EFF eis nou aanbieder se kop oor flater op lug

Die aanbieder Stephen Grootes. (Skermgreep: Newzroom Afrika)

Nadat die stof nou effe gaan lê het oor die maskerdebakel by eNCA, is die uitsaaier Newzroom Afrika en aanbieder Stephen Grootes nou in die EFF se visier.

Die rooi barette eis Grootes se kop nadat dié Dinsdag per ongeluk op lug verwys het na die moordsaak teen EFF-leier Julius Malema en Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder, pleks van die aanrandingsaak waarby hulle betrek word.

Maroela Media het vroeër berig Malema en Ndlozi het glo ʼn senior polisieman in uniform, lt.kol. Johan Venter, in April 2018 by Winnie Madikizela-Mandela se begrafnis aangerand. Die voorval is op kringtelevisiekameras vasgevang en die twee word op ʼn klag van aanranding vervolg.

Die EFF het woedend uitgevaar ná Grootes se fout en gevra dat hy die trekpas kry oor die “blatant onwaar en lasterlike opmerking”.

“In ʼn patetiese tentoonstelling van sy vooroordeel en afkeur van die EFF en sy leierskap, het die idiotiese Grootes beweer dat die opperbevelvoerder en kommissaris Ndlozi in die hof is vir die moord op polisiekolonel Johannes Venter,” lui die EFF se verklaring.

“Dit is die mees idiotiese en gevaarlike kommentaar. Idioties omdat die kwansuis oorlede Johannes Venter self by die hofverrigtinge getuig het en gevaarlik omdat dit by miljoene kykers die indruk skep dat die leierskap van die EFF verhoor word vir moord.”

Die EFF het verder gal gebraak, na Grootes as “talentloos” verwys en beweer hy het al verskeie kere gewys sy “diepgewortelde en rassistiese afkeur” van die party vertroebel sy oordeel.

Grootes het kort nadat hy die fout gemaak het kykers én Malema en Ndlozi om verskoning gevra.

“Ek het per ongeluk moord gesê en ek moet om verskoning vra. Ek is jammer. Ek weet nie waar die woord vandaan gekom het nie,” het hy gesê.

Volgens Grootes het hy ʼn fout begaan waarvoor hy “opreg jammer” is.

Die EFF wou oënskynlik niks hoor nie en het ʼn beroep op Newzroom Afrika gedoen om Grootes van die lug te haal vir sy “gevoellose en dwase” opmerking.

Die EFF sê indien Newzroom Afrika ʼn “dwaas in sy midde behou wat oorweldig is deur sy eie rassisme” gaan hy die uitsaaier op dieselfde manier behandel as die nuuskanaal eNCA.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

57 Kommentare

Johan ·

Mens sal eers vir hom moet verduidelik wat dit is en wat dit alles behels.

Lourens CFG ·

En sodra jy dit gedoen het, gaan jy net stof sien soos hy weg hardloop. (Miskien nog terwyl jy besig is om te verduidelik, al doen jy dit geleidelik.)

Misky ·

Ag nou raak dit mos belaglik!!!! Ek dink hulle betaal mense om te kyk waar kan iemand erens iets verkeerd sê of doen om aandag van hulself af te lei. Indirek is hulle moordenaars met al hulle opsweep van volgers

tweeling ·

Inderdaad is hulle skuldig aan baie misdade teen die wittes.

MakersMark ·

Te useless om een dag se werk te doen lewe van grants en eff chicken licken by die rallies.

Dup ·

Hulle werk elke dag baie hard…..dans in die strate,gooi klip,gooi vullisdromme om en brand bande.In die aande ontspan hulle met ñ Johnny Walker Black Label…..

Elize ·

Verbaas my dat die woorde Black Label nog nie as rassisties uitgekryt is nie.

Daleen ·

So die GROOTSTE RASSIS mag moord op witmense en boere openlik aanmoedig (so indirek is hy ‘n moordenaar) maar iemand mag nie onskuldig homself verspreek nie. Patetiese grootbek.

Ann ·

Ghuh, en as hulle sulke goed sê (of sing) is dit niks?
Soek aandag op ‘n ander plek.

Buks ·

Ek wens hulle kan tereg staan op die moorde van duisende boere wat agv. hulle uitsprake gebeur het

Drico ·

Sjoe!! Fyngevoellig!! As die skoen jou pas, trek hom aan EFF. Siestog, dis darem erg as n groepie so geboelie word deur die vieslike wittes. Die EFF klink tog so verontreg!!

Botterblommetjie ·

hulle wil elke blanke uitwerk… Jy is of ANC/ EFF of jy is sonder werk en enige regte…. hulle gebruik “reverse psychology” en ons slaap… infiltreer en manupileer…. (wat ons moet doen – letterlik – weet ek self nie, net bid, bid en bid….en GLO GOD sal ons die pad wys )

Sandra ·

So die uitsaaier se uitlating is meer “rassisties en gevaarlik” as Malema se one bullet one boer uitlating? Nie in my opinie nie. Wie gaan hom vra om verskoning te maak vir sy uitlating.

Natasha ·

EFF maak hulle self skuldig aan Crimen Injuria met hulle stellings teen Grootes en ek hoop van harte hy maak ‘n saak. Die EFF se rasistiese uitkyk op als maak hulle kinderagtig. Hulle is soos ‘n klomp kleuters wat oor als wil tantrum om die aandag op hulle te hou terwyl die ANC die land vernietig.

SomeOne ·

“die idiotiese Grootes” maak ‘n saak teen joelie-ass vir sy uitlatings

Jessey ·

Juju moet dalk eerder doen wat hy preek en in KZN gaan kyk hoe dit gaan met die mense wat onder Xenofobie deurloop. Los die teetjies en al die ge snik oor foute wat mense maak Juju.

Oeps vergeet ek nou, hy kan nie foute maak nie

Hettie ·

En nou gaan almal weer op hulle knie val en om veskoning vra ! Hy eis almal se kop, maar vergeet hoeveel mense sy kom eis !

JM ·

Siestog, EFF sal alles in hul vermoë doen om die aandag te behou – só bejammerenswaardig. Leë blikke maak die grootste geraas. Hulle is nes ‘n brakkie wat aan ‘n broekspyp vasbyt en weier om te los.

Anoniem ·

Groottes moet nou net n naamskendings aksie loods teen die EFF vir hulle hantering en beledeging van Groottes en die situasie en dan n crimin inuiria saak vir die false beskildiging van rassisme.

Ansie ·

Ai tog, kan iemand hulle asb wakker maak. Met hulle swak reputasies agv hulle vele “foute” behoort hulle eerder stil te bly.

Tino ·

Hulle moet sommer n saak van Rassisme ook teen hom maak saam die aanranding. HOekom hoor ons van hierdie onbenullige bog snuiter? My lewe sal beter wees om nie oor hom iets te hoor nie

Jurie ·

Dis die tipe onsinnighede waarop hulle floreer;verder geen substansie in hulle politieke sienings nie.

Genis ·

PAY BACK THE VBS MONEY you little wart…. Teer op ander…..

Stefaan ·

” Diepgewortelde en rassistiese afkeur” Nee net ‘n diep gewortelde afkeur in die eff

JohanR ·

Julius…..het jy al iets gebou? Miskien ‘n R300 miljoen universiteit daar in Limpopo, of kan Solidariteit dit vir jou kom doen?

Mariana ·

Sy werk verloor oor ‘n fout wat enigeen kon maak. EFF is aanmatigend en arrogant soos gewoonlik en gaan seker hul sin kry ook.

Kaptein ·

Haal eers die balk uit jou oog uit voor jy die splinter uit iemand anders se oog wil haal. juju en kie. Gebruik hulle die woord dwaas giegiegie. Lyk my hulle sien hulle self raak

Kaptein ·

Eff laat my dink aan daai seepborrels wat jy vir kinders koop. As jy blaas waai dit die hele wêreld vol, bars en niemand onthou wat gebeur het nie.
Shame

Jaco ·

Wat dan van die EFF se uitspraak “We are not asking for the killing of white people; at least not for now”

LANA is ELANè ·

Ja nee, as die baas gepraat het sal Klaas luister anders vernietog ons julle infrastruktuur. So maklik soos dit. Ek het ‘n weersin in hierdie sg politici wat hulself so regmatig om almal te forseer om die knie te buig anders is daar onsmaaklike gevolge.

John ·

Eintlik is hulle skuldig aan moord…..! Van baie plaasboere, met hul uitsprake en ophitsing

Persheks Adri ·

#Tsek jy net! Jy dínk jy’s slim tot jy jou rieme gaan vasloop! Ons is dik vir julle petters voetsek

Stof ·

Een van die bekende nasionale skryfbehoefte-kettings se spesiale terug skool toe aanbod op passers is nog aan. Dalkies een in rooi as geskenk aan die kermende broer gee om sy denke te vergemaklik?

Vanessa ·

Ek het nie meer woorde nie. As die skoen jou pas trek hom aan. Vee voor jul eie deur. Die EFF is een groot grap.

Andre ·

Dis was n fout – ons almal maak foute.
Die feit dat ou Juju so op sy agterbene spring, laat mens nogal wonder….

Juju, is daar iets wat jy ons wil vertel waarvan niemand nog weet nie?

Blikkies ·

Ek dink hy en sy kaders is almal idiote, bevoor oordeeld, pateties, hulle is talentloos en diep gewortelde rassiste…….Oh ja, en gevoelloos en dwase, en vra hulle dalk omverskoning vir hulle gevaarlike uitlaatings….EFF is eintlik Pateties verby.

Jessica ·

O genade… nee… die EFF het mis nog nooi nonsens aangejaag nie. Kruisig en stenig n foutjie van n mens. Almal maak foute, gun ten minste die man om net omverskoning te vra… maar nee … EFF kraai GOD.

My siening ·

Julius en eff die waarheid knaag lekker né! Breindood eff! Veska

KB ·

Dis een ding om ander te beskuldig as jy jou volgelinge aanhits tot moord (“kill the boer, kill the farmer”)…en nog skotvry rondloop en aanhou met aanhitsing, die landswette gedurig oortree.
Dis ‘n ander ding om verantwoordelik en binne die landswet op te tree.
Miskien moet die EFF die Grondwet van Suid-Afrika met ‘n positiewe benadering gaan bestudeer.

Gerrie ·

Ek stem saam dat die EFF net rede soek om weer hartseer te wees en ‘n paar goed te beskadig en af te brand maar die gatkruiper sal nou weer ingee en hom sy sy sin gee soos gewoonlik i p vom hom in sy peetjie in te stuur..

Sanet ·

Hoe duidelik is sy aandag afleiery van die hofsaak waarin hy verhoor word nou? Enige iets om mense se aandag af te lei. Ai.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.