EFF ‘gereed om te regeer’ – Shivambu

Floyd Shivambu, adjunkleier van die EFF (Foto: ANA)

Die Ekonomiese Vryheidsvegters is van voornemens om die momentum van die party se onlangse oorwinnings in VSR-verkiesings oor die land heen te gebruik om die tweede grootste politieke party in die land te word, het Floyd Shivambu, adjunkleier van die EFF, gesê.

Hy het Saterdag afgevaardigdes by die EFF se twee dag lange verkiesingskonferensie in Pietermaritzburg toegespreek en gesê die party is “reg om te regeer”.

“Die EFF het ʼn kollektiewe kapasiteit om beslissende leierskap te verskaf aan die mense van Suid-Afrika.” Volgens hom is die ANC ʼn “kollektiewe groep korrupte en onbevoegde individue”. “Daarom moet die EFF dié groep “onbevoegde persone in die regering van Suid-Afrika vervang”, het hy gesê onder luide toejuiging van afgevaardigdes.

Hy het gesê jongmense op universiteitskampusse sien uit daarna dat die EFF “ware verandering” teweegbring, maar ʼn oorwinning in die VSR-verkiesings is nie ʼn waarborg van stemme in die 2019- nasionale en provinsiale verkiesings nie. Hy het almal versoek om ondersteuning vir die party te verseker voor die verkiesing.

KwaZulu-Natal het die grootste EFF-lidmaatskap in die land. “KwaZulu-Natal is ʼn strategiese punt vir ons om ʼn beslissende skuif te maak in die politiek en ons lede moet gereed maak om na elke deel van die land te gaan om die boodskap van die EFF te versprei.” Hy het lede ook gewaarsku om nie verdeeldheid te saai in die party nie. “Ons wil nie faksies hê nie en ook nie persone wat skinder in die party nie.”

Nominasies vir die topvyf provinsiale posisies is teen Saterdagmiddag afgehandel en LP’s Vusi Khoza en Vukani Ndlovu is die gunstelinge vir provinsiale voorsitter.

Julius Malema, leier van die party, sal na verwagting Sondag die afgevaardigdes toespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Oracle ·

Dit is ‘n “bad hairday” wees vir Suid Afrika – Ons het altyd gepraat van die rooi gevaar… Wel hier is hulle nou… reg voor ons deur. Die jakkals is in die hoenderhok! #rooigevaar

Smirre ·

Waar ? In Kammaland ? Floyd herhinner elke dag meer aan Idi Amin……

Ellisras ·

Die EFF se parlementslede het almal grade. Dit is die party in die Parlement met die hoogste gemiddelde akademiese kwalifikasie. Nie dat ek dink hulle gebruik dit posetief nie.

Eish ·

Omtrend net Dali Mpofu wie se graad hom werk buite die parlement verskaf.
Die res, wel nou ja…

Hansie Slim ·

Asseblief, as dit gebeur is ons gedoem.
Dan gaan ons van “botter na wors”.
Waar of hoe is ons uitkoms?

Ellisras ·

As dit gebeur is ek gereed om my goed te vat en te loop. Siria, Bosnia middel van Sahara enige plek sal beter wees.

Snowball ·

Ek stem. Anargie en ellende is al wat hierdie land sal ken. Voortgesette plundery waar die cANCer opgehou het. Magshonger diktatortjies met rooi mussies.

Brutus ·

EFF sal die land tot in rommel status bring ,neewat, hulle is geen oplossing vir die land se probleme nie sal meer probleme veroorsaak . Die ANC het reeds gefaal en is n mislukking, die land moet weer op gebou word en nie verder afgebreek word nie.

Willem ·

Jip, Julius sal vandag die prop van die sjampanjebottel laat af skiet.

Piet ·

Mens moet in agneem wat die kiesersopkoms was, omtrent 30% as ek reg onthou, regte studente het nie tydvir die nonsens nie.

Willem ·

Piet, Julius het mos tyd gelede beduie hulle moet kinders maak, die eerste studente is in die dae gebore.

hendrik ·

Dit moet maar so gou moontlik gebeur. Eers dan sal ons saamstaan om dinge te herstel na ons sin.

Hansie Slim ·

Ja Hendrik, ek weet nie hoekom ons na al die jare nog so dwarstrekkers is nie. Miskien moet ons leer by ons mede landsburgers hóé om saam te staan. Ons weet blykbaar nie hoe nie!! Ons is reeds in die minderheid…. maar nee…

Piet Pompies ·

Ek het ook al die die land regeer….toe ek wakker word is my koffie koud..

Michelle ·

En gaan ons dit aanvaar of gaan ons ruggraat ontwikkel, sou dit gebeur.
Ek, vir een, sal nie net terugsit nie. As dit dan my einde is, ‘so be it’. Ek lê eerder onder die grond en het baklei as wat ek niks doen.

Elbie Naude ·

Gewoonlik ken ouens wat regeer die verskil tussen hul elmboog en agterente. Jammer, julle kwalifiseer nie om te regeer nie.

TLC ·

30 jaar vir sars 1 November
Moet ek my pie vat en waai of moet ek wag tot hul hul vuil hande op my pension lê
EFF gaan als vat en nog meer
CR so bang vir hul hy nie n President se allie nie
Ek het nog 2 en half jaar om op 60 af te gaan maar ek het geen vertroue in die land nie
Ek is n baie bekommerde werkende weduwee
Want nie ANC of EFF wen nie hul vat of brand af
En van DA praat ons nie hul is die silent partner ??

Kobus ·

Hierdie mater het van daai groen blaartjies in die privaatheid van sy stoep gerook. Maar hy laat mens ten minste lekker lag. ???

Peet J ·

Waar is Sonja Heroldt nou met “Bring vir die Harlekyn nog wyn of dalk “Skipskop sê maar good bye” ‘n mens weet nooit wat wag op die wittes in die land nie.

Die Stem ·

As die EFF enigsins sy sout werd was, sou hulle self Universiteite bou.
Doen dit en bevorder die land.
Los dit wat reeds bestaan en werk.

Nel ·

Hulle noem dit ‘verkiesingsbravade’… waar die een party die ander met slim praatjies en beloftes probeer intimideer. Dis al wat dit is – spookasem.

Koos ·

Weet iemand dalk hoekom word Julius nie vasgevat oor al sy wraak, haat en rassistiese uitsprake teen witmense, vanaf sy sogenaamde politieke verhoë nie?

jakes ·

Ag asb tog. Hulle kan hulself nie regeer nie. Shivambu is seker blou gerook. Ek daag hom uit om my te kom regeer.

John ·

Die voornemende populistiese poppebrigade gaan mekaar een-vir-een begin uitmoor soos hul gewildheid toeneem want die EFF sit met ‘n groot probleem: Daar is te veel leiers wat uiteindelik die baas sal wil word. Julius besef dit dalk of dalk nie, maar hy gaan nie deur sy onderdane gedien of bedank word nie. Die poppeteater gaan ontaard in ‘n selfvernietigende inploffende dwarrel-kookpot vol rooi-boontjies se ongure nalatenskap. Die rand sal die Zim dollar gou-gou die loef afsteek. Hierdie kitspoeding is highly charged… Boem!

Koebaai Helhool ·

Gelukkig is ek en my gesin gereed om die gemors permanent te verlaat.

Adam ·

Uiters komies. Stig eerder ‘n orkes: dan kan jy raas soveel jy wil.

Oom Kalahari ·

Wel ek is bly vir die rooi keps mannetjie om so positief te wees. Hul moet darem dan net beter T-hemde en keppies uit deel as die cANCcer brigade.
Hoop ou Juju sal darem vir Prez Trump uitnooi vir paar koekies en tee met sy inlywing. Die Theron engel sal darem hoogspring want dan het die finansieele belegging darem gegroei. Jammer Juju ek bly maar by my minderheids party -VF+.

Jerry ·

Die Suid Afrikaanse nasie sal nie ontwaak uit hulle lekker snoesige slaap alvorens n anargis soos n Zuma lojalis of die EFF die politieke mag oorvat nie! Diegene wat ook wil he dat die Afrikanervolk moet ontwaak se wens mag eers bewaarheid word indien CR wel SA se laaste gematigde president gaan wees! Tot dan, sal Suid Afrikaners en Afrikaners wetsgehoorsame burgers bly. Die EFF kan mense aanhou opsweep en AfriForum kan aanhou blou moord skreeu, Suid Afrikaners asook die buiteland gaan hulle nie noemenswaardig daaraan steur nie! Die Suid Afrikaanse nasie en Afrikanervolk sal eers met die uitbreek van anargie ontwaak. Soos Steve altyd gese het, “dis hoe dit is”. So se ek, dis hoe dit gaan wees!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.