EFF dreig De Ruyter

Leiers van die EFF (Desember 2019) (Foto: EFF/Twitter)

Die hoofamptenaar van Eskom, Andre de Ruyter, het ʼn prokureursbrief van die EFF ontvang omdat hy na hul mening die Wet op die Bestuur van Openbare Finansies oortree het.

Die EFF is sedert De Ruyter se aanstelling uitgesproke teen hom gekant omdat die party meen ʼn wit persoon moet nie Eskom se hoofamptenaar wees nie.

In die prokureursbrief sê die EFF dat De Ruyter in antwoord op ʼn EFF-vraag in die parlement bevestig het dat hy vantevore maatskappye aanbeveel het wat hy meen doeltreffender werk vir Eskom kan lewer as wat tans die geval is.

Luidens die EFF se prokureursbrief het De Ruyter voor die komitee vier maatskappye genoem wat hy as moontlike diensverskaffers vir Eskom aanbeveel het, waaronder een wat kan help met die bepaling van skade aan drukketels by kragsentrales. In die brief haal die EFF die Wet op die Bestuur van Openbare Finansies aan, wat bepaal dat alle staatsbeheerde ondernemings vir die verskaffing van enige dienste gebruik moet maak van ʼn oop, mededingende tenderproses.

“Geen maatskappy kan voordeel trek daaruit dat hy ʼn gunsteling is van ʼn spesifieke amptenaar van ʼn staatsbestuurde instelling nie, of enigsins onder verdenking is dat hy ʼn hegte verhouding met so ʼn amptenaar het nie,” gaan die prokureursbrief voort.

Die EFF dring aan op ʼn persoonlike skriftelike onderneming deur De Ruyter dat nie een van die vier maatskappye na wie hy in die parlement verwys het, deur hom of enige ander Eskom-personeellid bevoordeel sal word by die toekenning van enige kontrak nie.

De Ruyter en Eskom het nog nie op die EFF se aandrang gereageer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

28 Kommentare

jongste oudste gewildste
Madz

IS dit toelaatbaar om ‘n paar krag-woorde te uiter op hierdie platform….??? Want dit is AL wat ek op hierdie oomblik vir MALema en sy trawante wil toesnou!

Spiekeries

Die EFF ken daardie reel woord-vir-woord omdat hulle en hulle kaders dit gereeld self oortree. Hoekom soek hulle altyd iemand saam met hulle agter die deur van bedrog en skandes? Ek vra maar net.

Willem

Die EFF moet ophou dreig en probeer om iets positiefs te doen

MAGRIETHA

Weet die eff hoe werk n ketel kan hul asb verduidellik voor hul praat hier gaan dit oor oorlewing die sisteem wat De ruiter van praat is baie goed dit waarsku jou onmiddelik as daar n lekkasie is en sodoende kan dit aggehaal word vir reparasies en groter skade kan verhoed word en ons krag kan sodoende aanbly of vinniger weer aanbly deur tyd te spaar en deur klein lekkie vinniger te herstel
hul noem dit preventitive maintanance wat nie meer bestaan nie

Scalla

Die rooi barette kry te veel media dekking en gebruik dit vir propoganda, ignoreer hulle.