EFF-dreigemente by Brackenfell veroordeel

Mense raak slaags buite die Hoërskool Brackenfell in Kaapstad. (Foto: ANA)

Die DA veroordeel voortgesette dreigemente deur die EFF en inmenging deur die party by Hoërskool Brackenfell ten sterkste.

“Ná winkels aan die brand gesteek en geplunder is oor ‘aanstootlike advertensies’, en versoeke dat uitvoerende hoofde hul ondernemings volgens hul wil moet bestuur, dink die EFF nou hulle het die reg om te beheer hoe burgers privaat funksies bestuur,” het Bonginkosi Madikizela, Wes-Kaapse leier van die DA, in ʼn verklaring gesê.

Dit volg ná betogings deur die EFF buite Hoërskool Brackenfell oor ʼn privaat geleentheid wat van die skool se matrikulante gereël het – ʼn geleentheid wat nie enigiets met die skool te doen het nie. “Bykomend tot dié absurditeit, eis die EFF nou dat die skoolhoof afgedank word.”

Maroela Media het vroeër berig die EFF het Vrydag al na die Hoërskool Brackenfell opgeruk ná foto’s van matriekleerders van die skool by ʼn sogenaamde matriekafskeidgeleentheid ʼn herrie op sosiale media veroorsaak het. Net wit leerders het glo die geselligheid bygewoon.

Die betogers was Maandag weer by die skool, waar private veiligheidswagte, inwoners en ouers hulle ingewag het.

Net soos talle ander skole in Suid-Afrika moes die skool sy matriekafskeid kanselleer weens Covid-19-beperkings. “Die Wes-Kaapse departement van onderwys het soortgelyke privaat funksies aangemoedig. Dié partytjie is deur ʼn groep van 42 leerders en hul ouers gereël uit ʼn matriekklas van 254. Die partytjie het niks met die skool te doen gehad nie. Dit is ten volle gefinansier en gereël deur die betrokke ouers en leerders,” het Madikizela bygevoeg.

“Privaat geleenthede het niks te doen met enige politieke party nie. Dit is verstommend dat die EFF glo hulle kan by die skool opdaag en betoog en leerders en ouers tydens die eindeksamen (of enige ander tyd) dreig.”

Madikizela het gesê dit is betreurenswaardig dat sommige lede van die gemeenskap hierop reageer het. “Gewelddadige konfrontasies sal nie enige rasionele analise bevorder nie – dit is iets wat vandag meer nodig is as ooit in Suid-Afrika. As ons mense wil verhoed om die reg in eie hande te neem, moet die polisie hul werk doen. Dit was die werk van die polisie om die EFF se onwettige byeenkoms buite ʼn skool te voorkom en die betogers te laat verdaag.”

Vuyani Pambo, woordvoerder van die EFF, het intussen in ʼn verklaring gesê die party veroordeel die aanvalle deur “gewapende wit rassiste teen EFF-lede wat ʼn vreedsame betoging gehou het”.

Pambo het gesê daar is ook, sedert 1994, nie ʼn enkele swart onderwyser by die hoërskool aangestel nie.

“Hierdie terreur-aanvalle sal nie onbeantwoord bly nie. Die EFF sal op Brackenfell toeslaan en seker maak dat niks bedryf kan word nie. Al die wit rassiste wat ʼn onbeheersde drang het om die beweging van swart mense te bestuur, en te bepaal waar ons mag en nie mag gaan nie, sal die nederigheid geleer word soos wat ons die rassiste in Senekal geleer het,” het Pambo bygevoeg. “Hulle het ons gedruk, en nou moet hulle voorberei om harder teruggedruk te word. Die EFF sal met al sy strukture gesels oor die pad vorentoe.”

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het intussen gesê die ANC-regering kyk te lank reeds anderpad terwyl die EFF en sy leierskap uit hul pad gaan om rassekonflik in Suid-Afrika te veroorsaak. “Vanoggend se gebeure by die Hoërskool Brackenfell was die jongste voorval waar gemoedere tot op ’n mespunt gedryf is.”

Groenewald het gesê dit is onaanvaarbaar en ironies dat die EFF, wat geen geheim maak van sy wrewel jeens boere, wit mense en Afrikaans nie, morele waghond probeer speel oor die Afrikaner en geweldsdreigemente gebruik as metode om sy doel te probeer bereik.

“Vanoggend se gebeure herinner aan dié van 2018 by die Hoërskool Overvaal in Vereeniging toe die EFF gewelddadige protesoptredes gehou het oor die toelating van Engelssprekende leerlinge in die skool. Die VF Plus is bly dat gemoedere vanoggend by die Hoërskool Brackenfell nie oorgekook het nie, maar sekere mense het wel handgemeen geraak en die polisie moes ingryp om die ouers en die EFF uitmekaar te hou.”

Hy meen dit is net ’n kwessie van tyd voordat hierdie soort optrede tot ’n tragedie gaan lei.

“Die VF Plus het al by herhaling in die parlement gewaarsku dat hierdie soort rasse-opstokery nie onbepaald kan voortduur nie. Dit is soos om met vuurhoutjies in droë gras te speel waaraan daar tans ’n oormaat in Suid-Afrika is juis vanweë die EFF se opruiende optrede en haatspraak, aanhitsing van geweld en intimidasie.”

Die regering sal moet ingryp voordat dit te laat is. “Die feit dat daar nie opgetree word nie, skep duidelik die indruk van stille goedkeuring aan die kant van die ANC.”

Bongiwe Mbinqo-Gigaba, voorsitter van die portefeuljekomitee oor basiese onderwys, het ook die betoging en geweld veroordeel. Sy het versoek dat kalmte by die skool sal terugkeer.

“Ek dink dit is belangrik vir alle partye om te onthou dat die graad 12’s reeds met hul eindeksamen begin het. Dit was reeds ʼn uiters uitdagende jaar vir die klas van 2020 weens die uitbreking van Covid-19 en die ontwrigting van die akademiese jaar. Hulle het nie bykomende spanning van gewelddadige betogings nodig terwyl hulle op die eksamen probeer fokus nie.”

Mbinqo-Gigaba het gesê die skool het homself reeds van die matriekpartytjie gedistansieer en gesê die geleentheid is deur ouers gereël.

“Rasse-segregasie in skole en skoolgeleenthede het nie ʼn plek in Suid-Afrika nie. Ek neem kennis van die teenstrydige berigte oor wie die geleentheid gereël het. Ek het die Wes-Kaapse departement van onderwys versoek om die saak te ondersoek.”

Indien die ondersoek bevind dat enige beamptes, insluitend onderwysers, by die geleentheid betrokke was, daarvan bewus was, of die geleentheid goedgekeur het, sal stappe teen hulle gedoen word, het sy bygevoeg. “Ek doen ʼn beroep op alle ouers en ander partye om nie die reg in eie hande te neem nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

Susan ·

Die EFF moes maar eerder gaan skool bywoon het ipv dans voor die skool …….nie een van hulle is juis slim nie…….

Termiet ·

Susan, hulle het die škole afgebrand wat hulle moes bywoon.

Persheks Adri ·

Is dit huh? “gewapende wit rassiste teen EFF-lede wat ʼn vreedsame betoging gehou het”. Nou hoekom loop die EFF’ers nog rond en doen die polisie NIKS nie? In Senekal het ons tande gewys ons het nie gebyt nie. Julle is vlak in die dak man pffft. Ek wonder wie is die grootste rassiste en ja die regering se stilte sê baie!

Alta Alleman ·

Gewapende wit man wat skote afvuur sit in die tronk. Malema vuur ‘n geweer af in die publiek en hy is ontasbare. Welkom in die nuwe wonderlike Suid Afrika.

Punisher ·

EFF en vreedsame betogings in een sin is nou voorwaar ‘n klomp snert hulle weet nie eers wat vreedsaam beteken nie

Paul ·

Nou kom DA minister van onderwys en hulle premier en sè ouers moet nie konflik veroorsaak verduidelik dit vir my so weer DA stem NOOIT

Werner ·

DA is nog altyd n klomp hanskakies hulle moet almal gelukkig hou.Die kamstige veroordeling van plaas aanvalle is net om stemme te werf.Hulle weet hulle gekkef beteken niks.

Boertjie ·

Die laaste paragraaf het betrekking. Volgens wat ek verstaan beteken dit indien enige onderwyser selfs net geweet het dat die kinders hulle eie partytjie gaan hou, is daardie onderwyser in die moeilikheid. Dit is, om die minste te sê, belaglik verby. Maar nou ja, mens kan niks anders verwag van die sogenaamde regering van hierdie land nie.

Andre ·

Dus enige partytjie of private funksie moet eers vooraf veseker dat die rassesamestelling gaan klop met die regering se voorwaardes ????? Het ek dit reg ?? Nee wat nooit gedink dat iets so belagliks so groot chaos kan veroorsaak nie.Net in die land.Die EFF ken nie die feite nie en gee ook nie om nie.Hulle wil net die witman verneder.

AH ·

Dit sal dom wees van enige witmens wat verneder voel André. Trots is eerder wat hulle moet voel. Trots op die wit vel wat vir soveel onmin verantwoordelik is net omdat daar so baie is wat begeer om wit te wees en nie kan vrede maak met wat hulle in die spieël sien nie.

Flip ·

Dit is wat gebeur wanneer mense gewoond geraak het om alles verniet te kry. Nou wil hulle selfs ongenooi na n privaat partytjie gaan met die gedagte dat hulle daar alles te eet en drink verniet gaan kry. En dan natuurlik nog weg dra na die tyd ook. REEL JULLE EIE PARTYTJIE of kan julle net optogte reel?

Leon ·

Die optrede van die polisie was uiters swak
gewees. As hul hul werk gedoen het kon hul maklilk die geweld voorkom het en verdere geweld wat nog kan kom ontlont het. Dis duidelike die offisier in bevel het nie die vaardigheid of kennis om so n geval te hanteer nie.

LANA is ELANè ·

Als wat die EFF doen is volgens my direk vanuit ANC geledere net om die aandag weg te lei van hul korrupte aktiwiteite waarmee hulself tydig en ontydig besig is.
Die EFF is die ANC se eie maaksel wat anargie moet aanhits.
Ek was nog nooit weer in enige Clicks winkel nadat hulle die knieg gebuig het vir die EFF nie, het my lus as gereelde koper vir hulle verloor.
Hierdie skool moet asb nie dat die EFF hulle nou ook boelie tot oorgawe en sodan die skoolhoof uit sy posisie forseer nie.
Dit raak belaglik waarmee die EFF in ons sg demokrasie wegkom!

Paulvj ·

Hier kom groot dinge, want wanneer wittes iets reel, is dit rassisme en wanneer die swartes iets reel is dit hul human rights. Ek hits niks aan nie, maar weereens is n visioen van Siener besig om bewaarheid te word. Hy het gesê dat rassisme sal opvlam en dat dit onkeerbaar sal word. Talle pogings sal aangewend word om dit te stop, maar sonder sukses. Nie my woorde nie, maar Siener sin.

Dirk Mostert ·

Nou weet ons wat om met EFF betogings te maak. Lekkerrr! Waar is die volgende een?

Andre ·

Dit is duidelik die EFF nog baie moet leer hoe “n demokrasie werk of hulle het eenvoudig net nie die vermoë om dit te doen nie . Hoe kan jy as 42 leerders uit 254 besluit om “n private geleentheid te reël (dit kon ‘n braai) gewees) wat absoluut niks met die skool te doen het nie,, nou eis dat jy ook genooi moes gewees het. Hoe arrogant kan jy wees en omrede jy wit haat ,, waarom met hulle geassoieer wil wees. Reël jou eie funksie of is dit te moeilik. Graag wil hoor as dit aan sy woordvoerder gestel word

Casper ·

Die EFF verklaar dat hulle nie rassisties is nie maar veg teen rassisme.Was die Senekal moord hulle manier om rassisme hom te slaan.? Die EFF was by die skool om konflik te veroorsaak en nou pleit hulle onskuldig.Ja dit was indirek veroorsaak deur die polisie wat die opgetreë het teen die onwettige belonging nie.Is hulle bang vir die EFF.Pambo se uitlating oor Senekal laat my wonder of plaasmoorde deur die EFF gereël word.Daar is mos lankal sprake dat Malema betrokke is by hierdie euwel daad.Die onderwysdepartement het privaat funksies aangemoedig.Mevrou Gigaba,hierdie was ‘n heeltemal privaat aangeleentheid wat jy nie mag verbied nie.Jy kan ook nie voorskryf wie genooi mag word nie.Van jou opdrag vir ‘n ondersoek sal niks van kom nie.Woon jy nie partytjies by nie,woon jy nie privaat gesselighede by nie.

Saartjievandiebosveld ·

Hulle…die EFF is die mismaaksels van die ANC…
The only thing they are good at…is destroying and destructing. They are disgraceful.

Snowball ·

So van nou af, sal onderwysers kwalik geneem word as hulle weet van partytjies wat ouers privaat reël waar die raskwota nie die samelewing weerspieël nie? Gek verby! Sal skole nou komitees moet stig om privaat funksies se gastelyste te monitor?

Hennie J ·

En nou se ‘ rammetjie’ (dis nou our people se baas) dat hulle die reg op protesaksie het en dat niemand die reg het om hulle te stop nie. So by my kool!
Met so n sienswyse kan mens nie anders as om weer die eerste vier reels van die lied van jong Suid Afrika te resiteer nie:

“en hoor jy die magtige dreuning
oor die veld kom dit wyd gesweef
die lied van n volk se ontwaking
wat harte laat sidder en beef”

D ·

Ek dink dit was tyd ek is trots op die ouers wat daar vasgestaan het en gese het nie hier nie broer my kind is nie jou slaansak nie ons leef in n tyd waar ons vir ons self moet opstaan want die so genoemde staat en SAPS is duidelik in die eff se sak ek wat n verkragting survivor is van 3 swart mans onthou hoeveel hulp hulle aan my gebied het ek moes maar self regkom Maar hoe se hulle ons sal self en ek het daarom sal ek trots afrikaans bly en ek se dankie vir die mense wat opstaan en se kom ons sal ons man staan TROTS AFRIKAANS

Tinker ·

Die eff doen net wat die anc vir hulle se om te doen. Dit gaan lankal net oor die wittes uit die land dryf deur dit so onaangenaam as moonlik te maak. Uit te moor en uit te lok totdat hulle die hele land het en dan gaan krimpeer in hulle eie elende.Nie een van daai eff ondersteuners weet ooit wat dit is om te werk nie.

Connie ·

Dit was n privaat geleentheid wat n ouer vir haar kind gereel het, wat soek die eff daar, hulle het kom akkies soek dis al. Hulle dink ons moet net stil bly en spring as hulle praat. Ja en natuurlik gaan daar nou net wittes op gesluit word vir geweld REGTIG. Tsjek eff anc da en al jul ” our people”maaitjies.Ek sal in my lewe nooit vir die da stem nie. Ons is gatvol vir julle almal, maar ons het n groot Vader wat saam ons staan, ons moet net op ons kniee bly dat Hy ons sal help en dra deur hierdie moeilikhede in die verotte SA.

Anoniem ·

Connie jy praat die waarheid. Ons moet nou die vraag vra: “Hoekom hou die blanke die nuwe SA vlag omhoog? Dit is dan mos die vlag van die ras wat ons haat.”

Objektief ·

Soos ek verstaan was dit n privaat funksie wat deur die bywoners geborg is. Kan die EFF nie verstaan dat as jy nie na n privaat funksie genooi is het jy geen reg om dit by te woon nie.

Soos gewoonlik het Malema die situasie gedraai om politieke kapitaal te skep en die DA en die ANC is soos gewoonlik weer bang vir Malema en probeer polities korrek te wees in plaas daarvan om vir hulle te verduidelik dat hulle nie welkom was nie want hulle was nie genooi nie.

Maar ons almal weet nou al dat daar sekere dele van die anatomie ontbreek by Cyril en die EFF Lite se leierskap

Danie ·

Doodreg, stille goedkeuring aan die kant van die anc.
Gewapende wit rassiste?
Ek het heelwat videos gekyk ek het nerens wapens gesien nie?
Dit is in elk geval onmoontlik om common sense in die eff se koppe te praat of om ‘n situasie aan hulle te verduidelik want hulle ken net van skreeu skel en vloek om hul onnoselheid weg te steek.

Cornelius ·

Die ANC se onwilligheid om teen die EFF se rassistiese en gewelddadige optrede op te tree is net verstommend en laat n mens wonder wat agter dit sit. Is die EFF nou die ANC se geheime hand wat die plaas moorde,besetting en gebeure soos by die skool bestuur en “orchestreer”.

Vanessa ·

Ek persoonlik voel die EFF moet op hul plek gesit word. Hulle skep ‘n swak indruk oral waar hulle kom. As ek ‘n toeris was sou ek my voete nie in Suid-Afrika gesit het met alles wat in die land aangaan nie.

Ons is SIEK vir die EFF wat oral moeilikheid maak en dit dan nog wil regverdig en voorgee hulle is onskuldig. As ek dit nie mis het nie was daar nie net wit ouers wat die EFF verjaag het nie.

DIT WYS MY DAT SUID-AFRIKA GENOEG GEHAD HET VAN JULLE!!!!!!!

Eddie ·

Die EFF moet besef daar is nie medikasie vir blatante onnoselheid nie !

Louise ·

Almal het uitnodigings gekry. Die funksie se prys was R500 per persoon. Dit het venue, kos, dekor, ens ingesluit. Dit was jou en jou ouers se keuse om te betaal of nie. Punt. En moenie vir my sê dit gaan daaroor dat dit net die wit mense was wat dit kon bekostig nie. My man het by ‘m skool gewerk en dis die mense wat met die nuutste modelle Mercedes motors hulle kinders afgelaai het wat gesê het hulle kan nie skoolfonds bekostig nie. Vra maar ENIGE persoon wat admin doen by ‘n skool. Die “mind set” is eenvoudig “ons wil alles verniet hê.”

RS ·

Vreedsaam?? Weet hulle wat dit beteken? Seker sit en KFC saam vreet ja.

LiveAndLetLive ·

Die EFF soek duidelik redes waar daar nie redes is nie om amok te maak en voor te gee dat blankes hulle steeds onderdruk en dat blankes rasisties is – dit is egter glad nie die geval nie.
Hoekom hy mense in SA so graag wil verdeel behoort rede genoeg te wees om hom uit politiek te verwyder.

Vanessa ·

Daardie skoolhoof het niks met die saak uit te waai nie. Hy was nie eers betrokke by die matriekafskeid nie. Bepaal julle by jul eie skole. Julle ruk oral die dam onder die eend uit. Die hoof bly net waar hy is!!!!!!!!!!

Ek kan nie glo die EFF is so arrogant dat hulle dink ons gaan toelaat dat hulle inmeng in ons persoonlike lewens (wat en wat ons nie mag reël en doen ens.) nie. Don’t push it!!!!

gatgogga ·

Mense, ons moet geen geleentheid laat verbygaan om vir Julias te herinner aan sy wit prokureur nie. Hy vertel vir sy volgelinge om nie wittes te ondersteun nie, maar wanneer dit sy eie bas raak, dan soek hy die beste. Hy het ‘n taktiese fout gemaak, en hy is in die verleentheid. So moenie toelaat dat dit vergeet word nie. Bombardeer hom en sy EFF by elke geleentheid op sosiale media.

Janee ·

Altyd soos ‘n klomp miskruiers (en daardie storie ken ons)..

Anoniem ·

As dit ‘n privaat geleentheid was, hoe het die ander skoolkinders daarvan te hore gekom?

Genis ·

Die EFF moet eerder matriek prober maak, voor hulle moelikheid wil maak… Ek wonder waar huur hulle hul skare, dom soos grond… Dis tyd dat almal opstaan teen die klomp Terries, genoeg is genoeg.. En ou Cyril “Silence is violence”, hulle doen al jou vuilwerk, en jy is stil… Dit is n refleksie op jou.

Jakes ·

Dit wil voorkom of die regering blatant weier om die EFF te veroordeel oor hul opstokery en waansin teenoor witmense. Malema blyk vryheid te he om te doen net wat hy wil en waar hy wil. Verder mag hy ook se wat hy wil. Ongelukkig vir hom en sy party sal dit nie gebeur nie.

Tersia ·

Vuyani Pambo, woordvoerder van die EFF, het intussen in ʼn verklaring gesê die party veroordeel die aanvalle deur “gewapende wit rassiste teen EFF-lede wat ʼn vreedsame betoging gehou het.

Hulle veroordeel die aanvalle? Wat soek die EFF daar? Die ouers probeer net hulle kinders en skool beskerm teen ‘n spul hooligans wat, in die eerste plek, nie daar hoort nie .

Marianna ·

Ek wonder net hoe het die EFF van die privaat partytjie uitgevind?

AH ·

Dit is so absurd dat ek skaars woorde het. Ek het nog nooit in my lewe ongenooid na enige funksie gegaan nie. Aangesien dit privaat is, is dit niks minder as reg om te bepaal wie jy gaan nooi en wie nie! Ek was nog nooit na enige EFF partytjie genooi nie en dit skeel my min, want ek wil nie iets met hulle te doen hê nie. Ek verstaan dus nie die bohaai nie. Die EFF wil niks met blankes te doen hê nie, so wat wou die “ongenooides” in elk geval daar gaan maak? Kwaad stook?? Is hulle egos so broos dat hulle so ‘n bohaai maak oor ‘n partytjie wat hulle nie eens voor sou wou betaal nie? Hoe moelik kan dit wees om hul eie partytjie te reël en te geniet saam met VRIENDE? Oningelig en onbeskof, dit is die EFF en hul aanhangers …

Lindsay ·

Aaai die EFF beteken net moeilikheid,hulle soek net redes om rassisme aan te wakker soos met daai hare advertensie…hoekom gaan werk hulle nie soos gewone mense nie?lyk my hulle almal het i klomp klein breintjies

Tino ·

Net oor dat die rooi hoedjie verdagtes nie matriek het nie mag ander nou ook nie matriek slaag nie?

Waar is al die wit aanstellings in die sart rassistiese skole en dpartmente sedert 94?

Hoekom nooi die swart rassiste nie die wit mense na hulle funksies toe nie?

Erika ·

EFF het dit mos regekry met clicks insident….Hoe meer hulle kwaadwilligheid aanhits en daarmee wegkom hoe meer Arrogant raak hulle … Terwyl die ANC vanselfsprekend nie n vinger sal verroer nie..omdat hulle van die selfde verrotte boom af kom terwyl sulkes “Demokrasie” verteenwoordig
Mense het reg om Privaat Funksie te hou wat hulle self georganiseer het Sonder Absurde Politieke inmenging van enige Party En dit is jou goeie reg om te nooi wie jy wil
Dit is nogal ironies Die Wat Hardste Rassisme skree is die grootse rassiste
En boonop maak n Lee blikkie die meeste Geraas..

Anel ·

Hulle kerm oor ‘n privaat partytjie waarna hulle nue genooi is nie. En dan kerm hulle omdat daar geen swart onderwyser is nie. Maar hoeveel blanke onderwysers hou in swart skole skool? Wie wil vir hulle skool hou? En hoekom mag die hoof of onderwysers nie PRIVAAT funksies bywoon nie? Wat verstaan malema nie van privaat nie? En hoekom moet onderwysers aan die departement verslag doen as kibders partytjies hou? Het die spul niks anders om hulle mee besig te hou nue? En hiekom loop malema nog vry rond? Hoekom is hy nig nie gearresteer nie? Hy wakker terrorisme aan, en cyril sê niks!!! Wat se afleiding kan ons maak? So keelvol vir al die nonsens.

Tsek! ·

Vreedsame betoging nogal….met knop-kierries en stokke….right….!

Berdine ·

Ek is nou net mooi gatvol vir die stupid EFF. Hulle dink hulle rule die land want wat hulle ookal doen hulle word net oor die vingers getik en hulle kom weg daarmee. Dis absoluut nonsens.

Nico ·

As my buurman ‘n geselligheid by sy huis hou, moet ek dan ‘n protes optog hou omdat ek nie genooi is nie, dit is kleinlikheid en kinderatigheid om so op te tree. Wie is hierdie Malema is hy ‘n godjie wat sê spring dan moet daar gevra word hoe hoog, ek luister vir God die Vader alleen. Mense, ons baklei nie teen vlees en bloed nie maar die bose magte en die heersers van hierdie tyd: Efese 6:12. Wees soos ‘n arend vlieg hoër, en wanneer ons blankes iets wil doen moet ons die Here betrek met ons planne.

Santa ·

Die EFF is die wat die plaasmoorde doen deur te sê hulle sal ons leer soos die van Senekal so wie is hulle om dit te mag doen en te sê en hulle kom niks oor nie dis uiters haatspraak en dreigemente so wie is eintlik rasisties alles draai nie om die EFF nie daai kama leier moet wakker skrik

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.