EFF eerder kaal as sonder oorpakke

Julius Malema, leier van die EFF, op 21 Augustus 2014 buite die Nasionale Vergadering Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Julius Malema, leier van die EFF, op 21 Augustus 2014 buite die Nasionale Vergadering Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Die EFF sal kaal in die Nasionale Vergadering verskyn indien hulle verbied word om hul kenmerkende rooi oorpakke, rubberstewels en huishulp-uniforms te dra, het The Star Maandag berig.

Julius Malema, leier van die EFF, het aan die koerant gesê sy party sal nie instruksies van die parlement aanvaar rakende kleredrag nie. “Ons gaan dit [oorpakke] dra,” het hy gesê. “As hulle dit nie soek nie, sal ons die oorpakke uittrek en kaal loop, as dit is wat hulle wil sien, dan sal hulle dit sien.”

Die parlement is besig om verskeie regulasies vir die Nasionale Vergadering te verstewig, insluitend LP’s se kleredrag. Richard Mdakane, voorsitter van ʼn subkomitee van die reëlskomitee, het gesê hulle hoop om die regulasies teen einde volgende maand te finaliseer, aldus The Star.

Malema het openlik die voorgestelde wysigings verwerp, aangesien dit moontlik tot gevolg sal hê dat die EFF LP’s hul werkersdrag sal moet ruil vir ʼn meer formele voorkoms. “Ons gaan nie soos koloniale meesters aantrek nie… ek dra ʼn oorpak, dit is skoon en ek stink nie,” het hy aan The Star gesê. “Ek ruik eintlik beter as baie van die mense wat pakke dra.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

anet ·

Ai Monica ek lag saam met jou, en glo my wat ‘n spektakel sal dit wees. Gewoonlik dra hulle stringe krale wat die nodige bedek.

anet ·

Dankie Willie, ek sien jy weet van die krale stertriempies, dit bedek net die voorste gedeelte.
Dalk verras hulle ons met Leeuvelle en Jakkals-sterte
Heerlike Humor so op ‘n blou Maandag

Genoegisnoublerriegenoeg ·

Ai amper kots ek nou!!! nou wie wil hierdie swine of enige iemand nude sien?? beslis nie ek nie!! Hoog tyd dat hy groot word. Hy soek net aandag. Om te dink daar was meer as 1,000,000 mense wat vir hom gestem het…… so dom soos hulle leier.

r ·

Dommer as dit kan mens nie kry nie elk instansie het orde & reels skoolkinders kan nie soos punks skool toe gaan nie. Die EFF ontwrig die parlement en dis nou groot mense wat so redeneer

Anton ·

Malema het mos gesê hulle sal die land onregeerbaar maak………………….lyk my ons is op pad soontoe.

Linda ·

Wat ‘n belaglike storie.Hulle het Nie EERS respek vir die parlement NIE , wat ‘n groot verskil van Jare terug ,toe daar nog Respek was !! Helfte van die sittings is meeste se slaaptyd. Help ons tog met sulke gemors.Ek Weet nie of die ‘speaker’ enigsins iets gaan verrig nie,Al wat sy se is ‘ORDER PLEASE’ en verder net mooi niks.

Bosvark ·

Dit is Jan van Riebeeck se skuld dat hulle moet klere dra en rooi oorpakke is hulle keuse. So los hulle liewers voor hulle kaal loop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.