EFF groei ‘soos springmielies in ʼn oond’ – Ndlozi

Mbuyiseni Ndlozi, nasionale woordvoerder van die EFF (Foto: Nqobile Mbonambi/African News Agency/ANA)

Die Ekonomiese Vryheidsvegters het die afgelope vyf jaar in plattelandse gebiede vinnige groei beleef en het ʼn groot ondersteunersbasis in ander partye se vestings, veral in KwaZulu-Natal, het Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die party, Vrydag gesê.

Ndlozi het gesê die party het sy takke sedert die begin van verlede jaar uitgebou en verkiesingskonferensies in die provinsies gehou. Die party se laaste verkiesingsveldtog voor die nasionale verkiesing op 8 Mei, “Tshupa Thela”, vind Sondag in Soweto plaas.

Ná die plaaslikeregeringsverkiesing in 2016 het die EFF ʼn groot besluit geneem om sy uitvoerende raad in KwaZulu-Natal en alle streekstrukture in die provinsie te ontbind ter voorbereiding van die nasionale verkiesing. Ondersteuning vir die party het daarna begin toeneem.

“Dit was ʼn teken dat ons ʼn groot impak gaan maak. Julle het dit self gesien, veral in KwaZulu-Natal, dat ons oral is. Ons het nie een dorpie of voorstad onaangeraak gelaat nie. Ons is daar en ons gaan verteenwoordiging hê,” het Ndlozi gesê.

“Dit is ʼn groot inspirasie, want een van die wanopvattings is dat die EFF nie uitdrukking vind onder die ouer bevolking nie. Maar ons mense, veral bejaardes, waardeer dit waarvoor ons staan. Die EFF het met supersoniese spoed in die plattelandse gebiede gegroei. Sodra ons die dorpies in KwaZulu-Natal bereik, sal ons soos springmielies in ʼn oond groei.”

Volgens hom verwag die party tussen 12% en 15% van die stemme – dit is meer as dubbel die 6% tydens die party se eerste keer op die stembrief in 2014.

Julius Malema, leier van die EFF, sal sy finale verkiesingsboodskap Sondagmiddag by Orlando-stadion lewer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Johanna Botha ·

Die massas dink hulle kry grond …maar die staat kry die grond en jy huur grond by die staal …maar die penny drop nie ! So het zin al die grond en is n mislukte staat ??

Jerry ·

Hierdie mannetjie van die eff lieg sonder om te blik of te bloos. Die eff is in SA net so ongewild soos ebola in die DRK!

Manie van Worcester ·

Jy maak n fout my vriend, hulle hang aan jm se lippe want hy se goed wat hulle wil hoor en om hulle op tesweep tot enige aksie is so maklik soos om petrol op n vuur te gooi en net so gevaarlik ook

Christo ·

Ek werk in ‘n semiplattelandse dorpie wat sowat 5km van die grootste township gelëe is. Daar is orals EFF verkiesings borde wat net eenvoudig sê ‘Vote EFF’ met Julius se gesig en die party se embleem. Daar is geen ander party verkiesingsborde nie, nie ANC of DA nie. Moet nie die buite perd onderskat nie.

Johan Maritz ·

Ek sal te skaam kry om te se my groie is so sterk in die landelike gebied want kyk wat is hulle matriek slaagsyfer elke jaar

Manie van Worcester ·

jz en jm hou nie van slimmes nie want die kan deur hulle domheid sien, daarom is hulle gewild waar slaagsyfer laag is

AndreL ·

Die ANC belowe al 25 jaar wat nie gedoen kan word nie, en die Eff sal vir die volgende 100 jaar onmoontlike beloftes maak.

Gert van Wierdapark ·

Die EFf groei dalk soos popcorn, maar dit is net te dankie aan die a en see se patetiese regeer resultate die laaste 25 jaar! Die Efl is dus die enigste alternatief vir die a en see se agtergeblewende skep pings.

Salomé ·

Uhhhmmm…sê net wat julle wil, van jm…hy n uitstekende strateeg wat KAN aanhits en opsweep…die anc vrees hom

Jan ·

Yep. En kyk maar sy Twitter. 2.3 miljoen volgelinge. As Cyril-hulle hulself nie uit hierdie verkiesing uit kan kroek nie, is hy julle nuwe president. Gelukkig maak hulle die uitslae eers volgende Vrydagaand om nege uur bekend. So daar’s darem tyd…

Waarheid ·

Dit is seker die rooi gevaar waarvan Siener gepraat het. Die rooi op die mou het hy oor geskryf.
Die faksies gaan mekaar eers uithaal voor die bom hier bars.

M ·

As die Boere nou nog nie besef dat oorlog ons voorland is nie sal hulle nooit nie

Andreas ·

Ek weet nie of springmielies ‘groei’ nie, nie in getalle soos dit hier bo beduie word nie, ek dink eerder hulle ‘pof’ of ‘pop’ op, die aantal bly maar dieselfde. Hier en daar is een wat nie saam speel nie en net plat val. En niemand sien dit raak nie, so daar ‘groei’ die EFF weer met punte omdat niemand hulle aanvat nie.

Ek het idee, dalk verdien die EFF om die land te rigeer, want almal is volgelinge en knik net die kop op wat Julius sê.

Tanya ·

Die is nie waar nie hulle het met 5% gedaal geen gord geen erf belalasting nie geen bank geen werk geen kos mooi man hulle is slim

Stephen Namibia ·

Moenie die EFF onderskat nie. Hulle is besig om veld te wen teen vinnige pas. Die DA is met hierdie verkiesing moontlik die laaste keer die amptelike opposissie.
JM verkondig wat die massas wil hoor.
Te veel Blankes wat hier kommentaar lewer kan nie tot die besef kom dat die land nie meer aan die Blanke behoort nie en sal ook nooit weer nie. “Adapt or die”
Charles Darwin het in sy skrywe “Origin of Species” gese. ” It is not the most intellectual of the species that survives, nor is it the strongest that survives but the species that survives is the one that is able to adapt and adjust best to the changing environment in which it finds itself”

Weskusklong ·

Daarom is dit dringend noodsaaklik dat daar werk gemaak word vir ‘n Afrikaner volkstaat.

Jerry ·

Stephan Namibie, jy is baie naby aan reg. Die “adapt” moet jy net vervang met “emigrate or die”! Geen species sal die water kan drink nie, selfs plante sal nie groei nie! Dit gaan gebeur terwyl die ANC aan bewind is en die EFF die amptelike opposisie is. Hulle gaan die land verswelg met alles wat daarop is!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.