EFF dreig om self boer in hegtenis te neem

Mbuyiseni Ndlozi. Foto: Twitter

Mbuyiseni Ndlozi. Foto: Twitter

Die EFF dreig om self ʼn boer van Limpopo wat die party van poging tot moord verdink, in hegtenis te neem.

Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, het gesê die party eis dat Michael Touloum onmiddellik in hegtenis geneem word. Hulle beskuldig Touloum daarvan dat hy die 23-jarige Simon Mmetli in sy been geskiet het.

Volgens Ndlozi het Mmetli hout aangedra op ‘n plaas in die Duiwelskloof-gebied toe Touloum hom glo geskiet het. Mmetli is glo ʼn skoonmaker by ʼn laerskool in die omgewing. “Simon is op 12 Januarie na die Mankweng-hospitaal oorgeplaas en sou geopereer word om die koeël uit sy been te haal, maar die operasie is uitgestel weens sy lae bloedvlakke.”

Ndlozi het gesê ʼn saak is op 6 Januarie teen Touloum by die Modjadjiskloof-polisiestasie aanhangig gemaak. “Die voorval het reeds op 4 Januarie plaasgevind, maar die polisie het Touloum nog nie in hegtenis geneem nie. Ons sowel as die polisie weet waar hierdie wit rassistiese man bly en as hulle hom nie in hegtenis gaan neem nie, sal ons dit saam met die gemeenskap doen en seker maak hy word aangehou.”

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie ondersoek sake van poging tot moord en diefstal. Volgens Mojapelo beskuldig Touloum vir Mmetli daarvan dat hy ʼn bloekomboom wou steel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

67 Kommentare

Alida ·

O ne sommer net so !!! Wie dink hy nogal is hy. En dan noem hy sommer dat ‘n wit rassistiese boer is. Verwaande vent !!!!

Fred ·

Dit is nie ‘n boer nie maar Griekse sakeman. Bekende ANC donateur en goed bevriend met sekere senior polisie in die provinsie.

sharon ·

Dit raak al meer bisar. EFF kan maak wat hulle wil en die res moet hul monde hou. Wat v hul rassistiese optredes en opmerkings? Dis niks?

Boetman ·

Nogal dieselfde klomp wat hand om die blaas met die DA’s slaap.

Rocky Bell ·

Boetman, hou op snert verkondig! Eish party ma se kinners darem. So oningelig!

Boetman ·

Nou ja toe Rocky Bell – my ma se ek is reg – wat wil jy my vertel van die koalisies in PE, Pretoria en Johannesburg?

Jd ·

Stem saam met Boetman die DA is die ANC se boetie in vermoming. Ten minste met ANC en EFF weet jy wat om te verwag die DA weer sal sy ondersteuners gou in die rug steek sien dit in ons wyke sal nooit weer vir hulle stem nie

Simon ·

As polisiereservis van ca 25 jaar gelede is private inhegtenisname nog altyd n moontlikheid.
Uit oefening daarvan moet moet baie omsigtig gedoen word.
Boendoe hof vigilantes optrede egter onwettige.

Poot ·

Simon
Burgerlike inhegtenisneming kan slegs geskied wanneer die oortreder op heterdaad betrap word.

Jem ·

Wat het die Michael in elk geval op die boer se grond gesoek. Ek sien dit as n dreigement van die EFF om te se hulle weet wie die boer is en waar hy bly. Die EFF moet sterk berispe word sodat hulle ophou om hulle neusie in die Polisie se ondersoek te druk. Dit is totaal onvanpas.

Alida ·

Hy noem in die media dat dit ‘n wit rassistiese boer is maar ons mag nie elke dag van die jaar noem dat swart mense ons weerlose ou mense se kele afsny nie.

m ·

Aangesien hulle so ywerig is moet hulle sommer moordenaars van boere ook begin aantree.

Inge ·

Mens weet nie wat regtig gebeur het nie, maar jy skiet nie iemand oor ‘n bloekomboom nie. Dit is belaglik. Die boer moes ‘n bietjie verder dink, regtig. Nou sit hy met onnodige moeilikheid. Ek se ook nie hy moes dit net los nie, maar hy moes dit op ‘n ander manier hanteer het.

AL ·

Al sou die boer die onwettige betreder net vuil aangekyk het, sou die EFF nog steeds n helse bohaai opgeskop het. Hulle is millitant en kan nie die boere verdra nie. Dis tyd om jul oe oop te maak en nie geflous word nie.

Rina Coetzee ·

Ongelukkig sal ons nou ook nie weet wat hierdie boer daartoe gedryf het nie. Miskien maande en jare se uittarting? Daardie bloekomboom was tog op sy eiendom en sekerlik vir sy eie gebruik gereserveer?

Christa ·

Bly jy op ‘n plaas. Weet jy hoe word ons boere getart en uitgedaag. Hy is baas op sy plaas. Vervolg oortreders anders boet jy met jou lewe. En niemand vind dit rassisties. Hoe hartseer. Ons wil neti n vrede lewe.

Poot ·

Inge
Die boer se weergawe is nog nie aangehoor nie. “Kom ons steel en word betrap op n perseel……val die eienaar aan en jy word geskiet”. Nou skielik is die oortreder die slagoffer.

Hanna ·

Inge, help my verstaan watter ander maniere daar is om dit te hanteer?
Vir al wat ons weet is die helfte van die boer se bloekombos al wegedra. ‘n Bos wat dalk a wind breker dien?
Dalk met die plaaslike hoofman gaan praat en aanbied om bome te plant wat hulle dan sustainable kan gebruik vir vuurmaakhout?

Bets Roos ·

Die EFF en ANC kan doen en se wat hulle wil en ons moet net stil bly anders is ons rassisties???? Wie is nou groter rassiste as hulle? Hou op om ons blanke Boere wat sorg vir kos op almal se tafels te vermoor! Begin om iets konstruktiefs met julle lewens te doen en hou op om ons boere en blankes te vermoor!

Bruce ·

Waarom dreig diet EFF nie om die moordenaars wat die boere so wreedaardig uitgemoor ook inhegtenis te neem nie.
‘n “Wit rasis” skiet ‘n swartman in die been, wat gebeur met die “Swart rassiste ” wat wit boere een na die ander op hulle plase uitmoor?
Of is dit deel van die grond hervormings proses?

AL ·

Die EFF dik gewoonlik baie aan om die beste dramatiese effek te kry. Ons weet ook dat hul glad nie goedgesind is teen boere nie en probeer om mense te intimideer. Daarby is indoktronasie teenoor naiewe swart mense hul kos.

Chris Ws ·

‘n Sambok sou dalk die gepaste wapen gewees het maar met vandag se wette sou die boer steeds in die pekel beland het al het hy net vinger gewys(voorvinger!) na die man want selfs dit tel as aanranding.Die wette is stilletjies en stelselmatig gewysig om die krimineel te beskerm.Maw deur die anc vir die anc.

Louise ·

Die boere sit met ‘n ernome probleem met die wat sommer net kom houtkap op hul plase!! As hulle dit met een toelaat is die volgende stap seker plaas besetting??? Sal jy toelaat dat die bome in jou erf afgekap word vir vuurmaakhout? Nee jy sal nie. Die beginsel is presies dieselfde. Hy was onwettig op die boer se grond en het sy hout gesteel!! Die EFF is uiters arrogant met hul uitlatings! Neem eers die in hegtenis wat 2 oumense se kele afgesny het, dan praat ons weer oor die ou wat hout gesteel het!

Bruce ·

‘N “wit rassis” skiet ‘n swartman in die been. Hy word onmiddelik veroordeel en skuldig bevind deur die EFF.

Waarom dreig die EFF dan ook nie om die “swart rassiste” wat die wit boere so wreedaardig uitmoor nie ook inhegtenis te neem nie?

Of is dit deel van die grondhervormings proses?

Denise ·

So hy het kom hout vat en die waarskuwings skoot het hom in die been getref !!!!!! Ek kan tog nie sommer in my buurman se eiendom gaan en sy hout vat nie????? Dan oortree ek sy eiendom en sy privaatheid!!!! En soek dan vir onenigheid of hoe????

Penellope Jones ·

Neem dan asseblief tog diegene in hegtenis wat die boere en ander inwoners van ons land so vermoor, dankie.

botterblommetjie ·

Dit raak nou erg gevaarlik om wit te wees en enige iets, van selfbeskerming, verdediging of enige woord wat effe klink na ‘n moontlikheid van rassisties en nie eens pers verf op gesigte mag sit nie. Ons blankes of nie EFF en ANC lede, sit werklik in ‘n moeilike posisie. Ons kan en mag niks sê of doen nie… Ons blankes is bang, onseker en verward. Mense word linge en regs van dinge beskuldig(hoe belaglik ook al) en dan is jou lewe in gevaar, jy verloor jou werk en tot jou eie nasie verban jou, want hulle is bang. Jy kannie werk kry nie, al het jy ondervinding en/ of kwalifikasies. Jy kan nie kontrakte vir werk kry nie. Hoe gemaak…. Baie blankes begin gesinsmoorde en selfmoord pleeg, want watter ander oplossing is daar…. ons sukkel om te immigreer, tog wil hulle ons uit die land hê, maar bemoeilik dit… Ons magnie afrikaans praat nie, Godsdiens word weggevat uit skole, ons mag letterlik nie meer onderwysers aanstel nie, universiteite, skole, kerke als. word gekortwiek.. WAARNATOE? HOEGEMAAK?

Penellope Jones ·

Dalk moet mens kop in die sand druk, en net aangaan.
Ons kan nie gaan le nie, dit is wat hulle wil he.

EK ·

EK HET IDEE. ONS BOU “BERLYNSE” MUUR EN DEEL DIE LAND IN DIE HELFTE. DAN KAN HULLE HELFTE VAN DIE LAND OP BOU AFBREEK EN MAAK NET WAT HULLE WIL. EN ONS KAN DAN ONS HELFTE WEER OP BOU. IS SEKER NIE REALISTIES NIE, MAAR KAN WERK.DAN HET HULLE MOS HULLE LAND TERUG WAT ONS GESTEEL HET .

RFod Coleman ·

En ek is oortuig dat die res van die “boere” maar net sal kyk en stilsit sonder om n vinger te roer…behalwe hier op sosiale media. Rede is die ou Afrikaner houding: Solank dit nie met my gebeur is dit nie my probleem.

botterblommetjie ·

Wat kan mens doen….?? Behalwe kommentaar lewer onder skuilnaam… As mens iets int die publiek sê is jy jou werk en als kwyt..!! Hoe werklik gemaak…..????? Doen jy iets daadwerklik?

JC ·

Afriforum/Solidariteit, TLU, Agri-SA gryp in asseblief, as die mense enigiets sou probeer!!
ASSEBLIEF!!

tom ·

Wil net weet het hy nie die boer aangeval en die boer n waarskuwing skoot afgetrek nie En betreding en hout diefstal is nog steeds n misdaad.Hy kan bly wees hy lewe

botterblommetjie ·

Die misdaad hier is jy het ‘n nie-witte geskiet… Dit is al.

Trac ·

O! En wat van die kangaroo courts? Hoekom is hulle nie gearresteer nie deur die klomp hypocrites? O wag! Ons weet hoekom.

Pietser ·

Die boer moes seker klein bloekomboompies aangeplant het want bloekombome sou nogal moeilik wees om te steel oor die algemeen.

Donovan ·

Ek dink die manne van “Kommando watch” moet n afvaardiging stuur om die boer te beskerm met daai R300 000 se painball guns wat hulle gekoop het…

Rynhardt ·

EFF, as jy iemand inhegtenis wil neem, neem jou leier inhegtenis wat nooit vervolg was vir belastingontduiking, geldwassery en rampokkery nie.Sodoende doen die EFF iets sinvol.

Roeloff van Rooyen ·

Eerste wil ek net dankie se aan Maroela Media oor die nuusberig nadat ek julle gister n epos gestuur het oor die saak.

Tweedens dink ek dit is die boere in daardie omgewing se plig om die boer veilig tehou omdat die EFF honde n mes vir hom inhet nou. En asb mense daar is nie meer n ding soos geregtigheid in hierdie land nie. As ons nie vir ons self begin sorg en na mekaar kyk as n volk nie gaan ons net meer en meer in die hoek in gedruk word. Die regering gee nie n veer oor ons nie.

lw ·

Netso! Saamstaan! Ons bly lankal nie meer in n sprokiesverhaal nie! Vrees jy hul, vertrap hulle jou en raak hul sadisties.

matie willemse ·

Ek wil gou iets regstel. Michael Toulou is ‘n Cypres en RSA burger, hy besit 50% van Duiwelskloof, 50% Tzaneen, eiendomme landwyd en plase, Hy is nie ‘n blanke boer nie maar wel ‘n suksesvolle sakeman wat gewerk het vir wat hy het. Ek bly in |Duiwelskloof, ek weet waarvan ek praat. Hy het wel noue bande met topstruktuur van die ANC, so niks sal hom oorkom nie, dankie. EFF los die blanke boer uit, jul sal jul gatte sien sonder ‘n spieel!!!!!

Ronel ·

In die tyd waarin ons leef kan jy nie iemand vreemd op jou grond laat rondloop nie, dit is nie veilig nie dis beter om jou self te verdedig

Asb tog ·

AG asseblief, as ons almal wat ons DINK goed uit ons huise gesteel het en moorde op mense beplan het in hegtenis moet gaan neem, gaan 4 miljoen mense NOU die strate moet invaar en arrestasies doen. Julle is so belaglik, regtig. Die EFF rule die land. Die boer is rassisties wat ‘n swart ou in die been skiet maar die oumense wat wreed in ROLSTOELE afgemaai word, keelaf gesny word deur anderskleuriges en met messe gesteek word is maar net ROOF en MISDAAD ne? As ek nou mooi na die storie luister het die man HOUT GESTEEL?

Realis ·

Soos n vorige person genome het is die betrokke person nie n blanke boer nie maar wel n Griekse kafee eienaar met n lang geskiedenis van ANC ondersteuning asook befondsing. Hy besit wel plase ook. Hy was ook in die nuus in 2010 toe hy n stuk grond buite Duiwelskloof gekoop het vir n appel en ei en nog voor die ink droog was op die koop kontrak dit weer verkoop aand die plaaslike ANC beheerde dorpsraad vir 14 miljoen rand……………………..

As hierdie n normale blanke boer was sou hy al lankal ge-arresteer gewees het en in tronk gegooi gewees het………..omdat hy almal in sy sak het raak niemand aan hom nie. Hoop van harte hy kry wat hom toekom……………………………….

gatiep ·

Baie intresante nuus wat jy gee Realis dankie. Maak sin wat jy se ek het gewonder hoekom hy nog nie aan n paal opgehang was nie.

Pietser ·

So ons moet eintlik die EFF prys in hierdie geval. Net vir die rekord – Grieke is ook blank sover ek weet (hulle het net ‘n gesonde tan).

miv ·

Mense, kom ons hou liewer op om mekaar te verguis en op te stook. Gebed is die enigste uitweg en ‘n opdrag van God Drie-Enig. Laat ons saam staan en vir die boer BID!

Realis ·

Dankie Gatiep, dit is wat dit is. Ek se weer, jy sou op elke koerant se voorblad en seker op TV ook dit gesien het as dit n gewone blanke boer was. N gewone blanke boer sou dadelik ge-arresteer gewees gewees het en in tronk gegooi word. Sy wapens sou ook almal gekonfiskeer geword het. Ek twyfel of iets hiervan sal kom……………………

Boertjie ·

Steel is steel of dit nou hout is,n tv n motor maak nie saak nie.Jykan nie net by n winkel in loop en hout op tel en loop nie, wonder wat sal gebeur as ek by die mense wat hout verkoop langs die pad stop en begin laai en nie betaal nie!!! Hulle gaan my seker soen groet!!!

Manie ·

Ai foietog. Wil die klomp kriminele nou ewe skielik geregsdienaars speel

Antz ·

Lol, dalk het hy hom met n windbuks geskiet. Ons ken absoluut geen van die feite nie…

DS ·

Was hulle maar so pro-aktief om die boere se moordenaars OOK in hegtenis te neem maar hoekom sal hulle?? As hulle oor paar jaar sonder kos sit omdat daar geen boere meer is nie wonder ek of hulle nog so paraat gaan wees

Valie ·

EFF, probeer daardie arrestasie doen. Dit sal nogal interessant raak..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.