat hulle eiendom gaan “afbrand” ensovoorts; maar oor die afgelope 25 jaar was daar nie een “Rambo” wat ‘n skoot waag skiet het of vorentoe gestaan het om homself aan te bied as Siener se “man met die bruin onderklere” nie. Dis altyd net ‘n gedreig en ‘n gespoeg van agter die “keyboard”. En dan ewe skielik besef hulle: dis beter om te emigreer. Want die dag wanneer daar ‘n Ratel pantser voertuig met ‘n LMG en 30mm kanon + gewapende troepe by jou huis opdaag – dan moet jy maar weet dat jou geveggie oor is.

anti vergrype ·

Amerika is nie my heil nie.
Dalk vir my kinders – maar ek gaan maar vasbyt – ek het ‘n sterk geloof dat wanneer die wat oor is na die groot uittog – dit die mense gaan wees wat die wa deur die drif gaan trek.
Ramaposa gaan nie so gou wil gesig verloor nie en ook nie sy miljoene nie – dit sal vir ons duidelik word deur om hom fyn dop te hou – wanneer ons wat moet doen.

positief ·

So , Dreig en Hyg,
Gaan jy ry of gaan jy bly?
Ek is nie van plan om te ry nie- ek sal gereed wees wanneer ek gereed moet wees en sal ook positief bly oor ons mense.
Ek sal koers hou.

AP van Schalkwyk ·

Kom ons draai die prentjie om en vra dat ons geagte president en sy maatjie mnr Julius om vir almal n voorbeeld stel net om te wys dat die kostelose grondvervreemding hulle erns is. Sal die twee menere die eerste wees om hulle eiendom sommer gratis aan die staat te skenk Die pres se plaas by Badplaas en Malema se huis in Polokwane)

Watas ·

Ons boere volk, praat te veel en doen te min en sukkel om bymekaar te staan soos die swart nasie.
Aangesien wit mense 80% van die land se eiendom besit en ek skat 90%daarvan is onder verband, moet ons saam staan en ophou ons verbande betaal, dink n bietjie daar oor as die bank dit sou terug neem,wat gaan julle dan met dit maak, wie gaan dit dan koop? Nie ons wit mense nie want ons gaan dit verloor, nie swart mense nie want hulle soek dit verniet.
Daar wird ook gese 70%persent van begiheids einaars is wit, le die swart volk/werkers af alamal op die selfde dag, die CCMA sal dan so besig wees dut sal maande neem om by almal uit tekom.
Boere doen die selfde “hou op” boer en skuld betaal, ons sal die ekonomie vinnig na sy knie toe bring.
Ek is nou moeg daar voor om die heeltyd gedreig te word dis tyd vir n bietjie push back

Cecilia van Zyl ·

Ek is n vrou wat weet dat dinge so verander het dat mens nie anders kan as om te twyfel in ons nuwe SA nie. Huidiglik se en doen Malema net wat hy wil en niks word aan hom gedoen nie? Die haat in sy optrede teenoor blankes is kommerwekkend. Hy praat van vrede maar terselfdetyd hoe mens die “wit man” kan seermaak? Dis jammer dat hy soveel toegelaat word want dit hits rassehaat aan. Ek het soveel moeite gedoen om my kinders groot te maak en te leer om respekvol te wees teenoor andere hetsy dit blank of nie-blank is en nou? Is ons almal nie veronderstel om te bou aan ons nuwe reenboognasie nie? Hoe kan jy bou met iemand soos Malema wat almal dreig en afbreek?.

Adriana ·

Ek stem saam Wat As maar om mense te kry om saam te staan is nogal n uitdaging.Ek sou graag wou weet hoeveel van die mense wat op hierdie artikel kommentaar gelewer het sal saamstaan oor jou voorstel?Kom ons kyk hoeveel antwoord?

Rynhardt ·

Die Anc gebruik Malema om die massas op te sweep teen wittes.Soos wat Malema optree klink dit asof hy klaar president is.Wittes sal moet saamstaan,want die Anc en Eff -ondersteuners glo dat wittes die grond gesteel het.Daar is n hele veldtog aan die gang om blankes te neutraliseer!Die staat sit met hope grond wat hy aan sy ondersteuners kan gee,maar hieroor bly die Anc en Malema tjoepstil!

anti vergrype ·

Dis nou 10 ure later – en jip – geen antwoorde op Adriana se beroep oor wat Watas gemeld het nie.

Amanda ·

ANC moet onthou hulle het Malema groot gemaak en hom alles geleer….hy is hulle produk. Wat die Landbou kolleges betref….wie gaan hulle moet leer……….vra maar net……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.