EFF dreig Unisa oor gratis onderrig

Ofentse Fanon Moema, voorsitter van die EFF se studentevereniging by Unisa (Foto: ANA)

Lede van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) by die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) het Vrydag gedreig dat die instelling sy deure sal moet sluit as gratis onderrig, “wat lukraak deur pres. Jacob Zuma aangekondig is”, nie ingestel word nie.

“Ons is hier om gratis onderrig te kry soos hulle beloof het. Selfs die Grondwet van Suid-Afrika en die Vryheidsmanifes verwys na onderwys. Ons sê ons is hier, ons is swart, en selfs net op daardie meriete alleen verdien ons gratis, gehalte en dekoloniseerde onderrig,” het Ofentse Fanon Moema, voorsitter van die EFF se studentevereniging by Unisa, gesê. Hy het buite die geslote Sunnyside-kampus met verslaggewers gesels.

“Ons is in gesprek met die waarnemende visekansellier en die registrateur [prof. Michael] Temane. Hulle is ook hier. Die studente sê hierdie persone moet aanspreeklik gehou word. Ons wil gratis onderrig hê.”

Honderde voornemende Unisa-studente het Vrydag buite die kampus saamgedrom. Verskeie polisiebeamptes het die besige Justice Mahomed (Walker/Charles)-straat voor die gesluit terwyl die groep jongmense al hoe meer ongeduldig geword het en frustrasie toegeneem het.

“Die gratis onderrig wat genoem word, is vir ons net ʼn storie wat deur die media en so aan bevorder word. In praktyk is ons hier. Op die eerste dag van registrasies verlede week Woensdag, het die universiteit reeds uitsmyters ontplooi om ons te kom hanteer en ons te takel, omdat hulle eenvoudig weet dat hulle nie gratis onderrig by Unisa kan instel nie,” het Moema gesê.

Hy het gesê kommer oor studente wat ʼn stormloop sal hou tydens instap-registrasies is nie ʼn bekommernis by een van die grootste hoër instansies in die wêreld nie, omdat die saak al vorige jare goed hanteer is.

“Studente staan jaarliks in rye om aansoek te doen en te registreer. Miskien is ʼn stormloop ʼn krisis by ander voltydse universiteite. Dieselfde studente was verlede semester ook hier in die ry. Wat hulle nou doen, is nie ʼn nuwigheid nie. Die stelsels werk só dat, selfs al doen jy by die huis aansoek, moet jy nog steeds hierheen kom en in ʼn ry kom staan. Jy moet die aanbod in persoon kom aanvaar, hier by die universiteit,” het Moema verduidelik.

Zuma het in Desember aangekondig dat die Suid-Afrikaanse regering van 2018 ten volle gesubsidieerde gratis hoër onderwys aan “arm en werkersklasstudente” sal bied. Die regering sal oor die volgende vyf jaar sy subsidies aan universiteite van 0.68% na 1% van die BBP verhoog, soos aanbeveel deur die Heher-kommissie van Ondersoek oor hoër onderwys en opleiding, het die presidensie in ʼn verklaring gesê.

Wat betref openbare universiteite, “as ʼn gevolg van die beduidende verhoging in subsidie aan universiteite, sal daar geen klasgeldverhogings wees vir studente uit huishoudings wat tydens die 2018 akademiese jaar minder as R600 000 per jaar verdien nie”, het die presidensie in daardie stadium gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Penellope Jones ·

Liewe genugtig. Zuma en EFF het hierdie land wraggies nou in die grootste van grootste gemors gedompel!

Sprakeloos. ·

Wie de %$*#@ is die EFF? hoe kan hulle afbreek, opstook, dreig en kwaadspraak pleeg, en nie een lid van die regering se of doen iets nie.Is die EFF die ANC se derde mag? Die EFF se en doen net wat hulle will, en kom weg daarmee. HOEKOM?

Mathilde Sterkenburg ·

Dit het tyd geword om aan hierdie mense te verduidelik dat Engels die koloniale taal is. Dus moet hul ophou Engels in almal se kele af te forseer!!!

Andrea ·

Presies! Dis my reaksie sodra daar oor dekolonialisering gepraat word. Dis goed, kom ons bespreek dit.. maar nie in Engels nie. Dan val die gesprek plat…

TDW ·

Eff: “Ons is swart. Dis ‘n meriete. Gratis studies. Gedekoloniseerd. Nou!”
Ek lag maar net vir hierdie dwase mense. Beter om te lag as al die ander dinge doen wat in mens se kop opkom as jy hierdie gemors lees.

snoefie ·

arme ofentse. hy weet nie hulle kan dekoloniseerde onderwys net by inisiasieskole kry nie. onderwys is ongelukkig n gekoloniseerde konsep. nog ongelukkiger vir arme misleide ofentse is dat inisiasieskole peperduur is

Eish ·

Ek wonder of die jafels hulself glo?
Gedekolonialiseerde afrosentriese onderwys…
Waarskynlik n nuwe logika waar die voorvaderlike embarming rigtinggewend is.
Natuurlik ook n nuwe logika, waar die een plus een nie noodwendig twee is nie, maar die antwoord ontvou waar die weerlig slaan.
Sowat van loutere propagering van belaglikheid het ek nog nooit teëgekom nie.

LMF ·

Sopas op ons sektorradio gehoor eff lede is gesit om die winkel sentrums te ontwrig hul is nou oppad na wonderboom en onderstepoort weet nie wat is hul agenda nie

LR ·

Onderwys, engels, ekonomie, sport, fabrieke, vervoer, kapitaal, banke komersiële landbou investering noem dit maar op. Omtrent alles is koloniale konsepte.

Hans ·

Ongelooflik dat so n klein groepie mense toe gelaat word om duisende mense se lewe en toekoms te ontwrig.

Hans ·

Ongelooflik dat so n klein groepie mense duisende mense se lewe en toekoms te ontwrig

Anton ·

Kan iemand asseblief die graad benaming van gedekolonialiseerde graadstudies en die modules waaruit dit bestaan vir my in n lys saamstel? Ek sukkel ook as ek my brein daarom probeer vou wie nou eintlik die prof’s en lektore gaan wees wat die arme bloedjies dit gaan leer plus uit watter handleidings gaan hulle werk. Ek skat vir eerstejaars sal daar gebruik gemaak word van Graad R handboeke!

N Lourens Reitz ·

Uitstekend hier kommentaar gedoen Eish en snoefie.Ek sal so graag wou sien dat Ofentse Fanon Moema dit moet lees!

Daan ·

Onthou net om by Unisa te studeer het jy verstand nodig sonder dit gaan daar n probleem wees.

Elvira Bothma ·

Waars jy nou Zuma. Jyt beloftes aan mense gemaak en nou doen hukle N ET wat hukle wil.

Verbaas ·

Skies vir die vlg engels: Decolonization is defined as the act of getting rid of colonization, or freeing a country from being dependent on another country.

Ons as SA is nie afhanklik van enige land, wanneer gaan sekere lands genote die begrip in konteks reg verstaan…

Meeste van ons sukkel om ons kinders te laat gaan swot.

Dis omdat ons land in die gemors gedompel is omdat sekere lands genote TE ongeletterd is om die korrekte betekenis van woorde in konteks te wil/kan gebruik nie.

Ons kan slegs hoop, bid en vertrou. Ons as boertjies moet eenboudig net weer leer hoe om saam te staan, ipb om mekaar so te verraai.

Freud ·

Ek wens iemand wil vir my verduidelik wat decolonised education is…..

Wilma ·

Besef hul dat net n klein minderheid van blan kes R50000 per mnd verdien.

Dissie ·

Jong, krap ek nou kop. Is die hele doel van die beïndiging van apartheid nie gewees om “racial equality” te bewerkstellig nie? Waar trek ons nou? Is die swart ras nou superieur dat hulle gratis tersiëre onderrig kan kry? Daardie studente was geensins beïnvloed deur apartheid nie.

Ekke ·

Ok…nou kry almal gratis onderrig. Almal kry grade en diplomas. Wat gaan dit help? Werk is baie skaars, ongeag jou kwalifikasies. In ons dorp het soveel nywerhede hul deure gesluit. Die ekonomie sukkel. Wat gaan n graad hul help as daar nerens meer werk is?

CHRISTA ·

Gaan hierdie klomp wat als so gratis wil hê na kwalifisering GRATIS werk – vir TEN MINSTE die tydperk wat hulle GRATIS STUDEER HET?

Flintstone ·

Selfs kostelose studie by UNISA sal nie vir die klomp in die rooi hoede help nie.

Reti ·

En die stomme Unisa se grade word minder en minder werd. Unisa onderwysers word huistoe gestuur van Qatar en omstreke. Foeitog. Graad gaan nét soveel beteken as SA matriek. Boggerôl.

Flintstone ·

Iemand wat ‘n opvoedingsinstansie dreig,is nie in staat tot opvoeding nie.

pieter ·

In die apartheids jare het ons nie eers gratig onderrig gekry nie. Daar was skool fonds wat elke jaar betaal moes word.

Regtig ·

En hoe gaan al daardie “voornemende studente” deurkom as hul nie eers “common sense” het nie? Hul gaan seker almal deurgesit moet word en so hul grade kry, anders gaan hul weer betoog, klip gooi, en miljoene rande se skade aanrig!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.