EFF en Malema hits geweld aan, sê Sanco

Julius Malema. Foto: EFF, Facebook

Julius Malema. Foto: EFF, Facebook

Die burgerlike organisasie Sanco meen die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het die morele toets gedruip toe hulle versuim het om ʼn raadslidskandidaat te skors oor sy rassistiese aanmerkings.

Sanco het die verkiesingshof se besluit, om die Tshwane-kandidaat van die EFF te diskwalifiseer, geloof.

Maroela Media het vroeër berig Thabo Mabotja het op sy Facebook-blad gesê: “All white people must be hacked and killed”.

Julius Malema, leier van die EFF, het vroeër aan eNCA gesê die party het hom van Mabotja gedistansieer na die uitlating en gesê enigiemand wat die verkiesingswet oortree, “is op hul eie”.

“Die EFF het die morele toets gedruip om hom nie uit die party te skors nie, aangesien hy in die spoor van sy senior leierskap gevolg het wat ʼn kultuur van geweld, wetteloosheid en rassehaat bevorder,” het Jabu Mahlangu, woordvoerder van Sanco, gesê. “Om hulle bloot van Mabotja se uitlatings te distansieer, is nie genoeg nie.”

Mahlangu het vroeër versoek dat bykomende strafregtelike aanklagte teen Mabotja aanhangig gemaak word vir haatspraak en dat hy geweld aanhits. Hy het gesê soortgelyke stappe moes lankal teen Malema en die leierskap van die EFF gedoen word omdat hulle grondgrype, gewelddadige betogings en anargie oor die land aanmoedig.

“Streng stappe moet gedoen word teen ʼn aanslag teen ons grondwetlike demokrasie en die misbruik van vryheid van spraak, om die oppergesag van die Grondwet te beskerm en versoening, nasiebou en maatskaplike kohesie te bevorder.”

Mahlangu het gesê die vinnige besluit in die Mabotja-saak het gewys dat die hof nie haatspraak en die aanhitsing van geweld sal duld nie, en dit stuur ʼn sterk boodskap aan diegene wat beplan om die munisipale verkiesing op 3 Augustus te ontwrig.

“Ons maan gemeenskappe om sulke karakters en hul organisasie te isoleer en om enige intimidasie aan te meld wat hulle verhinder om hul grondwetlike reg uit te oefen om te stem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Koos ·

Die leier van die party weet dan nie eers wat die woord morele waardes beteken sy mond is sy grootste vyand die man is indirek verantwoordelik vir menigte plaasaanvalle en grondvergrype met sy aanhitsing van lae of ongeskoolde ondersteuners.

Lance ·

Deur die ou nie te skors nie stem hulle almal saam met die lid se woorde …..”all whites must be hacked to death ” En dan wil daar nog dom blankes vir die uitvaagsels stem ….skrik net wakker ! En dan wil daar nog mense nie gaan stem nie …elkeen wat nie stem gee eintlik n stem weg aan die opposisie….net so dom !

Veritas ·

Lance ek weet nie hoe jy tot die gevolgtrekking kom dat enigeen, wat nie stem nie, sy stem vir die opposisie gee, nie. Bv. Indien daar net 20 stemmers is, wat tussen 2 partye moet kies en 19 stemme word uitgebring, word net die 19 stemme getel. Hoe op aarde kan die wegblystem dan vir die opposisie tel? Dit is onmoontlik. Dat dit wel die % uitgebragte stemme beïnvloed, is waar maar dit is beslis nie ‘n stem vir die opposisie nie.

KJ ·

Veritas, dit wat jy nou gepost het, is presies wat Lance bedoel het. Op die einde van die dag is die persentasie stemme wat saak maak. Dit is wat in die nuus gaan wees. Dat die ANC of wat ookal party met 30% of 50% van die stemme gewen het. So, indirek is die wat nie stem nie, die wat die wen party sterker maak.

Stronkie ·

Ag Veritas, dis maklik. As daar 20 mense stem en 10 sou ANC (Lance se opposisie) en 10 vir DA sou stem en jy wat DA wou stem dan nou nie sou stem nie, is die telling 10:9 in stede van 10:10, sien?! So staan die “opposisie” dus sterker as jy nie stem nie en tel die wegblystem vir die “opposisie”.

Cherokee ·

Daar is rede om te dink dat die DA vorentoe in koalisie sal gaan met die EFF. Wat Mahlangu aanbetref, dit is lekker om te lees dat terwyl die DA blankes aanval is daar swart politici wat verdediging van die blankes in die land bepleit.

snoefie ·

hulle wil veel eerder gaan braai lance. iemand het ander dag gese as jy buite stemming bly gee jy eintlik twee stemme vir die REGERENDE party.
1. dit was dalk die een stem wat die opposisie nodig gehad het om te wen.
2. die een stem wat die opposisie nodig gehad het om ook n se te he.
dit beteken nie die persoon wie buite stemming bly se stem gaan outomaties na die regerende party nie. klink vir my of dit so kan wees.
is eintlik snaaks hoe die braaiers altyd eerste en die hardste kla maar die lafhartige patete het nie die moed van hulle oortuiging om hulle stemme uit te bring waar dit n verskil kan maak nie.

Johanna Botha ·

Lance jy is net SO reg as jy se dat jy jou stem wegee aan die opposisie indien jy nie gaan stem nie …ek verstaan presies wat jy bedoel maar nie almal het die insig nie. Gewoonlik ook die wat so teem en kla wat nie eers die moeite gaan doen om te gaan stem nie. So ek se as jy nie stem dan moet jy ophou teem en jou dienste gelate aanvaar . Mens kan duidelik sien met die peiling dat die persentasie wat op MM nie eers die moeite gemaak het om te regestreer nie ….dit kon verseker gehelp het om n uitslag te swaai …patetiese dwarstrekkers dis wat ek se ! Wens ook die profete hier wil dink en doen in die NOU want dit is waar jy n veskil kan maak vir jou geliefde kinders !

Ben Prinsloo ·

Ek staan vir afsonderlike ontwikkeling en niks anders nie. Ek wil niemand aanval nie maar vertel asb vir my hoe gaan ek my doel behaal by die stembus met n 1 man 1 stem. Ek ondersteun elke regse party of organisasie maar verstaan nie hoe kan ek deur met die pen te stem hierdie doel bereik nie. My oortuiging van stem lê by n ander uitweg. Gee goeie raad asseblief.

Anti DA ·

Ben asb gaan stem verkieslik vir die VF+maar asb stem net.

Johanna Botha ·

Dis raad is baie maklik…. as jy wil self ontwikkel en alles vir jouself wil doen en ander mense wat ook deel is van die land wil uitsluit wat ook gebou het moet jy maar dalk Orania oorweeg …wens ons kan wegkom van dit en net almal South Africans wees ! Een man een stem gaan NOOIT vir jou werk nie so bly jy maar weg asb SA kan glo ek beter doen sonder jou.

Liewe heksie ·

Presies wat ek ok sê as jy nie gaan stem nie hou jou bek as jy nie happy is oor dienste wat nie gelewer word nie want jy het mos jou bydrae gedoen so wat jy saai sal jy maai

Ben Prinsloo ·

Dankie vir jou posetiewe kommentaar Anti DA. Wees verseker vir die DA en ANC sal ek onder geen omstandighede stem nie, dit is die gepeupel wat ons uitverkoop het wat nou daar sit. Ek het nie nodig om kommentaar op Malema se party te lewer nie, wat bly oor? Ek vra net die vraag of die VF+ N WERKLIKE verskil gaan maak by die stembus. Die regdenkendes en dit is nou manne soos ek en jy Anti DA se stem is te min om iets te doen in hierdie 1 man 1 stem staat van ons.

snoefie ·

Ben dis n gewetenssaak. jy sal moet uitmazk met jou gewete as jy net gaan wegbly. ek weet teen die tyd die da is my stem nie werd nie. ek twyfel baie sterk of die vf+ dit verdien. ek oorweeg self cope. hulle het die moed gehad om die anc due rug toe te keer aangesien hulle nie met die Zuma beleid saam gestem het nie. dan vra ek myself af…. sal hulle met of vir n witmens opstaan? ek weet lekota skroom nie om AFR te praat nie. vraag is, sal hy ook op die perd uit die verlede klim en dit holrug ry. die implimenteerders van apartheid is seker al dood of te oud om te weet wat om hulle aangaan.

Oom Kalahari ·

Die EFF is alom bekend vir sy haatsprake en uitlatings wat tot aanhitsings lui en is ‘n radikale groupie wat skade aanrig. Daarom is hierdie tipe van uitlatings deur ‘n kandidaats lid nie verbasend nie. VF+ mag maar dal ‘n duppel in die emmer wees, maar sy openlike regverdigheid en optrede vir ieder en elk met sy manifes beleid is die naaste aan my en familie se standaarde. Daarom het VF+ nog ‘n paar stemme van ons en weet dat hul na almal se belange uitreik en gaan/sal omsien.

Heimat ·

Nee KJ. Jy bedoel seker dat die wat nie stem nie die EFF of ANC sterker laat lyk.

e ·

gaan kyk op die fb page van die EFF na –
Jutah Baloyi se coment’s asb (dink dit val ook onder haat spraak)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.