EFF eis Gordhan se kop ná OB-verslag

(Argieffoto: Twitter)

Die EFF het die openbare beskermer (OB) se bevinding dat Pravin Gordhan die Grondwet geskend het deur Ivan Pillay, ʼn voormalige hoof van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, se aftredepakket goed te keur, verwelkom.

Adv. Busisive Mkhwebane het gister bevind Gordhan, die minister van openbare ondernemings, het onbehoorlik opgetree toe hy die pakket goedgekeur het.

Maroela Media het vroeër berig Gordhan het reeds aangedui dat hy die OB se bevindings in die hof sal betwis.

Die EFF het gesê niks van die wetgewing wat Gordhan gebruik het om Pillay se vroeë aftrede mee goed te keur het hom die mag gegee om dit te doen nie.

“Hy het aan Pillay volle pensioenvoordele ten koste van belastingbetalers gegee, versuim om openbare fondse te beskerm en as (die voormalige) minister van finansies die Grondwet geskend,” het die EFF in ʼn verklaring gesê.

Die party het gesê Gordhan se besluit was ʼn miskenning van die Grondwet, ʼn misbruik van mag en kom neer op wanbestuur. Die EFF het Gordhan beskryf as ʼn grondwetoortreder wat nie ʼn kabinetspos behoort te kry nie en die openbare amp moet neerlê.

Volgens die EFF bevind Gordhan hom nou in dieselfde posisie as Malusi Gigaba, Nomvula Monkonyane en Bathabile Dlamini, oor wie se optrede daar ook vrae gevra word.

Die EFF het gesê indien pres. Cyril Ramaphosa Gordhan in sy nuwe kabinet opneem, sal dit duidelik wees dat daar geen verskil tussen hom en oudpres. Jacob Zuma is nie, wat betref die “beloning van korrupte individue met kabinetsposte”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Nelia van Zyl ·

EFF moet ons tog asb. inlig rakende die VBS- klagtes teen húlle. Net voor hulle in hul eie oë so belangrik en onaantasbaar raak en ‘n vrye sê oor ieder en elk het. Lig die publiek asb in.

Johann ·

Sê die EFF???? WHAHAHAHHAAA! Enigiets van enigiemand solank die korrupte vergrypers net nie aangespreek word nie. O ja…en as ek reg is het hulle n MP wat op.parool is vir moord?

Neels ·

n Nuwe deuntjie met dieselfde wysie op die EFF lawaai wa net om die aandag van hulle eie onbevoegdheid en korrupsie af te trek

Net ek ·

Looi hom, OB. Gordan glad nie so wonderlik as wat almal dink. Baantjie vir boetes. Jare saam met hom gewerk

Andreas ·

Hoeveel raaie wil julle hê oor wat die rede is waarom die EFF die OB so terwille is? Hulle het mos ook destyds groot bygedra om haar in haar pos ingestem te kry?

humor ·

Tipies Afrika – agtig. Het die klok hoor lui maar weet nie waar die bel hang nie. Net solank hul die een kan bykom teen wie hul n fete het. Die getjank sal wel wegsterf tot tyd en wyl daar weer so n vermoede op die oppervlak verskyn.

Ralph ·

Die hof sal net weereens haar swak werk wat sy vir haar EFF maatjies doen uitgooi.

BlinkStephaans ·

Liewe eff… die hof het pas bevind dat busisi se werk erg gebrekkig en nalatig en oppervlakkig en bevooroordeel en eintlik maar pateties is… en julle wil nou met haar bevindinge oorlog toe gaan? Nee regtig weet julle ek verstaan nie hoe julle so baie gegroei het met so ñ onsinnige strategie. Jul volgelinge word beslis beindruk deur n onsinnige geraas en blaas. Maar sterkte met daardie een hoor en kry maar solank jul papiere agtermekaar, want julle gaan vorentoe moet antwoorde gee oor jul bedrywighede agter die skerms.

Gert van Wierdapark ·

Siestog. Die OB en Eff het albei die klok hoor lui, maar het skynbaar nie n benul van waar die bel hang nie! Patetiese verby met hul kommentaar in n poging om die VBS, Tom Monyane (Sars) en die Vrede-projek op die agtergrond te probeer skuif. Indien die OB langer as einde Junie 2019 nog in haar huidige pos gaan wees, kan pres CR maar vergeet om die staats-diens se titanieke skip op die regte koers te kry. Ek ys as ek aan die gevolge van die “Ysberg dink. Hy kan dan op dun ys begin beweeg, en dit sluit vriend Ace van die Oranje Vrystaat se Vrede in!

ne ·

eff = domastrant! Leke wat die klok hoor lui maar nie weet waar die bel hang nie. julius moet maar eers VBS bank gemors uit sorteer voor hy Pravin aanvat.

Elna ·

Ek hoop mnr Pravin vat Julius se kop huis toe wat ek dink gaan gebeur op die ou end van die dag. Julius se tou raak korter waarmee hy homself so hang
Hy vat n verkeerde hoogs geleerde persoon aan met sy onkunde. Ek gaan solank die springmielies reg kry.

PJC ·

Ek dink die OB is self erg dom astrant want die kanse is goed dat sy weer 2de gaan kom in ń hofsaak maar natuurlik klou sy vas aan haar pos in opdrag van die JZ faksie binne die ANC. Natuurlik sal die EFF haar steun want hulle is vrek bang vir Pravin Gordhan omdat hulle so baie geraamtes in die kas het.

John ·

Die EFF glo vas hulle het die verkiesing gewen. Miskien moet hulle oppas om soos paddas in die parlement te wil spring… ons weet hoe graag CR daai spesie kook. Geen sitting gaan meer ordelik geskied nie met die groep wat die heeltyd wil skrop en afstof en uitpak.
Die vere toon die voèl se aard, dan nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.