
Mbuyiseni Ndlozi, nasionale woordvoerder van die EFF (Foto: Nqobile Mbonambi/African News Agency/ANA)
Die Ekonomiese Vryheidsvegters het die afgelope vyf jaar in plattelandse gebiede vinnige groei beleef en het ʼn groot ondersteunersbasis in ander partye se vestings, veral in KwaZulu-Natal, het Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die party, Vrydag gesê.
Ndlozi het gesê die party het sy takke sedert die begin van verlede jaar uitgebou en verkiesingskonferensies in die provinsies gehou. Die party se laaste verkiesingsveldtog voor die nasionale verkiesing op 8 Mei, “Tshupa Thela”, vind Sondag in Soweto plaas.
Ná die plaaslikeregeringsverkiesing in 2016 het die EFF ʼn groot besluit geneem om sy uitvoerende raad in KwaZulu-Natal en alle streekstrukture in die provinsie te ontbind ter voorbereiding van die nasionale verkiesing. Ondersteuning vir die party het daarna begin toeneem.
“Dit was ʼn teken dat ons ʼn groot impak gaan maak. Julle het dit self gesien, veral in KwaZulu-Natal, dat ons oral is. Ons het nie een dorpie of voorstad onaangeraak gelaat nie. Ons is daar en ons gaan verteenwoordiging hê,” het Ndlozi gesê.
“Dit is ʼn groot inspirasie, want een van die wanopvattings is dat die EFF nie uitdrukking vind onder die ouer bevolking nie. Maar ons mense, veral bejaardes, waardeer dit waarvoor ons staan. Die EFF het met supersoniese spoed in die plattelandse gebiede gegroei. Sodra ons die dorpies in KwaZulu-Natal bereik, sal ons soos springmielies in ʼn oond groei.”
Volgens hom verwag die party tussen 12% en 15% van die stemme – dit is meer as dubbel die 6% tydens die party se eerste keer op die stembrief in 2014.
Julius Malema, leier van die EFF, sal sy finale verkiesingsboodskap Sondagmiddag by Orlando-stadion lewer.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
22 Kommentare
Maar lees hier wat Papa Penny oor Julius te sê het, dis net vlamme waar mens kyk:
https://www.timeslive.co.za/tshisa-live/tshisa-live/2019-05-02-papa-penny-on-julius-malema-african-culture-is-not-about-insulting-people/
Die massas dink hulle kry grond …maar die staat kry die grond en jy huur grond by die staal …maar die penny drop nie ! So het zin al die grond en is n mislukte staat ??
En so vinnig sal sa in sy peetjie ingroei.
Hierdie mannetjie van die eff lieg sonder om te blik of te bloos. Die eff is in SA net so ongewild soos ebola in die DRK!
Ek sal te skaam kry om te se my groie is so sterk in die landelike gebied want kyk wat is hulle matriek slaagsyfer elke jaar