EFF dreig om Zuma weer hof toe te sleep oor OB-verslag

Pres. Jacob Zuma en adv. Thuli Madonsela

Pres. Jacob Zuma en adv. Thuli Madonsela

Die EFF het pres. Jacob Zuma gewaarsku hulle sal hom hof toe sleep indien hy nie aan die voormalige openbare beskermer se aanbevelings in die staatskaping-verslag voldoen nie.

Thuli Madonsela het in haar staatskaping-verslag aanbeveel dat Zuma ʼn kommissie van ondersoek aanstel na die bewerings.

Zuma het egter Woensdag in die Nasionale Vergadering gesê niemand kan die president beveel om ʼn regterlike kommissie van ondersoek aan te stel nie en nog minder om die hoofregter te vra om ʼn regter aan te stel om die kommissie te lei.

Regskenners het vroeër gesê Zuma kan Madonsela se verslag teenstaan, aangesien die Grondwet sê dit is die president se prerogatief om kommissies van ondersoek aan te stel.

Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, sê egter dit lyk asof Zuma niks geleer het uit die konstitusionele hof se beslissing vroeër vanjaar dat hy aan Madonsela se verslag moet voldoen oor die Nkandla-sage nie.

“Soos wat ons Zuma gekry het om aan die Nkandla-verslag te voldoen, sal ons hom kry om ook aan die nuutste verslag te voldoen.”

Volgens Ndlozi het Madonsela dit in die verslag duidelik gemaak die hoofregter moet die hoof van die kommissie van ondersoek aanstel, aangesien Zuma deel was van die ondersoek.

“Hierdie aanbeveling is gegrond daarop dat daar nooit verwag is dat ʼn geregtelike kommissie aangestel sal word om die president self te ondersoek nie, terwyl die grondwet bepaal dit is die prerogatief van die president,” het Ndlozi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Moenie EFF miskyk nie ·

Jis die EFF het darem vinnig opgang gemaak en is oral sigbaar en dreig hier en dreig daar, almal vrees hulle skielik. Een dag pleit hulle bankrotskap en armoede, die volgende dag het hulle genoeg geld om almal howe toe te sleep. Hulle word al hoe meer aangehoor en al hoe meer mense steur hulle aan die ou klein groepie wat nou skielik ‘magtig’ geraak het. Al die studentebetogings is deur hulle geinisieer, en hulle was suksesvol. As hierdie man nie op ‘n manier gestop word nie, gaan hy die hele land en plase laat brand.

Cherokee ·

‘Soos wat ons Zuma gekry het om aan die Nkandla verslag te voldoen, sal ons hom ook kry om aan die nuutste verslag te voldoen.’ …

….so ploeg hulle ook met ander man se kallers.

gatiep ·

Die ouens wat die meeste probleme veroorsaak in die land wil vir Zuma aankla.
In die normale wereld waarin ek grootgeraak het sou dit baie belaglik geklink het.Een van die dae kla die krimmenele ons aan omdat ons ons self beskerm.

dina ·

Maroela waar is die berig oor die juffrou wat gekaap en aangerand is? Waarom is dit so vinnig verwyder?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.