EFF eis dat munisipale skuld afgeskryf word

EFF-lede hou 'n optog na die munisipale kantoor in Polokwane. Foto: Chester Makana/ANA

EFF-lede hou ‘n optog na die munisipale kantoor in Polokwane. Foto: Chester Makana/ANA

Honderde lede van die EFF het Woensdag ʼn optog na die munisipale kantore in Polokwane gehou om ʼn petisie te oorhandig waarin hulle eis dat pensioentrekkers en werklose inwoners se agterstallige munisipale rekeninge afgeskryf moet word.

Jossy Buthane, EFF-LP en die party se provinsiale sekretaris, het gesê die inwoners sukkel om hul munisipale skuld wat al meer ophoop te betaal. “Die munisipaliteit moet alle water- en elektrisiteitsrekeninge van pensioentrekkers, werklose mense en huishoudings waar kinders aan die hoof is, kanselleer,” het Buthana buite die munisipale kantoor aan ʼn jubelende groep pensioentrekkers gesê wat hom vergesel het.

Volgens Buthane is die munisipaliteit se water- en elektrisiteitsrekeninge buitensporig en inkonsekwent. “Julle moet weet dat hierdie munisipaliteit nie net korrup is nie, dit is verrot,” het Buthane gesê. Hy het beweer die stadsraad het steeds nie ʼn munisipale bestuurder aangestel nie weens politieke inmenging.

Mike Mathebe, die EFF se leier in Limpopo, het gespog dit sal die laaste optog van die EFF as opposisieparty wees aangesien die party aan die hoof van die plaaslike regering sal staan na afloop van die munisipale verkiesing in Augustus. “Ons hou vandag ʼn optog vir die tweede keer aangesien hulle nie die eerste keer op ons memorandum gereageer het nie. Maar hulle moet weet, volgende keer sal hulle ʼn optog na ons toe hou,” het Mathebe gesê.

Van die betogers het beweer hul munisipale rekeninge het binne ʼn maand van ʼn paar honderd rand na duisende rande gegaan. Hulle het ook gesê hul navrae aan die munisipaliteit oor die hoë rekeninge word net geïgnoreer en wanneer dit nie betaal word nie, word hul water en elektrisiteit afgesny.

Sinah Tjale, die munisipaliteit se burgemeesterskomiteelid van paaie, het die memorandum ontvang en belowe om op die inwoners se klagtes te reageer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Grap ·

En dan verval die munisipaliteit in totale anargie wat om nie te betaal vir dienste is nie ekonomies volhoubaar nie

Oupa Hen ·

En die SAR (Suid Afrikaanse Regdenkendes) eis dat daar betaal moet moet word vir dienste.

MCS ·

As die meeste van die munisipaliteite nie die gelde so in hul agtersakke gestop het nie ,dan was hulle nie so in die gemors! Dink hul werklik Eskom gaan se, koebaai maraai! Eskom is net so geldgiereg en soek sy pond vleis! En ons die arme burger moet maar uithaal en betaal! In hierdie land is die meerderheid te gewoond om als verniet tekry , ons demand mos!

christine ·

Ja en die EFF dink hulle sal beter doen, Julius hier kom jou nuwe huis van miljoene terwyl die mense wat vir jou stem op jou sypad by jou hek sal slaap onder n koerant in die winter. Vir die ANC wil ek maar net se julle het gesaai maai nou maar. Dis Al

Hep ·

En more is daar weer protes optogte oor dienslewering, maar watse munisipaliteit kan diens lewer sonder die nodige fondse? Geen gedagte!

Gideon ·

Dit is hoekom ons land is waar hy is!! Hierdie mense is gewoond om al vir jare vir alles bakhand te staan, en om nou voordele te ontvang van belasting betalers soos om jou kruisie te trek beteken ook vir alles moet betaal word!! Die mense wil dit nie verstaan nie, en soek alles verniet!!

rudi ·

Tyd dat die ANC se toiletpapier hul krane begin toedraai. Ons moet boorgate sink en solar opsit. Ons moet munsipale gebiede verlaat en vir onself begin werk om minder tax te betaal. Ons moet geen BEE besighede ondetsyeun nie. En geen etol

Maria van Dieweeck ·

Hier by ons het hulle een Saterdag net by die `township` opgedaag en vir almal laat weet hul water skuld is `vergewe`!! Die wittes moet maar net betaal.

Theo ·

Ek weet dat een van die vrugte van Die Gees geduld is, maar wanneer is genoeg, genoeg??

Sylvia ·

Vroeer jare was Munisipaliteite van die rykste instansies in die land. Vandag die armste. Hoekom? Omdat mense aan die stuur staan wat nie die kennis het om vooruit te dink nie. Alles was in stand gehou tot in 1994. Vandaar af is geen instandhouding gedoen nie, en geld wanbestee. En nou slat die pôpo die fan…

MJL ·

Eis dan dat die pensioenarisse en werkloses ook asseblief ophou rook en drink.

Joann ·

Mil ek stem. Pay dag by pensioene is suip dag. En wie gaan betaal vir dienslewering???? Wit velle

Koos Karoo ·

As jy nie skuld by die Munisipaliteit wil aangaan nie, moenie van hul dienste gebruik maak nie. Vra hulle om die water en elektrisiteit af te sny, en rioolverwydering te staak. QED.

Dup du Plessis ·

……EFF…..Everything For Free……= maar iemand anders moet my skuld en salaris betaal……

Frans C ·

Alle regeringsvorme het indiensnemingsinstansies geword. Bykomende poste is geskep deur die pligte van vorige bekleërs in drie te verdeel en sodoende plek vir twee ekstra werknemers te maak.

Stadsrade volg net die Sentrale regering in die opsig na .In 1994 was daar saam met die President en sy Adjunk 16 ministers. ( Kon nie vasstel hoeveel adjunk minister daar was , indien wel was die totaal 34) In Jacob Zuma is daar as ek reg onthou 37 met ‘n gelyke aantal adjunke, dus 74 in totaal. En elkeen van hulle het natuurlik die nodige administratiewe ondersteuningspersoneel.

Dit verduidelik dan hoekom jy soos hul in Engels sê van ‘pillar to post’ van mens tot mens gestuur word as jy Munisipaliteite skakel, want niemand weet wie verantwoordelik is vir wat en waar dit begin en ophou.

Nouja om die soustrein te finansier het jy geld nodig en voeg daarby ‘n onuitblusbare vir meer altyd meer, anders staak ons en brand dit af, bly die betalende publiek die melkkoei
totdat hul nie meer kan en deel van die armes word, want in ‘n krimpende ekonomie word die las op die wat dit aan die gang hou steeds groter. En die president bly hê, hê ,hê en dans op die land se ekonomiese graf.

m ·

En as alles nou afgeskryf word wie gaan daarvoor betaal? Ons wittes is nou moeg om vir alles te betaal en ander kry alles gratis. Hierdie hemel hoe erfbelasting en water rekenings is agv die feit dat hierdie mense se gelde by ons bygereken word… Ons raak nou ook gatvol!!!!!

zahn ·

Wat ek nie kan kleinkry nie, wie is die persoon op die plakkaat? Joeli ass? Hy is dan wit? Of is dit hoe hy sou lyk as hy een oggend wakker word met ‘n pligsbesef? Skoon bleek geskrik!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.