EFF dreig om by ‘Kolwyntjie’-kleuterskool te betoog

Die foto is digitaal gemanipuleer om die kinders se identiteit te beskerm.

Die foto is digitaal gemanipuleer om die kinders se identiteit te beskerm.

Die EFF in Pretoria het ʼn kennisgewing aan sy ondersteuners gestuur om Vrydag by die sogenaamde “Kolwyntjie”-kleuterskool in Centurion bymekaar te kom om oor “rassisme” te betoog.

Die skoolhoof, wie se naam weens veiligheidsredes weerhou word, het aan Maroela Media gesê hulle is bewus van die dreigement en het die skool vir die dag gesluit en veiligheid daar versterk.

Die skoolhoof ontvang sedert Donderdag dreigemente dat die skool afgebrand of toegemaak gaan word nadat ʼn ouer ʼn foto op sosiale media gedeel het waarin dit lyk asof kinders volgens ras geskei is.

Die foto is van ses wit kinders wat saam by ʼn tafeltjie sit en kolwyntjies eet, terwyl ʼn swart 19 maande oue meisie alleen by ʼn tafel langsaan sit, skynbaar sonder ʼn kolwyntjie.

Volgens die hoof het een van die kinders by die kleuterskool Woensdag verjaar en haar ma het kolwyntjies saam skool toe gestuur.

Sy het verduidelik die betrokke meisie het saam met ʼn ander kind gespeel terwyl die ander ses kinders solank gaan sit het. Die onderwyser het hierna haar assistent gevra om die ander twee meisies na die tafels toe te bring. Sy het albei by die ander tafel laat sit, aangesien daar net plek vir ses kinders per tafel is. Net toe sy die foto wou neem, het die ander meisie begin huil, waarna die assistent haar opgetel het. Dit is toe dat die foto geneem is.

“As ʼn mens die foto vergroot, kan ʼn mens sien die meisie hou ʼn kolwyntjie in haar hand. Daar is egter nie versiersuiker op nie, omdat die juffrou dit afgehaal het, want die meisie hou nie van versiersuiker nie,” het die juffrou gesê.

Lees vorige stories oor die “Kolwyntjie”-kleuterskool op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

61 Kommentare

Connie ·

Moet ons alles volgens hulle standaarde doen. Wat het van demokratiese reg geword.

Afrikaner ·

Laat hulle kom hulle sal soos by die Bloemfontein rugby stadium ontmoet word

Magda ·

Ai tog, wie is die eintlike rassiste hier? Duidelik is die EFF se inligitng en aantuigings nie korrek, maar ons gaan dit al hoe meer sien. En… elke ouer het die reg om te besluit hoeveel en vir wie hy kolwyntjies stuur. Omdat ons egter opgevoed is en weet die kinders is nie verantwoordelik vir hul ouers se dade.. stuur ons altyd vir die HELE klas. Gee vir EFF klasse in opvoeding

Anoniem ·

Wat my die meeste ontstel van die hele debakel is dat ‘n ‘n SKOOL gesluit gaan word, ‘n eienaar gaan haar inkomste verloor, ‘n klomp kinders gaan sonder sorg wees en dit omdat EEN imbisiel van ‘n vroumens lus was om te “stir” Ek hoop van harte daai eienaar dagvaar daai vrou vir verlies aan inkomste en skade aan haar perseel.

Schalk ·

Anoniem. Dit is presies wat die ANC wil he!!Alles wat te wit is, en as n bonus nog Afrikaans ook is, sal vernietig word. En om alles te kroon jaag ons ou volkie met karre vol komberse, ietsie om te eet en drink na hulle toe. Intussen sterf ons mense daagliks,en sit in wit plakkerskampe. Ons moet dood eenvoudig alle hulp aan hulle stop, al wanneer wit goed genoeg is is wanneer ons hulle bakhande vol stop.

Johann ·

Weereens waar is die Botswanna ma wat nie skroom om self haar kind so bloot te stel? Kryip weg agter die ras perkie. En die vervloekste EFF…raas en blaas en gooi klippe. Kom ons kyk of die polisie wet en orde handhaaf as die EFF privaat grind en besigheid betree?

StopTheMadness ·

Die problem is nie rassisme nie, dit is die beheptheid daarmee wat aangespreek moet word.

Net Ek ·

Daar moet seer sekerlik ‘n video opname wees, plaas dit op sosiale media en bewys as. al die kaders verkeerd.

Kerneels ·

Wens die politieke partye wil ophou on ‘n rassis agter elke boom te soek en eder kyk hoe vir ons almal ‘n beter toekoms kan step.

Wat-ek-lees ·

Geen verduideliking sal die skroewe in die rasbehepte koppe regdraai. Dit wat hulle graag wil sien en hoor is al wat saak maak. Soos Anoniem sê “imbisiel” kan ek net byvoeg dat die klabek sonder siel is.

m ·

Snaaks hoe mense vinnig gevolgtrekkings maak oor ‘n foto sonder om eers uit te vind oor die agtergrond. Daar kan ‘n miljoen redes wees oor hoekom die foto so lyk, wat nie een te doen het met rassisme nie.

Gerhardt O ·

Let op die EFF kan slegs by sagte teikens (raskaart) betoog, in plekke soos Tembisa vroeer die week het hulle soos babatjies gehuil toe hulle hulle bietjie teen mede “burgers” vasloop.

Pierre ·

Hierdie is weereens die resultaat van verdraaide berig gewing. Dit is duidelik dat hier met politiek gespeel word om steun te verwerf, waarom nie eers seker maak van feite nie voordat daar tot hierdie stappe oorgegaan word nie. Hierdie is n kleuterskool waar klein kindertjies opgepas word, waarom paniek gaan saai onder kinders wat weerloos is.

hans brits ·

Belaglike eff wat haat al wat wit is.Iemand gaan hulle moet keer voordat dit te ver vorder.

Hannelie ·

Nou raak die EFF belaglik !!!! My vader dink hulle nie hoe gaan hulle die kinders traumatiseer nie? o ja hulle kan mos nie ver dink nie. More oormore moet die kinders sielkundige behandeling kry, want hulle is nie sulke BARBAARSE gedrag gewoond nie. ASB EFF gaan werk eerder as om klein kindertjies die harnas in te jaag met jul getoi-toi.

Deon ·

Daagliks word blankes deur anderskleuriges besteel en vermoor. Ek dink dit is tyd dat dit ook aan die groot rasiste klok gehang word.

deon crous ·

As hulle hul voete daar sit sal ons hulle verwyder hulle soek vir iets wat kon gebly het.

Mev de Beer ·

Die dogtertjie wat so eenkant sit is onskuldig en verstaan niks van kleur of ras nie, Sy is ‘n klein kindjie met ‘n hartjie en ‘n siel. Dit maak my hartseer as ek na die foto kyk, hoe moet die kind dit verstaan? Die situasie mag dalk verkeerd gesien word, een foto kan nie die waarheid vertel nie. Maar ek hoop regtig dat dat mense kindertjies regverdig behandel, ‘n kind bly ‘n kind, ongeag!

Deon ·

Nee nee wag nou Anne , ek glo Mev het die hoodlf se kant gelees maar sy het die ma se kant OOK gelees. Punt. Daar is twee kante.

anne ·

Deon miskien moes die ma eers die skoolhoof genader het en na haar kant vd storie geluister het want volgens berigte hoor en sien ons nou net die ma se kant. Soos jy se daar is twee kante van ‘n storie.
Ek sou beslis die ma gedagvaar het.

RetroSue ·

Ek stem 100% saam. Dit is hartseer on haar so alleen te sien sit. Kom ons hoop maar dat die skoolhoof se storie die waarheid is en dat daar nie teen ‘n klein onskuldige kindjie grediskrimineer sal word deur iemand in wie se sorg sy gelaat is nie. Dit sal net uiters wreed wees.

Piet Pompies ·

Dit is teen die wet om foto’s van kinders te neem sonder die ouers se toestemming en dit dan op sosiale media te plaas. Ek sien MM ken die wet deur die kinders se gesiggies onherkenbaar te maak. My punt is dat die fotograaf of die persoon wat die foto geplaas het op sosiale media ‘n siviele eis van die kleuterskool kan verwag.

Marind ·

Ek stem 100% saam Deon. Die EFF moet eerder dit nie waag om by daardie kinders en Kleuterskool te gaan probeer moeilikheid maak nie. Ek kan nie dink dat ons wereld so belaglik
en gevoelloos geword het nie. Het hulle geen gevoel vir kinders nie. Ek hoop daardie eienaar
van die Kleuterskool gaan daardie ma dagvaar vir alles wat sy en haar personeel nou moet
deurgaan. Waar is daardie Botswana ma nou. Hoekom nou eweskielik stil. Kom uit en se vir die publiek jy het jou naam @@@@ gemaak en ‘n gevaar vir oorsaak vir klein onskuldige kindertjies.

Ouma ·

Ek gaan seker nou weer uitgehaal word, maar volgens my kan daar meer as 6 kinders om daardie tafel sit – dit is nie los stoeltjies nie. Ipv 3 aan elke kant, kan 4 sit! Hul kon die 2 ekstra dogtertjies by die ander laat sit het, anders op die gras in die sonnetjie! Moet nooit ‘n kind uitsluit nie – dit is die klein goedjies wat permanente skade veroorsaak.

M A ·

Laat ons maar sien of Maroela my antwoord gaan plaas (99% van my kommentare word of nie geplaas of afgehaal, al is dit heel onskuldig – lyk my hulle teiken jou e-pos adres). Ek dink ook daar kon meer kinders by die tafels sit, selfs op stoele aan die punte. Die foto lyk regtig baie rassisties en dis jammer dat dit geplaas is. Ons het regtig nie sulke voorvalle in ons land nodig nie. Vonk in die kruitvat.

CAB ·

Ek wil sien hoe pas 8 kinders teen mekaar op so n tafel. Nie net gaan dit n stampery wees die hele tyd nie een van hulle sal def ongelukkig raak om so beknop te wees. Wat is die skool se rugelasie as dit kom by eet? rotines hou.. BV as jy eet sit jy by n tafel… Bv net 6 om n tafel.. Ja die foto lyk hartseer en dis nie reg om n ander kind uit te sluit nie. maar moet daardie kind nou die hele tyd in die middle geplaas word? ek het ook al n foto gehad waar my kind heel eenkant staan, nou waste afleiding moes ek daarvan maak? of was die foto net op die verkeerde tyd geneem? Regtig as jy nie kan agter kom wanneer jou kind hartseer is by n skool nie??
En EFF moet nie ons kinders blootstel aan julle onluste nie,, julle sal dan sien wat kom uit die Afrikaners uit…

Lourens ·

Wonder of die Botswana ma se papiere om in Sa te wees korrek is miskien moet immigrasie dit ondersoek ?

Irah ·

Kan ons ‘n sekondere betoging gaan hou omdat die EFF idiote is….

Jo ·

Ag tog Ouma asb! Daai verstaan ons lankal – ‘n kind is ‘n kind maak nie saak watter kleur nie en ons met opvoeding en Christen-harte verstaan die gedeelte. Dis egter nie wat hier aangaan nie!

se ma net ·

Ons sit nie ons kinders in Soweto se kleuterskole nie en niemand se niks daarvan nie……………….? Vir “ouma” wil ek net vra aan wie se kant is jy nou eintlik die EFF?

Mixi ·

Ek sou daardie mamma hof toe sleep vir nie net naamskending nie maar rassisme asook saak beskadiging en die geit dat sy moontlik die ander kindertjies se gesiggies nie verdoesel het toe sy die fototjie aan loop stuur het nie oortreding van n minderjarige se privaatheid. Seaai hierdie saak om terwyl jy kan juffrou.

janneman ·

Hoekom kry ons nie die details van die klaagster en maak haar ook rasend bang met oproepe en dreigemente nie…..,n saak het mos 2 kante, en laat ons dan sien of sy n spreekbeurt gaan kry of ook soos die skoolhoof eenvoudig ignoreer word

Mixi ·

Ek stem! Die ma het net n geleentheid gesien man om moeilikheid, amok en n stukkie onverdiende beroemdheid te skep ( gee kans haar naam sal nog “gehighlight” word as kamp vegter). Ten koste van wie….

Elize ·

Asb. Betoog as julle wil betoog maar doen dit op ‘n ander plek en NIE voor of naby die kleuterskool nie. Die kindertjies daar weet nie van rassisme nie en nou wil julle hulle almal die skrik op die lyf jaag. Die EFF het ‘n IK probleem.

Louise ·

Hi mense, het julle sulke klein kinders.
Hier kon paar goed gebeur een van hulle is so klein as wat daai mensies is so onskuldig is hulle.
Juffrou kon miskien se kom sit en almal hardloop en gaan sit en glo my die kinders weet nie VAN RASISME nie. Hulle gaan sit waar hulle wil speel met wie hulle wil en se wat hulle wil.
Want n kind verstaan nie. Die dogtertjie eenkant kon ook net gevoel het sy is nou glad nie lus vir klomp lawwe maats wat so baie praat nie. Miskien het daar regtig meer kinders ook aan die ander tafel gesit het wat opgestaan het.
Kinders veral so klein het nie n IDEE van kleur of enige iets nie. Hierdie lyk inelkgeval na n vinnage skoot en nie om enige iemand doelbewus seer te maak nie.
As dit veronderstel was om n groep foto te wees ander saak, maar hierdie lyk vir my meer oor slegte intensies van iemand wat n kamera gegryp en geneem het, niemand kyk eers vir die kamera nie. Ai mense hou op rasisme SOEK en prober moeilikheid maak onodig.

Maryke ·

Wonder as dit een wit kindjie was wat alleen gesit het of ons dit ook oral op internet sou lees. My seuntjie sit baie alleen op sy eie en eet, want hy is ‘n alleen siel.
Wie is nou eindelik deesdae die grootste rasiste?

Louise ·

En nog n ding die mense met sulke klein kindertjies, hoeveel keer kom julle by daai kleuterskool aan wat jou hart breek as jy daai kleintjie van jou eenkant sien en huil.
Moeg gespeel en klaar met maats. Ek kan nie kwaad wees vir almal om my nie.
Want ek weet sy is haar eie mensie en sy gaan doen wat sy op daardie stadium goed dink.
Dis nie lekker nie. Maar hulle het hulle eie stories en maniere en hulle kan hoe ookal baklei more het hulle heeltemal vergeet waaroor dit gaan.

Candice ·

wat as ons wit mense gaan betoog by swart skole waar daar nie wit kinders of wit juffrouens is nie??? Hulle almal moet oor hulself kom, gaan werk en hou jouself flippen besig! dalk as hulle almal ophou om te betoog en als af te brand sal die land eintlik werk!!!!! Hou op met die nonsens!! dit maak ons en ons kinders naar!!!! Kry n lewe!!

Rip van Winkel ·

Stem saam jou Candice, daar is eintlik nie ‘n storie nie, net ‘n spul verdraaide en misplaaste opportunistiese propaganda! Die EFF het so min om te bied dat hulle elke strooihalmpie wil aangryp om hul onnoselheid ten toon te stel. Die ware rassiste is is die toi-toiers wat niks anders het om te doen as om die massas op te sweep om fasiliteite te vernietig en brand te stig nie-ons wetsgehoorsame burgers raak nou g…vol vir hulle!

Johan ·

Daar is fotos klaar op sosiale media wat die ronte doen waar die kinders se gesigte nie uit geblur is nie…..ek sal daai ma dagvaar…..en hof toe sleep……pleks dat sy eers die hoof eers gaan sien het……..

Candice ·

as mens die waarheid praat word jou goed nie geplaas nie! ek het niks rasisties gese nie en nie gevloek nie net die waarheid geskryf!

Irene ·

Daar is swart mense wat kinders na wit skole stuur vir ordentlike opvoeding en hul skole staan leeg hiekom nue tekere gaan omdat hulle nie swart onderwysers vir hul kinders gee nie eff

hans ·

LUR Lesufi het ook die Roodeplaat Curro skool hoof en Curro bestuur intimideer oor sogenaamde rassisme,maar ongelukkig het hulle voor die dreigemente/intimidasie geswig. Nou wil EFF dieselfde doen. Alle bystand/ondersteuning moontlik moet aan die kleuterskool hoof gegee word.

vermeende ·

Hierdie is niks anders as politiek nie. Die ANC moet rassisme en apartheid weer laat herleef om steun te kry en nou probeer die EFF ook coin.
Byt net vas.

Lance ·

Snaaks die wat die hardste skreeu rasisme is die grootse rasiste

Stephany ·

Hi julle.

dit is nogal hartseer dat die klein dogtertjie alleen by n tafel sit. dit bly n kind. en as dit ons kind was sou ons ok reageer het maar sou dit nie rassisties genoem het nie en op nuus bladsye gesit het nie. maar dit met die kleuterskool self uit gaan sorter.

willem ·

Woorde kan nie beskryf hoe moeg ek vir die mense se rassisme stories nie. Stuur haar dan na n engelse skool waar sy maatjies van haar kleur en taal sal he en hou op orals indring

vernon ·

By the way – ek dink nie sy is van Botswana nie. Hulle is beter opgevoed daar.

'n Ma ·

Wat my bekommer is dat hulle by ‘n kleuterskool wil betoog!?! Wetende dat “betogings” selde vreedsaam is. Hoe kan enige regdenkende volwassene by ‘n kleuterskool wil betoog en die kleintjies so traumatiseer? Gee nie om wat die rasse of taal meerderheid is nie. Kinders bly kinders.

Jammer dat die misverstand en ongelukkige sameloop van omstandighede so uit verband geruk is.

Rip van Winkel ·

Kom ons vra Afriforum om hierdie hele (onnodige) onaangenaamheid onder die loep te neem sodat reg kan geskied teenoor die kleuterskool wat nou so onregverdiglik in die kalklig gestel word-die hele besigheid is belaglik en wanvoorgestel! Hemel tog, waar het die foto so skielik vandaan gekom!

Rina ·

Dis so ironies hulle wil van al die witmense ontslae raak, maar wil net hul huise en besittings he. Die dorpe wat hul nie gebou het, moet bly. in 20 jaar wat hul die land regeer, is daar niks wat hulle gebou het nie, en dit wat hul gebou het het inmekaar getuimel. Ons land is n groot grap.

antonie ·

ek maak beswaar teen maroela, my laaste berig op n ander nuus gebeurtenis is glad nie geplaas nie, daar was geen ‘rassistiese uitsprake’ of enige nie – PC kommentaar, net die waarheid

Meisie ·

Die ma het mos nou van die begin af geweet dat die mense Afrikaans is? Nou gaan sy seker hoeveel duisend van die mense eis vir rassisme en omdat haar kind nou so sleg behandel is.Dit gaan hier lankal nie meer oor die kind nie , maar wat die ma hieruit kan kry , sy voel `n veer wat sy aan haar kind doen!! As sy enige ma se gat was , sou sy die saak openlik met hulle bespreek het en as sy nie tevrede was nie, kon sy die kind na `n ander skool gevat het.Afrikaans en wit kinders loop mos nou hand aan hand!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.