EFF erken skending van Louis Botha-beeld

Die Genl. Fick-gedenkteken in Ficksburg. Foto: Verskaf

Die Genl. Fick-gedenkteken in Ficksburg. Foto: Verskaf

Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het erken dat twee van sy lede die Louis Botha-standbeeld voor die parlement in Kaapstad geskend het.

Dit volg nadat twee mans in hul vroeë twintigerjare gister in hegtenis geneem is nadat die beeld Woensdagaand met rooi verf besmeer is. ʼn Klag van saakbeskadiging is aanhangig gemaak en die verdagtes is steeds in aanhouding.

“Ja, [die mans] is ons eie vegters. Hulle is deur die polisie weggevat terwyl hulle by die standbeeld was,” het Sipho Mbatha, EFF-parlementslid, gesê. “Dit het Woensdagaand omstreeks 19:30 gebeur.” Volgens Mbatha sal die party voortgaan met sy veldtog om die monumente van die apartheids- en koloniale eras oor die hele land te skend. “Dit is net die begin dié.”

Mbatha het gesê die twee verdagtes sal na verwagting later vandag op waarskuwing vrygelaat word nadat hulle in die Kaapstad-landdroshof verskyn het.

Die Louis Botha-standbeeld is een van talle beelde wat oor die afgelope week geskend is. Dit volg nadat die EFF sy lede aangemoedig het om standbeelde van “apartheidsikone” te vernietig. Die standbeeld van Koningin Victoria in Port Elizabeth in die Oos-Kaap, asook die Genl. Fick-gedenkteken in Ficksburg is Donderdagaand met verf besmeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

G@TVOL ·

Die wat in die verlede lewe is deel van die probleem en nie van die oplossing nie. EFF is besig met n ding wat lellik hand kan uit ruk.

Shirley van der Westhuizen ·

Die probleem me die EFF lede is dat hulle in hul eie era gebore is en nie eens in die sogenaamde apartheids jare nie. Hulle weet nie eers wat is geskienenis en wat is hede nie. Dis ‘n kwesie van “monkey see, monkey do”. Kry hulle eintlik baie jammer as realiteite hulle gaan tref.

Elize ·

Kom ons kyk maar wat word van die twee. Dis dalk die laaste keer dat ons van die saak hoor.
Nou in hegtenis……. more?

RK ·

Mens kan die sageaardste hond net soveel keer slaan voor daai hond omdraai en jou gesig af ruk…

eff, anc, en bedmaats: Julle begin ‘n ding wat lelik in jul gesigte gaan opblaas. Julle druk en druk en druk. Oppas vir die dag wat julle te hard gaan druk. Dit gaan iets kleins wees, maar dit sal tot gevolg he dat ons klaarmaak wat jull begin het.

Moenie se julle is nie vriendelik gewaarsku nie :)

Antoinette ·

Wel miskien moet hulle maar al die standbeelde bemors of verwyder, dit is in elk geval afgodsbeelde. Geen mens verdien die vreeslike verering en baklei met of van standbeelde nie.

Gideon Roos ·

Dit is mense soos jy wat veroorsaak dat ons Volk eidel bystaan en niks doen terwyl ons geskiedenis vernietig word.

Sal jy ook sy eidel bystaan as hulle jou dogter verkrag en haar liggaam skend? Haar liggam is tog ook net ‘n beeld wat tydelik is…

Ek sien nie mense wat voor Paul Kruger buig en gebede aan hom plaas nie. Hy word nie aanbied of in ‘n god verander nie, hy word net erkenning gegee vir al wat hy bygedra het aan ons land en Volk.

As jy regtig jou argument wil deurvoer, moet jy al die kerke in die afbreek, al die hout kruise en Steen kruise in mense se erwe afbreek, al die kettinkies wat mense dra met ‘n gesegde van die bybel ook vernietig. Hulle is ook immers beelde waarop mense eerder aandag gee as direk op God…

Ek is jammer, maar niks goeds kan kom van so ‘n siening as wat jy hou nie.

RLN van New Zealand ·

Dink net… hulle kan nie God se Beeld beskadig nie… en dit is die beeld wat ons moet behou!

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

Haha…Mandela was ook n Apartheidsikoon.

“Dit volg nadat die EFF sy lede aangemoedig het om standbeelde van “apartheidsikone” te vernietig. “

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.