EFF gaan fokus verskuif na wetgewing

Floyd Shivambu

Die EFF het besluit om in die aanloop tot volgende jaar se verkiesing ʼn meer opbouende rol in die parlement te probeer speel deur konsepwetgewing by die parlement in te dien sodat die publiek ʼn beter begrip van die party se beleid kan verkry.

EFF-bronne het aan Maroela Media gesê die “party in rooi” se strategie-verandering het ʼn driedelige doel. Eerstens wil die party sy beeld probeer verander na ʼn meer verantwoordelike politieke speler, tweedens wil die EFF druk op die ANC en die DA plaas om meer beleidgerig te debatteer en derdens wil die EFF sy kiesersteun vergroot.

“Die grootste fokus sal val op wetgewing wat transformasie in verskillende bedrywe sal bespoedig, en op die skrap van wetgewing wat ʼn struikelblok vir transformasie is of staatshulp aan armes belemmer,” het ʼn EFF-bron verduidelik.

Die eerste EFF-konsepwetgewing het ten doel om ʼn staatsbeheerde bank daar te stel wat makliker billike kredietverskaffing aan armes kan bied. Dit word in die vorm van ʼn private ledewetsontwerp deur die party se onderleier, Floyd Shivambu, gedoen.

Die EFF-leier, Julius Malema, het vroeër aan die koerant Sowetan gesê ʼn verdere wetsontwerp wat die EFF beoog, sal belastingvermyding strafregtelik vervolgbaar maak. ʼn Derde beoogde wetsontwerp sal ʼn soewereine welvaartsfonds vir die land in die lewe roep.

Nog ʼn plan van die EFF is ʼn wetsontwerp wat drankadvertensies heeltemal verban, en laastens gaan die EFF ʼn wetsontwerp indien dat alle veiligheidswagte en skoonmakers in staatsgeboue permanente betrekkings met byvoordele moet hê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Al ·

Julius Malema het juis ook belasting betaling vermy jare terug – was dit toe R16 miljoen?

B-man ·

Floyd wil seker so van Julius ontslae raak en die nuwe leier word.

lindie botes ·

Ok as hulle so sê…. miskien moet hul ook meer voorbeeldig begin leef. Ek het al gesien toe hul by ‘n plek was hoe hul drink en dronk bestuur. Regtig nou. Miskien moet hul eerder mense leer sodat hul poste ordentlik vul en weet wat hul doen, maar nee brande word gestig en voor die voet word goed afgebrand.

Mrs H ·

Miskien moet hulle eers fokus op wetsgehoorsaamheid?! Dit sal n uitstekende “voorbeeld” en begin wees.

SjN ·

Deur drank advertensies te verban gaan hul nou almal ophou Johny Walker drink, belaglik verby.

Johan ·

“sal belastingvermyding strafregtelik vervolgbaar maak” – Dan moet ou Juju agter tralies sit met al sy skelm besighede in Polokwane!

Koos ·

Vandat iemand in Julius se oortjie gefluister het hy moet nie sy R250 000 Breitling-horlosie so adverteer nie is hy seker sku vir enige advertensies?

Elize ·

Hulle probeer nou baie hard om gesig te koop hierdie rooi “overalls”. Soek seker nou weer bydraes deur die armes want die beursies en pense is leeg. Iemand van hulle wil huis koop en ‘n splinternuwe vuurwa en daarvoor moet die armes opdok. Hoe kan die mense hierdie gemors glo wat uit die liegbekke en opstokers vir moord en doodslag kom. Dit gaan my verstand te bowe maar verstaan ek ook dat almal nie verstand het nie

Rynhardt ·

Ek wil graag sien wie al die EFF, Anc en DA se finansiele bronne???? is.Dan kan jan publiek sien wie SA terug hou en wie ons onderdruk!

John ·

Kommunisme? Het iemand in die wereld al ooit aan so ‘n unieke term of beleid gedink. En die befondsing van armes en fondse en fondse en… gaan ons dalk dan rooi R500-note druk met die EFF-pet daarop en uitdeel en nog druk en uitdeel… en…? En wie gaan/sal/moet/wil/kan/mag belasting betaal? So ‘n interessante term… en om te dink ek het dit heel eerste uitgedink. Wow!

DS ·

Ek hoop die straf vir belasting ontduiking is terugwerkend sodat Julius ook sy straf kan uitdien as ‘n voorbeeld vir “sy mense” dat hy ergstig is oor die saak.

GM ·

Bahaha, sê die een wat SARS miljoene geskuld het! Ja asseblief, belowe almal lekker salarisse en voordele. Hou net in gedagte dat tegnologie al so gevorderd is dat wagte, in meeste gevalle, heeltemal uitgesny kan word. Die sisteme is duur. So maak dit vir die kliënt duurder om wagte te huur, en hy/sy sit eerder sisteme in en ‘n klomp mense verloor hulle werk.

marianna ·

Hulle het in Noorweë ook al hierdie belaglike goed verban, maar tot vandag rook
en drink die noorweërs nog net so lekker. Niemand maar niemand kan ‘n persoon maak
ophou rook en drink nie dit moet kom van die persoon self.

marous ·

En opswepery moet strafbaar wees deur diegene op ‘n vuurpyl vas te bind met rekke en mars toe te vlieg ….sonder ‘n verhoor

De Villiers ·

Net nog ‘n bewys dat die EFF geen benul het van hoe ‘n land se ekonomie werk nie. Daar is ‘n groot verskil tussen belastingontduiking en belastingontwyking. Lg. is wettig en moet deur elke persoon en besigheid bestuur word omdat daar verskillende vorme van belasting bestaan. Regoor die wêreld word dit toegepas. Ek wonder of Julius nie dié twee konsepte met mekaar verwar nie. Indien nie, is sy doel seker om Suid-Afrika die armste land in die wêreld te maak binne ‘n baie kort tyd. Integriteitloos.

Oom Kalahari ·

Juju het gepraat, ja baas ons is almal op aandag vir dir “party in rooi” wat van Zim uit die wiegie geklim het. Groete met permissie – Snotkop

snoefie ·

die eff raak gegroot! om te dink hulle kan al wetgewing instel. ou julius het so n paar jaar geledenR16miljoen aan sars geskuld. is dit al klaar betaal? lyk of floyd saam groei. dalk kry julius nou (tong) dialise, daarom fat floyd sy spierw wys. toegegee, hy skyn meer in die kop te hê as wat julius ooit op sal kan roem. maar…. ek hetngehoor julius is metnonderhandelinge besig omnoornte loop na n ander party.

JM ·

As hulle aldie drank advertensies verwyder gaan die spul geen benul hê wat om te drink nie. Groot grap.

Nel ·

Nou wil die party skielik ontpop as ‘n meer ‘verantwoordelike politiekespeler’. Regtig Julius? Wanneer gaan die perde nou weer horings kry?

bgj van der westhuizen ·

ja hulle sal ook die maan belowe vir die mense en hulle sal alles glo wat vir hulle gese word

Reguit ·

Mmmmmm…. ja…. wetgewing. Ons ken van daai wetgewing. Dit sal wees Afrika-wetgewing wat die witman vinniger onderdruk en outomaties van hom ‘n krimineel maak net omdat hy wit is.

Casper Labuschagne ·

Was dit nie juis Julius Malema se eie woorde wat gelui het, “Swart mense weet niks van hierdie belasting ding nie.”

O jammer, dit was belastingontduiking gewees wat seker toelaatbaar is afhangende van jou ras, want van Mandela tot Zuma en Malema self het almal ook hulle probleme, of meer spesifiek ‘n gebrek aan probleme, met SARS gehad.

Wat die EFF hier van praat is die kriminalisering van belastingvermyding wat dinge insluit soos om meer geld weg te sit vir jou pensioen wat ‘n korting op jou belastingaanslag sal meebring. En hier kom ons by die crux, belastingvermyding is heeltemal wettig, maar dit is sekerlik wit belastingbetalers wat belastingvermyding die meeste toepas.

Anoniem ·

Klink vir my al te veel of onse Julias ‘n vinger in die welvaartsfonds-paai sal wil hê… die man se duur (Westerse) smaak oorskrei mos sy inkomste.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.